RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 6 November 2024 06.11.2024

Wat is die waarde van veldbultoetse? Nuwe telers het onlangs by die Hoogland Simmentaler-studiegroep in Bethlehem meer hieroor uitgevind. In ons laaste gesprek oor die LNR Vleisbeestoekennings fokus Johan Binedell op die Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar-kategorie. Ons hoor wat die hoof van DanBred se oplossings- en voorsieningsketting in Denemarke oor genetiese vordering in die varkbedryf e...

RSG Landbou 5 November 2024 05.11.2024

Ons kyk na innovasie in landbouhandel om kompeterend te bly. In ons gesprek oor die LNR Vleisbeestoekennings fokus Frans Jordaan op die Spesiale Prestasietoetsklas-kategorieë. Ons het onlangs by Danbred in Potchefstroom met dr. Shani van Lochem, 'n vark-veeartskonsultant van Preventicare, gesels oor die suksesse wat behaal is met gemedikeerde depopulasie van varke op twee plase in Limpopo.

RSG Landbou 4 November 2024 04.11.2024

Die LNR Vleisbeestoekenninngs vind op 28 November plaas. Melville Ferreira vertel wat die kriteria is vir die Beste Elite-koeie-kategorie.  Die Australiese regering het in Oktober die gebruik van dachtal-onkruiddoder verbied. Prof. Charlie Reinhardt vertel hoekom. Tydens ‘n boeredag op Prieska het dr. Angela Buys van Design Biologix met boere gesels oor die waarde van die korrekte diagnose en beha...

RSG Landbou 2 November 2024 02.11.2024

Die wêreld se langste foefieslaaid in onlangs in Caledon in die Wes-Kaap geopen. Volgens Wes-Kaapse LUR vir landbou, toerisme en ekonomiese ontwikkeling, dr. Ivan Meyer, is dit een van vele bydraende faktore om toerisme in die Wes-Kaap te vier. 27 September 2024 staan ook uit as ‘n belangrike datum waarop agritoerisme en plaaslike gemeenskappe vereer is.

RSG Landbou 1 November 2024 01.11.2024

Annalene Swanepoel, hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gee ’n oorsig van die navorsingsprojekte wat die afgelope jaar onderneem is. Die verdamping van plaasdamwater is iets wat veral gedurende die somermaande op die voorgrond is. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum sê dit kan aan die hand van innovasie met sukses verminder word. Professo...

RSG Landbou 31 Oktober 2024 31.10.2024

Willie Storm, ’n beesboer in die Olifantshoek-omgewing in die Noord-Kaap, is bekend vir sy sukses met die verwydering van indringerplante in sy weidingsgebied, en sy veldverbetering. Ons het by ‘n boeredag op Kenhardt met hom hieroor gesels. Volgens Kobus Bester is hulle in ekstase oor die terugvoer wat die LRF gekry het oor vanjaar se veeskool. Soos altyd is daar ook weervooruitsigte en vleisprys...

RSG Landbou 30 Oktober 2024 30.10.2024

Vrugteprodusente boer met suiker, ongeag die gewas. Só sê Kenny Beeton van Nutrico. Hy verduidelik watter elemente suikervlakke beïnvloed, en hoe om dit te bestuur. Tegnologie uit Noorweë het dit vir ‘n plaaslike kuilvoervervaardiger moontlik gemaak om kuilvoer in grootmaat te maak en te versprei, maar waarom is die proses só ingewikkeld? Ons gesels ook met Tanel du Plooy van die Raad vir Landboup...

RSG Landbou 29 Oktober 2024 29.10.2024

Die 2024 Klimaatslim-ambassadeur, Charl Saunderson, het tydens ‘n boeredag op sy plaas verduidelik dat die sukses van sy boerdery in die Kenhardt-omgewing op vier pilare rus. Ons gesels met hom hieroor. Ons het by dié geleentheid ook vir Neels Brits van Zoetis uitgevra oor die voorkoming en behandeling van bloednier en pasteurella. Dr. Robert Tredwell van Embryo Plus vertel van hulle demonstrasie...

RSG Landbou 28 Oktober 2024 28.10.2024

‘n Taakspan het in Oktober byeengekom om die implementering van ‘n naspeurbaarheidstelsel vir die lewendehawe bedryf te bespreek. Die gebruik van chemikalieë bly vir sowel landbou as die verbruiker ‘n saak van kommer. Die GHS-klassifikasiestelsel gee gemoedsrus hieroor.

RSG Landbou 26 Oktober 2024 26.10.2024

Ons kyk terug op ‘n jaar vol landbou-hoogtepunte in die geselskap van twee moedige dienaars van die sektor. Daar was ook ‘n internasionale besoek aan die Statebond se landbou-kongres, waar Span Suid-Afrika hulleself weer as toonaangewers bewys het. Breyton Milford is die hoofbestuurder by Agri Expo, en Chris Fourie is president van Agri Expo.

RSG Landbou 25 Oktober 2024 25.10.2024

Die bokafdeling by vanjaar se nasionale Lamb Champs-kompetisie wat in Pretoria gehou is, is gewen deur Danie Strauss van Rouxville in die Vrystaat. Ons vind uit hoe boerbokboere uitblink met vleis van uitmuntende smaak. Dr. Chris de Brouwer was tot onlangs wetenskaplike bestuurder by die Departement Landbou in die Wes-Kaap. Dié afgetrede veekundige deel navorsingshoogtepunte wat oor 40 jaar strek.

RSG Landbou 24 Oktober 2024 24.10.2024

Ons kyk na die toekoms van Merino SA, en die waarde van geleenthede vir kleinveeprodusente. ‘n Veearts wat in toksikologie spesialiseer by die Universiteit van Pretoria, prof. Jan Myburgh, het by die LRF Veeskool oor die verband tussen grondgesondheid en dieregesondheid gesels. Ons vind meer hieroor uit. Chris Derksen praat soos altyd oor vleispryse, en in ons weergesprek het Johan van den Berg nu...

RSG Landbou 23 Oktober 2024 23.10.2024

Jean van Niekerk, ‘n koring-, kanola- en garsprodusent van Caledon, is een van die finaliste vir Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-toekenning. Hy praat oor die wisselboupatroon wat hulle volg, en hoe siektes en plae beheer word. Rooivleispryse het by die onlangse LRF Veeskool onder bespreking gekom, veral die faktore wat pryse beïnvloed. Ons hoor wat dr. Johnny van die Merwe van AMT hieroor...

RSG Landbou 22 Oktober 2024 22.10.2024

‘n Boer van Bela-Bela in Limpopo is aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar. Wian Süllwald van RK Boerdery vertel van dié boerdery wat hoofsaaklik op varkproduksie fokus. Ons het die afgelope LRF Veeskool bygewoon. Dr. Johnny van der Merwe van AMT was deel van ‘n paneelbespreking oor die volhoubaarheid en veerkragtigheid van die rooivleisbedryf.

RSG Landbou 21 Oktober 2024 21.10.2024

‘n Bekende in landboukringe, Japie Grobler, wat ook as voorsitter van Agri SA gedien het, het by dié organisasie se kongres en viering van hulle 120ste bestaansjaar oor sy pad met landbou gesels. Hy vertel onder meer van voormalige ministers van landbou, en deel ‘n paar gedagtes oor die toekoms van georganiseerde landbou in Suid-Afrika. Michael Allen en sy seun, Gareth, van G&M Farming Enterprises...

RSG Landbou 19 Oktober 2024 19.10.2024

Aan die voet van Kasteelberg, neffens Riebeek-Kasteel, is daar ‘n klein olyfboerdery wat ‘n gróót verskil maak. Die Goedgedacht Trust boer al drie dekades lank met hoop én impak om die Swartland ‘n beter plek te maak vir landelike gemeenskappe. Vanjaar is dié olyfboerdery geseën met ‘n rekord-oes. Volgens Pieter Brand, Goedgedacht se plaasbestuurder, is die oes van 150 ton olywe nie net hulle twee...

RSG Landbou 18 Oktober 2024 18.10.2024

Dr. Ilse Trautmann van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap vertel van die hoogtepunte in die jongste uitgawe van die landbou-publikasie, Agriprobe. Johann Kotze van AgriSA praat oor vanjaar se Green Horizons landbou-kongres. Andries Wiese van Hollard Versekeringsdienste verduidelik hoe moderne landbouversekering in ‘n veranderende klimaat lyk.

RSG Landbou 17 Oktober 2024 17.10.2024

Die optimale gebruik van die regte veehanteringstoerusting kan vir die veeprodusent tot groot voordeel wees. Charlotte Esterhuizen van Algar deel ‘n paar wenke. Gerard Ramage van die VKB Groep gee meer besonderhede oor die Agbiz Grain SHEQ-forum wat fokus op veiligheid, gesondheid en omgewingskwessies, wat ‘n impak op die graanopbergingsbedryf het.

RSG Landbou 16 Oktober 2024 16.10.2024

Mauritz van Heerden van Pioneer Saad praat oor doeltreffende grondbewerkingspraktyke vir gewasproduksie, ideale plantdiepte en grondtemperature. Pieter van Zyl van PGL Boerdery in die Schweizer-Reneke-omgewing is een van drie finaliste in Graan SA se Graanprodusent van Jaar-kompetisie. Ons gesels met hom oor hulle boerdery, wat hoofsaaklik op mielies en sojabone fokus.

RSG Landbou 15 Oktober 2024 15.10.2024

Die Suiwelstandaardagentskap poog voortdurend om te verseker dat suiwelprodukte in Suid-Afrika veilig vir menslike gebruik is. Met die uitbreiding van hulle laboratorium, sal daar eersdaags vir brusselose in melk getoets kan word. Jompie Burger praat hieroor en ander toetse wat in die pyplyn is. Hannes Bruwer van Genade Boerdery is aangewys as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hulle divers...

RSG Landbou 14 Oktober 2024 14.10.2024

Die versoek vir ‘n aanpassing van die statutêre heffing vir wintergrane is goedgekeur. Richard Krige van Graan SA vertel meer, en praat ook oor ‘n nuwe maatskappy, die Suid-Afrikaanse Wintergraan Industrie Assosiasie, se doelstellings. Die Au Albidus Brahman-groep van Limpopo bied eersdaags hulle produksieveiling aan.

RSG Landbou 12 Oktober 2024 12.10.2024

Ons hoor die storie van ‘n jong man, wat sy landboupassie uitleef met behulp van tydvereerde tegnieke. Op dertigjarige ouderdom het landbou hom ‘n paspoort na die wêreld gegee. Die internasionale uitnodigings wat aan hom gerig word, is ‘n bewys van sy kundigheid. Morgan Steyn is wynmaker op die landgoed, De Grendel, in die Wes-Kaap.

RSG Landbou 11 Oktober 2024 11.10.2024

Ons hoor van die samewerkingsinisiatief, PALS, se werksaamhede en suksesse. En ons hoor wat die Departement van Landbou in die Wes-Kaap beplan vir Wêreldvoedseldag op 11 Oktober.

RSG Landbou 10 Oktober 2024 10.10.2024

Daar is 'n positiewe gesindheid oor landbou in Suid-Afrika, ondanks verskeie uitdagings. Só sê Jaco Minnaar van Agri SA by die jaarkongres van Agri Noord-Wes op Lichtenburg. Ons hoor ook wat Naudé Pienaar te sê gehad het oor die positiewe bydrae wat hulle op talle gebiede in dié provinsie lewer. Johan van den Berg is op sy pos met weervooruitsigte, en Chris Derksen gesels oor die jongste vleisprys...

RSG Landbou 9 Oktober 2024 09.10.2024

Graanberging brei uit in die Overberg-area. Dié nuus is met ons gedeel by Nampo Kaap, en ons hoor wat André du Toit en Christie Engelbrecht van BKB hieroor te sê gehad het. Vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur, Charl Saunderson, bied eersdaags ‘n boeredag op sy plaas in die Kenhardt-omgewing aan.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.