RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 30 April 2025 30.04.2025

In die Wes-Kaap word graan in twee streke verbou. Dít vereis verskillende produksiemetodes. Prof. Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vertel van die navorsing wat hulle gedoen het met wisselbou op sandgrond. Ons maandelikse internasionale landbounuus kom ook aan die beurt. JD Venter brei uit oor Limpopo Bonsmaraklub en hulle veiling op 9 Mei.

RSG Landbou 29 April 2025 29.04.2025

Nampo 2025 is om die draai! Dis die 57ste keer wat dié geleentheid aangebied word, en dr. Dirk Strydom van Graan SA vertel wat besoekers vanjaar kan verwag. Ons hoor ook weer van dr. Lukie Pieterse van Potato News Today  oor die bydrae wat herlewingslandboupraktyke kan maak tot die volhoubaarheid van die internasionale aartappelbedryf.

RSG Landbou 28 April 2025 28.04.2025

Aartappelproduksie is wêreldwyd onder druk. Faktore soos klimaatsverandering, gronddegradasie, watertekorte en stygende insetkoste is van die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Dr. Lukie Pieterse, redakteur van Potato News Today , ‘n aanlyn-nuusbrief, het onlangs ‘n artikel hieroor geskryf. Ons gesels met hom hieroor. Verder hoor ons wat Paul Maré van QualiTRIO...

RSG Landbou 26 April 2025 26.04.2025

RSG Landbou kuier diep in die Hantam en Boesmanland. Op die platorand tussen bossieveld en windplase is dit ‘n voorreg om met ‘n vrou kennis te maak wat haar wy aan ander. Op ‘n plaas buite Loeriesfontein in die Noord-Kaap is die sein swak, maar die menslike konneksie sterk. Mens is dankbaar vir die satellietfoon wat jou ‘n geselsie gun met Claudie Lintvelt. Sy vertel van h...

RSG Landbou 25 April 2025 25.04.2025

Agri-Expo het die 31-jarige Pamella Dzindikwa, produksiehoof by Puglia Cheese, met die tweede jaarlikse Hollard Game Changer-toekenning vereer. Die SA Suiwelkampioenskappe, wat vanjaar sy 192ste bestaansjaar vier, is die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika. Nasionale Besigheidontwikkelingsbestuurder van Hollard, Andries Wiese verduidelik waarom sy as wenner aangewys is.

RSG Landbou 24 April 2025 24.04.2025

Kontantgewasproduksie in die Wes-Kaap is onder ernstige druk as gevolg van hoë  insetkoste, lae kommoditeitspryse en die impak van klimaatsverandering. Prof Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou fokus veral op navorsing oor volhoubare gewasproduksie en bewaringslandbou. Ons praat met hom oor die verskil tussen herlewingslandbou en bewaringslandbou asook hul navorsing...

RSG Landbou 23 April 2025 23.04.2025

Die 17de LRF Veeskool word later vanjaar by Aldam aangebied. Johan Styger gesels oor die doel van die veeskool en vanjaar se tema. Gelyke indiensneming, die grondhervormingswetgewing, arbeidswetgeing en die wysiging aan die Waterwet is sake wat tans in die parlement aandag geniet. Annelize Crozby van Agbiz bring ons op hoogte. Ons praat ook met Keith Peinke oor die Pioneer Cattle Breeds veiling va...

RSG Landbou 22 April 2025 22.04.2025

Die Nasionale Dieregesondheidsforum het onlangs ontbind. James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie verskaf die rede vir dié besluit. Heinrich Victor is terug met die nuutse wolpryse en Kobus du Toit van Vlakte Bonsmara gesels oor hul veiling van 2 Mei op die plaas, Doornpan. Dan is Pamella Dzindikwa van Puglia Cheese deur Agri-Expo aangewys as die wenner van die 2025 Hollard Game...

RSG Landbou 21 April 2025 21.04.2025

Lise Roberts praat oor die rol van Dorperklubs, die Bathurst-landbouskou, en Absa se Agri Trends-verslag oor landbou en die impak van klimaatsverandering.

RSG Landbou 19 April 2025 19.04.2025

Eloise Pretorius gesels met 'n boer oor hoe hy in die Guiness World Record-boek beland het met 'n pruim wat byna 'n halwe kilogram weeg. Dit is 11 cm lank en lyk meer soos 'n mango.

RSG Landbou 18 April 2025 18.04.2025

Eloise Pretorius gesels met spesialisberader Dr. Louise van Coller oor die geestesgesondheid van landbouers.

RSG Landbou 17 April 2025 17.04.2025

Karoo Lam het die slaglamkompetisie by vanjaar se Beaufort-Wes-landbouskou aangebied. Jaco van Vuuren vertel wat die beoordeling behels het. Bathurst is pynappelwêreld en Pierre Tinley van Summer Pride gesels oor hul betrokkendheid by die onlangse landbouskou op dié dorp in die Oos-Kaap. Ons gesels ook met Elmarie Prinsloo oor Bloemskou wat reeds op 25 April afskop.

RSG Landbou 16 April 2025 16.04.2025

Kanola is ‘n belangrike wisselbougewas in die Wes-Kaap, en ding goed mee met kleingrane soos koring en gars. Dit is egter nie so maklik om te verbou nie, en daar is sekere uitdagings wat oorkom moet word om goeie opbrengste te behaal. Aartappels SA vertel wat in Maart met aartappelverkope het gebeur. Dr. Ivan Meyer, Die minister van landbou in die Wes-Kaap, praat oor die R1-miljard begroting wat o...

RSG Landbou 15 April 2025 15.04.2025

RSG Landbou het onlangs die Beaufort-Wes-landbouskou bygewoon, waar ons met ‘n paar opkomende skaapboere gepraat het. Ons het nuus oor die LHB en Kruger Bonsmara-veiling wat eersdaags naby Christiana plaasvind. Aartappels SA wil die gebruik van klein aartappels bevorder, veral as deel van ‘n gesonde maaltyd vir kinders. Dirk Uys praat oor hulle planne om die Departement van Basiese Onderwys se voe...

RSG Landbou 14 April 2025 14.04.2025

Die jongste Absa Agri Trends-verslag wat fokus op plaaslike en internasionale tendense wat ‘n impak op landbou kan hê, is onlangs bekendgestel. Goss-verwelk en blaarskroei is ‘n siekte wat op mielies voorkom. Dis die eerste keer in 2024 in Suid-Afrika opgemerk. Dr. Rikus Kloppers van Rubigalia CropCare gee raad aan mielieprodusente.

RSG Landbou 12 April 2025 12.04.2025

Landbouers in Suid-Afrika is besige mense. Hulle neem verantwoordelikheid vir mense, plante, diere, hulle plaaslike gemeenskappe, en soveel meer. Maar, hoe gereeld word daar ‘n bestekopname oor boere se geestesgesondheid gedoen? Dr. Louise van Coller is ’n spesialisberader, en stel veral belang in die welstand van mense wat die aarde bewerk. Ons praat met haar oor die waarde van introspeksie, en p...

RSG Landbou 11 April 2025 11.04.2025

Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, verduidelik die verband tussen lugvrag en die Groei vir Werk-strategie. Mariëtte Kotzé, hoofbestuurder vir bedryfsondersteuningsdienste by Hortgro, praat oor die belangrikheid van lugvrag, watter markte geteiken word, en die produkte wat met lugvrag vervoer word.

RSG Landbou 10 April 2025 10.04.2025

Suid-Afrika se kern- en steenvrugbedrywe maak gereed om aan die Europese Unie se verpakking- en verpakkingsafvalregulasies te voldoen, wat vir 18 maande van nou af vasgestel is. Ons vind by Hortgro uit wat die proses behels. Johan van den Berg gesels landbouweersake, en Chris Derksen brei uit oor die week se vleispryse.

RSG Landbou 9 April 2025 09.04.2025

Die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika se 40ste simposium is onlangs in Mosselbaai gehou, waar Johan van Rensburg van VKB as president verkies is. Om die gedrag van diere te verstaan is ‘n wen-wen situasie vir sowel dier as boer, sê Corné Nel van BKB. Hy was een van die sprekers by die FEM Dohne Merino-boeredag op Burgersdorp. Ons praat met Wolfe Braude van Agbiz oor die VSA-invoerheffin...

RSG Landbou 8 April 2025 08.04.2025

Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetsie word vanjaar vir die twaalfde keer aangebied. BKB se betrokkenheid by die Bloemskou groei van krag tot krag. Cheri MacRobert praat oor hulle borg van die beesinterras-kompetisie. Heinrich Victor terug met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 7 April 2025 07.04.2025

Die plantseisoen vir kleingraanprodusente in die Wes-Kaap en die besproeïngsgebiede in die Noord-Kaap begin einde April. Andries Duvenage van Syngenta verduidelik wat ‘n goeie voor-opkomstrategie behels. Dr. Shaun Morris van Octavoscene en ‘n kenner op die gebied van bek-en-klouseer praat oor die waarde van die toepassing van goeie biosekuriteitsmaatreëls om veekuddes teen dié siekte te beskerm.

RSG Landbou 5 April 2025 05.04.2025

Deon Joubert is die spesiale gesant vir marktoegang vir die VSA en Europese markte by die Sitruskwekers Assosiasie van Suider Afrika. Hy kyk met dankbaarheid terug op ‘n landbouloopbaan van 44 jaar. Hy neem ons op reis met verhale oor die 1 400 sitrusboere in Suid-Afrika. En hy vertel van vreemde Vlaamse verskynsels in landbou, soos die Belgiese Bloubees.

RSG Landbou 4 April 2025 04.04.2025

Elunda Basson is Sauvignon Blanc Suid-Afrika se nuwe voorsitter. Sy speel van 2019 af as keldermeester by Steenberg Vineyards 'n sleutelrol om die Constantia-vallei se reputasie vir wêreldgehalte Sauvignon Blanc te versterk. Sy is 'n bekende Cap Classique-spesialis, en ondervoorsitter van die Cap Classique Produsentevereniging, en het voorheen by wynkelders soos Nederburg, Pongrácz en J.C. Le Roux...

RSG Landbou 3 April 2025 03.04.2025

Voëlgriep het die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf in 2024 miljarde rand gekos. Dit het tot meer as 1 300 werksverliese gelei, en pryse laat gestyg. Wat kan gedoen word om die produsent en ander lede van die waardeketting te beskerm teen verdere verliese? Francois Baird van die Fairplay Beweging het die antwoorde. Johan van den Berg kyk soos altyd na die landbou-weervooruitsigte, en Chris Derksen is...

RSG Landbou 2 April 2025 02.04.2025

Die NWU en Landbounavorsingsraad was die organiseerders van vanjaar se Nasionale Graannavorsingprogram-byeenkoms met die tema: Farmer 2.0 - Smarter and Greener. Ons praat met prof. Gerhard du Preez van die Landbouwetenskappe Fakulteit by die Noordwes-Universiteit hieroor. Produsente en landboubesighede het tyd tot einde Junie 2025 tyd om lone-opgawes by die Vergoedingsfonds te verklaar.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.