RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 3 Maart 2025 03.03.2025

Verbruikersbesteding en laer rentekoerse dui daarop dat die ekonomie stadig besig is om te draai, sê landbou-ekonoom dr. Johan Willemse. Ons praat met Benjamin Bosch oor Bonsmara SA se nasionale veiling wat op 19 Maart op Parys aangebied word. Agri-Expo het onlangs hulle planne vir 2025 bekendgemaak. Breyton Milord vertel van drie nuwe projekte waarby hulle betrokke sal wees.

RSG Landbou 1 Maart 2025 01.03.2025

Dr. Renée Prins is ‘n wetenskaplike en entrepreneur. Sy is aan die stuur is van ‘n sosiale impak-program, wat aan jong Suid-Afrikaners lewensveranderende geleenthede bied.

RSG Landbou 28 Februarie 2025 28.02.2025

Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor ’n kabinet-subkommittee vir voedselsekuriteit, marktoegang, en landbouprodukte. Ons fokus op gewasbeskermingschemie en mikroweerstasies op plase. Ons kyk na ‘n onlangse verslag deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid oor ondoeltreffende logistiek, en hoe dit die sitrusbedryf impakteer.

RSG Landbou 27 Februarie 2025 27.02.2025

Tienie du Plessis is nie net ‘n Dohne Merino-skaapboer van Steynburg nie. Hy is ook bekend vir sy skaapskeervernuf. Hy is sedert 2009 by skaapskeer betrokke, en tans het hy as skeerkontrakteur, ses spanne in die veld. Hy vertel van sy liefde vir dié bedryf en hulle T24-veldtog waar hy in Februarie 2024, 363 merino-ooie binne nege ure afgeskeer het. Johan van den Berg is terug met landbou-weernuus,...

RSG Landbou 26 Februarie 2025 26.02.2025

Victoria-Wes is skaapwêreld, en die skaapafdeling by vanjaar se skou het groot belangstelling gelok. Ons maandelikse internasionale landbounuus kom aan die beurt. Ons praat met Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie oor die vertoning van plaaslike en internasionale suiwelprodukte in die vierde kwartaal van 2024.

RSG Landbou 25 Februarie 2025 25.02.2025

Mobiele veehanteringstoerusting kan ‘n boer baie tyd en geld spaar. Ons hoor by Aartappels Suid-Afrika wat in Januarie met aartappelverkope gebeur het. Die Dorperskaap-telersgenootskap van Suid-Afrika vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. Hulle bied op 8 Maart hulle nasionale veiling op Bela-Bela aan.

RSG Landbou 24 Februarie 2025 24.02.2025

Roelof le Roux van Pioneer Saad praat oor mielie-bestuiwing. Hy verduidelik wanneer  bestuiwing plaasvind, en hoe ons seker kan wees die mieliekop is bestuif. Die Langspruit-boerevereniging bied op 18 Maart hulle derde beesdag aan. Hans van Schalkwyk is by vanjaar se Victoria-Wes Skou as spoedskaapskeerkampioen aangewys. Ons hoor waar hy dié vaardigheid geleer het.

RSG Landbou 22 Februarie 2025 22.02.2025

Toe ‘n groep boervroue destyds besluit het om kragte saam te span ter wille van die opheffing van plaaslike kinders, het ‘n organisasie tot stand gekom wat die lewensroete van honderde jongmense help rig na een van betekenisvolle deelname en selfwaarde. Patrizia van Zyl, Nelanie Bruwer en Amanda de Wet van Ashton in Action vertel van ‘n skool wat op die been gebring is met die bystand van die plaa...

RSG Landbou 21 Februarie 2025 21.02.2025

Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller deel die jongste navorsingsresultate oor swamdoder-deposisie op koring. Ashia Petersen, direkteur van volhoubare hulpbronbestuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, verduidelik hoe boere bevoordeel is deur die onderhou van die Lae Olifantsrivier-kanaal. Agri-Expo is op soek na Suid-Afrika se volgende jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf.

RSG Landbou 20 Februarie 2025 20.02.2025

Hoe veerkragtig is ons boere om klimaatuitdagings die hoof te bied, en wat kan banke doen om te help? Zahnn Meyer van Nedbank vertel hoe banke moes aanpas om landbouprodusente by te staan. Sweetsiekte is ‘n veesiekte wat voorkom in gebiede waar die bontpootbosluis leef. Waarom word dit sweetsiekte genoem? Ons gesels met dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk hieroor.

RSG Landbou 19 Februarie 2025 19.02.2025

Naspeurbaarheid in die landbou sal in die nabye toekoms ‘n werklikheid word. Dewald Oliver van die Rooivleisbedryfsdiens verduidelik waar die bedryf tans is met betrekking tot ‘n stelsel, en hoe die pad vorentoe lyk. Dr. Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie gesels saam oor die RPO se ondersteuning. en wat die voordele daarvan is vir die produsent.

RSG Landbou 18 Februarie 2025 18.02.2025

Die belang van navorsing vir die suiwelbedryf kom onder bespreking. Dr. Heinz Meissner van Melk SA vertel van die projekte waarop hulle tans fokus, en befondsing. Bonsmara SA se Louis Steyl praat oor hulle nasionale veiling en Rooi Ras-geleentheid wat van 17 tot 19 Maart op Parys plaasvind. Heinrich Victor is ook op sy pos met hierdie week se wolmarkverslag.

RSG Landbou 17 Februarie 2025 17.02.2025

Die 193ste Swellendam-skou word van 27 Februarie tot 1 Maart aangebied. Ons vind uit watter sprekers by dié skou se gewilde landbou-oggend optree. Wat gebeur as onteiening sonder vergoeding jou in die gesig staar? Prof. Reghard Brits van Akamedia se Fakulteit Regsgeleerdheid beantwoord hierdie en ander vrae oor die Onteieningswet.

RSG Landbou 15 Februarie 2025 15.02.2025

Dean Barnard (41) van die Oppie Plaas-boerdery naby George is verlede jaar as Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy vertel hoe hy ’n uitdaging, wat byna sy lewe gekos het, oorkom het met gebed en toewyding.

RSG Landbou 14 Februarie 2025 14.02.2025

Volgens die Suid-Afrikaanse Rooibosraad bly die internasionale vraag na botaniese bestanddele en rooibosekstrak groei. Die jaarlikse wynoes-herdenkingsgeleentheid het onlangs by die Groot Constantia-wynlandgoed plaasgevind. Volgens Maryna Calow van Wines of South Africa is die groei in Suid-Afrika se verpakte wyn baie bemoedigend, soos blyk uit verskeie sleutelmarkte, soos Nederland, Kanada en Jap...

RSG Landbou 13 Februarie 2025 13.02.2025

Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid verwag ‘n reële groei van net onder drie persent vir die landbousektor in 2025, maar daar is verskeie faktore wat dit kan beïnvloed. Kwelpunte in die veilingsbedryf is tydens die derde jaarlikse Rooivleiswerksessie op Kroonstad uitgelig. Johan Vosser van die Suid-Afrikaanse Federasie van Lewendehawe Agente gee terugvoer. Jy kan ook uitsien na ons landbouweer-...

RSG Landbou 12 Februarie 2025 12.02.2025

Die BKB Lewendehawe Cradock-streek sal in die huidige seisoen 42 veilings aanbied. Volgens JP Marais lyk die gehalte van die diere goed ten spyte van al die uitdagings wat produsente in dié streek in die gesig staar. Ons gesels met John Hudson van Nedbank Agribesigheid. Hy tree na 35 jaar in die bedryf af, en deel ‘n paar gedagtes oor landbou. Ons vind meer uit oor die begin van die Noord-Kaap Vel...

RSG Landbou 11 Februarie 2025 11.02.2025

Alle produsente wat melk aan Wes-Kaapse uitvoermelkverwerkers verskaf, is nou onderworpe aan dieselfde maatreëls as plase wat onder bek-en-klouseer-kwarantyn geplaas is. South Africa Wine, wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf verteenwoordig, het 'n omvattende reaksie by die Nasionale Tesourie ingedien oor voorgestelde veranderinge aan wynaksynsbelasting.

RSG Landbou 10 Februarie 2025 10.02.2025

Dit gaan nie goed met kleingraanprodusente in die Swartland nie. Dit het duidelik geword tydens Graan SA se eerste jaarvergadering in die Wes-Kaap, wat onlangs op Morreesburg gehou is. RSG Landbou het daar met Derek Mathews gesels. Hy praat ook oor tariewe, die liggingsdifferensiaal, en vrystellingsnormes vir nuwe koringkultivars. ieter van Wyk van die Riversdal Landbougenoorskap vertel waarna kan...

RSG Landbou 8 Februarie 2025 08.02.2025

Professor Johan Fourie van die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch beklee die leerstoel vir ekonomie, geskiedenis en beleid. Hy is ook die skrywer van, SKATRYK - WAAROM ONS BETER LEEF AS ONS VOORSATE. Die tweede weergawe van die boek het pas die lig gesien. Hy gesels oor kosproduksie en die fassinerende geskiedenis van kunsmis. Ons vind uit wie die piramides in Egipte gebou het,...

RSG Landbou 7 Februarie 2025 07.02.2025

Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, verduidelik hoe geopolitieke realiteite, en die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president, landbou in Suid-Afrika raak. Maritjie Cornelissen, adjunkdirekteur van kwaliteitsbestuur by die Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut, belig loopbaangerigte landboukwalifikasies vir voornemende studente.

RSG Landbou 6 Februarie 2025 06.02.2025

Die Vinpro/Nedbank-produsentedag is onlangs by Goudini in die Wes-Kaap aangebied. Dié bedryfsorganisasie verteenwoodig 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes. Die tema van die dag het op klimaatsverandering gefokus, en ons het daar met Conrad Schutte gesels. Ons kyk ook na die weervooruitsigte, en hoor wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.

RSG Landbou 5 Februarie 2025 05.02.2025

Die siekterapporteringstelsel vir vee is in 2010 met die uitbreking van slenkdalkoors begin. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor die waarde van dié inligting, en hoe dit prakties aangewend word. Die Williston Landbouskou vind van 20 tot 22 Februarie plaas. Dié skou groei jaarliks, ons oor hoor by Wilhelm Steenkamp wat die rede hiervoor is.

RSG Landbou 4 Februarie 2025 04.02.2025

Die waarde van lekaanvullings vir vee op droë en stoppellande kom onder bespreking. Ronél Joubert van Feedtek praat oor die waarde van ‘n gebalanseerde lek, en watter minerale belangrik is. Nico Fouché van Melk SA praat oor hulle rol in die suiwelwaardeketting, en wat hulle vir 2025 beoog.

RSG Landbou 3 Februarie 2025 03.02.2025

Senwes het in Januarie aangekondig dat Debbie Bester van 1 April af die leisels as bestuurshoof van dié landboumaatskappy by Francois Strydom sal oorneem. Ons vind meer uit oor haar loopbaan in die landbou. Staatsbeheerdesiekte kom ook onder bespreking met dr. Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.