RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 8 Oktober 2024 08.10.2024 24:52
Wêreld-hondsdolheidsdag het vanjaar op 28 September plaasgevind. Uitbrekings van dié siekte in Suid-Afrika neem toe, en ons hoor by staatsveearts dr. Alicia Cloete wat die oorsaak hiervan is. Ons vind meer uit oor die stigting van ‘n wolbemagtigingstrust by Deon Saayman van Cape Wools. Rooivleisprodusente het onlangs in Upington bymekaar gekom, waar sprekers onder meer oor goeie finansiële bestuur...
RSG Landbou 7 Oktober 2024 07.10.2024 23:13
Guy English van die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal is aangewys as die 2024 Kwanalu Jongboer van die Jaar. Ons hoor waaruit sy boerdery bestaan. Die waarde van deelname aan jeeuskoue is neomenswaardig vir leerlinge, afrigters en ouers.
RSG Landbou 5 Oktober 2024 05.10.2024 13:23
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het in 2023 ‘n agri-entrepreneur vereer met die Protea Boekehuis-toekenning. Die ontvanger, Hetta van Deventer-Terblanche, is ’n koshistorikus, en iemand wat glo dat haar grootwordjare op ‘n plaas intrinsiek deel is van die planmaker wat sy vandag is.
RSG Landbou 4 Oktober 2024 04.10.2024 22:07
Doktorale student en dekgewasnavorser by die Universiteit Stellenbosch, Charne Viljoen, het vanjaar se wêreldkongres oor bewaringslandbou in Kaapstad baie leersaam gevind. Sy vertel wat sy daar oor onkruidbeheer geleer het. Dr. Vaughan Hattingh, hoof van Citrus Research International (CRI), vertel hoe honde gebruik word om sitrussiektes uit te wys op Suid-Afrikaanse plase.
RSG Landbou 3 Oktober 2024 03.10.2024 23:30
Graan SA se Groei vir Goud Nasionale-opbrengskompetisie het vanjaar weer vir ‘n paar verrassings gesorg. Ons praat met die sonneblom- en koringwenner. Die Suid Afrikaanse Vereniging vir Graan- en Oliesade-handelaars se algemene jaarvergadering het groot belangstelling gelok. Dr. André van der Vyfer verskaf die redes daarvoor, en praat met ons oor in-en uitvoervooruitsigte. Johan van den Berg is so...
RSG Landbou 2 Oktober 2024 02.10.2024 23:31
Wat benadeel grondstruktuur, en hoe kan dit verbeter? Ons vra dit vir Jacques Swanepoel van AECI Plant Health. Die jongste Absa Agri Trends-verslag wat fokus op plaaslike en internasionale faktore wat ‘n impak op landbou kan hê, is by Nampo Kaap bekendgestel. Dr. Marlene Louw van Absa Agribesigheid vertel wat alles in die verslag is. Ons luister verder na die Minister van Landbou, John Steenhuisen...
RSG Landbou 1 Oktober 2024 01.10.2024 23:03
Louwtjie du Toit van Bloukopboerdery in die Morgenzon-omgewing gesels oor die geskiedenis van die nastergalbessie, -produksie en -gebruike. Graan SA se gewilde Day of Celebration, waar die beste ontwikkelende en kommersiële graanboere aangewys word, het onlangs plaasgevind. Ons hoor van dr. Tobias Doyer van Graan SA en Annette Steyn, hoofspreker en raadgewer vir die minister van Landbou.
RSG Landbou 30 September 2024 30.09.2024 23:44
Toegang tot die kundigheid en ervaring van georganiseerde landbou, asook die kwaliteit van boere en hulle plaaswerkers, is uitgelig tydens ons gesprek met die Minister van Landbou, Johan Steenhuisen. Ons het by Nampo Kaap met hom gesels, en in dié gesprek fokus hy op kwessies wat die rooivleisbedryf raak. Kruger Bonsmara en LHB Bonsmara bied al vir 34 jaar saam veilings aan, en Frikkie Kruger vert...
RSG Landbou 28 September 2024 28.09.2024 13:14
Liebre Jacobs, stigterslid van FruitLips, is onlangs aangewys as die beste agri-prosesseerder by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se vroue-entrepreneur van die jaar kompetisie in die Wes-Kaap. Sy’s dankbaar vir die ondersteuning wat landbouers in die provinsie ontvang.
RSG Landbou 27 September 2024 27.09.2024 24:04
Martin Koorts, voorsitter van die Prins Albert Landbouskou, vertel wat skougangers van 17 tot 19 Oktober kan verwag. Op 17 Augustus vanjaar is 32 perde uit die Wes-Kaap na België uitgevoer. Vir tien jaar was dit nie toegelaat om perde van hioer af na die Europese Unie uit te voer nie. Dr. Vivien Malan, staatsveearts verbonde aan die Boland-kantoor, verduidelik waarom dit goeie nuus is. Edmund Terb...
RSG Landbou 26 September 2024 26.09.2024 22:46
Boere benodig ‘n sistemiese oplossing wanneer daar oor herlewingslandbou gepraat word. Elzandi Oosthuizen van Bayer verduidelik dat hulle eerder boere moet help om meer te produseer, minder te gebruik en die natuur te herstel. Sy was een van die sprekers by Bayer Crop Science se Innovasie-beraad. Ons het ook by die geleentheid met Corné Louw van Graan SA gesels oor die waarde van biotegnologie vir...
RSG Landbou 25 September 2024 25.09.2024 23:04
Saadverskaffers streef voortdurend daarna om met nuwe navorsing hoër opbrengste vir die produsent te verseker. Martin Brandt van Pioneer Saad praat oor die sukses van hulle digitale agronomiese proewe. Mighael van Schalkwyk van die Universitiet van Stellenbosch is een van die wenners van vanjaar se AFMA interuniversiteite skrywerskompetisie. Hy vertel van sy inskrywing wat op perlemoenvoer gefokus...
RSG Landbou 24 September 2024 24.09.2024 22:22
Talle besproeiingsboere in die Noord-Kaap moet rouwater vir hulle boerderye gebruik. Die nuwe prysstrategie vir rouwater is onlangs gepubliseer, en daarmee saam die veranderinge vir die volgende tydperk. Hannes de Wet van Agri Noord-Kaap beantwoord ‘n paar vrae hieroor. Ons praat met Abi Messelaar van die National African Farmers Union in die Noord-Kaap. Hulle het in 2022 voerbanke beskikbaar gest...
RSG Landbou 23 September 2024 23.09.2024 24:30
“Die SKA is nie welkom in die Karoo nie.” Dié woorde is duidelik te sien tussen Vosburg en Carnarvon. Ons vind uit waarom, en ons praat met Brand du Toit van die SKA Forum hieroor. Die rol van prikkelvoeding by skape kom onder bespreking. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie het as deel van hulle algemene jaarveradering ‘n varkfees aangebied. Ons praat met dr. Peter Evans oor die fees, d...
RSG Landbou 21 September 2024 21.09.2024 14:54
Louw Pienaar, senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor tendense en statistiek van landbou in Suider-Afrika, en die rol wat dit speel in werkskepping.
RSG Landbou 20 September 2024 20.09.2024 24:43
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, praat oor dit wat hom na aan die hart lê, en sy wens vir elke Suid-Afrikaner wat landbou liefhet. Prof. Karin Jacobs van die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch, vertel van navorsing oor glifosaat, 'n breëspektrum sistemiese onkruiddoder en gewasdroogmiddel. Chantelle Wasserman, presid...
RSG Landbou 19 September 2024 19.09.2024 24:42
Verskeie landbouorganisasies het die afgelope tyd hulle ontsteltenis uitgespreek oor ‘n onlangse reeks gevalle waar beeste in die Vrystaat vermink en geslag is. Ons praat hieroor met Louis Wessels van die Veediefstalvoorkomingsforum. Ons vind meer uit oor die gewildste vrug ter wêreld, piesangs. Alhoewel Suid-Afrika slegs na ons buurlande uitvoer, kan ons spog met wêreldklas navorsing oor dié vrug...
RSG Landbou 18 September 2024 18.09.2024 24:22
Ons kuier by die 199ste Somerset-Oos Skou. Ons vind meer uit oor die beoordeling van ‘n wolvagkompetisie wat deur BKB en OVK aangebied is. In terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, word landbou in verskillende subklasse verdeel. Een voorbeeld hiervan is pakhuise. Stephan Pietersen van Work Accident Support beantwood vrae hieroor.
RSG Landbou 17 September 2024 17.09.2024 22:52
Wanneer die opvolgstrategie by ‘n familieboerdery nie fyn beplan word nie, kan die pap op die grond val, sê Theo Vorster van Galileo Capital. Janine Byleveld van die Agri Noord-Kaap-stigting praat oor die Red-’n-plaas, Red-‘n-gemeenskap-projek. Heinrich Victor het die jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou 16 September 2024 16.09.2024 24:59
Landbou moet seëvier. Dis die boodskap wat by vanjaar se TLU SA-kongres uitgestaan het. Bennie van Zyl terugvoer oor die kongres. Ons hoor ook van twee van die sprekers. Hans-Jurie Moolman van Moolman en Pienaar Ingelyf praat oor grondhervorming en waar die verantwoordelikheid lê, en Ronnie Schilling van TLU SA se Oos-streek en Natal gesels oor veiligheid. Willem Engelbrecht van Piet Citrus in die...
RSG Landbou 14 September 2024 14.09.2024 14:38
Wilhelm Joubert is ‘n wingerdboukundige by Hartenberg Familie Wyne in die Wes-Kaap. Carl Schultz is keldermeester by dieselfde landgoed. Ons kuier op die enigste plaas in die land waar jy beeswyn kry.
RSG Landbou 13 September 2024 13.09.2024 24:22
Dr. Stephano Haarhoff, ’n landboukundige, het by die wêreldkongres oor bewaringslandbou gepraat oor die bestuur van stikstof, fosfaat en kalium sedert 1980. Die twee Bester broers, Cobus en JP, is die vierde geslag in ‘n familieboerdery wat hulle voorouers meer as 150 jaar gelede begin het. Die plaas Uitkyk is buite Moorreesburg in die hart van die Swartland, waar hulle onder andere boer met korin...
RSG Landbou 12 September 2024 12.09.2024 23:31
Daar is verskeie soorte melk op die winkelrakke, en verbruikers het dikwels vrae oor onder andere, die voedingswaarde van gepasteuriseerde melk. Maretha Vermaak van Melk SA beantwoord talle vrae oor melk. Aartappeltekorte en stygings in die pryse van aartappels het die afgelope tyd nuus gemaak. FP Coetzee van Aartappels SA brei hieroor uit. Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het, en Jo...
RSG Landbou 11 September 2024 11.09.2024 24:22
Die tyd raak min om in te skryf vir die 2024 LRF Veeskool wat vanaf 9 tot 11 Oktober by Aldam aangebied word. ‘n Bekende by BKB, Pierre Vlok, vertel van die uitreikwerk in Namibië waarby hy sedert 1998 betrokke is. Dis onder die Ovahimba-stam in die verre noorde van dié land. Ons gesels met Gert Nel van Germar Bonsmara oor hulle produksieveiling op 18 September in Bloemfontein.
RSG Landbou 10 September 2024 10.09.2024 22:27
Wêreld-skoolmelkdag word in September gevier. Wat is die doel hiervan, en watter aktiwiteite word plaaslik aangebied? Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag. Ons hoor wat in die Noord-Kaap gedoen word om indringers soos die Prosopis- en Swarthaakboom te beheer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.