RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 3 Januarie 2025 03.01.2025

Therina Wentzel van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdheid, verduidelik hoe persone met gestremdhede ondersteun word om kwalifikasies te kry, en wat die raad alles doen om regverdigheid in die werksplek te bewerkstellig. Boere in Suid-Afrika speel hierin ‘n groot rol. Op die oomblik word projekte van stapel gestuur om indringerplante uit te wis. Tonneltuine op plase vir persone met...

RSG Landbou 2 Januarie 2025 02.01.2025

Michael Allen en sy seun Gareth van G&M Farming Enterprises in Mpumalanga was die wenners van die 2024 Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Ons luister weer na die gesprek wat ons met Michael oor hulle boerdery gehad het. Daar is slegs ‘n handjievol papaja-produsente in Suid-Afrika oor. Ons het in Julie verlede jaar met Gerrit Nieuwoudt van Neofresh hieroor gesels.

RSG Landbou 1 Januarie 2025 01.01.2025

Prof. Carlu van der Westhuizen is al langer as 20 jaar sameroeper van die beoordelaars van die jaarlikse Toyota SA/Agri SA Jongboerkompetisie. ‘n Groot leemte onder boere is hulle fokus op begrotings. Ons luister weer na die gesprek wat ons vroeër met hom gehad het. Die Suid-Afrikaanse pekanneutbedryf het die afgelope 20 jaar goeie groei getoon. RSG Landbou het Julie verlede jaar met Valdor Dudley...

RSG Landbou 31 Desember 2024 31.12.2024

‘n Boer van Bela-Bela in Limpopo is vanjaar aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar. Wian Süllwald van RK Boerdery het in Oktober vanjaar met ons gesels. Sy boerdery fokus hoofsaaklik op varkproduksie. Almal is bewus daarvan dat inteling van vee nadelig is en ten alle koste vermy moet word. Ons hoor wat dr. Helena Theron van SA Stamboek hieroor te sê gehad het. Die gebruik van groeibevorderaar...

RSG Landbou 30 Desember 2024 30.12.2024

Die 2024 Klimaatslim-ambassadeur, Charl Saunderson, het in Oktober tydens ‘n boeredag op sy plaas verduidelik dat die sukses van sy boerdery in die Kenhardt-omgewing op vier pilare rus. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het. Red Meat Industry Services het op 1 November die eerste fase van die naspeurbaarheidsplatform bekendgestel. Dit skop af met die identifikasie van produksie...

RSG Landbou 28 Desember 2024 28.12.2024

Ons kyk terug na van die mees humoristiese oomblikke op plase die afgelope twaalf maande. Ons word herinner aan die nuwe landbouers wat ons leer ken het, met stories van hoop en inspirasie. Ons besoek onder andere die kaasmaker op Babylonstoren buite Franschhoek. Lindie-Alet van Staden is in November aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar....

RSG Landbou 27 Desember 2024 27.12.2024

Dr. Keith du Plessis, bestuurshoof van CASIDRA, praat oor opheffingswerk onder kleinskaal-boere. Dirk Uys van Aartappel Suid-Afrika vertel van ‘n toepassing wat kopers in staat stel om aartappelpryse so gereeld as wat hulle wil, dop te hou. Vic Brandt, president van die Heidelberg Skou, vertel wat skougangers kan in Februarie 2025 klanm verwag.

RSG Landbou 26 Desember 2024 26.12.2024

Die Latin globemallow, ‘n plant afkomstig vanaf Suid-Amerika, is vroeër vanjaar as ‘n nuwe indringerplant geïndentifiseer. Weiveld in Noordwes en die Noord-Kaap is die slagoffer van dié uitheemse indringer. Onkruidwetenskaplike prof. Charlie Reinhardt het al die inligting. Ons luister weer na 'n gesprek met Dwayne Kaschula van Maclear in die Oos-Kaap, wat vanjaar aangewys is as die Toyota SA/Agri...

RSG Landbou 25 Desember 2024 25.12.2024

Vir vanjaar se Landbou Kersboodskap sluit ons aan by Johann Kotzé van Agri SA. Pierre Vlok van BKB vertel van die uitreikwerk in Namibië waarby hy sedert 1998 betrokke is. Dis onder die Uvahima-stam in die verre noorde van dié land. Boervrou Andrea Nel van Douglas in die Noord-Kaap, vertel hoe sy met haar brandewyn-kersiebesigheid begin het.

RSG Landbou 24 Desember 2024 24.12.2024

Louwtjie du Toit van Bloukopboerdery in die Morgenzon-omgewing gesels oor die geskiedenis van die nastergalbessie, -produksie en gebruike. Nico Slinger van Clanwilliam is aangewys as 2024 se Rooibosprodusent van die Jaar. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het. Ons gesels met Hettie Marais van die Cradock-omgewing oor haar volstruisboerdery.

RSG Landbou 23 Desember 2024 23.12.2024

Graan SA beskou die Rooivleisprodusente-organisasie as 'n belangrike sustersorganisasie. Tydens vanjaar se RPO nasionale kongres het dr. Tobias Doyer van Graan SA met ons hieroor gesels. Die biologiese beheer van peste en plae op tamatieproewe was die fokus van Agri Fertilizer & Chemicals se inligtingdag op Groblersdal. Ons hoor wat Gerhard Taljaard van Smith Power Equipment te sê het oor die koop...

RSG Landbou 21 Desember 2024 21.12.2024

Dr. Ilse Trautmann, adjunk-direkteurgeneraal: landbounavorsing en regulatoriese sienste by die Departement Landbou Wes-Kaap het landbou ten diepste lief. Sy is die ontvanger van ‘n spesiale erkenning om haar bydrae, ondersteuning en toewyding tot die landboubedryf te erken deur die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap.

RSG Landbou 20 Desember 2024 20.12.2024

Wessel Lemmer is aangestel as die bestuurshoof van Raisins SA. Hy is ‘n gesoute landbou-ekonoom en sy ervaring in landbou strek oor meer as 30 jaar sedert die begin van sy M.Sc. Agric-graadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat. Ashia Petersen, direkteur van volhoubare hulpbronbestuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, het nuus oor natuurlike hulpbrongebruik en -bestuur, a...

RSG Landbou 19 Desember 2024 19.12.2024

Harde- en sagteveer hoenders is rasspesifiek, maar waarvoor word dié hoenders geteel, en hoe verskil skouvoorbereiding van dié geveerde vriende? Jaco van Wyk van die Mpumalanga Pluimveeklub beantwoord hierdie vrae. Die landboumaatskappy, NWK, se halfjaar finansiële resulate wys ‘n verswakking. Die nuut aangestelde bestuurshoof, Pieter Kleingeld, verskaf die redes hiervoor.

RSG Landbou 18 Desember 2024 18.12.2024

Volgens Conrad Schutte van Vinpro het ongeveer 280 produsenteenhede deelgeneem aan hulle jaarlikse produksieplan, wat die stand van die bedryf bepaal. Daar word onder meer gekyk na insetkoste, arbeid, meganisasie en dag-tot-dag uitgawes. Planne vir ‘n nasionale brandgevaargraderingstelsel is reeds bespreek. Rolspelers soos die SA Weerdiens, Departement Bosbou, Visserye en Omgewing en die WNNR werk...

RSG Landbou 17 Desember 2024 17.12.2024

Ons kuier op die plaas Wellwood in die Graaff-Reinet-omgewing. Die Rubidge-familie boer sedert 1838 op die plaas met een van die oudste Merino-skaapboerderye in Suid-Afrika. Richard Rudbidge vertel hulle storie. Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap praat oor hulle hoogtepunte in 2024 en wat hul planne vir 2025 behels.

RSG Landbou 16 Desember 2024 16.12.2024

Die 2024 Textile Exchange-kongres is in Oktober in die VSA aangebied. Deon Saayman van Cape Wools, Billy van Zyl,‘n produsent en lid van die Nasionale Wolkwekersvereniging, deel hulle indrukke van die kongres. En, ons hoor van Joanne Bester van die Internasionale Wol-en-Tekstiel-organisasie se vergadering wat sy onlangs in Turkye bygewoon het.

RSG Landbou 14 Desember 2024 14.12.2024

Lindie-Alet van Staden is in November aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar 2024. Dié 34-jarige is die bestuurder van die tuin en olyfboord op L’Omarins Landgoed in Franschhoek in die Kaapse Wynlande. Haar take sluit alles wat groen is in – die instandhouding en ontwikkeling van L’Omarins se tuine, olyfproduksie vir tafelolywe en olie, di...

RSG Landbou 13 Desember 2024 13.12.2024

Professor Stephanie Midgley van die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch vertel van die onlangse klimaatsberaad vir die jeug wat deur die Departement Landbou in die Wes-Kaap aangebied is. Deon Joubert, ‘n spesiale gesant vir marktoegang vir die VSA en Europese markte by die Citrus Growers' Association of Southern Africa, praat oor vanjaar se seisoen en marktoeganguitdagings.

RSG Landbou 12 Desember 2024 12.12.2024

Die landboubesigheidskamer, Agbiz, het die 2024 International Food and Agribusiness Management Association se kongres in Brasilië bygewoon. Theo Boshoff praat oor die globale tendense wat vir die volgende paar jaar ‘n impak op landboubesighede sal hê. Chris Derksen is terug met ons laaste vleiprysverslag vir 2024, en Johan van den Berg het landbouweernuus.

RSG Landbou 11 Desember 2024 11.12.2024

Algemene veiligheidsaspekte en wetlike vereistes wat van toepassing is in terme van beroking en plaagbeer in die graanbedryf, het onder bespreking gekom tydens ‘n aanlyn SHEQ-werksessie. Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA het oor die berging van chemiese middels en noodmaatreëls om te volg, gepraat.

RSG Landbou 10 Desember 2024 10.12.2024

Die plaaslike hoenderbedryf het in 2023 ‘n uitdagende jaar beleef, maar goed herstel in 2024. Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging praat hieroor, en oor die redes vir die aansoek om hoender BTW-vry te verklaar. Die Landbounavorsingsraad het op 28 November vir die 46ste keer hulle vleisbeestoekennings aangebied, en ons hoor wat ‘n paar van die wenners oor hulle prestasie te...

RSG Landbou 9 Desember 2024 09.12.2024

Johan Stumpf van die BKB Groep kyk terug op die jaar se hoogtepunte. Dié groep wat as ‘n natuurlike vesel-, wol- en bokhaarbesigheid begin het, is deesdae ook betrokke by graanberging, stelsels wat op plaasvlak data bestuur, en die kleinhandel. Die Trans Caledon Tunnel Authority van die Departement van Waterwese beplan die bou van ‘n dam in die Thabazimbi-omgewing vir die Medupi-kragstasie. Gronde...

RSG Landbou 7 Desember 2024 07.12.2024

Gerhard Meyer boer met granate in die Klein Karoo, en het pas, met die hulp van verskeie rolspelers waaronderdie Wes-Kaapse departement van landbou, ‘n groter verwerkingsaanleg by Karoo Pak, die pakstoor op die plaas, geopen. Hier word granaatsap, granaatstroop en heelparty ander produkte op grootskaal vervaardig.

RSG Landbou 6 Desember 2024 06.12.2024

Gerrit van Vuuren, strategiese adviseur by die samewerkings-inisiatief, Partners in Agri Land Solutions (PALS), vertel van hulle nuwe projekte wat eersdaags afskop. Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik wat beplan word vir die toekoms van die Elsenburg-wingerd.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.