RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 1 April 2025 01.04.2025

In weerwil van die uitdagings, bly die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika optimisties oor die 2025-seisoen en die toekomstige potensiaal van die bedryf. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 31 Maart 2025 31.03.2025

Grietjie is ‘n pampoen wat 445 kg weeg, en vanjaar se wenner is by die Goliat van Gat Pampoenfees. Cornelis Bester is die eienaar van die pampoen, en ons vind uit wat die groei van só 'n  groot pampoen behels. Ons hoor ook van Johan Blomerus, 'n Brangusstoetteler. Hy was by die Hertzogville Landboufees een van die beoordeelaars by die Brangus nie-haltermak skou. Benjamin Bosch vertel van vanjaar s...

RSG Landbou 29 Maart 2025 29.03.2025

Op die bessieplaas Haygrove buite Hermanus, is ‘n sonderlinge inisiatief van stapel gestuur. Jaarliks word plukkers en agri-werkers na Engeland gestuur om op plase daar kennis in te win. Met die ruilooreenkoms word hulle vaardighede verbreed, en verdien hulle Pond.

RSG Landbou 28 Maart 2025 28.03.2025

Die Suid-Afrikaanse span wat in 2024 deelgeneem het aan die Chelsea Blommeskou in Londen het verskeie pryse losgeslaan. Hulle uitstalling is ook as beste in die hoofpawiljoen aangewys. Die besturende direkteur van die De Fynne-kwekery buite Paarl, Jacky Goliath, was deel van die span. Met die ondersteuning van die Wes-Kaapse Departement van Landbou is sy vanjaar weer daar om die land te verteenwoo...

RSG Landbou 27 Maart 2025 27.03.2025

Johan van den Berg praat oor die landbou-weervooruitsig. Die Clanwilliam-ekspo word sedert 1931 aangebied. Marindé Saayman vertel van dié geleentheid wat van 10 tot 12 April plaasvind. Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het. Arthur de Villiers gee terugvoer oor Bonsmara SA se Rooi Ras-geleentheid, en vertel van AG Gene Bonsmara se 33ste produksieveiling van 9 April naby Vre...

RSG Landbou 26 Maart 2025 26.03.2025

Die Bloemskou spog vanjaar met sewe nasionale kampioenskappe en drie wêreldkampioenskappe vir vee. Elmarie Prinsloo vertel waarna besoekers vanjaar kan uitsien. Kobus Bester van die Simbra beestelergenootskap van Suider-Afrika verduidelik hoe ‘n telersgenootskap kan bydra tot die uitvoermark vir vleis, hoe die produk moet lyk, en wat op plaasvlak in plek moet wees.

RSG Landbou 25 Maart 2025 25.03.2025

Hoe kan grondeienaars uit ‘n bewaringsoogpunt predasie benader? RSG Landbou het by die Owl Rescue Centre gaan inloer, en met Danelle Murray hieroor gesels. Tydens die mieliewegbreeksessie by die Graan SA-jaarkongres op Nampo Park, is polsende kwessies in die bedryf bespreek. Dr. Dirk Strydom brei hieroor uit. Ons hoor wat by die beesafdeling van die Griekwastad-skou gebeur het. Behalwe vir die int...

RSG Landbou 24 Maart 2025 24.03.2025

Die Minister van Finansies het in sy begrotingstoespraak genoem dat sekere vleisprodukte, hoofsaaklik orgaanvleis, ook tot die BTW-vrye kosmandjie gevoeg gaan word. Roelie van Reenen van die Beefmaster Groep lewer kommentaar. Ons gesels met Deon Bosch, ‘n Suid-Afrikaner wat vir bykans ‘n dekade reeds in die VSA boer. Bufland Bonsmaras in Limpopo bied saam met gasverkopers op 2 April hulle veiling...

RSG Landbou 22 Maart 2025 22.03.2025

Kobie van Breda is die afgelope 40 jaar doenig in die landboumasjienerie-bedryf. Hy het wye internasionale draaie geloop, met stories oor uiteenlopende kulture. Dis sy liefde vir landbou en Suid-Afrika wat hom aanspoor om werksgeleenthede aan ander te bied. Hy vertel stories van filantropie en medemenslikheid.

RSG Landbou 21 Maart 2025 21.03.2025

Die beoordeling van Afrika se grootste en oudste suiwelkompetisie, die 192ste SA Suiwel Kampioenskappe, is afgehandel. Hoofbeoordelaar Graham Sutherland beklemtoon dat innovasie deelname bevorder. Dr. Huibre Schreuder het onlangs haar doktorale studies in plantpatologie voltooi. Sy praat oor har navorsing oor swartstam op canola. Professor Johan Fourie van die Departement Ekonomie by die Universit...

RSG Landbou 20 Maart 2025 20.03.2025

Veediefstal bly een van die grootste uitdagings wat ‘n veeprodusent moet bestuur. Dit word egter dikwels nie aangemeld nie, of korrekte prosedures word nie gevolg nie. ‘n Veediefstal-aanmeldingstelsel is onlangs bekendgestel, en ons hoor by Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum wat dit behels. Die Overberg Jongooi-kuddeklub het onlangs die resultate van hulle eerste projek be...

RSG Landbou 19 Maart 2025 19.03.2025

Die meeste dele van die somerreënvalgebiede is vanjaar deur redelike laat en wisselvallige reënval gekenmerk. Wat kan produsente doen om te verseker dat hulle diere genoeg voer kry? Alheit du Toit van Feedtek gee raad. Dr. Colin Ohlhoff van Melk SA verduidelik hoe volhoubaarheid in die suiwelbedryf omskryf word, en praat oor tegnologie en omgewingstendense wat internasionaal na vore kom. Ons praat...

RSG Landbou 18 Maart 2025 18.03.2025

Die Bathurst Landbougenootskap se jaarlikse skou word vanjaar vir die 115de keer aangebied. Daar is ‘n hele paar nuwe items op die program. Die plaaslike kanolabedryf het onder bespreking gekom by die afgelope Overberg Agri voorplant-inligtingsdag naby Caledon. Zander Spammer van Southern Oil het daar met ons gesels. Heinrich Victor terug met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 17 Maart 2025 17.03.2025

Kuilvoer is ‘n belangrike komponent van die meeste kommersiële melk- en voerkraalboerderye, en dié proses moet vinnig en effektief afgehandel word om maksimale kwaliteit te verseker. Thinus Gouws van Vitam International gee raad. Ons vind meer uit oor Nell Quatro Boerbokstoet van die Jansenville-distrik. Hulle is vanjaar 100 jaar oud. Sakkie Nell gesels ook oor hulle veiling van 29 Maart op Kruger...

RSG Landbou 15 Maart 2025 15.03.2025

Marcus Lewis is deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou as die eerste Wyn-agriwerker gekies as deel van die jaarlikse kompetisie vir die Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Hierdie inisiatief vereer die bydraes van wingerd-, kelder- en agriwerkers wat onmisbaar is vir die sukses van Suid-Afrika se wynbedryf. Lweis is die keldervoorman by Kanonkop.

RSG Landbou 14 Maart 2025 14.03.2025

‘n Internasionale afvaardiging is eersdaags op pad na Suid-Afrika nadat ‘n innoverende vennootskap onderteken is tussen verteenwoordigers van lande met ‘n Mediterreense klimaat. Marthane Swart bestuur die sekretariaat vir die Suid-Afrikaanse Rooibosraad. Sy het nuus oor ’n bewaringsinisiatief vir die Kaapse luiperd wat in die Cedergberg-gebied voorkom. Monique Vlok boer met aartappels in die Sandv...

RSG Landbou 13 Maart 2025 13.03.2025

Diesel is een van die grootste insetkoste in ‘n boer se begroting. Stygende dieselkoste het nie net ‘n impak op Suid-Afrikaanse landbou en die produsent nie, maar ook die verbruiker. Gerhard Burger van Graan SA gee raad aan produsente oor die bestuur van stygende dieselkoste. Daar is gebiede in die droë weste van die land wat welkome reën ontvang het, maar die prentjie lyk nie oral so rooskleurig...

RSG Landbou 12 Maart 2025 12.03.2025

Die 2024 Wêreld-suiwelspitsberaad is verlede jaar in Parys aangebied. Melt Loubser van Fair Cape Dairies en visevoorsitter van Melk SA, het die geleentheid bygewoon. Hy praat oor die fokus van die beraad, en hoe die plaaslike suiwelbedryf vergelyk met met die res van die wêreld. Die Beaufort-Wes Landbouskou vind van 2 tot 5 April plaas, en Marette de Villiers vertel ons waarna besoekers vanjaar ka...

RSG Landbou 11 Maart 2025 11.03.2025

Welgemeen Boerdery in die Witzenbergvallei het einde verlede jaar top-eerbewyse vir algehele uitnemendheid by Ceres Vrugtekwekers se jaarlikse toekenningsgeleentheid gekry. Hulle is ook die eerste ontvanger van die Buks Nel-wisseltrofee vir die beste prestasie in BigBucks Gala-appels. Ons gesels met Hannes Hanekom oor dié sukses. En, Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 10 Maart 2025 10.03.2025

Die Nasionale Dohne Merino-veiling wat op 1 Februarie in Bloemfontein aangebied is, spog met ‘n 100%-verkoopsyfer, en volgens Vaughn Collier is goeie pryse ook behaal. Skaapskeerder Tienie du Plessis het op 28 Februarie aan ‘n 24 uur-skaapskeermarathon deelgeneem. Ons deel in dié ervaring. Pluimveewetenskaplikes het onlangs in Pretoria bymekaargekom vir die 41ste WPSA Suid-Afrika-simposium.

RSG Landbou 8 Maart 2025 08.03.2025

Wêreldwyd word 25% van voedsel wat geproduseer word, vermors. Ons kyk na maniere hoe om dié kwessie in ‘n Suid-Afrikaanse konteks aan te pak. Professor Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch praat oor die waarde van binne-seisoen voedselprodukte, en hoe sekere organismes besig is om aan te pas by hulle omgewing. Ons stel ook ondersoek in oor waarom bilt...

RSG Landbou 7 Maart 2025 07.03.2025

Die SA Preserveer-kampioenskap word vanjaar vir die eerste keer gehou. Dis ‘n inisiatief van Agri-Expo. Phillipa en Julian Tailor boer met hops en graan in die noorde van Engeland. Hulle is lede van die Royal Agricultural Society of the Commonwealth. Tydens hulle heel eerste besoek aan Suid-Afrika, vertel hulle wat hulle by Suid-Afrikaanse boere geleer het. In 2026 is dit die beurt van Suid-Afrika...

RSG Landbou 6 Maart 2025 06.03.2025

Die slaglamkompetisie by die Williston Skou was weer eens ‘n groot sukses. Ons hoor by DeWitt Hodgsen wie vanjaar se wenners is. Pieter van Wyk gee ook terugvoer oor vanjaar se Riversdal Skou. Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met die landbouweernuus, en Chris Derksen gesels oor hierdie week se vleispryse.

RSG Landbou 5 Maart 2025 05.03.2025

Wat is belangrik om in ag te neem wanneer mieliekultivars vir die weste gekies word? Johan Kok van Pioneer Saad het ‘n paar aanbevelings, en verduidelik waarom hierdie streek uitgesonder word. Ons vind uit wat by vanjaar se Griekwastadskou gebeur. Frans de Klerk gesels oor die Julie-kontrak van die witmielieprys.

RSG Landbou 4 Maart 2025 04.03.2025

Die behandeling van lewerslak-besmetting is kompleks, en dié siekte kan by mens en dier voorkom. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik hoe en waar die besmetting plaasvind. ‘n Boeredag is onlangs by Andries Marx van FEM Dohne Merino in die Burgersdorp-omgewing aangebied. Hy is in 2024 deur Voermol as die Skaapboer van die Jaar aangewys, en ons hoor wat dié skaapboerdery laat seëvier h...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.