RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 27 Junie 2025 27.06.2025 25:34
Daneel Rossouw van Nedbank praat oor internasionale handelsonsekerheid, en hoe landboubesighede in nuwe markte kan floreer. Dr. Dirk Troskie van die Wes-Kaapse Department van Landbou verduidelik die departement se strategie-ontwikkeling en -evaluering.
RSG Landbou 26 Junie 2025 26.06.2025 22:11
Stamboominligting oor die SA Vleismerino skaapras strek so ver terug as 14 generasies. Daar is tans 88 SA Vleismerino-telers wat aan prestasiemeting by SA Stamboek deelneem. Chris Derksen is op sy pos met vandeesweek se vleisprysverslag. Johan van den Berg praat weersake, en Don McHardy van Reeba Brahman en Droughtmasters vertel van hulle veiling op 8 Julie by Mooirvivier in KwaZulu-Natal.
RSG Landbou 25 Junie 2025 25.06.2025 21:26
Nominasies vir die 2025 Bees- en Skaapboer van die Jaar, wat jaarliks deur Voermol Voere aangebied word, is reeds oop. Dr. Josef van Wyngaard praat oor die kriteria van die kompetisie. Frederik van Zyl van die RPO Noord-Kaap praat oor veediefstalsyfers in dié provinsie. Ting Braithwaite vertel van Damview Brahmane se 21ste produksieveiling op 3 Julie in die Bergville-omgewing.
RSG Landbou 24 Junie 2025 24.06.2025 25:21
Waarom is dit nodig om vir lammers wat op aangeplante weiding loop, ‘n goeie leksamestelling te gee? Sjoerd ten Cate van Feedtek het die antwoord. Ons praat met Brand du Toit van die RPO in die Noord-Kaap oor die impak van die afgelope paar maande se reën op veeboere in dié provinsie. Die behoefte aan ‘n vleisgraderingstelsel kom gereeld ter sprake. Kobus Bester van di...
RSG Landbou 23 Junie 2025 23.06.2025 23:28
Ons vind meer uit van die SA Varkvleisprodusente-organisasie se Pork 360-projek, wat fokus op die beste praktyke van plaas tot verbruiker. Dr. Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie praat oor die faktore wat die afgelope tyd ‘n impak op markte gehad het. Die SKA-projek in die Noord-Kaap is veral vir boere van die Carnavon-omgewing ‘n groot probleem.
RSG Landbou 21 Junie 2025 21.06.2025 14:49
Arie van Ravenswaay, assistentdirekteur van innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap word internasionaal gereken as iemand op die voorpunt van tegnologiese ontwikkelings in die landbou. Hy praat oor die stand van hommeltuigtegnologie in Suid-Afrika. Lisette Nowers doen wetenskaplike navorsing op veral plantsiektes. Volgens haar is die omarming van te...
RSG Landbou 20 Junie 2025 20.06.2025 24:58
Inskrywings vir Agri's Got Talent se 12de seisoen is oop. Dis nie net 'n sangkompetisie nie, dit is 'n lewensveranderende reis van selfontwikkeling. Professor Marena Manley van die Universiteit Stellenbosch se Departement Voedselwetenskap is deur die Internasionale Raad vir Nabye Infrarooi Spektroskopie aangewys as die 2025-ontvanger van die gesogte Tomas Hirschfeld-toekenning. Sy is die eerste Su...
RSG Landbou 19 Junie 2025 19.06.2025 24:22
Die Melkprodusente-organisasie het onlangs hulle eerste TMR-konferensie in Johannesburg aangebied. Fanie Ferreira gee terugvoer hieroor, en een van die sprekers, dr. Shaun Morris, gesels oor grootveegesondheid en die opleiding van veeartse. Chris Derksen het die jongste vleisprysverslag. Johan van den Berg is op sy pos met die landbou-weervooruitsigte. Aartappels SA vertel wat in Mei met aartappel...
RSG Landbou 18 Junie 2025 18.06.2025 24:21
Brusellose is ‘n soönotiese siekte, wat beteken dit ook aan mense oorgedra kan word. Ons praat hieroor met dr. Mark Chimes van Melk SA. Paul Lynch van Standard Wool is verkies as direkteur van die Internasionale Woltekstiel-organisasie. Hy gesels oor sy loopbaan in die wolbedryf, en sy bydrae tot die internasionale wolbedryf. Prof. Leslie Brown vertel van die 60ste kongres van die Weidingsverenigi...
RSG Landbou 17 Junie 2025 17.06.2025 21:29
Die Karoo Winter Wolfees word van 3 tot 5 Julie in die Middelburg-omgewing aangebied. Die volledige wolwaardeketting word ten toon gestel. Die Vrystaat Rooivleisprodusente-organisasie het onlangs kongres gehou, en prof. Andries Raadt vertel wat daar bespreek is. Hendrik Theron van Bonrino Bonsmara praat oor hulle veiling van 26 Junie by Dewetsdorp.
RSG Landbou 16 Junie 2025 16.06.2025 23:02
Deon Saayman van Cape Wools gee terugvoer oor die International Wool Textile Organisastion se kongres wat in Mei in Frankryk plaasgevind het. Hy ook was een van die sprekers tydens die onlangse NWKV algemene jaarvergadering. Die brandseisoen vir somerreënvalgebiede is hier, en André Scheepers van die Mpumalanga Sambreel-brandbeskermingsvereniging gee raad. Ester Hertzog van Boshoff Bosmara vertel...
RSG Landbou 14 Junie 2025 14.06.2025 12:42
Peta Malan se liefde vir tuinmaak het in haar kinderdae begin, waar sy baie oor boerdery en plante op haar ouers se plaas geleer het. Vandag is tuinmaak vir haar ’n veilige hawe. Sy het aanvanklik haar Instagramprofiel begin om deur middel van foto’s rekord te hou, maar toe talle mense na haar uitreik, het sy besef dit kan veel meer wees as net ’n dagboek.
RSG Landbou 13 Junie 2025 13.06.2025 21:31
Dr. Chanel Lombard, ‘n staatsveearts op Vredendal, verduidelik watter diere deur bek-en-klouseer geraak word, en hoe produsente hulle kuddes daarteen kan beskerm. Dei uittredende hoof van Historic Wines of the Cape, Hein Koegelenberg, praat oor Franse invloed op van ons landboupraktyke, met Bastille-dag wat eersdaags op Franschhoek gevier word. Dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van...
RSG Landbou 12 Junie 2025 12.06.2025 24:09
Rhizobia-bakterieë kom natuurlik in grond voor, en speel ‘n belangrike rol by peulgewasse. Kenny Beeton van Nutrico praat hieroor. Die nasionale veiling van die Ankole-beestelergenootskap vind op 21 Junie plaas. Lion du Plessis gee terugvoer oor die afgelope Agri Mpumalanga-kongres, en Chris Derksen is terug met hierdie week se vleispryse.
RSG Landbou 11 Junie 2025 11.06.2025 20:55
Die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur is vroeër vandeesweek bekendgemaak. Dr. Louis du Pisani gee terugvoer oor vanjaar se twee finaliste. Suid-Afrika se invoerkoringtarief is verhoog, en dr. André van der Vyver van SACOTA verduidelik wat dit vir die bedryf en die verbruiker beteken. Baie boere wonder wie sal pa-staan vir sy skuld by die bank as hulle plaas onteien word. Ons hoor by Bertie Hug...
RSG Landbou 10 Junie 2025 10.06.2025 23:40
Die boer op die plaas is deesdae ‘n sakeman, en daarom moet adviseurs tegnologies baie beter opgelei wees om te verseker dat hulle waarde toevoeg. Só sê Pierre Vlok van BKB, wat na meer as 30 jaar by dié groep aftree. Ons praat met hom oor sy loopbaan. Die Braford is in 1997 amptelik as ‘n Suid-Afrikaanse beesras erken. Johan de Jager van die SA Braford-beestelergenootskap vertel van die ontstaan...
RSG Landbou 9 Junie 2025 09.06.2025 21:40
Die SA Doeane-unie-handelsooreenkoms bestaan sedert 1903. Dr. Johan Willemse praat oor die uitdagings wat tans heers. Landbou-opleiding in die Vrystaat het onlangs ‘n hupstoot gekry met die eerste gesertifiseerde opleiding vir Graad 10 tot 12 leerders. Dit het by Landbouskool Hendrik Potgieter plaasgevind. Ons vind meer uit oor die Bosveld Bonsmaraklub se veiling op 13 Junie.
RSG Landbou 7 Junie 2025 07.06.2025 12:01
In Jeugmaand fokus op ‘n jong Suid-Kapenaar wat verlede jaar aangewys is as Agri Wes-Kaap se Jong Boer van die Jaar. By die Oppie Plaas Boerdery buite George word daar gewoeker met hops en vrugte. Aan die stuur van sake is ‘n pa van twee wat onverskrokke deelneem aan die lewe. Dis juis die storie oor sy reis na binne, wat Dean Barnard graag deel. In ‘n tyd van donkerte waar alle hoop verlore was w...
RSG Landbou 6 Junie 2025 06.06.2025 22:36
Deona Strydom van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vetrel van die provinsie se prestige agri-toekennings. Ter herdenking van Wêrelddag vir Werksveiligheid en -Gesondheid word ‘n kernboodskap beklemtoon: nakoming in landbou gaan nie meer net oor wetgewing nie – dit is ’n strategiese, etiese én omgewingsverantwoordelikheid. Professor Brand Wessels, medeprofessor in Houtkunde by Universiteit St...
RSG Landbou 5 Junie 2025 05.06.2025 23:11
Die Simbra-beestelersgenootskap het onlangs ‘n werkswinkel vir keurders en beoordelaars aangebied. Kobus Bester praat oor die betekenis van ‘n moederras, waarvoor die Simbra bekend is. Chris Derksen is terug met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. André van der Merwe praat oor die Oos-Vrystaat Brangus-veiling op 10 Junie.
RSG Landbou 4 Junie 2025 04.06.2025 23:39
Een van die fokuspunte van die G20-beraad wat later vanjaar in Suid-Afrika plaasvind, is voedselsekerheid. Waar staan Suid-Afrika in terme van voedselsekerheid, hoe word dit gemeet, en wat is landbou se rol? Dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou gee raad oor die onregmatige besetting van landbougrond. Syferfontein Bonsmara hou veiling op 12 Junie in die Vrede-omgewing.
RSG Landbou 3 Junie 2025 03.06.2025 24:41
By die 31e wolveiling van die seisoen het die Suid-Afrikaanse mark weer laer verhandel. Heinrich Victor praat oor die pryse wat by die veiling behaal is. Die kwessie van onwettige jag met honde duur voort, en is ‘n groot saak van kommer vir boere. Ons gesels met Stephan Bekker van Upington, een van twee finaliste in vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek.
RSG Landbou 2 Junie 2025 02.06.2025 25:02
Twee finaliste ding vanjaar mee om die titel van die 2025 Veeplaas Klimaatslim-ambassadeur. Willie Storm van die Olifantshoek-omgewing vertel van die klimaatslim boerderypraktyke wat hy toepas. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk bespreek die oorsake van aborsies by vee. Anton Barnard vertel van die Star Select Savanna-veiling op 14 Junie by Polokwane.
RSG Landbou 31 Mei 2025 31.05.2025 13:59
Professor Marena Manley van die Universiteit Stellenbosch se Departement Voedselwetenskap is deur die Internasionale Raad vir Nabye Infrarooi Spektroskopie aangewys as die 2025-ontvanger van die gesogte Tomas Hirschfeld-toekenning. Sy is die eerste Suid-Afrikaner wat dié toekenning kry.
RSG Landbou 30 Mei 2025 30.05.2025 20:38
Span Suid-Afrika het vir die tweede agtereenvolgende jaar goud gewen by die gesogte Chelsea-blommeskou in Londen. Dié skou word sedert 1913 jaarliks op die terrein van die Royal Hospital Chelsea aangebied, en word as die Olimpiese Spele van blommeskoue beskou. Suid-Afrika se deelnemers het vanjaar hulle groen vingers ingespan om ‘n skepping die lig te laat sien wat geïnspireer is deur die ontmoeti...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.