RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 29 Mei 2025 29.05.2025 23:22
Die basiese beginsels van ‘n veebesigheid, en hoe om dit winsgewind te kry, is die tema van die 17e LRF Veeskool wat in Oktober by Aldam aangebied word. Vir die eerste keer ooit kon die appelbedryf dit regkry om meer as een miljoen kartonne appels in ‘n enkele seisoen uit te voer. Chris Dersken is op sy pos met hierdie week se vleispryse.
RSG Landbou 28 Mei 2025 28.05.2025 24:57
Daar is verskeie redes waarom vreemde reuke of smake in melk voorkom. Jompie Burger van die SA Suiwelstandaardagentskap verduidelik waarom dit soms gebeur, en verseker verbruikers dat dit nie skadelik vir die mens is nie. Nick Serfontein van Sernick Bonsmara gesels oor die aanbod vir hulle 47ste produksieveiling op 6 Junie. En dis weer tyd vir ons maandelikse internasionale landbounuus.
RSG Landbou 27 Mei 2025 27.05.2025 21:10
Inskrywings het geopen vir die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, wat plaaslike vervaardigers die geleentheid bied om hulle beste gepreserveerde groente- en vrugteprodukte ten toon te stel. Jakob Volmoer van Ouplaas by Ceres is die produksiebestuurder op dié appel-en peerplaas. Hy het onlangs die aandag getrek toe hy ses medaljes by die SA Atletiek-kampioenskappe ingeryg het. Hy vertel...
RSG Landbou 26 Mei 2025 26.05.2025 25:23
China het die invoer van Suid-Afrikaanse rooivleis tydelik opgeskort ná onlangse uitbrekings van bek-en-klouseer. Inskrywings vir die gewilde Agri’s Got Talent-kompetisie is oop. Loriza Brahmane bied op 29 Mei hulle jaarlikse produksieveiling aan.
RSG Landbou 24 Mei 2025 24.05.2025 15:00
Dr. Jeanne Brand, ‘n dosent in wingerd en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, en Taryn Pantony, ’n meestergraadstudent in wynbiotegnologie, vertel hoe ’n navorsingstudie, enig in sy soort, begin is. Honde word tans in Suid-Afrika opgelei om landboupeste uit te snuffel. Op dié manier vind talle viervoete sonder heenkome ‘n tuiste op plase waar hulle daagliks aanmeld as mens, en veral boer,...
RSG Landbou 23 Mei 2025 23.05.2025 23:55
Metereoloog Anika de Beer praat oor die faktore wat Suid-Afrika se weer beïnvloed. Sy bespreek haar betrokkendheid by landbou, en die verwantskap tussen verbouingstgenieke en klimaatsverandering, asook die seisoenale voorspelling. Die Wes-Kaapse departement van landbou en kommoditeitsvennote het vergader om hulle memorandums van verstandhouding vir vyf jaar te hernu. Dit stel die platform vir komm...
RSG Landbou 22 Mei 2025 22.05.2025 22:50
Vanjaar se Nampo het weer duisende besoekers gelok. Dr. Dirk Strydom van Graan SA gee terugvoer. Ons gesels met die NG Kerk Derby oor hulle betrokkenheid, en hoor wie het geseëvier by dié skou se interras-kampioenskap. Plattelandse infrastruktuurontwikkeling het onder die loep gekom tydens ‘n Nasie in Gesprek-paneelbespreking. Theo Boshoff van Agbiz verskaf meer besonderhede. Chris Derksen is teru...
RSG Landbou 21 Mei 2025 21.05.2025 21:03
Wild word meestal as selfonderhoudend beskou, en daarom mag wenkbroue lig wanneer daar na mineraalaanvullings verwys word. Kobus du Plessis van Feedtek verduidelik waarom dit soms nodig is. Ons vind uit watter lande word gesien as die grootste aartappelproduserende lande in die wêreld, in ons gesprek met FP Coetzee van Aartappels SA.
RSG Landbou 20 Mei 2025 20.05.2025 21:41
Dis winter, en longontsteking is een van die belangrikste siektes om voor uit te kyk, volgens dr. Danie Odendaal van Veeartsnetwerk. Hy bespreek die faktore wat bydra tot dié veesiekte, en of dit moontlik is om dit heeltemal te voorkom. Heinrich Victor is op sy pos met die wolmarkverslag. Daar is ‘n hele paar wanopvattings oor die Boranbeesras. Sommige voerkrale beskou die Boran as nie geskik vir...
RSG Landbou 19 Mei 2025 19.05.2025 21:02
Die inligting wat op die etiket van ‘n produk uiteengesit word, moet wetlik aan sekere vereistes voldoen. Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap praat oor die etikettering van suiwelprodukte, wat soms misleidend kan wees. Johann Botes van GWK Aartappels praat oor aartappelmoerproduksie. Hy gee terugvoer oor die 2025-seisoen, en vertel wat nuut in die wêreld is.
RSG Landbou 17 Mei 2025 17.05.2025 14:44
Dr. Ilse Trautmann, adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Departement Landbou Wes-Kaap, deel haar onlangse wedervaringe by die Namakwaland VLV-sirkel in Loeriesfontein. As gasspreker by hul geleentheid, het sy gesels oor hoe om jou lewe te kleur, aan die hand van onvergeetlike landboustories.
RSG Landbou 16 Mei 2025 16.05.2025 24:43
Ná 21 jaar verlaat dr. Gert van Coller die Departement van Landbou in die Wes-Kaap as plantpatologienavorser. Hy gesels oor onlangse proefresultate, en deel van die interessantste bevindings wat hy gesien het. NID Opleiding is ’n organisasie sonder winsbejag vir persone met gestremdhede. Ons hoor van suksesvolle plasings die in landbou, en die pad vorentoe. Die Ashton Vaardigheidsakademie is die r...
RSG Landbou 15 Mei 2025 15.05.2025 22:08
Dr. Charl van der Merwe het op 1 Mei die stoel van hoofbestuurder van Agbiz Grain ingeneem. Die beste nuwe innoverende suiwelproduk by vanjaar se Bloemskou-suiwelkampioenskappe is deur Die Kaaskamer van Pretoria gemaak. Ons hoor by Karen Serfontein wat dié kaas so uniek maak. Chris Dersken vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het, en Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met landbou-...
RSG Landbou 14 Mei 2025 14.05.2025 22:56
Wat is die gevolge van die afwesigheid van ‘n skriftelike dienskontrak tussen werkgewer en werknemer, en wat moet volgens wet in dié kontrak wees? Melk SA se vaardigheidsontwikkelingprogram vir lede van die sekondêre suiwelbedryf is oor baie jare geskep, en so gestruktureer dat talle lede van die waardeketting daarby baat. Gerhard Venter van die SA Melkproseseerders-organisasie vertel van die ople...
RSG Landbou 13 Mei 2025 13.05.2025 22:53
Ons vind meer uit oor die basiese beginsels van wynbereiding. Ons praat met Charl Theron, wat al 60 jaar in dié bedryf betrokke is. Yolanda Colesky van BKB praat oor die waarde van ‘n platform soos Nampo vir ‘n landboubesigheid. Dan hoor ons van twee wenners by vanjaar se Bloemskou. Loumotta Charolais is aangewys as die Bloemskou interras grootkampioen-koei en opperste skoukampioen, en Gulland Sim...
RSG Landbou 12 Mei 2025 12.05.2025 21:55
Die waarde van ‘n goeie teelbeleid kan nie onderskat word nie, het Charl Saunderson van Nooitgedacht Dorperstoet al oor en oor bewys. Hy vertel van die seleksieproses wat hy volg. Ons kry terugvoer oor vanjaar se Bloemskou, en praat met Kobus Lötter oor die kwaliteit van die diere wat deelgeneem het aan die Wêreld Boerbokskou. Etienne van Tonder Bonsmaras bied op 17 Mei hulle veiling op Bela-Bela...
RSG Landbou 10 Mei 2025 10.05.2025 14:04
Die vroueboere van Philippi is al jare daarmee doenig om douvoordag hulle gemeenskap te dien. Ons gesels ook sitrus. Vir elke tien miljoen kartonne sitrus wat uitgevoer word, word tien duisend permanente werksgeleenthede geskep. Dan kuier ons in Europa op ‘n plek waar sigorei met ham bedien word, en ons ontmoet paddaboere in Maleisië. Ons toergids is Deon Joubert. Voorheen in sy loopbaan was hy la...
RSG Landbou 9 Mei 2025 09.05.2025 22:17
Lindie-Alet van Staden is verlede jaar aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Wie beter om by aan te klop vir raad oor die plant van ‘n groentetuin gedurende die wintermaande? Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap vertel van die hoogtepunte van die jongste uitgawe van die landboupublikasie, Agriprobe.
RSG Landbou 8 Mei 2025 08.05.2025 20:20
Johan van den Berg praat oor die weervooruitsigte vir vanjaar se Nampo-oesdag. Agbiz en Agbiz Grain se tiende virtuele SHEQ-werksessie het gefokus op noodgereedheid en voornoodbeplanning vir brande, wat die relevansie, sleuteldoelwitte en praktiese implementering daarvan beklemtoon. Chris Derksen is op sy pos met hierdie week se vleispryse.
RSG Landbou 7 Mei 2025 07.05.2025 24:57
Goeie bulvoorbereidingspraktyke is belangrik wanneer beeste vir veilings of skoue voorberei word. Espee Olivier van Molatek deel ‘n paar voerwenke, en verduidelik waarom oorvet bulle ‘n produsent duur te staan kan kom. Ons praat met Charl Saunderson oor die Penta Genetics-veiling op 17 Mei in Pretoria. Vyf telers van Dorper-en Witdorperskape sal dié top genetika aanbied. Die datum vir die verklari...
RSG Landbou 6 Mei 2025 06.05.2025 20:58
Om boerderygemeenskappe veiliger te help maak, is die Agri Securitas Trustfonds in 1999 onder die beskerming van AgriSA gestig. Dié fonds, in samewerking met Idalia Holdings, sal by vanjaar se Nampo Oesdag ‘n nuwe inisiatief bekendstel. Heinrich Victor vertel wat hierdie week met wolpryse gebeur het, en Jaco Kirstein van Suid-Vrystaat Rosestad Brangus vertel van hulle jaarlikse veiling op 14 Mei.
RSG Landbou 5 Mei 2025 05.05.2025 23:00
Die Suiwelstandaardagentskap sal eersdaags vir brusellose in melk kan toets by hulle nuwe laboratorium. Theo Boshoff vertel van ‘n projek tussen Agbiz, produsente en uitvoerders om bedrywighede by Kaapstad se hawe te verbeter. Hierdie projek het vir groter kapasiteit en veerkragtigheid tydens die vrugteuitvoerseisoen gesorg.
RSG Landbou 3 Mei 2025 03.05.2025 15:14
Ons hoor die storie van ‘n gemeenskapsgroentetuin wat vir talle mense hoop en uitkoms gebring het. Dis geplant deur ‘n groep spesiale landboustudente.
RSG Landbou 2 Mei 2025 02.05.2025 24:13
Professor Brand Wessels, medeprofessor in Houtkunde by Universiteit Stellenbosch, verduidelik waarom hout as boumateriaal van die toekoms bestempel word. Die dennewoud op Delheim in Stellenbosch is deesdae ‘n plek waar navorsing gedoen word deur studente. Louw Pienaar, senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, vertel van navorsing oor andbougroei.
RSG Landbou 1 Mei 2025 01.05.2025 19:27
Ons hoor wat by vanjaar se Bloemskou gebeur het. Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie Bloemskou-streekswenner is op Maandag 28 April aangewys. Hy vertel wat hom geïnspireer het om ‘n afslaer te wees. Die Desert Beef-slagkompetisie en voerkraalinligtingsdag word op 27 Mei naby Upington aangebied. Ons het landbou-weernuus, en hoor wat dié week met vleispryse gebeur het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.