RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 9 September 2024 09.09.2024 23:36
Die Noord-Kaap se regering het in 2019 ‘n ontwikkelingsplan bekendgestel. Agri Noord-Kaap is tans by 23 projekte betrokke. Dirk Krapohl het by hulle onlangse kongres op Kimberley hieroor gepraat. By dieselfde geleentheid was Janse Rabie van Agri SA een van die sprekers. Ons hoor wat hy oor waterkwessies gesê het. AG Gene Bonsmara van die Vrede-omgewing hou op 12 September hulle volgende produksiev...
RSG Landbou 7 September 2024 07.09.2024 13:47
Die afrigter van die Blitsbokke en voormalige kaptein, Philip Snyman, vertel van sy grootwordjare op ‘n plaas in Philippolis in die Vrystaat. Van jongs af het hy self geboer, en hy deel sy eie landbou-ambisies vir die toekoms.
RSG Landbou 6 September 2024 06.09.2024 25:29
Henk Aggenbach, voorsitter van Nampo Kaap se reëlingskomitee en voorsitter van Bredasdorp-park, wat in samewerking met Graan Suid-Afrika Nampo, aanbied, vertel waarna jy kan uitsien. Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik die waarde van die H2A-loopbaanskou wat by Elsenburg aangebied word.
RSG Landbou 5 September 2024 05.09.2024 24:54
Knopvelsiekte is een van die belangrikste erosiesiektes in Afrika. Dit word deur ‘n virus veroorsaak. Dr. Marinette Bothma van MSD Dieregesondheid verduidelik hoe die siekte oorgedra word, en gee raad oor die beheer en behandeling daarvan. Wat is die vernaamste landboutendense vir die volgende vyf tot tien jaar? Ons het tydens Agri Noord-Kaap met Johann Kotzé van Agri SA hieroor gesels, en by dies...
RSG Landbou 4 September 2024 04.09.2024 24:42
Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp was onder bespreking by Agbiz Grain se SHEQ-virtuele werksessie, wat fokus op beroepsgesondheid en veiligheid in die werksplek. Nampo Kaap is nog ‘n vertoonvenster vir lede van die landbouwaardeketting. André Olwagen van CASE IH en Daniel Dames van NMI praat oor die waarde van so ‘n skou.
RSG Landbou 3 September 2024 03.09.2024 21:48
Beesbrusellose, of aansteeklike misgeboorte, word deur bakterieë veroorsaak. Dié veesiekte is endemies tot Suid-Afrika, en word deur die staat beheer. Dr. Marinette Bothma van MSD Dieregesondheid praat oor die siektetekens en voorkoming. Tydens vanjaar se Agri Wes-Kaap-kongres is lede van die SAPD en ander rolspelers vereer vir hulle bydrae tot die bekamping van misdaad. Johan Pretorius van die Mp...
RSG Landbou 2 September 2024 02.09.2024 24:26
Ons praat met HG Human oor die 39ste Noord-Kaap Veldramveiling wat op 11 September op Griekwastad aangebied word. Daar sal Dorperskape, boerbokke en rooi Savannah-bokke wees. Marius Freeman van Jumardi Santas vertel van The Selection-veiling wat op 5 September op Sannieshof plaasvind. By die veiling sal Santa Gertrudis-beeste asook Dorper- en wit Dorperskape aangebied word. Suid-Afrika het vanjaar...
RSG Landbou 31 Augustus 2024 31.08.2024 13:18
In ons laaste Vrouemaand-program vier ons twee vroue in landbou. Monique Vlok boer met aartappels tussen Piketberg en Redelinghuys in die Wes-Kaap. Prof. Karin Jacobs is die afgelope 21 jaar verbonde aan die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ‘n internasionaal bekroonde mikrobioloog, en een van die stigters van Sporatec. Hoe die grond lyk waarin gesonde plante groei...
RSG Landbou 30 Augustus 2024 30.08.2024 23:35
Dirk Uys is verantwoordelik vir die navorsing- en bemarkingsportfeuljes by Aartappel Suid-Afrika. Hy vertel van sy ervaring by die negende wêreldkongres oor bewaringslandbou wat in Julie in Kaapstad gehou is. Jacques Bester, die president van die Swartlandskou op Moorreesburg, vertel van vanjaar se skou wat van 7 tot 10 September plaasvind.
RSG Landbou 29 Augustus 2024 29.08.2024 24:01
Die welsyn van melkkalwers is gereeld in die kollig, maar wat is die redes hiervoor, en hoe hanteer die bedryf hierdie persepsies? Dr. Mark Chimes van Melk SA beantwoord hierdie vrae. CASE IH reis tans landswyd om boere bekend te stel aan hulle hoogs gesofistikeerde spuittegnoglogie, wat ‘n produsent heelwat koste kan spaar. Daar is oudergwoonte landbou-weernuus met Johan van den Berg, en nuus oor...
RSG Landbou 28 Augustus 2024 28.08.2024 24:45
Die nasionale veiling van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika vind eersdaags by die Afridome in Parys plaas. Agri Wes-Kaap het sy jaarkongres op Goudini aangebied. Jannie Strydom vertel wat daar gebeur het, en ons hoor ook van die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer. Bio is lewe, en sekuriteit beteken ons hou lewe aan die gang. Dís die woorde van die bekende veearts, dok F...
RSG Landbou 27 Augustus 2024 27.08.2024 25:14
Die derde Overberg Herkouerdag wat by die Roodebloem-proefplaas naby Caledon aangebied is, is deur meer as 350 mense bygewoon. Die bestuurder van die proefplaas, Francois du Toit, gee terugvoer. Stefan Erasmus, ‘n merino-boer van Middelburg in die Oos-Kaap, beantwoord die vraag of intensiewe lamstelsels nog winsgewend is. Ons hoor wat dr. Liezel Wasserman, ‘n veearts van Clocolan, sê oor die behee...
RSG Landbou 26 Augustus 2024 26.08.2024 24:40
Die Brahman-telersgenootskap van Suid-Afrika het in 2015 met vleiskwaliteitsnavorsing, in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat, begin. Sytze Smit gee terugvoer hieroor. Merino SA se nasionale veiling en algemene jaarveradering het onlangs op Graaff-Reinet plaasgevind. Ons praat met Grant Naudé, wat as president verkies is. Giepie Calldo en Michelle Verfeld van BKB praat oor die waarde...
RSG Landbou 24 Augustus 2024 24.08.2024 14:51
Andries Wiese, die hoof van landbou by ‘n internasionale versekeringsmaatskappy, het oor dekades eerstehands beleef hoe vroue in Suid-Afrika medemenslikheid vergestalt.
RSG Landbou 23 Augustus 2024 23.08.2024 21:31
Gert Conradie, ‘n senior navorser in onkruidwetenskappe by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, vertel van jaarlikse SKOG-dag wat op 29 Augustus by Langgewens Navoringsplaas tussen Moorreesburg en Malmesbury plaasvind. Corné Botha, die president van die George-landbouskou, praat oor die skjou wat op 29 Augustus by die George Skougronde plaasvind. Dr. Adriaan Smit, besturende direkteur van die...
RSG Landbou 22 Augustus 2024 22.08.2024 22:44
Die Meat Industry Company het onlangs die wenners van hulle 27ste Nasionale Karkaskompetisie vereer. Die hoogste punt vir ‘n karkas was 99.5%. Ons gesels met ‘n paar van die wenners. Merino SA het verlede week hulle nasionale veiling aangebied. Perie Vlok van BKB gesels oor vanjaar se aanbod, en watter diep spore hy al in die bedryf gestap het. Daar is soos altyd weernuus en nuus oor vleispryse.
RSG Landbou 21 Augustus 2024 21.08.2024 23:35
Die Mpumalanga Pluimveeklub se haneskou spog vanjaar met 120 inskrywings. Jaco van Wyk praat oor die sukses van dié skou. Die ontwikkeling van nuwe saadaartappel-variëteite is noodsaaklik vir produsente. Ons praat hieroor met Gerhard Posthumus van Wesgrow. Alhoewel die warmer weer naby voel, bly dit winter vir beeste, en mag die belangrikheid van aanvullings nie onderskat word nie. Ons vind meer u...
RSG Landbou 20 Augustus 2024 20.08.2024 25:02
Dwayne Kaschula van Maclear is aangewys as die Agri Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar. Ons praat met hom oor sy boeredery, en hoekom hy boer. Ons hoor by FP Coetzee van Aartappels SA wat met aartappelverkope in Julie gebeur het. Die Landbounavorsingsraad, Ekim Wildlife en die mynbou- en hernubare energiemaatskappy, Exxaro, het 'n strategiese vennootskapooreenkoms onderteken. Dr. Julius Tjelele va...
RSG Landbou 19 Augustus 2024 19.08.2024 23:30
Tru-Cape het onderneem om sy koolstofvrystelling met 50% te verlaag oor die volgende ses jaar. Daarna word die doelpale dramaties verskuif. Roelf Pienaar praat oor die redes hiervoor, en oor die projekte wat reeds in plek is om dié doelwit te bereik. Sniper-opleiding, wat in landboukringe bekendstaan as opleiding in presisietegnologie, is onlangs by Nampo Park aan handelaars en personeel van CASE...
RSG Landbou 17 Augustus 2024 17.08.2024 14:21
Elani Heyneke, ‘n seniorvoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, was in Julie ‘n spreker by die negende wêreldkongres oor bewaringslandbou, wat in Kaapstad aangebied is. Sy deel haar kennis oor onlangse weertendense, en haar navorsing wat verband hou met lyndonderstorms en stikstof.
RSG Landbou 16 Augustus 2024 16.08.2024 25:13
Dr. Daan Louw, buitengewone lektor aan die Universiteit Stellenbosch, vertel van die Departement Landbou in die Wes-Kaap se onlangse oorvlug oor plase, en waarom hierdie metode van data-insameling gebruik word. Lewensafrigter Jo Marsh gee raad vir boere oor introspeksie.
RSG Landbou 15 Augustus 2024 15.08.2024 23:20
Die impak van brande op sekere boomspesies in die Kalahari is bespreek by die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika se kongres. Prof. Susi Vetter van die Universiteit van Rhodes vertel van die navorsing wat hulle op hierdie gebied doen. Die vyfde BKB Afrika Lewendehawe Ekspo word vroeg in September by die Afridome in Parys gehou. Johan van den Berg praat oor die jongste weervooruitsigte, en Chri...
RSG Landbou 14 Augustus 2024 14.08.2024 22:10
Die Wêreld-aartappelkongres is vanjaar in Australië aangebied. Dirk Uys van Aartappels SA praat oor wêreldtendense, en hoe Suid-Afrika se produksie met dié van Australië vergelyk. Dis amper tyd vir Nampo Kaap, en ons hoor by Chrystal van Wyk waarna besoekers vanjaar kan uitsien. As produsente sukkel met die groei van bome op die plaas, is dit waarskynlik as gevolg van die toename van koolstof in d...
RSG Landbou 13 Augustus 2024 13.08.2024 24:20
Ons kuier by die Marlow Boeredag. Dié landbouskool bied jaarliks hierdie dag aan, en ons gesels met die skoolhoof, Graham Bellingan, en twee graad 10-leerlinge, Jan Eksteen en Gustav van Eeden. Fanie Ferreira van die Melkprodusente-organisasie verduidelik wat die stand van sake is ten opsigte van die impak van bek-en-klouseer op melkprodusente in die Oos-Kaap. Ons hoor ook van prof. Kevin Kirkman...
RSG Landbou 12 Augustus 2024 12.08.2024 22:56
Die langtermyn volhoubare prys van wol moet ten minste met 50% in dollarterme styg, sê Geoff Kingwell, 'n skaapboer en voorsitter van die BKB Groep. Ons praat met hom oor die stand van die bedryf. Lourens du Plessis van Louma Boerdery praat oor hulle Nedibest Brahman-bulveiling van 22 Augustus op Thabazimbi. Prof. Richard Fynn van die Universiteit van Botswana het by die Weidingsvereniging van Sui...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.