RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 18 Maart 2024 18.03.2024 23:01
Goedkoop koop is duur koop, maar is dit die geval by die koop van roofonderdele wat vir landboumasjinerie beskikbaar is? Gerhard Taljaard van Kubota by Smith Power Equipment beantwoord hierdie vraag. Dis amper tyd vir die jaarlikse Bloemskou. Elmarie Prinsloo vertel wat besoekers en deelnemers vanjaar kan verwag. Herman Archer is onlangs herverkies as voorsitter van NWKV.
RSG Landbou 16 Maart 2024 16.03.2024 14:20
Francois Auret het onlangs ’n MBA-navorsingstudie voltooi oor die impak van klimaatsverandering op tafeldruifproduksie in Suid-Afrika. Hy is veral geïnteresseerd in risikofaktore in die bedryf. Hy verduidelik die waarde van basisnavorsing in klimaatstudies, en hoe dit boere kan bystaan in die toekoms. Hy vertel ook dat Suid-Afrika en Peru opvallend baie ooreenkomste het met betrekking tot landbou.
RSG Landbou 15 Maart 2024 15.03.2024 25:55
Elandri Strydom, die koördineerder van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie, praat oor die kriteria en sluitingsdatum van vanjaar se kompetisie. Jannie Strydom, die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, bespreek die rol van georganiseerde landbou. Die bestuurshoof van Fruit SA, Fhumulani Ratshitanga, vertel van die projekte wat die organisasie aanpak, en wat beplan word vir 2024. Dr. Stephano...
RSG Landbou 14 Maart 2024 14.03.2024 24:32
BKB-skaapramveilings het die afgelope seisoen groot sukses behaal. JP Marais, wat by meer as 90% van die veilings betrokke was, gee terugvoer. Kuilvoerverliese en die voorkoming daarvan het onlangs op Rumivation Nutrition se eerste beesvoerkraal-ekspo buite Potchefstroom onder die loep gekom. Christal-Lize Muller het daar met Richardt Venter van AgSci Agroservice Budissa Bagger hieroor gepraat. Ch...
RSG Landbou 13 Maart 2024 13.03.2024 22:21
Wat is die grootste landbourisiko’s vir die volgende tien jaar? Dis een van die vrae wat die ekonoom, prof. Johan Willemse, by ‘n landbou-oggend by die Swellendam Landbouskou beantwoord het. Hy het ook oor vyf belangrike faktore gesels wat boere in ag moet neem om suksesvol te wees. Vrystaat Landbou het verlede week ‘n lewendehawe naspeurbaarheid- en veiligheidstelsel bekendgestel.
RSG Landbou 12 Maart 2024 12.03.2024 24:29
Karel van der Leeuw van die Potchefstroom-distrik vertel van sy sukses met twee voerkrale, en dr. Johnny van der Merwe van AMT gesels oor die korttermyn-vooruitsigte vir die voerkraalbedryf. Ons praat met Petrie Maré van House of Fibre oor die sukses van die afgelope seisoen se Angora-ramveilings, waar 469 ramme tydens sewe veilings verkoop is.
RSG Landbou 11 Maart 2024 11.03.2024 21:56
Die Willistonskou het vanjaar alle verwagtinge oortref. Hoogtepunte was die slaglamkompetisie, jeugskou en perdeskou. RSG Landbou se medewerker, Koos du Pisanie, het die skou bygewoon. Hy gesels met die ondervoorsitter, Wilhelm Steenkamp, en met van die ander organiseerders en deelnemers, soos ‘n leerling van Augsburg Landbougimnasium wat aan die jeugskou deelgeneem het. Ons hoor ook watter veilin...
RSG Landbou 9 Maart 2024 09.03.2024 14:43
Jacqueline Pandaram, die hoofdirekteur verantwoordelik vir landelike ontwikkeling by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, vertel van die tyd toe sy deel was van die rampbestuurspanne van die Verenigde Nasies. ‘n Saak van lewe en dood het te doen met ‘n toename in onverwagte weerspatrone. Dit hou verband met klimaatsverandering. Sy neem ons op ‘n reis met reddingsverhale binne en buite ons...
RSG Landbou 8 Maart 2024 08.03.2024 24:46
Op 8 Maart 2024 word geskiedenis in klimaatsbestuur gemaak. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, verduidelik wat vir die eerste keer gaan plaasvind. Dr. Ilse Trautmann, Adjunkdirekteur: Landbou-navorsing en Regulatoriese Dienste by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, vertel van haar wedervaringe by die onlangse Green Week in Berlyn. Johan Botes, die president van die...
RSG Landbou 7 Maart 2024 07.03.2024 25:06
Berigte oor die probleme met waterslaai op die Vaalrivier, het die afgelope tyd gereeld in die media verskyn. Prof. Charlie Reinhardt van die Universiteite van Pretoria en Noordwes praat oor die voorkoms en beheer van dié indringerplant. Slange is ook ‘n onderwerp wat deesdae in die nuus is – ons luister na ‘n gesprek met Fanie Fouché, ‘n slangvanger. Hy het onlangs inwoners van Bathurst in die Oo...
RSG Landbou 6 Maart 2024 06.03.2024 24:46
Geraasvlakke, ‘n korrekte werkstasie, en hitte en koue is van die faktore wat ‘n rol speel by beroepshigiëne. Fanie Strauss van Ebenaeser Environmental Consultants het by ‘n Agbiz/Agbiz Grain-werkswinkel hierop gefokus. Willie van Heerden van Merino SA gesels oor wolveilings en die gemoedere van produsente. RSG Landbou fokus op die potensiaal van die plaaslike appelkoosbedryf. Die aanvraag is groo...
RSG Landbou 5 Maart 2024 05.03.2024 24:16
Ons hoor wat by die algemene jaarvergadering van die Dohne Merino-telergenootskap op Graaff-Reinet gebeur het. Anja Meintjies van die Griekwastad Landbouskou vertel wat besoekers vanjaar kan verwag. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolveilingsnuus. Ons gesels met die 88-jarige Abraham Kruger van Toverberg Simmentalers naby Colesberg oor die algehele uitverkoping van dié stoet op 13 Maa...
RSG Landbou 4 Maart 2024 04.03.2024 24:55
Resporatoriese siektes kom al hoe meer by beeste voor. Daar is verskeie redes hiervoor, maar swak ontwikkelde longe is ‘n groot oorsaak. Dr. De Wet Barnard van MSD Animal Health verduidelik waarom die monitering van die oorsake van longonsteking baie belangrik is. Hy gesels ook oor die Trans Tracheale Aspiraat-prosedure wat hiervoor gebruik word. Veilings is ‘n vorm van bemarking, en in die landbo...
RSG Landbou 2 Maart 2024 02.03.2024 14:51
Warren Bam vertel hy het destyds by sy pa leer boer. Vandag is hy ‘n bekroonde organiese tafeldruifboer van Saron in die Wes-Kaap, wat die een eerbetoon na die volgende inpalm. Wat hy reeds vermag het, is bewonderenswaardig, hoewel hy gretig vertel dat hy nog lank nie klaar gedroom het nie. Warren neem ons op ‘n reis met ‘n onvergeetlike verhaal van risiko, beplanning en moed bymekaarskraap.
RSG Landbou 1 Maart 2024 01.03.2024 22:59
‘n Nuwe uitbreking van Afrika-varkgriep is onlangs naby Groeneweide Park naby George aangemeld. Die gebied is onder kwarantein geplaas. Dr. Mike Wallace van Geografiese Inligtingstelsel in die Wes-Kaap vertel van die lug-en-grond-waarnemingsensus. ‘n Markplek vir landbou-insette is onlangs bekendgestel. Michael Prinsloo, voorheen van Overberg Agri, is aan die stuur daarvan. Hy praat oor die voorde...
RSG Landbou 29 Februarie 2024 29.02.2024 24:58
Aartappels SA se transformasie-simposium vereer produsente wat klein begin het, en vandag merkwaardige groei toon. Gert Bester verduidelik wat die projek vir die kleinskaalse aartappelboer beteken, en Aldrin Lawrence wat naby Vivo boer, deel sy suksesverhaal. Ons gesels met Hettie Marais van die Cradock-omgewing oor haar volstruisboerdery. Daar is ook weernuus saam met Johan van den Berg.
RSG Landbou 28 Februarie 2024 28.02.2024 24:10
Oudspringbok Hempies du Toit plant met groot sukses vrugte en groente aan. Hy verwys na sy benadering as eties organies. Hoor hoe hy in die Boland en op sy Karooplaas boer. Ons gesels met Derek Gustafson van Kadash Chianina by Villiers oor sy uitverkoping. Izak Hofmeyr kyk na internasionale landbounuus.
RSG Landbou 27 Februarie 2024 27.02.2024 21:51
Konsortium Merino het op 14 Februarie hulle 100ste produksieveiling aangebied, waar 500 ramme onder die hamer gekom het. Jakkie Nel wat by meer as 80 van die veilings as afslaer opgetree het, gesels oor die gehalte van die diere en die suksesse van die konsortium. Chris du Plessis van Indian Ocean Export Company praat oor rooivleisuitvoere. Heinrich Victor is oudergewoonte op sy pos met die weekli...
RSG Landbou 26 Februarie 2024 26.02.2024 22:03
Wat is die verskil tussen grondpotensiaal en -vrugbaarheid? Pieter de Wet van Pioneer praat oor belangrike faktore wat in ag geneem moet word as deel van ‘n produsent se mieliebemestingsprogram. Swellendam Landbouskou is een van die oudste landbouskoue in die land. Dit is in 1832 gestig. Dis amper tyd vir dié skou in die pragtige Suid-Kaap.
RSG Landbou 24 Februarie 2024 24.02.2024 14:36
Daar is heelwat gratis aanlyn-inligting wat beskikbaar is vir boere. In ‘n era van kitsfeite en die teenwoordigheid van fopnuus, is dit gerusstellend om te hoor dat mens jou steeds kan wend tot navorsingsgebaseerde waarheid van onafhanklike bronne. Die adjunk-direkteur van Landbou-ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, Riaan Nowers, vertel van vele databasisse, wat onder andere verband...
RSG Landbou 23 Februarie 2024 23.02.2024 25:03
Adele du Toit van die SA Rooibosraad praat oor stand van die bedryf. Die organiseerder van Nampo Kaap, Toit Wessels, het nuus oor die graanbedryf. Agri Wes-Kaap het onlangs ‘n aanlyn omgewingsdiensteportaal bekend gestel. Muller Cronjé, ‘n student by Stellenbosch Universiteit is besig met sy Meesterstudies in Veekunde by die Outeniqua Navorsingsplaas. Hy fokus op die winsgewendheid van weidingsgeb...
RSG Landbou 22 Februarie 2024 22.02.2024 25:11
Bonsmara SA se nasionale veiling word op 13 Maart in Parys aangebied. Die aanbod is slegs vroulike diere, en volgens Benjamin Bosch is hulle doel om die beste Bonsmara-genetika op een plek beskikbaar te stel en nié om die beste pryse te behaal nie. Ons vind ook meer uit oor die plaaslike kiwi-bedryf. Daar is soos altyd nuus oor die weer en vleispryse.
RSG Landbou 21 Februarie 2024 21.02.2024 22:22
Koos du Pisanie het by die onlangse landbouskou op Victoria-Wes met van die deelnemers aan ‘n Merino-skou gesels. Niel Wilke van die Oos-Kaap is verlede jaar aangewys as die wenner van die 2023 MPO-Nedbank Rentmeesterskap-toekennings. Carin Venter kuier by hom op die plaas. Ons hoor by Fanie Ferreira van die Melkprodusente-organisasie watter rentmeestereienskappe by dié melkboer en sy besigheid ui...
RSG Landbou 20 Februarie 2024 20.02.2024 24:20
Bonsmara SA vier vanjaar hulle 60e bestaansjaar. Louis Steyl vertel van hulle beginjare, die sukses van dié beesras en hulle feesviering in Maart. Aartappels SA het in Desember ‘n aansoek by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ingedien vir die opheffing van die kwarantynmaatreëls wat ingestel is vir aartappels, wat deur die Pepper Ringspot-virus geaffekteer is. D...
RSG Landbou 19 Februarie 2024 19.02.2024 21:53
Organiese groenteboerdery is Koos van der Merwe van Green Elephant Organics se passie. Hy het as ekoloog en boer in Mosambiek begin, en vandag boer hy naby Rustenburg. Hy plant hoofsaaklik spinasie, blaarslaai en blomkool. Koos sê die grond op sy plaas bevat geen chemikalieë of kunsmis nie. Tarkastad bied vroeg in Maart hulle landbouskou aan, en ons hoor by Hendrik Schoeman wat alles daar gebeur....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.