RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 13 Junie 2024 13.06.2024

Die uittredende voorsitter van die RPO, Koning Scholtz, praat oor die produsent en die rol van dié produsente-organisasie, veral in moeilike tye. Brand du Toit, die nuutverkose voorsitter, fokus op die pad vorentoe. Die Royal skou het nie vanjaar, soos beplan, op hulle nuwe terrein naby Pietermaritzburg plaasgevind nie, maar daar was wel ‘n paar veranderings. Angus Williamson verduidelik. Ons het...

RSG Landbou 12 Junie 2024 12.06.2024

Wêreld Oseane-dag is op 7 Junie gevier. Dis nie net die natuurlewe in die see wat bedreig word nie, maar ook vissergemeenskappe. Dis hier waar Ocean Basket ‘n verskil maak. Ons gesels met Marco Coelho oor hulle inisiatiewe. Die Overberg Jongooi Kuddeklub het onlangs sy eerste opedag op Windhoek Plaas op Napier aangebied. Kitty Lourens vertel van die groep Merino-boere van die omgewing wat die klub...

RSG Landbou 11 Junie 2024 11.06.2024

Die invoer van kalwers van buurlande is een van die grootste knelpunte vir rooivleisprodusente in Noordwes, sê Nico Kilian van RPO Noordwes. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolveilingsnuus.

RSG Landbou 10 Junie 2024 10.06.2024

Kobus Pieters, ‘n makadamiakweker, -verwerker en -uitvoerder van Hazyview, is aangewys as Mpumalanga Landbou se Jongboer van die Jaar. Sy besigheid, Big 5 Mac, het in 2012 met 13 hektaar begin, en vandag produseer hulle op 130 hektaar. Pierre Vlok van BKB is al 40 jaar deel van die Suid-Afrikaanse wolbedryf. Hy praat oor die belangrikheid van standaarde, die ontwikkeling van die Merino-ras en die...

RSG Landbou 8 Junie 2024 08.06.2024

Christi van den Heever is in 2023 aangewys as jongboer van die jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Hy tree gereeld op as spreker by geleenthede en skoue vir jongmense.

RSG Landbou 7 Junie 2024 07.06.2024

Suid Afrika het onlangs sy 38ste goue toekenning by die Chelsea Blommeskou in Londen ingepalm. Dit was ook die eerste keer dat ons die prys vir die beste uitstalling gewen het. Die geleentheid word as die Olimpiese Spele van Blommeskoue gereken. Die besturende direkteur van De Fynne-kwekery buite die Paarl, Jacky Goliath, is ‘n lid van Span Suid-Afrika, en het met ons vanuit Londen gesels. In ‘n s...

RSG Landbou 6 Junie 2024 06.06.2024

Wortelvrot is al vir talle jare een van die grootste uitdagings in die avokadobedryf. Jacques Swanepoel van AECI Plant Health vertel van stappe wat gedoen kan word om hierdie grondgedraagde patogeen te beheer. Ons gesels met Morné Venter van Agricol oor die sukses van hulle gewilde Groendag. Daar is soos gewoonlik ook weernuus, en ons vind uit wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.

RSG Landbou 5 Junie 2024 05.06.2024

Die 25ste Large Herds-konferensie is onlangs in Qqeberha gehou. Dit word jaarliks deur die Melkprodusente-organisasie aangebied. Die bestuurshoof van die Landbank, Themba Rikhotso, het by Nampo oor die vordering van hulle omkeerstrategie gepraat. By dieselfde geleentheid het Nutri Feeds met groot sukses werkswinkels vir klein hoenderboerderye aangebied.

RSG Landbou 4 Junie 2024 04.06.2024

Fosfaat is die hoofbron van energie vir plante. Daarsonder kan plante feitlik geen fisiologiese prosesse dryf of vervul nie. Rupert Vermaas van AECI Plant Health praat oor die rol van fosfaat by plante, en die voordele daarvan vir mens en dier. Gavin Bristow gesels oor die 52ste produksieveiling van Bristow Bonsmara op 20 Junie. Heinrich Victor vertel wat by die jongste wolveilings gebeur het.

RSG Landbou 3 Junie 2024 03.06.2024

Sakkie en Nicky Nell Boerbokboerdery van Brakrivier in die Jansenville-distrik vier in 2025 hulle 100ste bestaansjaar in die bedryf. Ons hoor wat hulle suksesresep is. Daneel Rossouw van Nedbank praat oor die stand en die vooruitsigte vir die plaaslike wynbedryf. Die Sernick Groep bied hulle volgende produksieveiling op 7 Junie aan, en die veiling word aan hulle kuddebestuurder van 30 jaar, Pieter...

RSG Landbou 1 Junie 2024 01.06.2024

In Jeugmaand fokus ons op Suid-Afrika se jong boere. Warren Bam boer organies met tafeldruiwe buite Saron in die Wes-Kaap. Byron Booysen staan by ‘n kruispad. Hy is besig om ‘n nuwe werklikheid as boer in te gaan. Dié jong Kaapse groenteprodusent deel die storie van sy hiervandaan.

RSG Landbou 31 Mei 2024 31.05.2024

Ons kyk na van die hoogtepunte op Agri Wes-Kaap se kalender vir die volgende paar maande. Louis Snyman, die voorsitter van die Lutzville-landbouskou, vertel van vanjaar se geleentheid. Peter Penz van die plaas, Groote Post, verduidelik wat verbruikers van 2024 se Sauvignon Blanc te wagte kan wees.

RSG Landbou 30 Mei 2024 30.05.2024

Gifspuite word algemeen in landbou gebruik. Wanneer dit geselekteer word, moet gehalte, kapasiteit, spuitpatrone, gebruikersvriendelikheid en aanpasbaarheid in ag geneem word. Só sê Jan Schoeman van Smith Power Equipment. South Africa Wine, wat 10 maande gelede begin is, het verlede week hulle eerste beraad gehou. Ons hoor by Rico Basson waarop daar tans gefokus word om dié bedryf in Suid-Afrika s...

RSG Landbou 29 Mei 2024 29.05.2024

Charl Saunderson van Kenhardt in die Noord-Kaap is een van die finaliste in die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek. Koos du Pisanie kuier by hierdie dorperboer op sy plaas in die Boesmanland om uit te vind hoe hy dit regkry om saam met die natuur en die veranderende klimaat te boer.

RSG Landbou 28 Mei 2024 28.05.2024

Volgens Marina van der Merwe van Potchefstroom is ‘n miniatuur donkie die ideale troeteldier. Ons het tydens Nampo met haar oor die teel, aanhou en voeding van dié donkies gesels. Nutri Feeds se betrokkenheid by die Dr. Bohmerskool op Bloemfontein maak ‘n groot verskil in die lewe van leerders met spesiale behoeftes. Stephan Pietersen van Work Accident Support herinner produsente aan die indien va...

RSG Landbou 27 Mei 2024 27.05.2024

Kenny Beeton van Nutrico beantwoord ’n luisteraarsvraag oor die beheer van vrugtevlieë. Daar is ‘n groot behoefte in landbou vir opleiding in verskillende vaardighede. Nihan Olivier van Peritum Agri Institute verduidelik wat dit behels. Botterskorsies word normaalweg in ‘n donkergroen sakkie verpak, en lemoene in ‘n oranje sakkie. Wat is die rede hiervoor?

RSG Landbou 25 Mei 2024 25.05.2024

Dit lyk of Robotika, ChatGPT en fopnuus ‘n blywende plek in die samelewing inneem. Goeie oordeel hiermee is verpligtend. Heelparty van die nuwe toepassings is van waarde vir produsente.

RSG Landbou 24 Mei 2024 24.05.2024

Breyton Milford, die hoofbestuurder van Agri-Expo, gesels oor vanjaar se SA Suiweltoekennings. Johan Faure, die voorsitter van die Wes-Kaap Pluimveeklubskou, het nuus oor vanjaar se geleentheid wat in Villiersdorp aangebied word van 6 tot 8 Junie. Professor Pieter Swanepoel, die hoof van die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenbosch en raadslid by die Proteïen Navorsingstigting, vert...

RSG Landbou 23 Mei 2024 23.05.2024

Dr. Daniël van der Merwe het by Kemin en Zoëtis se voerkraalinligtingsdag gefokus op die belang van spysverteringsgesondheid op beeste se welstand. Die winsgewindheid van boere het onder bespreking gekom by vanjaar se Nampo. Die Suid-Afrikaanse monogastriese nywerheid kom op 5 Junie in Pretoria bymekaar vir die eerste SummitUP-beraad.

RSG Landbou 22 Mei 2024 22.05.2024

‘n Internasionale bees-immunoloog, dr. Victor Cortese, het by Kemin en Zoëtis se voerkraalinligtingsdag met boere gepraat oor die vordering wat gemaak word ten opsigte van die bekamping van beesrespiratoriese siekte. Dr. Gerhard Neethling van die Rooivleis-abattoirvereniging gesels oor die jongste tegnologie wat gebruik word om te verseker dat hulle goeie biosekuriteitsmaatreëls suksesvol toepas....

RSG Landbou 21 Mei 2024 21.05.2024

Die rooivleisbedryf het die afgelope tien jaar nie na wense gegroei nie. Bykomend tot hierdie uitdaging, is daar ook druk op die produsent en die verbruiker. Dawie Maree van FNB het by ‘n boeredag ‘n paar vrae oor dié bedryf beantwoord. Ons hoor ook wat Niel Venter van die Rooivleis-abattoirvereniging te sê het oor hulle samewerking met die Departement van Landbou. Die onderwerp van naspeurbaarhei...

RSG Landbou 20 Mei 2024 20.05.2024

Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek is op boere in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemik. Mihan Louw van African Seeds Group verduidelik hoe hulle en ander instansies 20 boere as deel van fase een van die projek bemagtig. Ons praat oor grondgesondheid met Kenny Beeton van Nutrico. Daar is verskeie faktore en praktyke in landbou wat goeie grondgesondheid kan verseker, en een hiervan is die gebruik van...

RSG Landbou 18 Mei 2024 18.05.2024

Niel Bruwer, ‘n vrugteboer van Prince Alfred Hamlet, is die voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee. Hy leef in verbondenheid met die natuur. Hy praat oor pasgeborenes, die plaaslewe en plekname.

RSG Landbou 17 Mei 2024 17.05.2024

Dr. Chanel Lombard, ‘n staatsveearts op Vredendal, praat oor die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer. Die nuutopgeknapte en opgegradeerde Provinsiale Veterinêre Laboratorium is onlangs in Stellenbosch geopen. Dr. Riaan Putter, ‘n veearts in George, en Piet Kleyn, uitvoerende bestuurder by die Volstruis Besigheidskamer op Oudtshoorn, het daar besoek afgelê. Elizabeth Kuhn, verbonde aan ‘n firma...

RSG Landbou 16 Mei 2024 16.05.2024

Die drie finaliste in die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek is aangewys. Die Karoo Winter Wolfees word oor ‘n maand by Middelburg in die Karoo aangebied. Van die skaap op die plaas tot die trui aan jou lyf. Alles gaan oor wol. Ons vind meer uit van die plaaslike springmieliebedryf by David Kretzmann van AGT Foods Africa.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.