RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 25 Augustus 2025 25.08.2025

’n Tradisionele gunsteling, makataanwaatlemoen, van Compagniesdrift in Stellenbosch is as die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar aangewys. Louw van Reenen van die Beefmaster Groep het by die RPO Oos-Kaap se kongres met ons oor die rooivleisbedryf gepraat. Vier studente van die Universiteit van die Vrystaat het in Junie Brasilië besoek vir IFAMA se saakstudie-kompetisie. Kayla Sch...

RSG Landbou 23 Augustus 2025 23.08.2025

Andries Wiese is die hoof van landbou by Hollard Versekering. Hy het oor dekades eerstehands beleef hoe vroue in Suid-Afrika medemenslikheid vergestalt. Hy sluit by ons aan vir nog ‘n spesiale uitgawe in ons Vrouemaandreeks-programme.

RSG Landbou 22 Augustus 2025 22.08.2025

Annalene Swanepoel, die hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor die departement se dienslewering, en inligtingsdae. Gert Conradie, senior navorser in onkruidwetenskappe by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, vertel van die jaarlikse SKOG-dag op 28 Augustus by Langgewens Navoringsplaas tussen Moorreesburg en Malmesbury. Wynmaker Elzette du...

RSG Landbou 21 Augustus 2025 21.08.2025

Merino SA se nasionale skou staan bekend as die BKB Merino Classic. Willie van Heerden praat oor die waarde van dié geleentheid, wat tydens Nampo Kaap sal plaasvind. Ons kry terugvoer oor Brangus SA se nasionale veiling. Chris Derksen is op sy pos met die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels weersake.

RSG Landbou 20 Augustus 2025 20.08.2025

Nominasies is steeds oop vir die 2025 Bees- en Skaapboer van die Jaar, wat jaarliks deur Voermol Voere aangebied word. Ons luister na Amoré Viljoen, die produksiebestuurder op Lakeview Farm in die Villiersdorp-omgewing, se storie. Hulle produseer appels en pere. Ons hoor ook wat Willie Storm se toekomsplanne is. Hy is aangewys as die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur.

RSG Landbou 19 Augustus 2025 19.08.2025

Om klimaatslim te boer, behels baie meer as ontbossing en veldverbetering. Dieregesondheid is ook deel daarvan. Jan Joubert van Lionel’s Vet praat hieroor. Sytze Smit van die Brahman-beestelersgenootskap vertel van hulle vleiskwaliteitnavorsing, en wat hulle vir die genootskap se nasionale veiling op 5 September beplan. Ons het die RPO Oos-Kaap se kongres bygewoon, waar ons gehoor het hoe lewendeh...

RSG Landbou 18 Augustus 2025 18.08.2025

Die Swartlandskou is vanjaar 91 jaar oud, en is bekend vir hulle landboufokus. Jacques Bester vertel wat besoekers vanjaar kan verwag. Tieners, veral meisies, is geneig om melk uit hulle dieet te skakel. Melk SA praat oor die belang van suiwel by beengesondheid. TERUG NA DIE BASIESE BEGINSELS is die tema van vanjaar se LRF Veeskool, maar hoe basies moet ons teruggaan? Kobus Bester beantwoord hierd...

RSG Landbou 16 Augustus 2025 16.08.2025

Daneel Rossouw, die hoof van landbouverkope by Nedbank Kommersiële Bankdienste, bring hulde aan vroue in landbou. Hy praat ook oor die stand van sake met invoertariewe.

RSG Landbou 15 Augustus 2025 15.08.2025

InteliGro het met die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool saamgespan om ’n pasgemaakte driejaar-opleidingsprogram vir gewasadviseurs te ontwikkel. Volgens Janet Lawless, bemarkingsbestuurder by InteliGro, is dié praktykgerigte opleiding noodsaaklik vir die unieke vaardighede wat dié beroep verg. Dr. Vivian Malan, ‘n staatsveearts in die Boland, bring ons op hoogte van alles wat ons van Afrika-...

RSG Landbou 14 Augustus 2025 14.08.2025

Natuurlike veldweiding bly die grondslag van die meeste veeboerderystelsels. Voedingstekorte kan egter lei tot ‘n afname in produksie, reproduksie en algehele kuddegesondheid. Esmari Rautenbach van Feedtek praat oor ‘n oplossing vir dié tekorte. Ons het nuus oor hierdie week se vleispryse. Theo Hoffman van die Bosvelder Studiegroep vertel van hulle veiling op 23 Augustus. Johan van den Berg is op...

RSG Landbou 13 Augustus 2025 13.08.2025

SAAI het sy misnoeë uitgespreek oor die nasionale departement van landbou se beroep op die landboubedryf om die regulasies oor vleisverwante produkname vir plantgebaseerde alternatiewe produkte te verwelkom. Vir die verbruiker om ingeligte besluite oor alternatiewe suiwelprodukte te neem, moet die fynskrif op etikette verstaan word. Anneke van Niekerk van die Suiwelstandaarde-agentskap verduidelik...

RSG Landbou 12 Augustus 2025 12.08.2025

Die plaaslike sojaboonbedryf het die afgelope 20 jaar noemenswaardig gegroei, van netto invoerder van sojaboonkoek vir dierevoeding tot selfvoorsienend. Prof. Ferdi Meyer van BFAP het by die onlangse sojaboon-simposium met RSG Landbou gesels. Lourens du Plessis van Louma Boerdery praat oor die Nedibest Brahman bulveiling van 21 Augustus. James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie praat oo...

RSG Landbou 11 Augustus 2025 11.08.2025

Brasilië is tans die wêreldleier in sojaboonproduksie. Dr. Leandro Diniz was een van die sprekers by die onlangse sojaboon-simposium, en RSG Landbou het daar met hom gesels. Pierre Vlok van BKB praat oor hulle teenwoordigheid by twee skoue in September. Ons vind meer uit oor navorsing wat produsente help om nuwe maniere te vind om wit knopiesampioene volhoubaar te kweek.

RSG Landbou 9 Augustus 2025 09.08.2025

Jannie Strydom, die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, bring hulde aan vroue in die landbou. Hy bring ons ook op hoogte van die stand van sake in die sektor.

RSG Landbou 8 Augustus 2025 08.08.2025

The International Blueberry Organisation se wêreldsimposium vind van 25 tot 27 September in Kaapstad plaas. Siektevoorspelling en navorsing rakende kosproduksie is lewensbelangrik. Wetenskaplike navorser by die Departement Landbou in die Wes-Kaap. Lizette Nowers, verduidelik. Alani Janeke, senior multimediajoernalis by Landbouweekblad, is as een van die wenners aangewys by The Women’s Voice Compet...

RSG Landbou 7 Augustus 2025 07.08.2025

Na jare se proewe en ontledings het Pioneer Saad die kundigheid om produsente by te staan met inligting oor die verwagte opbrengs van spesifieke kultivars wat as kuilvoer gebruik word. HW Beeken gesels oor die sukses van hulle proewe. Daar is verskeie suksesstories oor die gebruik van afvalaartappels. Tydens Aartappels SA se innovasie-simposium het ons vir Willie Botha van The Three Dudes ontmoet....

RSG Landbou 6 Augustus 2025 06.08.2025

Meer as 60 vervaardigers van gespreserveerde produkte het ingeskryf vir die eerste SA Preserveerkampioenskap. Verwagtinge is oortref met 456 produkte wat op 23 Julie naby Durbanville beoordeel is. Laurence Allem van Mielieboere Bonsmaras praat oor hulle veiling van 14 Augustus in die Viljoenskroon-omgewing. Ons hoor wat Syngenta te sê het oor die uitdagings van aartappelprodusente met peste en pla...

RSG Landbou 5 Augustus 2025 05.08.2025

Die 30-jarige Francois Rossouw van Mooigezicht Landgoed in die Hexrivier-vallei is aangewys as die 2025 Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar. Hy vertel hoe hy praktyke verbeter met tegnologie en presisieboerderymetodes. Hy praat ook oor iets wat hom na aan die hart lê - die onwikkeling van mense. Aartappels SA het onlangs hulle innovasie-simposium in Pretoria aangebied.

RSG Landbou 4 Augustus 2025 04.08.2025

Korridorsiekte het onlangs onder beeste op ‘n plaas in Limpopo kop uitgesteek ná twee dekades. Ons praat hieroor met dr. Gerrit Scheepers van die Phalaborwa Dierekliniek. Volgens Daneel Rossouw van Nedbank is die bestuur van natuurlike hulpbronne gelyk aan finansiële volhoubaarheid en bestuur van besigheidsrisiko’s. Chris Krugell van Bloemendal Bonsmaras vertel van hulle veiling van 13 Augustus tu...

RSG Landbou 2 Augustus 2025 02.08.2025

Die uittredende hoof van Historic Wines of the Cape, Hein Koegelenberg, bring hulde aan vroue in landbou. Hy het in sy loopbaan baanbrekerswerk gedoen vir Suid-Afrikaanse wyn in die Verre Ooste, en is ook bekend as ‘n dinamiese figuur in wyntoerisme.

RSG Landbou 1 Augustus 2025 01.08.2025

Die Vroue Landbouvereniging van Kaapland Sirkel Weskus en Sirkel Namakwaland bied die 95e VLVK Kongres op 21 en 22 Augustus by Mykonos in Langebaan aan. Claudie Lintvelt boer buite Loeriesfontein in die Noord-Kaap. Sy gesels oor haar betrokkenheid by die VLV, en vertel van die dag toe dit begin reën het ná ‘n nege jaar lange droogte. Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap d...

RSG Landbou 31 Julie 2025 31.07.2025

Oupas en oumas is belangrik wanneer telers hulle beestelingpraktyke toepas. Gene beïnvloed nie net direkte nageslagte nie, maar ook die geslagte daarna. Dr. Helena Theron van SA Stamboek beantwoord vrae oor genetiese diversiteit. Ons praat met Ruben Rens van GWK Aartappels oor die eienskappe van goeie aartappelkultivars. Chris Dersken het die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels landbo...

RSG Landbou 30 Julie 2025 30.07.2025

Vrywilligers van die Semonkong Hospital Trust is in September weer op pad na Lesotho om daar ‘n verskil in die lewe van die mense en hulle diere te maak. Sebadja Bonsmara van die Springbokvlakte hou veiling op 8 Augustus. In ons maandelikse internasionale landbounuus is daar nuus uit onder meer Rusland, die VSA en Brasilië.

RSG Landbou 29 Julie 2025 29.07.2025

Hoe kan individuele voeromsetmeters boere help om beter bestuurs- en teelbesluite te neem? Dr. Fanie Steyn van Ramsem en Schalk de Villiers van Datamars Africa beantwoord vrae oor dié tegnologie. Stompie Olivier, die eienaar van die Boran-bul wat onlangs vir R1 miljoen verkoop is, gesels met ons. Nominasies is steeds oop vir die 2025 Bees-en Skaapboer van die Jaar, wat jaarliks deur Voermol Voere...

RSG Landbou 28 Julie 2025 28.07.2025

Die huidige regulatoriese landskap met die fokus op voedselkwaliteit, kom onder bespreking met Jompie Burger van die SA Suiwelstandaardagentskap. Die Simbra-beestelersgenootskap van Suidelike Afrika sê  dié ras is ‘n waardeproposisie.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.