RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 26 Julie 2025 26.07.2025 13:46
Francois Rossouw van Mooigezicht Estates op De Doorns is as 2025 se Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar aangewys. Hy boer met tafeldruiwe op 310 hektaar, en is ’n dinamiese jong leier wat reeds ’n sleutelrol in sy familieboerdery en gemeenskap speel. Rossouw se toekomsvisie sluit die uitbreiding van bemagtingsinisiatiewe, sosiale ontwikkelingsprojekte vir plaaswerkers en hulle kinders in.
RSG Landbou 25 Julie 2025 25.07.2025 23:55
‘n Diagnostiese evaluasie van die Vierde Industriële Rewolusie is deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou onderneem. Die uittredende sirekteur van sake-ontwikkeling en strategie by die department, dr. Dirk Troskie, verduidelik wat dit behels en wat dit tot gevolg gehad het. ‘n Besondere edelkultivar-mylpaal is gevier toe Suid-Afrika se top muskadelprodusente vir die 20ste jaarlikse Muskadel SA...
RSG Landbou 24 Julie 2025 24.07.2025 24:12
Die plaaslike hoederbedryf bly in die nuus. Izaak Breitenbach van die Suider-Afrikaanse Pluimveebedryf beantwoord vrae oor die impak van voëlgriep, invoere van Brasilië af en VSA-invoertariewe. Ná maandelange samewerking tussen die Nasionale Genetika Uitvoer-advieskomitee en die staat se Direktoraat van Dieregesondheid, is in vivo-beesembrio’s suksesvol na Paraguay uitgevoer.
RSG Landbou 23 Julie 2025 23.07.2025 23:11
TLU SA Noord-Kaap het onlangs sy ernstige kommer uitgespreek oor die beplande opgradering en moontlike uitbreiding van die Vaalputs-kernafvalstoorfasiliteit. Tegnologie wat gebruik word vir die maak van kuilvoer is hoogs gesofistikeerd en verseker goeie gehalte kuilvoer. Ons hoor wat Heinrich Hoepfner van Exact Silage hieroor te sê het. Ons vind meer uit van Limpopo Beefmaster se veiling op 26 Jul...
RSG Landbou 22 Julie 2025 22.07.2025 24:32
Suid-Afrika en die rooivleisbedryf staan by ‘n kruispad. Wat is die oplossing vir die bek-en-klouseerprobleem? ‘n Indaba vind op versoek van die regering op 21 en 22 Julie plaas oor die pad vorentoe. Ons het met Dewald Olivier van Rooivleisbedryfsdienste hieroor gesels.
RSG Landbou 21 Julie 2025 21.07.2025 22:16
Die regulering van die uitvoer van bederfbare produkte is ‘n funksie van die Departement van Landbou. Lucien Jansen van die PPCEB vertel van die werk wat hulle doen. Ons gesels met Carel Nel van Grasmunt Drakensberger-stoetery in die Brandfort-omgewing. Hy is een van die land se voorste stoettelers. Huntersvlei Sussex bied hulle veiling op 30 Julie by Viljoenskroon aan. Ons vind ook meer uit oor d...
RSG Landbou 19 Julie 2025 19.07.2025 14:43
Lisette Nowers doen wetenskaplike navorsing by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, hoofsaaklik oor swamsiektes wat in canola voorkom. Canola is ‘n plant met vele gebruike vir mens sowel as dier. Sy en Arie van Ravenswaay van dieselfde departement is onlangs met ‘n toekenning vereer ná ‘n grensverskuiwende navorsingsprojek oor die bestuur en voorkoming van canola-siektes.
RSG Landbou 18 Julie 2025 18.07.2025 23:21
Dr. Vivian Malan, ‘n staatsveearts in die Boland, praat oor die huidige stand van voëlgriep in die land. Granville Stander van die Elsenburg Navorsingsinstituut, vertel waarna voornemende studente kan uitsien. Deona Strydom van die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesels oor die provinsie se prestige agri-toekennings.
RSG Landbou 17 Julie 2025 17.07.2025 23:35
Die vierde Overberg Agri Herkouersdag word op 14 Augustus by die Roodebloem-proefplaas naby Caledon aangebied. Hoe kan werkgewers hulle voorberei vir ‘n KVBA-verhoor? Tiaan Botes van die LWO-werkgewersorganisasie gee raad. Johan van den Berg terug met ons weeklikse landbouweernuus, en Chris Dersksen gesels oor vleispryse.
RSG Landbou 16 Julie 2025 16.07.2025 24:20
Slim tegnologie vir doeltreffende hulpbronbestuur is die tema van vanjaar se Nampo Kaap, wat van 10 tot 13 September by Bredasdorp Park aangebied word. Kobus Bester verduidelik waarom die LRF met hulle veeskool in Oktober op die basiese beginsels van slim veemanskap sal fokus. Geldenhuys Bonsmaras hou veiling op 29 Julie in die Belfast-omgewing.
RSG Landbou 15 Julie 2025 15.07.2025 24:07
Daar word na varke en pluimvee as monogastriese diere verwys. Navorsing oor voeding vir dié diere om optimale produksie te verseker, is die spesialisveld van Cara Nel van Vitam International. Ons vind uit wat dit behels. Christine Leighton gesels oor die Verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA, en hoe daar met verskillende verbruikers gekommunikeer word. Boeram Venter van Venter Boerdery naby die...
RSG Landbou 14 Julie 2025 14.07.2025 24:45
Die gewildheid van silosakke vir die berging van kuilvoer neem toe. Deon de Kock van GHtech gesels oor dié tegnologie, en hoe hulle by vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie betrokke is. Nico Fouché van Melk SA vertel van hulle afgelope jaarvergadering. Dié bedryfsorganisasie bestaan nou al 23 jaar, en Nico verduidelik wat hulle rol is en hoe hulle relevant bly.
RSG Landbou 12 Julie 2025 12.07.2025 14:52
‘n Chileense labrador het destyds poot bygesit op ‘n plaas waar wyndruiwe verbou word. Só het sy die boer attent gemaak op die voorkoms van ‘n produksiefout wat kurkbederf tot gevolg gehad het. Honde wat ingespan word om landboupeste uit te snuffel, is reeds ‘n realiteit in Suid-Afrika.
RSG Landbou 11 Julie 2025 11.07.2025 26:07
Ons vind meer uit van die jongste kwartaallikse uitgawe van Smart Agri Barometer. Ons hoor watter klimaatslimoplossings van stapel laat loop is te danke aan vennootskappe en aksieplanne van die Mediterranean Climate Action Plan.
RSG Landbou 10 Julie 2025 10.07.2025 22:18
Die ontleding van kuilvoermonsters om optimale voeding vir vee te verseker, is ‘n noukeurige wetenskaplike proses. Dr. Elrisa Taljaard van Labworld praat hieroor. Hoe help entstowwe ‘n veeprodusent om klimaatslim te boer? Dis een van die vrae wat dr. Natanya Smit van Zoëtis beantwoord. Hulle is jaarliks by die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek betrokke. André van der Heyde van Boschoek Bonsm...
RSG Landbou 9 Julie 2025 09.07.2025 21:43
Die SA Varkprodusente-organisasie bied einde Julie weer die PigX-geleentheid in Pretoria aan. Volgens De Wet Burger van Kambrosig, ‘n klein droëvrugtebesigheid in Wellington, is dié lekkerny wat plaaslik geproduseer word, van hoogstaande gehalte. BKB is vir die eerste keer by die Lamb Champs-projek betrokke.
RSG Landbou 8 Julie 2025 08.07.2025 23:59
Gert Els van Advanta Saad praat oor voersorgum en die verskillende variëteite wat as kuilvoer goed presteer. Textile Exhange poog om teen 2027 wêreldwyd een simbool op produkte aan te bring, wat bewys lewer van verantwoordelike produksiestandaarde. Dit het ter sprake gekom by die onlangse kongres van die SA Sybokhaarkwekersvereniging. Peter Cloeté van Agri Oos-Kaap het by dié kongres met ons gesel...
RSG Landbou 7 Julie 2025 07.07.2025 22:51
Die LRF bied vanjaar weer die Stoetteler van die Jaar-kompetisie aan. Inskrywings sluit op 18 Julie. Martin Campher vertel van die KZN Brangusklub se veiling. Alhoewel hommeltuie tot voordeel is vir landbouers, het georganiseerde misdaad ook die geleentheid raakgesien, en grondeienaars word gewaarsku. Prof. Andries Raadt van die SAPD se Vrystaat Veediefstalforum brei hieroor uit. Kinnear Geldenhuy...
RSG Landbou 5 Julie 2025 05.07.2025 14:21
Ons hoor die storie van die vestiging van peuselvrugte, en die rol wat Suid-Afrikaanse produsente speel. Deon Joubert, ‘n spesiale gesant vir marktoegang in die VSA en Europese markte by die Citrus Growers' Association of Southern Africa, verduidelik waarom hy glo dat Suid-Afrika een van die beste landboulande is. Volgens hom is daar ‘n legio geleenthede in voedselsekuriteit en die lewering van ge...
RSG Landbou 4 Julie 2025 04.07.2025 22:12
Suid-Afrikaners drink jaarliks 3,5 miljard koppies rooibostee! Afgesien van die gesondheidsvoordele daarvan, het rooibos ook ‘n rol te speel in herwinningsprosesse. Vir aande voor die kaggelvuur vind ons by Shawn Thomson van DTK Wines uit wat die verskil is tussen Cape Ruby en Rooi Muskadel. Groenteboer Peta Malan praat oor die gebruik van voordelige insekte. Sy verduidelik waarom sy graag die uit...
RSG Landbou 3 Julie 2025 03.07.2025 25:07
Die middel van die winter is wanneer veeprodusente hulle inentingsplan vir die volgende jaar moet ontwikkel, sê dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk. Hy verduidelik wat so plan behels, en wat die rol van die veearts is. Die SA Sybokhaarkwekersvereniging het onlangs kongres gehou. Ons praat met die voorsitter, Chris Hobson, en Beauty Mokgwamme, wat aan hoof staan van die Sybokhaar Bemagtingtrust....
RSG Landbou 2 Julie 2025 02.07.2025 21:36
Landbou-leerders in die Vrystaat kan weer uitsien na ‘n plaasvaardigheidskompetisie. Dis die derde keer dat die Vrystaatse onderwysdepartement dié kompetisie aanbied. Ons hoor waarna besoekers kan uitsien by vanjaar se Thabazimbi landbou- en nywerheidskou. In ons derde en laaste gesprek met Pieter Botha van die Bedreigde Natuurlewetrust oor hulle koolstofvergoedingsprojek, gee hy raad vir boere wa...
RSG Landbou 1 Julie 2025 01.07.2025 24:52
Ons sit ons gesprek voort met Pieter Botha van die Bedreigde Natuurlewetrust oor hulle koolstofvergoedingsprojek. Hy verduidelik hoe die projek in praktyk op die plaas werk. Onkruidnavorser dr. Charlie Reinhardt beantwoord vrae oor indringerplante.
RSG Landbou 30 Junie 2025 30.06.2025 22:07
Pieter Botha verduidelik wat die Bedreigde Natuurlewetrust se koolstofvergoedingsprojek behels, en waarom boere daarby kan baat. Die SA Boran-beestelersgenootskap bied op 12 Julie hulle nasionale veiling aan. Pannar is sedert die begin van die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie betrokke. Kerry Rowlands praat oor hulle ondersteuning aan kuilvoerprodusente.
RSG Landbou 28 Junie 2025 28.06.2025 13:50
Luiperds verdien om in bewondering beskerm te word, sê dr. Chavoux Luyt van die Cape Leopard Trust. Sy dagtake sluit in om met boere te skakel, die aanbied van werkwinkels, en om produsente touwys te maak oor die beskerming van hulle vee. Navorsing oor roofdiergedrag is onlangs in ‘n boek vervat, wat in samewerking met CapeNature saamgestel is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.