RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 16 April 2024 16.04.2024 24:20
‘n Aantal beeste en skape wat bestem is vir uitvoer na die Midde-Ooste, is onlangs op die Al Messilah-skip in die Oos-Londonse hawe gelaai. Verteenwoordigers van verskeie belangegroepe was teenwoordig om te verseker dat daar aan bepaalde vereistes voldoen word. Dis nou ‘n goeie tyd om vas te stel wat die aalwurmgetalle op jou lande behels. Só sê prof Driekie Fourie van Syngenta Seedcare. Sy verdui...
RSG Landbou 15 April 2024 15.04.2024 24:42
Rolspelers in die Oos-Kaapse wildbedryf het onlangs op Bedford byeengekom om oor hulle toekoms te praat. Ons hoor by die nuutverkose voorsitter van Wildbedryf Suid-Afrika, Colin Engelbrecht, wat gebeur het. Justin Gird van die Oos-Kaapse Wildbestuursvereniging, gesels oor die stigting van die Oos-Kaapse Bewarea-vereniging, wat produsente gaan help met natuurbewaring en bestuur. Oor minder as twee...
RSG Landbou 13 April 2024 13.04.2024 13:20
Teen ‘n bergtop op ‘n plaas in die Wes-Kaap, wys fietsryers van regoor die wêreld elke jaar hulle staal. Deelnemers aan die Cape Epic beskryf hierdie deel van die roete as die mees uitmergelende een van die wedren. Cliffhanger is die naam van die kronkelpad op die plaas Canetsfontein. Dis ook hier waar organiese wyn, spesifiek vir marathon-atlete, geproduseer word. Frank Meaker is die hoof van wyn...
RSG Landbou 12 April 2024 12.04.2024 26:34
Die adjunkdirekteur van landbou-ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, Riaan Nowers, praat oor databasisse wat verband hou met agri-toerisme. Die besturende direkteur van Compagniesdrift, wynstoor-maatskappy, gesels oor werksgeleenthede in die bedryf. Jacqueline Pandaram, die hoofdirekteur verantwoordelik vir landelike ontwikkeling by die departement van landbou in die Wes-Kaap, praat...
RSG Landbou 11 April 2024 11.04.2024 24:49
Die jaarlikse skou wat in September op Bredasdorp plaasvind, staan deesdae as Nampo Kaap bekend. Dit het in 1994 as ‘n Suid-Kaap-meganisasiedag begin. Een van die stigterslede, Christiaan Neethling, vertel van die skou se beginjare. Henk Aggenbach, wat aan die stuur van Nampo Kaap staan, praat saam. Daar is oudergewoonte weernuus met Johan van den Berg, en Chris Derken vertel wat met vleispryse g...
RSG Landbou 10 April 2024 10.04.2024 23:24
Spoorminerale speel ‘n belangrike rol by dierevoeding, en wanneer daar ‘n tekort is, moet die korrekte aanvulling gegee word. Alheit du Toit van Feedtek gee raad. Agricol se gewilde Groendag word aan die einde van April weer buite Potchefstroom aangebied. Ons praat met Hannelet Jordaan van BKB se DSS-diens oor die voordele van data-ontleding en -interpretasie vir die veeprodusent.
RSG Landbou 9 April 2024 09.04.2024 23:35
Ons praat by die Bathurst Landbouskou met Niel Scott van die Bathurst Landbouvereniging, die beoordelaars wat by verskeie veekomponente betrokke was, en ‘n boervrou wat ‘n lewe maak uit antieke rose. Die RPO in die Oos-Kaap het ook hulle lewendehawe-naspeurbaarheidstelsel tydens die skou bekendgestel.
RSG Landbou 8 April 2024 08.04.2024 24:42
Die impak van die droogte op voedselsekerheid is nie net in Suid-Afrika ‘n saak van kommer nie, maar ook in Suidelike Afrika. Dr. Theo de Jager het by die Sakeliga KragDag op Malmesbury met RSG Landbou hieroor gepraat. Is daar ‘n riglyn by die gebruik van oesreste, en watter praktyk bied die beste waarde? Dis van die vrae wat Johan Mouton van Molatek beantwoord. Lee Botha praat oor die plaaslike p...
RSG Landbou 6 April 2024 06.04.2024 13:44
Waarom leef ons beter as ons voorsate. Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het 'n Indonesiese vulkaan met die Groot Trek te doen? En wat het Karel die Grote gemeen met koning Zwelethini? Dit vn die vrae wat prof. Johan Fourie verken in sy boek, SKATRYK. Hierdie leesbare ekonomiese geskiedenis strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag. Hy verduidelik waarom die bouers en...
RSG Landbou 5 April 2024 05.04.2024 26:47
Prof. Pieter Swanepoel, hoof van die Departement Agronomie by Universiteit Stellenbosch, praat oor kanola as ‘n alternatiewe bron van proteïen in dierevoeding. Hy bespreek oor die rol van dié gewas in herlewingslandbou. Die suiwelbedryf het vanjaar die rekords laat spat by die 191ste SA Suiwelkampioenskappe. ‘n Rekordgetal van 78 suiwelvervaardigers het ‘n rekordgetal van 1 029 suiwelprodukte inge...
RSG Landbou 4 April 2024 04.04.2024 23:59
Die LRF Veeskool vind weer in Oktober plaas, en vanjaar is die fokus op die veerkragtigheid van die veeboer. Chemunique bied op 17 April ‘n Melkkoei-langlewendheidskongres in die Wes-Kaap aan, en ons hoor by dr. Mariaan Viljoen waarom Suid-Afrikaanse koeie minder as hulle potensiaal produseer. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer, en Chris Derksen is terug met die week se vleispry...
RSG Landbou 3 April 2024 03.04.2024 24:43
Naspeurbaarheid in die lewendehawebedryf is vir sowel die veeprodusent as verbruiker belangrik. Die data wat oorplaatjies bevat, dra by tot die sukses van naspeurbaarheid, maar produsente het vrae oor die aankoop en gebruik van die oorplaatjies. Ons vra vir Rachelle Cloete van GMP Basic and Leader Products SA om ‘n paar van dié vrae te beantwoord. Die Santa Gertrudis-beestelersgenootskap vier vanj...
RSG Landbou 2 April 2024 02.04.2024 24:36
Landelike veiligheid in die Wes-Kaap was onder bespreking by die onlangse Sakeliga KragDag op Malmesbury. RSG Landbou het daar met Ian Cameron van die DA gesels. SAAI en C5 Capital, wat spesialiseer in gevorderde kernenergie-oplossings, het onlangs ’n strategiese vennootskap aangekondig. Dit het ten doel om landbou te versterk en voedselsekerheid te verseker. Francois Rossouw van Saai en Francois...
RSG Landbou 1 April 2024 01.04.2024 22:09
Ons kuier by die Griekwastad-skou. Meer as 600 diere is op 13 en 14 Maart geskou, en ons hoor wat ‘n paar van die beoordelaars oor die diere te sê gehad het. Wanneer ‘n werknemer ‘n besering aan diens opdoen, moet die relevante dokumentasie volgens wet korrek ingedien word. Beth Pretorius van WCA Solutions was een van die sprekers by ‘n Agbiz-werksessie oor beroepsveiligheid in die werksplek, en s...
RSG Landbou 30 Maart 2024 30.03.2024 15:24
Die SA Wynoes Herdenkingsgeleentheid word jaarliks aan die begin van Februarie gehou, ter herdenking van die eerste oesjaar op Suid-Afrikaanse bodem in 1659. By vanjaar se geleentheid, aangebied by Groot Constantia, is die 2024-oes geseën, die wynbedryf se 365ste bestaansjaar gevier, en voorlopers in die bedryf vereer. Ilse Ruthford, besturende direkteur van Compagniesdrift, het die toekenning vir...
RSG Landbou 29 Maart 2024 29.03.2024 25:26
Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê die Sitrus Sekondêr-program skep 'n geleentheid vir leerders om 'n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal. Dit word deur die Sitrusakademie aangebied. Jacomien de Klerk, die bestuurshoof van die akademie, sê meer as 450 leerders sal na verwagting vanjaar vir die program inskryf. Die opvoedkundige geleentheid word oor twee j...
RSG Landbou 28 Maart 2024 28.03.2024 25:02
Die verbouing van industriële hennep in Suid-Afrika is nog in sy kinderskoene. Die inkomste per hektaar, rol by grondgesondheid en ‘n ideale wisselbougewas is van die voordele. Dr. André Malan van CO2 Evolve gesels hieroor. Temperature het in sekere gebiede begin daal, en soos Johan van den Berg voorspel het, is die somerreën nie verby nie. Ons hoor wat hy vandeesweek te sê het. Chris Derksen is o...
RSG Landbou 27 Maart 2024 27.03.2024 22:15
‘n Beroepsgesondheidspraktisyn, dr. Dankiso Mkwanazi, was een van die sprekers by ‘n Agbiz-/Agbiz Grain-werksessie. Hy gesels onder meer oor die vyf risikogevare in die werksplek. Bufland Bonsmaras en ‘n paar gasverkopers van Limpopo hou op 3 April hulle veiling. Ons maandelikse internasionale landbounuus kom ook aan die beurt.
RSG Landbou 26 Maart 2024 26.03.2024 22:56
Nelius Ferreira van Ferrero Bonsmaras op Harrismith is by die Rooi Ras-geleentheid op Parys as Bonsmara SA se nuwe voorsitter verkies. Carin Venter het by die Jansenville-skou met twee besoekers van die Verenigde Arabiese Emirate gepraat oor hulle belang by dié geleentheid. Heinrich Victor is op sy pos met nuus oor die wolveilings.
RSG Landbou 25 Maart 2024 25.03.2024 23:14
Watter impak kan die 64 internasionale en plaaslike verkiesings in 2024 op die landbou hê? Wat gaan met wêreldinflasie gebeur? Op watter huidige prestasies kan die Suid-Afrikaanse landbou voortaan fokus? Dis van die onderwerpe waaroor daar gepraat is tydens die herfsbekendstelling van Absa Agribesigheid se gewilde AgriTrends-navorsingsverslag. RSG Landbou het by dié geleentheid met dr. Marlene Lou...
RSG Landbou 23 Maart 2024 23.03.2024 14:27
Ons kuier by ‘n raakvatter en dapper dromer. Sy landboureis is vanjaar tien jaar oud. Ons gesels oor die betekenis en simbole van tien. ‘n Dekade. Tien Gebooie. Van twintigs na dertigs. Joel Stransky. Die gee van ‘n tiende. Byron Booysen bevind hom vandag by ‘n kruispad. Sy volgende hoofstuk gaan gepaard met die ontwikkeling van sy plaaslike gemeenskap. Dié ongewone roete na sy groenteboerdery in...
RSG Landbou 22 Maart 2024 22.03.2024 22:22
Dr. Lindy Rose, seniordosent by die departement plantpatologie by Universiteit Stellenbosch, praat oor die grondboontjie-produkte wat onlangs van winkelrakke verwyder is weens hoë vlakke van aflaktoksien wat daarin gevind is. Dr. Debora van der Merwe van die departement voedselwetenskap by US vertel van ’n nuwe produk van aartappelmelk, Kapoki, wat deur studente ontwikkel is. The Pebbles Project w...
RSG Landbou 21 Maart 2024 21.03.2024 23:45
Die BKB Merino Classic word weer vanjaar by die Bloemskou aangebied. Willie van Heerden van Merino SA vertel waarna Merino-liefhebbers vanjaar kan uitsien. Johan van den Berg is op sy pos met weernuus. Chris Derksen gesels oor vleispryse. Ons praat met landboukommunikasie-spesialis Lindi Botha oor die stem van die produsent wat dikwels afwesig is tydens debatte oor voedsel en voedselproduksie. Sy...
RSG Landbou 20 Maart 2024 20.03.2024 25:03
Tydens Graan SA se kongres by Nampo Park was graanprodusente se kommer oor die impak van die droogte een van die hoofbesprekingspunte. Ons het ook tydens die kongres vir Kobus Meintjes van Bayer Crop Science oor die sojaboonheffing uitgevra. Daneel Rossouw van Nedbank praat oor klimaatslim-boerderypraktyke, en watter invloed dit op ‘n finansiële instelling se besigheid het.
RSG Landbou 19 Maart 2024 19.03.2024 21:47
Heinrich Victor vertel wat by die laaste wolveilings gebeur het. Die Nasionale Wolkwekersvereniging het onlangs in die Oos-Kaap kongres gehou. Volgens een van die sprekers, Isak Staats van BKB, is dit een van die swaarste tye vir skaapboere. Ons praat met hom hieroor, en ons hoor ook van die voorsitter van die NWKV in dié provinsie, Niel du Preez.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.