RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 23 September 2025 23.09.2025 22:18
Die Weskus Distriksmunisipaliteit het hulle merk gemaak by vanjaar se Swartland Landbouskou op Moorreesburg. Lede van die Southern African Wildlife Management Association het onlangs naby Port Alfred in die Oos-Kaap bymekaar gekom. Heinrich Victor het die jongste wolmarkverslag. Jessica Phatela gesels oor die Ntaba Nyoni Ankole & Friends-veiling van 4 Oktober by Bela-Bela.
RSG Landbou 22 September 2025 22.09.2025 22:18
Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum se aanmeldingstelsel wys reeds sukses. Louis Wessels gee terugvoer, en praat ook ‘n paar ander kwessies wat hulle bekommer. Ons het tydens Nampo Kaap met Johan Stumpf en Jannie van Niekerk van die BKB Groep oor hulle finanisiële resultate gesels.
RSG Landbou 20 September 2025 20.09.2025 14:14
Arie van Ravenswaay, Assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, is pas terug van Kalifornië waar hy landbouers ‘n ding of twee gaan leer het. Hy vertel van Google se landbou-investeringsplan.
RSG Landbou 19 September 2025 19.09.2025 25:00
Jack Human word beskou as die pionier van bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy was 65 toe hy in 2015 in ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede is. Die Jack Human Bewaringslandbouweek is verlede maand in die Wes-Kaap gehou. Professor Johann Strauss, senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, praat oor die hoogt...
RSG Landbou 18 September 2025 18.09.2025 21:29
Ons het by TLU SA se kongres in Pretoria met die president, Henry Geldenhuys, gepraat. TLU SA het ook by die geleentheid hulle jongboer van die jaar aangewys. Die Brahman-beestelersgenootskap se eerste nasionale aanlynveiling is vanjaar in Potchefstroom aangebied. Rasdirekteur Sietze Smit vertel meer. Johan van den Berg gesels landbouweersake, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse by veilings...
RSG Landbou 17 September 2025 17.09.2025 23:05
Suid-Afrika sal in 2026 gasheer speel vir die Dohne-Merino-wêreldkongres. Ons gesels met Koenas van der Westhuizen van die Dohne-Merino-telersgenootskap. Jovan Erasmus van Netafim vertel waarom voorkomende onderhoud so belangrik is vir die sukses van drupbesproeiing. Gerhard Strydom van Mazél en Magaliesberg Bonsmaras praat oor hulle veiling van 26 September.
RSG Landbou 16 September 2025 16.09.2025 21:09
Prof. Bob Weaber van Kansas State University in die VSA is een van die sprekers by vanjaar se veeskool, wat in Oktober deur die Lewendehawe Registrerende Federasie aangebied word. Hy fokus op die toekoms van genetika. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag. Ons praat met Carel Chalmers van Vleissentraal oor die 39ste produksieveiling van Nu Alcade Bonsmaras.
RSG Landbou 15 September 2025 15.09.2025 22:34
Die meeste kommersiële boerboktelers vra vir veldaangepaste ramme, en dis die rede vir die Karoo Boerbok Veldram-projek. PW Botha vertel hiervan, en ook van hulle veiling van 25 September op Jansenville. Netafim vier vanjaar hulle 60ste bestaansjaar. Die Netafim-span in Suid-Afrika het ‘n kernrol in die ontwikkeling van laevloei-drupbesproeiingskonsepte gespeel. En, as jy belangstel om vanjaar die...
RSG Landbou 13 September 2025 13.09.2025 14:35
Kleinjan Teubes van Vredendal in die Wes-Kaap is drie jaar gelede aangewys as Raisin SA se Jong Produsent van die jaar. Van kleintyd af wou Kleinjan boer. Hy gebruik die term, skuldfiks, en is van mening dat swaar tye karakter bou. Sy vrou Jana, se lewe sou onherroeplik verander ná ‘n kankerdiagnose. Sy deel ook haar inspirerende storie.
RSG Landbou 12 September 2025 12.09.2025 25:18
Die uittredende adjunkdirekteur van landbou-ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, Riaan Nowers, se navorsingsresultate is legio. Hy vertel van die inhoud van vele databasisse wat verband hou met wildsveilings en die jagbedryf in Suid-Afrika. Die lente is hier, en jou groentetuin kort seisoenspesifieke aandag. Peta Malan, ‘n groenteboer van Wellington, deel handige raad en voorstelle o...
RSG Landbou 11 September 2025 11.09.2025 25:17
Suid-Afrika het ‘n reputasie as ‘n uitvoerder van hoë gehalte bloubessies. Herman Louw van Fall Creek praat oor produksie in Suider-Afrika en die navorsing en ontwikkeling waarmee hulle besig is. Die LWO werkgewersorganisasie praat oor die belangrikheid van konsekwente toepassing van sanksies in die werksplek. Daar is soos altyd nuus oor vleispryse, en Johan van den Berg is terug met landbouweernu...
RSG Landbou 10 September 2025 10.09.2025 21:58
Watter faktore speel ‘n rol by die vrugvergrotingsfase van gewasse? Gert Nel van Germar Bonsmaras vertel van hulle 23ste produksieveiling op 17 September. Prestasietoetsing is verpligtend vir die Bonsmararas, en Louis Steyl van Bonsmara SA praat oor die waarde daarvan.
RSG Landbou 9 September 2025 09.09.2025 24:01
Tienie Prinsloo van die plaas Loomar die Hoopstad-omgewing is aangewys as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar. Hy gesels oor hulle diverse boerdery, wat bestaan uit onder andere pekanneute, lusern en Beefmasterbeeste. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor plant- en swamvergiftiging by vee. Daar was ‘n toename in dié soort vergiftigings die afgelope winter. En, ons het by AgriCultu...
RSG Landbou 8 September 2025 08.09.2025 23:19
Voedseletikette word deur talle verbruikers nie gelees nie, of hulle weet nie hoe om die inligting interpreteer nie. Christine Leighton van Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek fokus hierop, en verduidelik ook wat die verskil is tussen Grieksestyl- en dubbelroom-joghurt. Kolver Mülke praat oor die 15de Genelink Brangusveiling op 18 September. Volgens Marius Potgieter van die Simbra-beestelergeno...
RSG Landbou 6 September 2025 06.09.2025 13:55
Professor Brand Wessels, mede-professor in Houtkunde by Universiteit Stellenbosch, vertel van onlangse gebruike van hout, soos die oprigting van ‘n 25-verdieping gebou van hout, en ‘n Japanese satelliet wat van hout aanmekaar gesit is. Daar is ook navorsing aan die gang om hout chemies te behandel sodat dit deursigtig te word!
RSG Landbou 5 September 2025 05.09.2025 20:38
Toit Wessels, een van die organiseerders van Nampo Kaap 2025, gee meer besonderhede oor vanjaar se geleentheid. Hoe posisioneer landbouers hulleself in ‘n snelveranderende omgewing, veral met kunsmatige intelligensie in gedagte? Andries Wiese, die hoof van landbou by Hollard Versekering, praat hieroor aan die hand van risikobestuur.
RSG Landbou 4 September 2025 04.09.2025 21:40
Rosyntjie-produsent Wilco Fourie praat oor die impak wat invoertarief-verhogings op landbou in die Noord-Kaap het. Die Simbra-beestelersgenootskap se veiling by Parys het rekordpryse en goeie gemiddelde vir bulle en manlike diere opgelewer. Chris Derksen terug met sy vleisprysverslag, en Johan van den Berg gesels landbou-weersake.
RSG Landbou 3 September 2025 03.09.2025 23:36
Daar is ‘n algemene opvatting dat herkouers groot hoeveelhede kweekhuisgasse produseer, wat bydra tot klimaatsverandering. Wat is die feite? Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad beantwoord ‘n paar vrae hieroor, en vertel wat boere kan doen om kweekhuisgasse te verminder. Ons praat ook oor spilpunte, en vind uit hoe produsente meer volhoubaar met dié tegnologie kan...
RSG Landbou 2 September 2025 02.09.2025 25:01
Om vir 40 jaar deel te wees van georganiseerde landbou is nie vir almal beskore nie. Marian van der Westhuizen vertel van haar hoogtepunte as deel van die Agri Noord-Kaap-span. Heinrich Victor is weer op sy pos met die jongste wolmarkverslag. ‘n Onkruid wat vir landbou en veral graanprodusente groot bedreiging inhou, is die olieboom. Prof. Charlie Reinhardt vertel meer oor hierdie plant.
RSG Landbou 1 September 2025 01.09.2025 23:44
Beesboere verloor vyf tot tien persent van hulle kalwers in die kalwingseisoen. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor die redes hiervoor, en gee raad. Ons praat met Nico Pont van Nutribase oor die waarde en toekoms van kuilvoer. Die Rhenostervallei en Beef on Grass Beefmasters-veiling vind op 13 September plaas. Hoe lyk die toekoms van landbou, veral in die Noord-Kaap? Dr. Johnny van de...
RSG Landbou 30 Augustus 2025 30.08.2025 13:38
Die internasionaal bekroonde wingerdkundige, Rosa Kruger, se intuïtiewe benadering het van die mees fynbesnaarde wyne tot gevolg gehad. Sy was onlangs ‘n spreker by ‘n oorsese geleentheid oor praktiese metodes in wingerde om klimaatsverandering aan te pak.
RSG Landbou 29 Augustus 2025 29.08.2025 23:17
Tydens die skaapskeerkampioenskap by vanjaar se Swartlandskou kan jy kom luister na Tienie du Plessis. Hy is Suid-Afrika se eie skaapskeerkoning en houer van nasionale én internasionale rekords. Die uittredende hoof van Historic Wines of the Cape, Hein Koegelenberg, bring hulde aan vroue in landbou. Die Overberg Renosterveld Trust het saamgespan met die World Land Trust en die Mapula Trust om 270...
RSG Landbou 28 Augustus 2025 28.08.2025 24:50
Schalk de Villiers van Datamars beantwoord vrae oor presisieboerdery in beeskuddes en voerkrale. Nampo Kaap is om die draai, en Chrystal van Wyk vertel wat vanjaar vir die jeug, vroue en diereliefhebbers aangebied word. Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels weersake.
RSG Landbou 27 Augustus 2025 27.08.2025 23:41
Agri Wes-Kaap het kongres gehou, en ons het die geleentheid bygewoon. Overberg Agri het weer ‘n suksesvolle herkouersdag by die Roodebloem Proefplaas by Caledon aangebied. Ons praat oor spilpunte, en vind uit hoe produsente meer volhoubaar met dié tegnologie kan boer.
RSG Landbou 26 Augustus 2025 26.08.2025 24:57
Die nasionale kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie het op 14 Augustus in Pretoria plaasgevind. Dr. Frikkie Maré gee terugvoer, en ons hoor ook van dr. Dirk Verwoerd van Karan Beef. Hy was een van die sprekers, en het op hulle bek-en-klouseer-uitdagings gefokus. Wolveilings het hervat, en Heinrich Victor is terug met die wolmarkverslag. Ons praat met Arthur de Villiers van AG Gene Bonsma...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.