RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 10 Augustus 2024 10.08.2024 14:41
Ons bring vir jou die storie van ‘n jong raakvatter. Daar’s diere en dankbaarheid ter sprake. Sy is Alta Eybers, die kaasmaker op die plaas Babylonstoren buite Franschhoek in die Wes-Kaap.
RSG Landbou 9 Augustus 2024 09.08.2024 25:41
Die wêreld se eerste renosterveld-toepassing is bekendgestel, wat veral boere met renosterveld op hulle plaas, help om plante en diere te identifiseer. Die FIELD GUIDE TO RENOSTERVELD bevat foto's van meer as 1 600 spesies van 12 taksonomiese groepe. Dr. Chanel Lombard, staatsveearts op Vredendal, verduidelik watter diere deur bek-en-klouseer geraak word, en hoe produsente hulle kuddes daarteen ka...
RSG Landbou 8 Augustus 2024 08.08.2024 22:01
Wolfe Braude verduidelik watter voordele die AGOA-ooreenkoms met die VSA vir Suid-Afrika inhou, en hoe deelname versterk kan word. Dr. André van der Vyver van die SA Vereniging vir Graan- en Oliesadehandelaars praat oor die sojaboonbedryf. Chris Derksen is terug met hierdie week se vleispryse, en Johan van Berg gesels weersake.
RSG Landbou 7 Augustus 2024 07.08.2024 23:26
Bankrotbos veroorsaak groot verliese vir boere. Michelle Keith van die KwaZulu-Natal Departement van Landbou het by die Weidingvereniging van Suidelike Afrika se kongres met ons gepraat oor die navorsing en werk wat hulle doen. Richard York van Wildbedryf Suid-Afrika kuier in die ateljee om oor hulle bedrywighede te praat. Die RPO Noord-Kaap het onlangs ‘n predasie-opleidingsdag, onder leiding van...
RSG Landbou 6 Augustus 2024 06.08.2024 23:34
Koolstofvlakke kan weens verskeie faktore wissel, en produsente se veldbestuur word hierdeur beïnvloed. Prof. Guy Midgley van die Universiteit Stellenbosch was een van die sprekers by die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika se kongres, en hy verduidelik wat produsent kan doen. Fanie Vorster van die Landbounavorsingsraad bespreek die verskillende fases waardeur water in die natuur gesirkuleer w...
RSG Landbou 5 Augustus 2024 05.08.2024 22:10
Die styging in temperature is een van die kenmerkende tekens van klimaatsverandering. Só sê prof. Martin Steyn van die Universiteit van Pretoria. Hy het die impak hiervan bespreek by die onlangse kongres van Aartappels SA. Die Wet op Klimaatsverandering is onlangs deur president Cyril Ramaphosa bekragtig. Annelize Crosby van Agbiz vertel meer. RSG Landbou het die kongres van die Weidingsvereniging...
RSG Landbou 3 Augustus 2024 03.08.2024 12:51
In die eerste program van ons Vrouemaand-reeks, stel ons jou voor aan ’n vrou wat vloeibare goud produseer. Met planmaak, pluk, en pars, is Louise Rabie daagliks doenig binne die ekonomie van genade. Sy is ‘n bekende in die plaaslike olyfbedryf.
RSG Landbou 2 Augustus 2024 02.08.2024 26:01
Beginnerspakette vir saffraanboere word beskikbaar gestel deur die departement van landbou in die Wes-Kaap. Boere in die Wes-Kaap word aangemoedig om vloedskade te rapporteer deur middel van ’n aanlynhulpmiddel. Roy Nienaber, voorsitter van die Porterville-landbouskou, verduidelik hoe skouruimtes innoverend aangewend kan word om veral die jeug aan landbou-aktiwiteite bloot te stel.
RSG Landbou 1 Augustus 2024 01.08.2024 23:53
Suid-Afrika is ‘n klein speler in die wêreld van bloubessieproduksie, maar die gehalte van die vrugte is goed. Ons gesels hieroor met Elzette Schutte van Berries ZA. Mare Thompson is onlangs verkies as Aartappels SA se nuwe voorsitter. Hy vertel van hulle boerdery in die Christiana-omgewing en sy visie vir dié bedryf. Johan van den Berg is terug met weernuus, en Chris Derksen gesels oor vleispryse...
RSG Landbou 31 Julie 2024 31.07.2024 24:46
Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg het slegs 341 leerders van graad R tot 12, maar het al groot hoogtes bereik. Die landboublootstelling wat dié leerders kry, is noemenswaardig. Die Sussex-beestelersgenootskap bied in Augustus hulle nasionale veiling in Bloemfontein aan. Die president, Dave McCall, praat oor sy passie en visie vir dié beesras in Suid-Afrika. In vandeesmaand se internasi...
RSG Landbou 30 Julie 2024 30.07.2024 23:38
Kunsmatige intelligensie en die gebruik van data sal toeneem in die landbou, en finansiële instellings gebruik data al hoe meer om finansieringsbesluite te neem. Loffie Brandt van Absa Agribesigheid het by Aartappels SA se kongres hieroor gepraat. Dr. Shaun Morris van Octavoscene praat oor die doel van hulle voerkraal-inligtingsdag en die grootste uitdagings wat dié bedryf in die gesig staar. Fran...
RSG Landbou 29 Julie 2024 29.07.2024 23:45
Aartappels SA het sy nasionale kongres in Kaapstad aangebied met die tema, 2050 is nou. Volgens Willie Jacobs het dié bedryf nog nie sy potensiaal bereik nie, en ons hoor hoe hulle dit wel kan bereik. Nampo Kaap 2024 is onlangs aan die media bekendgestel, en Henk Aggenbach het met ons oor die uniekheid van dié skou gesels. Laurence Allem van Mielieboere Bonsmaras vertel wat by hulle produksieveili...
RSG Landbou 27 Julie 2024 27.07.2024 14:40
Kelp kan jou help, en seewier jou laat seevier. Ferdie Endemann werk by die Wes-Kaapse Departement van Landbou as ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur. Van alge, weet hy alles.
RSG Landbou 26 Julie 2024 26.07.2024 25:07
Deon Joubert is 'n spesiale gesant vir marktoegang tot die VSA en Europa by die Citrus Growers' Association of Southern Africa. Hy vertel van vanjaar se seisoen en marktoegang en uitdagings wat daarmee verband hou. Onlangse gevalle van hondsdolheid is aan die Weskus aangemeld. Staatsveearts dr. Vivian Malan verduidelik hoe jy jouself en jou diere hierteen kan beskerm.
RSG Landbou 25 Julie 2024 25.07.2024 23:54
Die nuwe koringtarief is uiteindelik aangekondig. Tobia Doyer van Graan SA verduidelik waarom ‘n tarief noodsaaklik is om internasionaal te kan meeding. Daar is slegs ‘n handjievol papajaprodusente in Suid-Afrika oor. Ons praat met Gerrit Nieuwoudt van Neofresh oor produksie en die uitdagings. Chris Derksen is op sy pos met die jongste vleispryse, en Johan van den Berg gesels weersake.
RSG Landbou 24 Julie 2024 24.07.2024 21:28
Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen Wynlandgoed op Somerset-Wes aangebied is in samewerking met die WWF en byeboer, Louis van Niekerk. Landbou die afgelope 100 jaar, is die onderwerp van ons gesprek met Schalk Geldenhys van AECI Plant Health. Hy onthou nog hoe sy oupa op ‘n sigaretboksie die plant-en spuitprogramme neergeskryf he...
RSG Landbou 23 Julie 2024 23.07.2024 22:55
Paul Collett van Speelmanskop Boerdery in die Cradock-omgewing is een van drie finaliste in vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek. Ons hoor hoe hy saam met die natuur boer. Agri Expo is 'n lid van die Statebond se Landbougenootskap. Breyton Milford gesels oor die waarde van lidmaatskap, en sy onlangse besoek aan Skotland waar die Statebond Landboukongres en -skou aangebied is.
RSG Landbou 22 Julie 2024 22.07.2024 23:22
Wetgewing en regulasie met betreking tot die gebruik van landbouchemie, verander gereeld. Hoe kan die produsent aanpas? Volgens Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap kan die sukses van landbou toegeskryf word aan ‘n produktiewe en effektiewe Departement van Landbou in dié provinsie. Hurwitz Farming se jaarlikse Boran-produksieveiling op Davel bied vanjaar weer die Battle of the Brothers aan asook die B...
RSG Landbou 20 Julie 2024 20.07.2024 14:42
Hoe verbeter boere produktiwiteit en effektiwiteit? Wat moet ‘n landbouer in gedagte hou in terme van investering en veranderlikes buite ons grense? Louw Pienaar, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, beantwoord hierdie vrae. Hy praat ook oor die toekoms, tegnologie en die toonaangewende manier waarop Suid-Afrikaners boer.
RSG Landbou 19 Julie 2024 19.07.2024 22:59
Ons vind meer uit van ’n velsorgreeks, wat deur ‘n slakboer van Witrivier in Mpumalanga ontwikkel is. Chrisjan Cruywagen is afgetrede veekundige. Hy praat oor loopbaanmoontlikhede in die veld van forensiese ontleding vir veekundiges. Hy verduidelik ook waarom dit belangrik is om altyd te bly leer, ongeag mens se ouderdom.
RSG Landbou 18 Julie 2024 18.07.2024 24:48
Die Suid-Afrikaanse pekanneutbedryf het die afgelope 20 jaar goeie groei getoon. Van 2006 af het produksie per seisoen met 30 000 ton toegeneem. Ons praat met Valdor Dudley van GWK Pecans. Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap gesels oor die invloed van die baie reën op landbou in dié provinsie. Ons hoor wat Johan van den Berg te sê het oor die weer, en Chris Derksen is terug met die week se vleispryse...
RSG Landbou 17 Julie 2024 17.07.2024 23:26
Die studentevasvra en -debat wat jaarliks tydens ‘n SASAS-kongres plaasvind, wek groot belangstelling en sorg vir baie opwinding. Nigel Lok, ‘n melkprodusent van die Tsitsikamma-omgewing, praat oor die waarde van tegnologie op die plaas. ‘n Familieboerdery-werkswinkel word in Augustus in Bloemfontein aangebied.
RSG Landbou 16 Julie 2024 16.07.2024 23:23
Watter uitwerking het stertsny op die gedrag van lammers? Dr. Helet Lambrechts van Universiteit Stellenbosch praat oor vrotpootjie by skape.
RSG Landbou 15 Julie 2024 15.07.2024 23:50
Ons terugvoer oor die 54ste kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde wat in Oos-Londen plaasgevind het. Ons hoor van die president van die vereniging, Trevor Dugmore. Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad was een van die sprekers, en hy praat oor die verband tussen die bontbosluis, hartwater en klimaatsverandering. Wilhelmus van der Schyff van Schyff Beefmasters vertel...
RSG Landbou 13 Julie 2024 13.07.2024 13:21
Louw Pienaar, ‘n senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor tendense en statistieke van landbou in Suid-Afrika.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.