RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 1 Februarie 2025 01.02.2025 14:33
Arie van Raavneswaay van die Wes-Kaapse Departement van Landbou verduidelik hoe kunsmatige intelligensie help met landbounavorsing. Vroeër vandeesmaand het brande groot dele van Los Angeles verwoes. In ‘n tyd van ‘n veranderende klimaat leer ons hoe om te onderskei tussen egte verslaggewing en fopnuus.
RSG Landbou 31 Januarie 2025 31.01.2025 23:57
Emmie Pietersen van Peritum Agri Instituut vertel van die Grain Depot-program wat in samewerking met Agbiz Grain aangebied word. Met die voltooiing van hierdie kursus word studente van ‘n werksplasing gewaarborg. Suzaan Smit van die Swellendam-landbouskou vertel wat vanjaar alle sby die skou te sien sal wees. Ashia Petersen van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap praat oor die druk wat op...
RSG Landbou 30 Januarie 2025 30.01.2025 24:46
Exsteen Nguni’s is in 2024 deur die Landbounavorsingsraad aangewys as die Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar. Hierdie boerdery op Piketberg bestaan uit Nguni-beeste, Meatmasterskaap en graan. Lochner Eksteen vertel watter praktyke tot hulle sukses bydra. Johan van den Berg is op sy pos met landbouweernuus, en Chris Derksen het die jongtste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat beha...
RSG Landbou 29 Januarie 2025 29.01.2025 21:34
Hoe gaan dit met die Suid-Afrikaanse graan- en rooivleisprodusent? Twee boere, James Faber en Derek Mathews, beantwoord ‘n paar vrae hieroor. Hulle is ook voorsitters van georganiseerde landbou-organisasies. Dis die einde van die maand, en Izak Hofmeyr is terug met ons maandelikse internasionale landbounuus.
RSG Landbou 28 Januarie 2025 28.01.2025 21:54
Wat beteken die begrip, vryemark, en watter voordele bied dit vir ‘n land se ekonomie? Dr. Johnny van der Merwe van AMT beantwoord hierdie vrae. Hy brei ook uit oor Botswana wat onlangs hulle invoertariewe vir Suid-Afrika se groente gelig het, en wat dit vir die bedryf en verbruiker beteken. Heinrich Victor is op sy pos met ons jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou 27 Januarie 2025 27.01.2025 21:17
Suid-Afrika is uniek onder wynproduserende lande, aangesien die presiese datum van die ontstaan van sy wynbedryf bekend is. Hierdie datum is 2 Februarie 1659. Rico Basson van SA Wine gesels oor die afgelope 366 jaar van wynmaak, en hoe dié mylpaal gevier word. Gerrie Rossouw van UPL verduidelik hoe grondgesondheid verbeter kan word met ‘n goeie koolstofprogram.
RSG Landbou 25 Januarie 2025 25.01.2025 11:31
Ons kyk terug op ‘n week waarin Donald Trump ingehuldig is as die 47ste president van Amerika. Die situasie in die Midde-Ooste is nog ver van ‘n opgeloste saak, en daar is ook nog geen vredesverdrag in Oekraïne nie. Op eie bodem het ons die afgelope Dinsdag 300 dae sonder beurtkrag gevier, die langste tyd daarsonder sedert 2018. Nog ‘n nuusitem die week was Wes-Kaapse damme. Gemiddelde vlakke het...
RSG Landbou 24 Januarie 2025 24.01.2025 25:03
Kleinjan Teubes boer met wyndruiwe, rosyntjiedruiwe, slaaisaad en korente tussen Klawer en Vredendal in die Wes-Kaap. Hy praat oor risiko, oesvooruitsigte en die nut en belang van ‘n skaalkaart. Pieter van Wyk, boer en president van die Riversdal Landbouskou, vertel wat alles by vanjaar se skou gebeur.
RSG Landbou 23 Januarie 2025 23.01.2025 24:25
Two-a-Day, een van die aanheelhouers in Tru-Cape, is die eerste landboubesigheid in Suid-Afrika wat uitgesoekte status verwerf het by die Top Employers-instituut in Nederland. Johan van den Berg is op sy pos met landbou-weernuus, en Chris Derksen het die jongste vleispryse.
RSG Landbou 22 Januarie 2025 22.01.2025 24:06
Rooivleisbedryfsdienste sal voortaan twee keer per jaar ‘n verslag vrystel, wat fokus op nasionale en internasionale tendense in die bees- en skaapbedryf. Dewald Olivier praat oor die doel van die verslag, asook ‘n paar interessante tendense. Wandile Sihlobo deel sy vooruitsigte vir die landbousektor in 2025. Hy is die hoofekonoom by Agbiz, en dien ook as ekonomiese raadgewer vir president Cyril R...
RSG Landbou 21 Januarie 2025 21.01.2025 22:30
Ons hoor by die LWO Werkgewersorganisasie waarom bewyse vir dissiplinêre en arbitrasieverhore in die werksplek so belangrik is. Die wolseisoen het verlede week geopen, en Heinrich Victor is terug met die weeklikse wolmarkverlag. Die Rooivleisprodusente-organisasie wil vanjaar ‘n pad van vernuwing aanpak. Dr. Frikkie Maré brei hieroor uit, en praat ook oor bul-semen uitvoere na Namibië, en die onla...
RSG Landbou 20 Januarie 2025 20.01.2025 25:16
Ons kyk na die chemiese middels wat deur die graanbergingsektor gebruik word om graan markgereed te kry. Hoe weet ons of dit veilig is vir menslike gebruik? Dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA beantwoord die vraag. Santam Landbou is deur die Internasionale Vereniging van Landbouproduksieversekeraars genomineer om in Februarie die 2025 Verliesaanpassersseminaar in Kaapstad aan te bied. Die hoofond...
RSG Landbou 18 Januarie 2025 18.01.2025 13:48
In die week waarin die nuwe akademiese skooljaar afgeskop het, gesels ons oor gesonde kosblikbeplanning aan die hand van voedselveiligheid. Professor Pieter Gouws is werksaam by die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. Die lewering van gesonde, veilige voedsel begin by Suid-Afrikaanse boere, wat hul besonder goed van hulle taak kwyt.
RSG Landbou 17 Januarie 2025 17.01.2025 25:29
Emile Jordaan is die hoofbestuurder by Metos Suid-Afrika, ‘n firma wat weerstasies bou om mikroklimaat te monitor. Gabrielle Redelinghuys is die projekleier op inkubasieprojekte in dieselfde veld, en fokus veral op markintelligensie. Hulle praat onder andere oor gewasbeskermingschemie. Maryna Calow van Wines of South Africa vertel van die grootste wynverwante skou in die suidelike halfrond wat eer...
RSG Landbou 16 Januarie 2025 16.01.2025 24:38
Kenners sê die vooruitsigte vir die landbousektor vanjaar is meer rooskleurig. Ons praat met Brendan Jacobs van Standard Bank Agribesigheid hieroor. Die 21-jarige Aalwyn Victor van Stilwaterboerdery by Pothefstroom vertel hoe hy met sy Romagnola-stoetery begin het. Ons hoor by Johan van Berg hoe die weervooruitsigte lyk, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou 15 Januarie 2025 15.01.2025 22:58
Daar word gesê dat die veeboer eintlik ‘n grasboer is. Ons praat met weidingskonsultant Frits van Oudtshoorn oor die waarde van grasidentifikasie vir die boer. Volgens Agri Fusion sal landboubesighede binne die volgende drie tot vyf jaar verslag moet doen oor korporatiewe bestuur, asook omgewing- en sosiomaatskaplike kwessies. Ons hoor wat Anneline Hugo hieroor te sê het.
RSG Landbou 14 Januarie 2025 14.01.2025 22:05
Suid-Afrika se landbousektor sal aan strenger uitvoervereistes moet voldoen om toegang tot Europese markte te behou. Dié regulasies word gestipuleer in die EU se Green Deal-ooreenkoms. Ons praat hieroor met Thabile Nkunjana van die Nasionale Landboubemarkingsraad. Tafeldruifuitvoere na Europa het oor die feesseisoen goeie groei getoon, en Jacques Ferreira van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifindustri...
RSG Landbou 13 Januarie 2025 13.01.2025 24:55
Die verbruiker van die toekoms wat vandag van belang is, is Generasie Z. Frans van Wyk van Agrifusion vertel meer van dié unieke generasie. Die Agoa-handelsooreenkoms met die VSA is geldig tot Augustus 2025, maar hoe lyk vooruitsigte? Suid-Afrika tree vanjaar as gasheer op van die G20-beraad, en dit kan dalk tot voordeel van die handelsooreenkoms, wees.
RSG Landbou 11 Januarie 2025 11.01.2025 13:24
Met 2025 nog in die wegspringblokke, bring ons graag ‘n storie van landbou-optimisme. Diegene wat die sektor lief het, deel ook in ‘n wye belangesfeer. Een waarin voedselsekerheid, die koestering van mens en dier, asook ekonomiese groei sentraal staan. Aan boord die landbouskip in Suid-Afrika staan ‘n boegbeeld van ons boere. Hulle kapteinskap sorg daarvoor. Jannie Strydom, die bestuurshoof van Ag...
RSG Landbou 10 Januarie 2025 10.01.2025 22:05
Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is een van die oudste landbou-toekenningsgeleenthede in die land. Inskrywings vir vanjaar se kompetisie is reeds oop. Tegniese besonderhede oor deposisiekwaliteit en -kwantiteit, iets wat ons graag van nader bekyk. Wat betref gewas beskerming produkte is die moontlikhede vir produsente legio. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller deel nuus oor die jon...
RSG Landbou 9 Januarie 2025 09.01.2025 24:25
Mynbou-aktiwiteite bly ‘n saak van kommer. Die impak op fauna en flora, waterhulpbronne, agri-toerisme en landbou in die algemeen, is kommerwekkend. Ons praat met prof Andries Raadt van TLU SA se omgewingsbewaringsorganisasie oor die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone-projek in Limpopo. Chris Derksen is op sy pos met die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels weersake.
RSG Landbou 8 Januarie 2025 08.01.2025 24:51
Die grootste, mooiste en lelikste pampoen, en dan ook die beste pampoenkoekies en tertjies. Dis alles deel van die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees wat in Maart vanjaar deur die Cullinan Boere Unie en TLU SA aangebied word. Die rekordpampoen van dié fees het ‘n allermuntige 890 kg geweeg. Die Boran-beestelergenooskap bied op 25 Februarie hulle tweede jaarlikse versveiling in Parys aan. Christo...
RSG Landbou 7 Januarie 2025 07.01.2025 23:15
Johan Stumpf van die BKB Groep kyk vorentoe na 2025, en waarop hulle wil fokus. Ons luister ook na ‘n gesprek wat ons tydens die 2024 Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale kongres met Kobus Bester gehad het. Hy is direkteur van die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) en rasdirekteur van die Simbra-beestelersgenootskap. Kenny Beeton van Nutrico gee raad oor die beheer van vrugtevlieë.
RSG Landbou 6 Januarie 2025 06.01.2025 22:35
Boere staan voor die grootste oorlewingskrisis nog. Ongeag wat ekonome en ander geleerdes wil voorgee, is boere in die moeilikheid: finansieel, emosioneel en geestelik. Só sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou. Gerrie Rossouw van UPL verduidelik hoe grondgesondheid verbeter kan word met ‘n goeie koolstofprogram.
RSG Landbou 4 Januarie 2025 04.01.2025 14:07
‘n Samewerkingsooreenkoms tussen die regering en boere in die Klein Karoo het die bou van ‘n nuwe pad tot gevolg gehad. Só is nuwe markte deur produsente ontgin, en afsetpunte gevestig. Gerhard Meyer van die plaas Celebratio deel hierdie storie. Hy verduidelik ook waarom hy glo dat granate mistieke vrugte is, en deel die eskiedenis en simboliek daarvan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.