RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 5 Desember 2024 05.12.2024

Tweekop Boerdery op Heidelberg in die Wes-Kaap, is deur die Landbounavorsingsraad aangewys as die middelskaalse Meestersuiwelboer van die Jaar. Ons praat met Pieter Steenkamp oor dié prestasie. Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum vertel wat bespreek is by hulle afgelope vergadering. Soos altyd is Chris Derksen terug met die week se vleispryse, en Johan van den Berg met land...

RSG Landbou 4 Desember 2024 04.12.2024

Die hoogtepunt van die 2024 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie was op 27 November in Pretoria. Die wenners van die verskeie kategorieë soos mielies, hawer en voersorghum is aangewys, asook vanjaar se Kuilvoer Koning. Hy is van die Bethal-omgewing. RSG Landbou het die geleentheid bygewoon en met ’n paar van die presteerders gesels. Ons vind ook meer uit oor Landboudal, ‘n skool in die Jabo...

RSG Landbou 3 Desember 2024 03.12.2024

Alkohol- en dwelmmisbruik in die werksplek, en meer spesiek die graanbergingsektor, was onlangs ‘n onderwerp van bespreking by 'n SHEQ-seminaar wat deur Agbiz Grain in Pretoria aangebied is. Daar is veral op daggagebruik gefokus. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor die waarde van ‘n inentingsplan. Die Boran-beesras het die afgelope jaar uitstekende groei getoon, en die telersgenootska...

RSG Landbou 2 Desember 2024 02.12.2024

Ons praat met die voorsitter van die SA Sitruskwekersvereniging, Gerrit van der Merwe. Fosfaataanvulling in die somer is uiters noodsaaklik vir optimale produksie en reproduksieprestasie by beeste en skape op groen weidings, sê dr. Vlok Ferreira van Molatek.

RSG Landbou 30 November 2024 30.11.2024

Die Blitsbokke is op 7 en 8 Desember in aksie by die Kaapstad sewestoernooi. Afrigter Philip Snyman vertel hoeveel Springbok-rugbyspelers, hy inkluis, landbouers is. Volgens hom is die ervarings opgedoen tydens sy grootwordjare op ‘n plaas in die Vrystaat, intrinksiek deel van wie hy vandag is. Hy gesels ook oor die eetgewoontes van hoë werkverrigting atlete, en bring hulde aan ons boere wat sorg...

RSG Landbou 29 November 2024 29.11.2024

Ons kyk ons terug na die afgelope jaar se landbou-skoue. By vele is rekordbywoningsyfers aangeteken. Dr. Chris de Brouwer, afgetrede veekundige, praat oor hoe die deel van navorsingsresultate met digitalisering verbeter het. Hy sê ook waarom hy glo dat Nguni-beeste ‘n belangrike rol in die toekoms kan speel. Volgens die Minister van Landbou, Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling in die Wes-Kaap, dr....

RSG Landbou 28 November 2024 28.11.2024

Die meeste landboukoöperasies is ná 1994 in maatskappye omskep. Daar is slegs twee oor, en Sentraal-Suid Koöperasie, met sy hoofkantoor in Swellendam, is een van hulle. Francois Swanepoel vertel watter waarde ‘n koöperasie vir landbou bied. Johan van den Berg terug met landbou-weernuus, en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

RSG Landbou 27 November 2024 27.11.2024

Wenners, wenners, wenners! Die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar is verlede week in Johannesburg aangewys. Barry en Jane Schiever van Foundation Farm by Weenen in KwaZulu-Natal is onlangs deur die LNR vereer met die toekenning as die 2024 Grootskaal Meestersuiwelboer van die Jaar.

RSG Landbou 26 November 2024 26.11.2024

Voermol het op 13 November hulle Bees- en Skaapboer van die Jaar aangewys. Kenny Crampton praat oor die doel van dié toekennings, en ons gesels met die twee wenners, Rustin Shawe van Wakkerstroom en Andries Marx van Burgersdorp. Tru-Cape is optimisties oor vanjaar se kersieseisoen, ten spyte van ryp wat vroeë variëteite benadeel het. Ons vind meer uit oor die Wolforum en Woltoetsburo.

RSG Landbou 25 November 2024 25.11.2024

Die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat het onlangs strategiese samewerkingsooreenkomste met ander rolspelers gesluit om, deur ‘n gesamentlike fokus, die uitdagings met veediefstalvoorkoming te oorkom. Ons praat met André Myburgh van die TWK Groep oor hulle jongste finansiële resultate.

RSG Landbou 23 November 2024 23.11.2024

Olyfbome van Getsemane is onlangs ingevoer na ‘n plaas in die Wes-Kaap. Ná die nodige kwarantynperiode word die steggies ingespan om nog bome te kweek op die plaas Goedgedacht naby Riebeek-Kasteel. Breyton Milford, die hoofbestuurder by Agri Expo, sê daar is ‘n gedeelde passie onder jongmense reg oor die wêreld om hulle landbou stemme dik te maak. Die president van Agri Expo, Chris Fourie, het ‘n...

RSG Landbou 22 November 2024 22.11.2024

Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller vertel van die jongste navorsingsprojekte wat deur die departement landbou in die Wes-Kaap onderneem oor toedieningsmetodes en die effektiwiteit daarvan op kanola, en swartstam-weerstand. Die wêreld se eerste renosterveld-toepassing is bekendgestel. Dis 'n toep wat veral boere met renosterveld op hulle plaas, help om plante en diere te identifiseer. Die...

RSG Landbou 21 November 2024 21.11.2024

Valeska van Schoor, ‘n groenteboer van Rayton naby Pretoria, is aangewys as die Agri Gauteng Jongboer van die Jaar. Sy is ‘n ingenieur van beroep, en ons vind uit waarom sy landbou verkies. Almal is bewus daarvan dat inteling van vee nadelig is, en ten alle koste vermy moet word. Ons praat met dr. Helena Theron van SA Stamboek hieroor. Ons hoor wat Johan van den Berg oor die weer te sê het, en Chr...

RSG Landbou 20 November 2024 20.11.2024

Hoekom is dit belangrik vir werkgewers om die korrekte proses te volg voor 'n werknemer ontslaan word? Watter rol speel die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie? Anneline Scriven van die LWO Werkgewersorganisasie beantwoord vrae oor dié onderwerp. ‘n SHEQ-voldoeningsoudit begin eersdaags onder lede van die graanbergingsektor.

RSG Landbou 19 November 2024 19.11.2024

Volgens Egiptiese muurskilderye is daar al in 1200 tot 1500 voor Christus kuilvoer gemaak. Só sê Sjoerd ten Cate van Feedtek. Hy gesels oor die produksie van goeie gehalte kuilvoer. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag. En ons praat oor beesbrusellose met dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk.

RSG Landbou 18 November 2024 18.11.2024

Osplaat Boerdery in die Jansenville-distrik was onlangs die plek waar boerbokramme vir die volgende fase van die Oos-Kaap Boerbokklub-veldramprojek, gekeur is. Projekbestuurder Marlé Slabbert verduidelik hoe dié proses werk. Lubbe Jacobs van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging praat oor die waarde van vetveeskoue vir sowel die produsent as die gemeenskap.

RSG Landbou 16 November 2024 16.11.2024

Op die plaas Achtervlei naby Piket-Bo-Berg word vrugte en groente geproduseer. Hulle toor ook konfyte, ingelegde produkte, blatjang en marmelade daar op. Liebre Jacobs is stigterslid van die handelsnaam, FruitLips. Sy is vanjaar aangewys as die beste agri-prosseseerder by die departement landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se vroue-entrepreneur van die jaar kompetisie in die Wes-Kaa...

RSG Landbou 15 November 2024 15.11.2024

Die premier in die Wes-Kaap, Alan Winde, verduidelik hoe ‘n gebied in die provinsie met ‘n hoë voorkoms van diabetes, by wyse van plaaslike groentetuin-verbouing ondersteun word. Anne van Heerden, keldermeester by Lomond-wyne in die Overberg, gesels oor vanjaar se Top 10 Sauvignon Blanc-kompetisie. Dr. Chris de Brouwer was tot onlangs wetenskaplike bestuurder by die Departement Landbou Wes-Kaap. D...

RSG Landbou 14 November 2024 14.11.2024

Die Suid-Afrikaanse Vetvee-beoordelaarsvereniging se skoue lewer vanjaar top gehalte beeste op. Ons het by die Leniesdeel- en Tlakgaming-vetveeskou met Andrew Adams daaroor gesels. Daar is verskillende voerstelsels in melkerye, en voedingskundiges formuleer rantsoene. Waarom is meting nodig? Suretha Francis van SA Stamboek beantwoord hierdie en ander vrae. Johan van den Berg gesels weersake, en Ch...

RSG Landbou 13 November 2024 13.11.2024

Ons kuier op die plaas, Spekboomberg in die Cradock-distrik, by Andrew Jordaan en sy seun. Hulle is hoofsaaklik Merino-boere met ‘n ryk familiegeskiedenis. Ons hoor onder meer hoe die gebruik van data tot hulle voordeel is. Vermorsing in die voedsel- en verpakkingsbedryf bly ‘n uitdaging wêreldwyd. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid het vir Aartappels SA hieroor navorsing gedoen. Dirk Uys vert...

RSG Landbou 12 November 2024 12.11.2024

Die rol van aminosure by gewasse kom onder bespreking. Die Suiwelstandaardagentskap bied maandeliks ‘n webinaar aan waar onderwerpe soos wetgewing in die suiwelbedryf en pesbeheer op plase bespreek word. Jaco van der Westhuizen van Grainvest vertel hoe die sojaboonmeelbedryf die afgelope dekade gegroei het, en die rol wat dit by varkvoeding speel.

RSG Landbou 11 November 2024 11.11.2024

Red Meat Industry Services het op 1 November die eerste fase van hulle naspeurbaarheidsplatform bekendgestel.  Dit skop af met die identifikasie van produksie-eenhede in al die dele van die rooivleiswaardeketting. Annelize Crosby van Agbiz vertel van die jongste parlementêre verslag wat op landbou van toespassing is. Sy lê veral klem op die tabakwet en bek-en-klouseer.

RSG Landbou 9 November 2024 09.11.2024

Soetmelksvlei bied 'n interaktiewe plaaservaring aan, wat in die laat 19de eeu afspeel. Stap hier terug in tyd na 'n era voor industrialisasie, toe die wêreld teen 'n stadiger pas beweeg het en mense hulle hande gebruik het om te skep wat nodig was.

RSG Landbou 8 November 2024 08.11.2024

Die Hartenberg-wynlandgoed, wat die afgelope 20 jaar bewaringslandboupraktyke toepas, word gereken as pioniers in herlewingslandbou in die wynbedryf. Hier word beeste in die wingerde gebruik, wat gevolglik die grondgehalte verbeter. Ankoles is eer ingebring en daarna het Dexters gevolg. Louise Rabie is ‘n bekende in die plaaslike olyfbedryf. Suid-Afrikaanse olyfplase het vanjaar meer as een rekord...

RSG Landbou 7 November 2024 07.11.2024

Graan SA se Graanprodusent van die Jaar is op 1 November aangewys. Ons hoor wat dié boer van die Middelburg-omgewing oor hulle prestasie sê. Een van die beoordelaars, Kobus van Zyl, praat oor die kriteria. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk bespreek drie-dae-stywesiekte.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.