RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 12 Julie 2024 12.07.2024

Landbou het in die eerste kwartaal ‘n beduidende rol in werkskepping gespeel. Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat hieroor en handelsdata en landbou-uitvoere. Gerhard Meyer boer met granate in die Klein Karoo, en het onlangs ‘n groter verwerkingsaanleg geopen, waar granaatsap, granaatstroop en granaatroomys op groot skaal gemaak word.

RSG Landbou 11 Julie 2024 11.07.2024

Die Suiwelstandaardagentskap het sowat agt jaar gelede die Dairy Quality Club tot stand gebring, om verskaffers en ander rolspelers in die suiwelwaardeketting se bydrae tot die wetenskap te erken. Jompie Burger vertel meer. Prof. Edward Webb, ‘n bekende in veekunde, was een van die sprekers by die 54ste kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde in Oos-Londen. Ons praat met hom oor sy...

RSG Landbou 10 Julie 2024 10.07.2024

Dit is brandseisoen in die somerreënvalstreke. Vrystaat Landbou het boere en die publiek bewus gemaak van die belangrikheid van voorkomingsmaatreëls wat in plek moet wees. Cilo Cybin, ‘n mediese kannabis beleggingsmaatskappy, het op 25 Junie op die Johannesburgse effektebeurs genoteer. Ons vind meer hieroor uit by Gabriel Theron.

RSG Landbou 9 Julie 2024 09.07.2024

Dean Barnard, ‘n hops-, pruim-, amandel- en pekanneutboer van George, is aangewys as Agri Wes-Kaap se Jongboer vir 2024. Waarde vir geld is waarna ‘n produsent opsoek is wanneer landboutoerusting aangekoop word. So sê die nuutaangestelde besturende direkteur van Smith Power Equipment, David Kelder. Hy praat oor die ontwikkeling in tegnologie, die waarde van goeie kliëntediens en sy visie vir landb...

RSG Landbou 8 Julie 2024 08.07.2024

Johan Stumpf, die besturende direkteur van die BKB Groep, praat oor BKB se Agbiz-lidmaatskap, en sake van belang vir die groep se wol- en lewendehawebesigheid. ‘n Landbou-ekonomiestudent van die Universiteit van die Vrystaat, Siphiwe Tshabalala, vertel van hulle besoek aan Spanje en hulle voorlegging aan die International Food and Agribusiness Management Association. Ons hoor ook by Nelius Ferreir...

RSG Landbou 6 Julie 2024 06.07.2024

Ons kyk terug op ‘n lewe van diens aan dier en mens. Op ouderdom 74, deel afgetrede veekundige professor Chrisjan Cruywagen ook van die mees komiese oomblikke in sy loopbaan.

RSG Landbou 5 Julie 2024 05.07.2024

Bosbou bestaan uit landbouers wat met bome boer. Ons bekyk die beleggingshorison hieraan verbonde, asook die legio werksgeleenthede wat binne bosbou bestaan. Soné Nell, ‘n doktorale student in veekunde by Stellenbosch Universiteit, is besig met ‘n opname onder melkboere in die Wes-Kaap om data in te samel oor metaangasvrylatings en toekomskoolstofkrediete. Ons vind uit waarom dié studie van groot...

RSG Landbou 4 Julie 2024 04.07.2024

Die Bosveld Afrikanerbees Studiegroep bied tydens vanjaar se Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou weer ‘n beesskool aan in samewerking met die Landbounavorsingsraad. Daar was onlangs ‘n wedloop deur die Three Valleys-reservaat naby Bathurst in die Oos-Kaap om geld in te samel vir wilde diere wat mediese hulp benodig. Johan van den Berg praat weersake, en Chris Derksen is op sy pos met die week se...

RSG Landbou 3 Julie 2024 03.07.2024

‘n Nguni-boeredag is onlangs naby Harrismith aangebied. Een van die hoof besprekingspunte was die rol van dié beesras in voerkraalproduksie. Dis daardie tyd van die jaar wanneer SAMIC (South African Meat Industry Company) produsente vereer vir hoë gehalte karkasse. Hennie Gerber praat oor die verskillende kategorieë en waarna gekyk word tydens die beoordeling. Jan Schoeman van Oktavia Beefmasters...

RSG Landbou 2 Julie 2024 02.07.2024

Alwyn Kraamwinkel van Sampro praat oor die redes vir die verandering in kleinhandelverkope van suiwelprodukte van 2023 af tot op hede. Speentyd is ‘n spanningsvolle tyd vir lammers en ooie. Lammers ly dikwels aan speenskok, en Esmari Rautenbach van Feedtek gee raad. Ons praat met André van der Heyde van Bonsmara Genetics oor hulle inligtingsdag op 16 Julie naby Marble Hall.

RSG Landbou 1 Julie 2024 01.07.2024

Die jaarkongres van Agri SA word in Oktober met ‘n slinternuwe baadjie in Kaapstad aangebied. Ons hoor by Johann Kotzé wat dié geleentheid anders maak. Christopher Havenga van die Boran-beestelersgenootskap gesels oor hulle nasionale veiling wat op 13 Julie by die Afridome in Parys plaasvind. Ons kuier ook by Hendrik Odendaal op sy plaas in die Standerton-omgewing. Hy is een van drie finaliste in...

RSG Landbou 29 Junie 2024 29.06.2024

In die laaste program in ons Jeugmaand-reeks, belig ons dienste en loopbaangeleenthede in die landbousektor.

RSG Landbou 28 Junie 2024 28.06.2024

Sou mens die vastekoste komponent opweeg teen die finansieringskoste van onafhanklikheid in terme van kragopwekking, hou dit bepaalde uitdagings in. Agri SA se adjunkpresident, Nicol Jansen, praat hieroor aan die hand van kostepatrone wat voorlê vir Eskom. Ferdie Endemann, ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, deel besonderhede oor ‘n internasionale akwak...

RSG Landbou 27 Junie 2024 27.06.2024

Die Oos-Kaap het van Suid-Afrika se mees prominente melkboere. Melk SA het vandeesmaand vergader om die impak wat die bek-en-klouseer-uitbreking op dié produsente het, te bespreek. Brangus SA bied op 7 Augustus hulle nasionale veiling aan. Daar is weernuus met Johan van den Berg, en vleispryse met Chris Derksen.

RSG Landbou 26 Junie 2024 26.06.2024

Die Vrystaatse Departement van Onderwys het in 2023 vir die eerste keer ‘n plaasvaardighede-skolekompetisie aangebied. Ongeveer 185 landbouleerders het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, soos skaapwolklassering, ploegvaardighede en die oprigting van draadheinings. Vanjaar se kompetisie brei uit, en leerders kan einde Augustus weer deelneem. Izak Hofmeyr vertel wat elders in die wêreld van landbo...

RSG Landbou 25 Junie 2024 25.06.2024

Die 94ste kongres van die Nasionale Wolkwekersvereniging het onlangs in Gqberha plaasgevind. Die uittredende hoofbestuurder, Leon de Beer, spreek sy waardering uit oor sy tyd by dié produsente-organisasie. Ons hoor ook wie het vanjaar die Silwer Ram-toekenning ontvang, en ons gesels met ‘n landbouvoorligter, Bobby Tjhari, oor sy opleiding by Pieter le Roux in die Noord-Kaap. HB van der Walt vertel...

RSG Landbou 24 Junie 2024 24.06.2024

Suid-Afrika is op soek na sy beste bees- en skaapboer. Dr. Josef van Wyngaard van Voermol Voere verduidelik wat die doel van dié projek is, en watter kiteria van toepassing is. Die EGT-toets (Every Goat Tested) is ‘n toets wat sybokhaarprodusente drie weke voor skeer doen. Die mikron van die wol word so bepaal. Petrie Maré van House of Fibre verduidelik wat die waarde hiervan is. Suid-Afrika is ta...

RSG Landbou 22 Junie 2024 22.06.2024

Wilmie Hough is besig met haar meesterstudies aan die Universiteit Stellenbosch. Voorgraads het sy haar in die veld van veekunde bekwaam. Nou is weidingsgedrag van vleisbeeste ‘n saak waaroor sy reeds diepdomein kennis het.

RSG Landbou 21 Junie 2024 21.06.2024

Professor Chrisjan Cruywagen is afgetrede veekundige, en jonger broer van Riaan Cruywagen. Hy verduidelik die verskil tussen ‘n veearts en veekundige, en beskryf loopbaangeleenthede in dié rigtings, aan die hand van sy eie loopbaan. Dr. Etienne Terblanche gee ‘n oorsig van Vinpro se tegniese oesverslag. Dr. Chanel Lombard, ’n staatsveearts, verduidelik watter diere deur bek-en-klouseer geraak word...

RSG Landbou 20 Junie 2024 20.06.2024

Prysoordrag in die rooivleiswaardeketting bly ‘n heftig gedebatteerde onderwerp. Dr. Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie beantwoord die volgende vraag: Neem die kleinhandelspryse af wanneer karkaspyse daal? Solitha Kruger, ‘n derdejaar veeartsenystudent, vertel van die Semonkong Hospital Trust. Dis ‘n veearts-uitreik in Lesotho, en ons hoor hoe studente hulle hande en harte oopmaa...

RSG Landbou 19 Junie 2024 19.06.2024

Is Suid-Afrikaanse suiwelprodukte veilig en op standaard? Jompie Burger van die Suid-Afrikaanse Suiwelstandaarde-agentskap vertel van die werk wat hulle in hierdie verband doen. Tru-Cape het in Mei bygedra tot die voeding van vyfmiljoen Suid-Afrikaners. Roelf Pienaar vertel wat dié inisiatief behels. Ons gesels met Janse Rabie van Agri SA oor ‘n mylpaal wat bereik is vir waterbestuur in Suid-Afrik...

RSG Landbou 18 Junie 2024 18.06.2024

RSG Landbou het die afgelope tyd twee kongresse bygewoon - Die Agbiz-kongres asook die kongres van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging. Ons praat met dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk oor die voordele van ‘n uitgebreide vee-inentingsprogram in oorleg met ‘n plaaslike veearts.

RSG Landbou 17 Junie 2024 17.06.2024

Veerkragtige Veemanskap - dit is die tema van vanjaar se LRF Veeskool wat van 9 tot 11 Oktober by Aldam gehou word. Johan Styger van die Lewendehawe Registrerende Federasie gee meer besonderhede. Hy praat ook oor inskrywings vir die 2024 Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar. Die wenner word tydens die veeskool aangewys. Ons kuier by Dirkie Uys op sy plaas in die Bredasdorp-omgewing. Hy kan ni...

RSG Landbou 15 Junie 2024 15.06.2024

Die term, winshorison, is uniek aan die landbou. Dis beskrywend van planmaak, plant, optimale sorg en die vestiging van hoop. Ons fokus op Gerrit van der Merwe, die voorsitter van die Sitruskwekersvereniging en baas van die plaas, ALG boerdery, in Citrusdal. En Niel Bruwer, die voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee. Hy is ‘n vrugteboer van Prince Alfred Hamlet. In ‘n realiteitsreeks op T...

RSG Landbou 14 Junie 2024 14.06.2024

Ons kry meer besonderhede oor vanjaar se Agri-Werker-toekennings en Jeugdagvierings in die Wes-Kaap. Staatsveearts dr. Vivian Malan bespreek onlangse gevalle van hondsdolheid in die Wes-Kaap. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller vertel van die jongste navorsingsprojekte oor toedieningsmetodes en die effektiwiteit daarvan op kanola, en swartstam-weerstand. En, ons kry handige wenke oor hoe b...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.