RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 17 Februarie 2024 17.02.2024 14:27
Een van dr. Ilse Trautmann, adjunkdirekteur-generaal landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, se fokuspunte is om die potensiaal van die jeug binne ‘n veranderende klimaat te ontsluit. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, se aksieplanne in dié verband is reeds ter tafel gelê.
RSG Landbou 16 Februarie 2024 16.02.2024 27:34
Kachne Ross is die vaardigheidsontwikkeling-bestuurder by Vinpro. Haar taak is om geleenthede binne die wynbedryf te skep. Sy gee ‘n oorsig van die projekte wat Vinpro vanjaar aanpak. Hardus van Heerden van Sofralab praat oor byvoegings wat vir wynproduksie vervaardig word. Hy gesels ook oor veganistiese wyn en ‘n natuurlike filosofiese benadering in die maak van wyn. Soné Nell, ‘n doktorale stude...
RSG Landbou 15 Februarie 2024 15.02.2024 24:16
Veeartsenykundige dienste in Zimbabwe het verlede week die uitbreking van die veesiekte, Theileriose, bevestig. Dié siekte word deur die bruinoor-bosluis oorgedra. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik waarom die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling plaaslike veeprodusente waarsku. Corné Nel vertel wat ons by vanjaar se Beaufort-Wes Landbouskou kan verwag...
RSG Landbou 14 Februarie 2024 14.02.2024 24:56
Dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA praat oor die korrekte gebruik van chemikalieë op melkplase. Charlotte Esterhuizen van Algar vertel van die voordele van ‘n lyfklamp, wat deur veeprodusente in ‘n kraal gebruik word. Frans Seevinck van Buckridge Bonsmaras in die Vryburg-omgewing, gesels oor hulle veiling op 27 Februarie.
RSG Landbou 13 Februarie 2024 13.02.2024 23:57
South Africa Wine het onlangs die resultate van ‘n makro ekonomiese impakstudie in Stellenbosch bekendgemaak. Rico Basson praat oor die doel van die studie, en Albertus van Niekerk en Riaan Rossouw van FTI Consulting verduidelik wat gemeet is. Heinrich Victor is ook op sy pos met wolveilingnuus.
RSG Landbou 12 Februarie 2024 12.02.2024 22:16
Die internasionale wolmark het tot Januarie sterk momentum getoon, maar tans lyk die prentjie anders. Leon du Plessis van BKB gee die redes hiervoor. Sewe plaaswerkers van die Noord-Kaap is op 3 Januarie deur weerlig getref terwyl hulle aan diens was. Wat staan ‘n plaaseienaar te doen, en wat sê die wet? Stephen Pietersen van Work Accident Support gee raad. Ons deel ook besonderhede oor ‘n paar ve...
RSG Landbou 10 Februarie 2024 10.02.2024 15:36
Die Europese Unie se klimaatmonitors het 2023 aangewys as die warmste jaar nóg op rekord. Buitensporige hoë temperature word binne en buite ons landsgrense aangeteken. Landbouers gaan gebuk onder onder ernstige brande. Vloede is op die oomblik byna daagliks in die nuus. Daar word met erns planne beraam om die impak te verminder.
RSG Landbou 9 Februarie 2024 09.02.2024 24:36
Die ondersteuningsprogram vir grondhervorming ná vestiging, word deur die Wes-Kaapse departement van landbou ondersteun. Grondhervormingsprojekte word ook ge-evalueer. Elandri Snyman, die ko-ordineerder van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie, vertel watter pryse vanjaar op die spel is, en wat die vereistes vir die kompetisie is.
RSG Landbou 8 Februarie 2024 08.02.2024 25:08
China het onlangs sy invoertariewe vir rooibos van 30% tot 6% verlaag. Volgens Martin Bergh van Rooibos Beperk is China die enigste land wat invoertariewe hef. RSG Landbou gesels met hom oor dié trots Suid-Afrikaanse produk, die produksie, uitvoermarkte en vooruitsigte. Nick Serfontein van die Sernick Groep vertel wat ons van hulle aanteelveiling op 22 Februarie kan verwag. Daar is ook nuus oor di...
RSG Landbou 7 Februarie 2024 07.02.2024 24:48
In 2023 het Karoolam die gesogte status van beskerming as 'n geografiese indikator in Suid-Afrika verwerf. Herman Blignaut van Spoor & Fisher verduidelik wat die proses behels, en wat dit vir Suid-Afrika en die landbou beteken. Een van die oorsake van plante se weerstand teen onkruiddoders, is onderdosering. Prof. Charlie Reinhardt praat oor onkruiddoderweerstand, en gee raad aan landbouprodusente...
RSG Landbou 6 Februarie 2024 06.02.2024 23:50
CropLife SA het ‘n paar jaar gelede ‘n plaagdoderverpakking-herwinningsprogram begin. Dr. Gerhard Verdoorn gesels oor die suksesse en die noodsaaklikheid van dié program. Morgenzon Landbou-akademie vertel van hulle deelname aan die jaarlikse jeugskou-aktiwiteite, en Heinrich Victor is terug met nuus oor die jongste wolpryse.
RSG Landbou 5 Februarie 2024 05.02.2024 24:54
Plaaslike kanola-produsente sukkel al vir talle jare om genoeg saad van die regte kultivars te bekom. Tydens ‘n Graan SA-jaarvergadering op Moorreesburg het dit weer tesprake gekom, en ons hoor by Corné Louw wat die stand van sake is. Die Tuli-beesras het sy eie unieke eienskappe, en ons hoor by Dave Mullins van Avondale Tuli-stoet waarom hy dié beesras verkies. Gawie van Heerden van Konsortium Me...
RSG Landbou 3 Februarie 2024 03.02.2024 13:49
Alles in ag geneem, is boere die nuwe jaar in met selfvertroue. Jannie Strydom, bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, vertel waarna hy uitsien, en waaroor hy positief is.
RSG Landbou 2 Februarie 2024 02.02.2024 21:57
Cornelius Oosthuizen van Koppert SA praat oor die ontwikkeling en groei van die mark vir biologiese beheer. Dr. Christoff Botha, energie-ontleder by GreenCape, het inligting oor hernubare energie-werkswinkels. Prof. Stephanie Midgeley praat oor die jongste uitgawe van die publikasie, Smart Agri Barometer. Die Direkteur van Sake-ontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr...
RSG Landbou 1 Februarie 2024 01.02.2024 23:53
Wêreld-vleilanddag word jaarliks op 2 Februarie gevier. Waarom is die bestuur en herstel van vleilande so belangrik? Wat is die stand van Suid-Afrika se vleilande? Dr. Althea Grundling van die Landbounavorsingraad vertel van die projekte waarby hulle betrokke is. Johan van den Berg gesels oor weervooruitsigte, en ons hoor by Chris Derksen wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou 31 Januarie 2024 31.01.2024 24:39
Graan SA se struktuurveranderinge het weer onder bespreking gekom tydens ‘n winterreënstreek jaarvergadering op Morreesburg. Ons het daar met Derek Matthews gesels, en ook met Tobias Doyer, die nuwe bestuurshoof van Graan SA. Hy praat onder meer oor sy pad met landbou, en die rol van georganiseerde landbou. Die Latin globemallow, ‘n plant afkomstig vanaf Suid-Amerika, is as ‘n nuwe indringerplant...
RSG Landbou 30 Januarie 2024 30.01.2024 22:08
Die aantal plattelandse skoue het die afgelope paar jaar drasties afgeneem, maar die Williston-skou gaan van krag tot krag. Wilhelm Steenkamp vertel van vanjaar se kleinvee-kampioenskappe, perdevertonings, die jeugskou en opkomende boere se entoesiasme om aan die slaglam-kompetisie deel te neem. Die Wes-Kaapse regering het die begroting, wat vir die bekamping van brande aangewend word, verhoog. Mi...
RSG Landbou 29 Januarie 2024 29.01.2024 24:21
Die venstertydperk vir vrugte-uitvoere raak minder, maar infrakstruktuur en logistieke probleme by die Kaapstad-hawe, bly ‘n uitdaging. Wolfe Braude van Agbiz gesels oor die verliese wat reeds gely is, die gevolg van vertragings asook die gesprekke tussen die regering, Agbiz en lede van Fruit South Africa om ‘n oplossing vir dié uitdagings te vind. Daar is soos altyd ook veilingsnuus, soos Wayside...
RSG Landbou 27 Januarie 2024 27.01.2024 13:08
Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor leierskap, sy drome, dinge wat hom na aan die hart lê, en sy wens vir elke Suid-Afrikaner wat landbou liefhet. Hy gesels ook oor die rol van landbou-media.
RSG Landbou 26 Januarie 2024 26.01.2024 23:02
Wendy Pieterson, die uitvoerende bestuurder van die SA Olive Association, praat oor die stand van sake in die plaaslike olyfbedryf. Daar is ‘n geleentheid vir bestaande en voornemende produsente wat op 26 Januarie in die Paarl plaasvind. Dit was 'n hartseer oomblik vir Charlotte Molefe toe haar geliefde hond op 'n plaas in Noordwes deur 'n luislang ingesluk is. Ons vind uit waar luislange voorkom,...
RSG Landbou 25 Januarie 2024 25.01.2024 24:40
Wat is die voordele van intensiewe stelsels vir die skaapboer? Lelanie Hansen van Feedtek praat oor die waarde van liggaamskondisie-evaluering van ‘n intensiewe ooikudde. Daar is soos altyd nuus oor die weer en die week se vleispryse. Simeon Hurwitz van Hurwitz Farming vertel wat ons kan verwag by hulle veiling op 3 Februarie, wat saam met Hotspot Cattle by The Bull Ring aangebied word.
RSG Landbou 24 Januarie 2024 24.01.2024 25:12
Landbou in Mpumalanga is divers - bosbou, graan, wol, vleis en sitrus is van die bedrywe waarop daar gefokus word. Landboutoestande lyk oor die algemeen goed, veral ná die reën. Robert Davel van Mpumalanga Landbou gee terugvoer. Prof. Carlu van der Westhuizen is vir langer as 20 jaar sameroeper van die beoordelaars van die jaarlikse Toyota SA/Agri SA Jongboerkompetisie. ‘n Groot leemte onder boere...
RSG Landbou 23 Januarie 2024 23.01.2024 24:54
Inskrywings vir die 2024 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is reeds oop en in RSG Landbou gesels Lise Roberts met Breyton Milford van Agri-Expo oor dié kampioenskappe wat vanjaar vir die 191ste keer plaasvind. Dan is daar veral twee onkruide van die Amaranthus-groep wat in talle gebiede en veral op plase hand uitruk. Prof Charlie Reinhardt, ‘n onkruidwetenskaplike, vertel ons meer en Heinrich V...
RSG Landbou 22 Januarie 2024 22.01.2024 22:47
Die Wêreld Ekonomiese Forum het in Januarie vanjaar weer ‘n groot byeenkoms in Davos, Switserland, gehou en daarna die Forum se Risikoverslag vir 2024 bekendgemaak. Van die vernaamste faktore van dié verslag is die klimaat en kunsmatige intelligensie. RSG Landbou het met prof. Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg hieroor gesels. Daar is veilingsnuus en ons gesels ook met Lourens du Pl...
RSG Landbou 20 Januarie 2024 20.01.2024 12:56
Toe Sophia Warner in 2003 in Suid-Afrika kom besoek afle het, was haar aanvanklike plan om vir ‘n tydjie lank by haar suster te kom kuier wat op daardie stadium in die wynbedryf betrokke was. Vandag, meer as twintig jaar later, is die opgeleide onderwyseres aan’t stuur van ‘n nie-regerings organisasie wat verskeie dienste aan veral kinders in landelike gebiede lewer. Toe sy destyds die boere van o...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.