RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 19 Januarie 2024 19.01.2024 24:57
Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente verwag 'n goeie en ietwat groter 2024-wyndruifoes vergeleke met die relatief klein oes van 2023. Dit is volgens die eerste van vier wyn-oesskattings wat jaarliks deur wingerdboukundiges en produsente kelders uitgereik word. Dr. Etienne Terblanche is Bestuurder van die Vinpro Konsultasiediens. President van die Heidelberg Landbouskou Vic Brand, sluit by ons aan me...
RSG Landbou 18 Januarie 2024 18.01.2024 25:09
Dit is van groot belang om die waarde van rooivleis deur middel van 'n graderingstelsel in Suid-Afrika te verbeter. Prof Phillip Strydom, 'n professor in vleiswetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch gesels met ons hieroor. Nog ‘n provinsie wat deurgeloop het onder vloede, is KwaZulu-Natal. Angus Williamson van Kwanalu gee perspektief oor landbou in KZN en hul fokus vir 2024. Johan van den...
RSG Landbou 17 Januarie 2024 17.01.2024 22:47
‘n Effektiewe afslaer streef daarna om die prys van die dag op die veiling te laat geld. Beide die koper en verkoper moet tevrede wees. Frik Verster van BKB het riglyne saamgestel en in môreoggend se RSG Landbou praat ons met hom oor die doel en geesdrif van ‘n afslaer. ‘n Groep witrug-aasvoëls is onlangs op ‘n plaas in die Kalahari vergiftig. Dr Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifinligtingsentru...
RSG Landbou 16 Januarie 2024 16.01.2024 24:43
RSG Landbou fokus op die plaaslike sitrusbedryf. Suid-Afrika is die tweede grootste uitvoerder van sitrus in die wêreld en die verwagting is dat daar tussen 170 en 180 miljoen kartonne sitrus vanjaar uitgevoer sal word. Ons gesels met Hannes de Waal van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika hieroor. Wolveilings het verlede week hervat en Heinrich Victor vertel ons watter pryse behaal is.
RSG Landbou 15 Januarie 2024 15.01.2024 25:28
Maandagmôresiekte by perde is ‘n metaboliese toestand wat spesifiek die spierweefsel van perde affekteer. Dr Delarey Ribbens beantwoord ‘n paar vrae hieroor. Konsortium Merino bied op 26 Januarie hul 99ste veiling aan en ons gesels met Gawie van Heerden hieroor. Dieregesondheid bly op die voorgrond in Suid-Afrika. Prof Leon Prozesky het tydens verlede jaar se LRF Veeskool verduidelik hoe om siekte...
RSG Landbou 13 Januarie 2024 13.01.2024 14:20
Die Pebbles-projek stel kinders van boeregemeenskappe in staat om toegang tot kwaliteit onderwysprogramme en gesondheids-, voeding- en maatskaplikewerkdienste te kry. Sedert hul ontstaan in 2004 het hul die lewens van duisende kinders positief beïnvloed deur saam met plaaslike plase te werk om Vroeë Kinderontwikkeling en Naskoolklubs te stig en te bestuur vir plaaswerkers kinders wat óf op die pla...
RSG Landbou 12 Januarie 2024 12.01.2024 21:00
Gertrude Jacobs is projekbestuurder in landelike ontwikkeling by die Departement Landbou Wes-Kaap. Sy beskryf aan ons hoe daar deur verskeie programme tegniese vaardighede aan agri-werkers geleer word.
RSG Landbou 11 Januarie 2024 11.01.2024 24:57
Die Oos-Kaap met sy diverse landboulandskap het ook die afgelope tyd goeie reën ontvang. RSG Landbou gesels met Peter Cloete van Agri Oos-Kaap hieroor. Veilings het hervat en Chris Derksen bring ons weer op hoogte van die vleispryse wat die afgelope week by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg gesels soos altyd ook weersake en dan kyk ons saam met Frans de Klerk na die bewe...
RSG Landbou 10 Januarie 2024 10.01.2024 22:46
Die somerseisoen vir veilings is hier en in RSG Landbou berig ons gereeld oor veilings. Maar wat is die waarde van ‘n veiling vir die produsent? Dieter Shutte van BKB beantwoord hierdie en ander vrae oor die huidige seisoen. Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa praat oor tegnologiese vooruitgang in spilpuntstelsels en hoe produsente met groot sukses dié tegnologie aanneem. Volgens Nedbank...
RSG Landbou 9 Januarie 2024 09.01.2024 24:41
Danksy reën op die regte tyd blyk dit of mielie-aanplantings in die Vrystaat voltooi is, maar daar was wel vloedskade. Gernie Botha van Vrystaat Landbou gee terugvoer en hy deel ook ‘n paar gedagtes oor hul fokuspunte vir 2024. Goeie reën is ook nie altyd goeie nuus vir ons veeprodusente nie, aangesien veesiektes en veral insek-oordraagbare siektes toeneem. Volgens dr Danie Odendaal van Veearts Ne...
RSG Landbou 8 Januarie 2024 08.01.2024 24:41
Swaar reën, hael en vloede het gedeeltes van die Noord-Kaap die afgelope paar weke getref. Die reën is welkom, maar het dit oral verligting gebring? Willem Symington van Agri Noord-Kaap vertel ook waarop landbou in dié provinsie in 2024 wil fokus. Paul Williams van die Landbou Besigheidsnavorsingsinstituut in Australië meen bulseleksie is 'n dryfveer vir genetiese vooruitgang. Christal-Lize Muller...
RSG Landbou 6 Januarie 2024 06.01.2024 14:01
As daar ‘n slang in die gras is, is Eduan Niemand gereeld byderhand. Om die Bolander se ongewone dagtake op sosiale media dop te hou, voel na ‘n regop sit realiteitsreeks. Het jy geweet kobras in ons geweste verkies regterkanste hoeke van vertrekke wanneer hulle by mense kom besoek aflê? Hul naasbestaandes in die Noordelike halfrond, mik nou weer altyd na links. Onverklaarbaar en fassinerend. Dis...
RSG Landbou 5 Januarie 2024 05.01.2024 23:16
In RSG Landbou bespreek ons die rol en belangrikheid van landbou in terme van plattelandse vooruitgang. Ons gesels ook met Deon Joubert. Hy is spesiale gesant mark-toegang vir die VSA en Europese markte by die Citrus Growers' Association of Southern Africa. Hy lewer kommentaar oor die afgelope seisoen asook marktoegang en uitdagings tans in hand wat daarmee verband hou.
RSG Landbou 4 Januarie 2024 04.01.2024 20:07
Reën het die afgelope paar weke in verskeie dele van Suid-Afrika voorgekom. Is die hoeveelheid buitegewoon en hoe lyk vooruitsigte? Ons hoor van Johan van den Berg. RSG Landbou het verlede jaar ‘n luisteraarsvraag ontvang oor die verskil tussen die verbruikersprys en produsenteprys van makadamia-neute. Ons het by Pieter van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Makadamiaverwerkersforum gaan aankl...
RSG Landbou 3 Januarie 2024 03.01.2024 22:15
RSG Landbou het in Julie verlede jaar net buite Pretoria, by Gerhard Lourens op sy plaas gaan kuier om meer uit te vind oor Suid-Afrika se inheemse veldbokke. Hy is die voorsitter van die Veldboktelersgenootskap van Suid-Afrika. Hy gesels oor die verskeie eko-tipes, eienskappe van ‘n goeie veldbok en die genootskap.
RSG Landbou 2 Januarie 2024 02.01.2024 23:31
Is klimaatsverandering ‘n realititeit? Ons hoor wat dr Louis du Pisani, sameroeper van die Veeplaas Klimaatslim Amabassadeur projek tesê het. Van Greunen Boerdery op George is in November aangewys as die algehele wenner van die 2023 Santam Landbou Nasionale kuilvoerkompetisie. Ons luister weer na die gesprek met Bennie van Greunen. Ons hoor van Dave Pepler en sy siening oor volhoubaarheid in die v...
RSG Landbou 1 Januarie 2024 01.01.2024 24:16
In Suid-Afrika word bosverdigting en bosindringing dikwels verwar. Talle grondeienaars sit met die probleem van bosverdigting en volgens prof Nico Smit van die Universiteit van die Vrystaat, moet slapende honde nie wakker gemaak word nie. Die beheer sluit talle faktore in en hy gesels Maandagoggend op RSG Landbou oor sy 36 jaar-navorsing op dié gebied.
RSG Landbou 30 Desember 2023 30.12.2023 13:24
Gedurende RSG Landbou het ons vanjaar formidabele mense ontmoet. Boere wat op hul stil sterk manier sorg vir ons nasie, en risiko elke dag in die oe kyk. Daar’s wysheid by die wat die grond bewerk en na aan die aarde leef. Direkteur van Besigheids-ontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou dr. Dirk Troskie bevestig dit. ‘n Man wat self op ‘n plaas leer leef het.
RSG Landbou 29 Desember 2023 29.12.2023 19:53
Adjunk Direkteur Landbou Ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou Riaan Nowers, deel nuttige data omtrent wild en landbougrond pryse. Ons bespreek veral goeie nuus vir boere wat betref wildveilings. Cobus Meiring van die Tuinroete-Omgewings Forum, Cobus Meiring deel met ons die inhoud van ‘n onlangse navorsingsverslag wat verband hou met omgewingsbestuur. Hy bespreek ook uitdagings tans i...
RSG Landbou 28 Desember 2023 28.12.2023 24:53
Mag roumelk in Suid-Afrika verkoop word en hoe word ongepasturiseerde melk gereguleer? Ons luister weer na die onderhoud wat ons vroeër met Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap uitgesaai het. Hy beantwoord hierdie en ander vrae oor roumelk en die toetse wat hul laboratorium doen. Nog een van ons wenners in landbou vanjaar was Piet Roux van Prieska. Hy is as die 2023 Veeplaas Klimaatslim...
RSG Landbou 27 Desember 2023 27.12.2023 22:09
Pieter de Jager van Albertinia is in Oktober vanjaar aangewys as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar. Ons luister weer wat hy te sê gehad tydens die toekennings-geleentheid en vind ook meer uit oor sy boerdery. Fairy circles is ‘n ongewone natuurverskynsel. Hierdie sirkels kom in sommige woestyne voor en ons luister na ‘n gesprek met JW Hurter van die Universiteit van Pretoria wat in Junie va...
RSG Landbou 26 Desember 2023 26.12.2023 23:49
Twee Suid-Afrikaanse handskaapskeerders is vanjaar in Skotland as wêreldkampioene gekroon. Beide werk vir Love Wool van Victoria-Wes. Ons luisteraar weer na ‘n onderhoud met die eienaars, Tommie en Nel-Marie Caldo. Verder is Jimie Malan, vierde generasie van die bekende Malanseuns, vanjaar aangewys as die 2023 Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar. Ons hoor wat hy te sê gehad tydens die toekenni...
RSG Landbou 25 Desember 2023 25.12.2023 21:31
Kersoggend praat ons in RSG Landbou oor blomme. Passie, goeie grond, goeie water en ‘n goeie ligging is wat ‘n blomboerdery benodig. So sê Leon Pretorius van Pretorius Blomme. Dié familieboerdery het in 1987 in die mieliewêreld van Delmas begin en ons hoor hoe besigheid ten spyte van al die uitdagings, steeds groei. Verder kan jy uitsien na ‘n landbou Kersboodskap vanaf Johann Kotzé, Hoof Uitvoere...
RSG Landbou 23 Desember 2023 23.12.2023 14:53
Ons luister na argiefmateriaal, herbesoek ‘n lewe in landbou, en hoor ‘n getroue dienaar van die landbousektor se sonderlinge storie. Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, is onlangs deur Landbouskrywers Suid-Afrika as landboukundige van die jaar aangewys.
RSG Landbou 22 Desember 2023 22.12.2023 22:54
Statistieke Suid-Afrika het in die derde kwartaal bekend gemaak dat landbou ‘n beduidende rol in werkskepping gespeel het die afgelope jaar. Nagenoeg 960 000 Suid-Afrikaners tree daagliks aan vir ‘n pos in dié sektor. Dr. Stephano Haarhoff, ‘n landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika, praat oor kunsmisnavorsing op somergewasse binne die raamwerk...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.