RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 15 Mei 2024 15.05.2024

Clement October van Klein River Cheese by Stanford is by vanjaar se SA Suiwelkampioenskappe met die eerste Hollard Game Changer-toekenning vereer. Agri-Expo het dié toekenning ingestel ter viering van die 191ste SA Suiwelkampioenskappe. Ons gesels met Clement oor sy loopbaan. Carin Venter kuier by ‘n volstruisboer naby Bugersdorp in die Oos-Kaap, Wienie de Klerk. Dis Nampo-tyd, en ons gesels met M...

RSG Landbou 14 Mei 2024 14.05.2024

Die Vrystaat Landboukollege buite Bloemfontein het in 2023 sy deure geopen. Dr. Antonie Geyer vertel van die kursusse wat hulle aanbied en die toelatingsvereistes. Oranjeriviervoere het onlangs ‘n boeredag op Prieska aangebied. Een van die sprekers was die bekende vrugteboer van die Noord-Kaap, Piet Karsten. Hy het ‘n hele paar lesse met uitvoere geleer, wat hy met veeboere gedeel het. Ons hoor wa...

RSG Landbou 13 Mei 2024 13.05.2024

Proewe wys dat kalwers wat met neusringe gespeen word, tot 160 g per dag beter groei. Carin Venter kuier in die Karoo by Lloyd Short, ‘n Angora-boer. Dr. Josef van Wyngaard van Voermol verduidelik wat bedoel word met ‘n holistiese benadering tot beesboedery.

RSG Landbou 11 Mei 2024 11.05.2024

Christi van den Heever boer die afgelope 16 jaar vir Graaff Fruit, waarvan die afgelope vyf jaar as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. In 2023 is hy aangewys as Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar.

RSG Landbou 10 Mei 2024 10.05.2024

Strategiese beplanning vir landbou-organisasies en die regering is ‘n weldeurdagte proses, en nie net ‘n moment nie. Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik. Professor Pieter Swanepoel, die hoof van die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenbosch en raadslid by die Proteïennavorsingstigting, gee ‘n oorsig...

RSG Landbou 9 Mei 2024 09.05.2024

Kobus Beyers, ‘n saaiboer van die Wolmaransstad-omgewing, is aangewys as die 2024 Agri Noordwes Jongboer van die Jaar. Ons hoor wat sy hart vinniger laat klop. Tyd is geld, en as ‘n produsent sy masjiene kan dophou sonder om op die plaas te wees, soveel beter. Diederik Hasselmann van CASE IH verduidelik hoe hulle Connect Room funksioneer. Ons hoor ook van Carina le Roux van Feedtek. Sy het tydens...

RSG Landbou 8 Mei 2024 08.05.2024

Tru-Cape is optimisties oor die 2023/2024 appel- en peerseisoen. Calla du Toit gesels oor die seisoen wat vroeër begin het, asook die markte en vooruitsigte. Wanneer en hoe besluit ‘n produsent watter tegnologie belangrik en toepaslik is vir die gebruik van spilpunte op lande? Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa gee raad. Koos du Pisanie kuier op Willie Storm se plaas. Dié boer van Olifa...

RSG Landbou 7 Mei 2024 07.05.2024

Hoewel Suid-Afrika steeds die wêreldleier in makadamiaproduksie is, is produsente onder druk. Barend van der Schyff van Sabie Valley Macadamia Group vertel meer. Die aartappelprodusent in die Sandveld-gebied staar ook ‘n paar uitdagings in die gesig. Jannie Basson het die besonderhede. Die broer van die bekende boerbokram, Formula One, wat onlangs vir meer as R1 miljoen verkoop is, is eersdaags in...

RSG Landbou 6 Mei 2024 06.05.2024

Die Ankole-beesras is eers in 2019 in Suid-Afrika geregistreer. Daar is tans meer as 1 100 volbloed Ankole-beeste en 63 telers. Jacques Malan deel ‘n paar feite oor dié ras. Hy gesels ook oor ‘n inligtingsdag op 31 Mei en hulle nasionale veiling op 1 Junie. Ons hoor ook hoe dit met die plaaslike aartappelbedryf gaan by Willie Jacobs van Aartappels SA.

RSG Landbou 4 Mei 2024 04.05.2024

In Suid-Afrikaanse boorde word daar daagliks planne bedink deur boere. Ons deel ‘n storie oor uitvoere en uithouvermoë. Gerrit van der Merwe is die nuwe voorsitter van die Sitruskwekersvereniging. Dié 39-jarige landbouer vertel van die dinge wat hom na aan die hart lê, veral op die plaas ALG boerdery in Citrusdal.

RSG Landbou 3 Mei 2024 03.05.2024

Ons praat met Werner Nieuwoudt, die voorsitter van die rooibosprodusentevereniging, wat verlede jaar tot stand gebring is. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller vertel van die jongste navorsingsprojekte wat deur die departement landbou in die Wes-Kaap onderneem is oor goedkoper teenoor duurder swamdoderprogramme op koring. Agri SA se adjunkpresident Nicol Jansen vertel van GraanSA se opnames...

RSG Landbou 2 Mei 2024 02.05.2024

'n Verandering in landbouchemie is noodsaaklik. SB Coetzee van AECI Plant Health verwys na ‘n sagter benadering wat deesdae vereis word, en hy verduidelik wat dit behels. Ons vind meer uit oor ‘n unieke gebruik van droë ys in landbou. Johan van den Berg is op sy pos met weernuus, en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

RSG Landbou 1 Mei 2024 01.05.2024

Die Wupperthal Oorspronklike Rooibos Primêre Landboukoöperasie is onlangs deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Rooibos Beperk, as die Beste Volhoubare Rooibosgemeenskap in Agri-verwerking, aangewys. Ons praat met Barend Salomo oor die werk van 77 kleinboere. Vanjaar se Onderstepoort Voerkraaluitdaging was vol skaapstreke. Vyfdejaar veeartsenystudente kon deelneem, en ons hoor wat ‘n paar...

RSG Landbou 30 April 2024 30.04.2024

Nico Slinger van Clanwilliam is aangewys as die 2024 Rooibosprodusent van die Jaar. Hy vertel van sy boerdery en passie vir dié bedryf. Santam Landbou is al vir elf jaar betrokke by die nasionale kuilvoerkompetisie - hoe kom kuilvoer en versekering by mekaar uit? Heinrich Victor is op sy pos met die wolmarkverslag. FP Coetzee van Aartappels SA vertel wat in Maart op die aartappelmarkte gebeur het.

RSG Landbou 29 April 2024 29.04.2024

Rhizobium, ‘n bakterie wat in plantselle voorkom, verseker dat daar aan die plant se stikstofbehoeftes voldoen word. Stephan Downy van AECI Plant Health gesels oor die gebruik en bestuur van rhizobium by peulgewasse soos sojabone. Tobias Doyer van Graan SA praat oor die plaaslike graanbedryf, die impak van die swakker graanseisoen op die verbruiker, en hy gee raad aan produsente oor belangrike bes...

RSG Landbou 27 April 2024 27.04.2024

Op ‘n plaas net buite Kaapstad word daar gretig met groente geboer. Byron Booysen sê dis vir hom veel belangriker om veilige, gesonde kos aan sy gemeenskap te lewer as om grootskaalse kontrakte los te slaan. Vasberadenheid is by hom ‘n wortelwoord. Dis ook heerlik om ‘n landbou-liefdesverhaal te deel. Dit was juis Byron se rissie-aanplanting wat destyds rooiwarm romanse aangevuur het. Ons kuier by...

RSG Landbou 26 April 2024 26.04.2024

Francois Auret het onlangs sy meesterstudie voltooi oor die uitwerking van klimaatsverandering op die sagtevrugtebedryf. Hy gee raad aan nuwe toetreders, ook aan die hand van gratis hulpmiddels wat beskikbaar gestel word deur die departement landbou in die Wes-Kaap. Die heel eerste klimaatsindaba aangebied deur die Wes-Kaapse regering is verlede maand in Kaapstad gehou. Een van die deelnemers was...

RSG Landbou 25 April 2024 25.04.2024

Die Nampo Oesdag word vanjaar vir die 56ste keer aangebied. Dit het as ‘n landboutegnologiedag op ‘n plaas in Bloemfontein begin. Dr. Dirk Strydom van Graan SA gesels oor vanjaar se geleentheid, wat van 14 tot 17 Mei by Nampopark naby Bothaville aangebied word. Johan van den Berg is op sy pos met weernuus, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse in die Noord-Vrystaat gebeur het.

RSG Landbou 24 April 2024 24.04.2024

Die gebruik van groeibevorderaars in voerkrale lê dr. Shaun Morris van Octavoscene baie na aan die hart weens die wanpersepsies wat hieroor heers. Hy gesels oor die feite. Agricol se gewilde Groendag is om die draai, en Joubert Swanepoel het meer inligting. Jaco Taute van die Rooivleisprodusente-organisasie in Gauteng gee terugvoer oor hulle kongres wat verlede week in Pretoria gehou is.

RSG Landbou 23 April 2024 23.04.2024

Die Ingenieursfakulteit van die Noordwes-Universiteit bied deesdae ook oplossings vir landbou. Daar word navorsing gedoen om diere- en voedselproduksiestelsels te verbeter. Ons praat hieroor met professors Rojanette Coetzee en Henri Marais. Volgens die Buro vir Voedsel-en Landboubeleid kom ongeveer die helfte van die totale inkomste van landbou van uitvoere af.

RSG Landbou 22 April 2024 22.04.2024

Meer as 24 miljoen Suider-Afrika-inwoners worstel met ‘n dubbele krisis van hongersnood en ongewone weerpatrone. In Suid-Afrika het die droogte reeds ‘n impak op voedselsekerheid. Ons hoor by Corné Louw van Graan SA of ons bekommerd moet wees oor plaaslike mielievoorrade. Johann Kotzé van Agri SA praat oor die rol, waarde en voortbestaan van georganiseerde landbou. Waarom is die snytyd van kuilvoe...

RSG Landbou 20 April 2024 20.04.2024

Op Warren Bam se plaas in die Wes-Kaap word tafeldruiwe organies geproduseer. Hy sê hy boer graag met die mond deur woorde, en dat die wingerdstok sy werkgewer is. Op sy plaas tree meer as 200 mense daagliks aan. Ons praat met hom oor leierskap in landbou, seisoenale suksesse en meer.

RSG Landbou 19 April 2024 19.04.2024

Dr. Ilse Trautmann, die adjunkdirekteur-generaal landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, vertel van die gratis landbou-publikasie, Agriprobe. Statistieke SATATS het in die eerste kwartaal bekend gemaak dat landbou ‘n beduidende rol in werkskepping die afgelope jaar gespeel het. Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landbou...

RSG Landbou 18 April 2024 18.04.2024

‘n Luisteraar het ‘n dokumentêr oor voerkrale in die VSA gesien, en was geskok oor die grootte van die fasiliteite en die omstandighede waarin die diere leef. Dr. Shaun Morris van Octavoscene praat oor die welsyn van diere in Suid-Afrikaanse voerkrale. AGT Foods Africa het onlangs sy oorname van Pannar se droëboonbesigheid aangekondig, en ons kry meer besonderhede daaroor. Daar soos altyd nuus oor...

RSG Landbou 17 April 2024 17.04.2024

Dis peerseisoen in Suid-Afrika, en Tru-Cape moedig verbruikers aan om die uniekheid van die Abate Fetel-kultivar te ontdek. Buks Nel en Henk Griessel vertel waarom dié peerkultivar so besonders is. Volgens die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika het Suid-Afrika die afgelope seisoen 195 000 ton witmielies suksesvol uitgevoer. Hein Rehr gee terugvoer oor hierdie en ander graanuitvoere, asoo...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.