RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 22 Oktober 2025 22.10.2025

Vanuit ‘n prysperspektief gaan dit goed met die rooivleisbedryf, maar die oorhoofse prentjie lyk nie goed nie. Só sê Gerhard van der Burgh van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid. Die jaarlikse LNR Vleisbeespresteerder-toekennings vind op 27 November plaas. Ons hoor wat by Le Roq Brangus se 18de produksieveiling op 15 Oktober by Tweespruit in die Vrystaat gebeur het.

RSG Landbou 21 Oktober 2025 21.10.2025

Graan SA het vanjaar drie finaliste wat meeding om die Graanprodusent van die Jaar-titel. Ons ghesels met JP Truter van Moorreesburg. Hy boer onder meer met koring, hawer, gars en lupiene. Ons wat Kobus Bester sê oor die seleksie van beeste vir funksionele doeltreffendheid. Hy was een van die sprekers by vanjaar se LRF Veeskool.

RSG Landbou 20 Oktober 2025 20.10.2025

Ons vind meer uit oor ‘n hommeltuig-sleepwa wat vir presisieboerdery gebruik word. Dis ‘n eerste van sy soort in Suid-Afrika. Gerrit Maritz van Brandvlei Chickens by Tarlton is as AgriCulture Gauteng se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy het sy braaikuiken-onderneming naby Tarlton vier jaar gelede begin. Brangus Legacy hou veiling op 6 November in Bloemfontein.

RSG Landbou 18 Oktober 2025 18.10.2025

Hier is ‘n storie oor kobras, korente en kool. Ons kuier op ‘n plaas tussen Klawer en Vredendal in die Wes-Kaap. Kleinjan Teubes boer met wyndruiwe, rosyntjies, en slaaisaad. Sy vrou Jana is ‘n onderwyseres.

RSG Landbou 17 Oktober 2025 17.10.2025

Ons hoor waar die grootse gesentraliseerde landbounavorsingskompleks in Afrika eersdaags opgerig word. Ons praat oor toegepaste loopbaangeleenthede in landbou, en kyk na onlangse gebruike van kunsmatige intelligensie deur produsente. Volgens die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, word landboubegrotings aan die hand van gereelde kontak met pro...

RSG Landbou 16 Oktober 2025 16.10.2025

Die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging het geskiedenis gemaak toe dit die eerste organisasie in Afrika geword het om ICAR-sertifisering vir DNS-data-interpretasie te ontvang. Die Lewendehawe Registrerende Federasie het by hulle onlangse veeskool vir Koos Kooy van Oggendstond Simmentalers by Mooirivier in KwaZulu-Natal as die Santam/LRF Stoetteler van die Jaar aangewys. Willem...

RSG Landbou 15 Oktober 2025 15.10.2025

Hemoglobien wat op plantwortels voorkom, word gebruik om die bloederige smaak van vleis na te boots, en beetsap vir die kleur. Prof. Phillip Strydom van Stellenbosch Universiteit verduidelik hoe vleisalternatiewe gemaak word. Ons ontmoet Agri Noord-Wes se Jongboer van die Jaar, William Harvey. Hy is Bovelder-beesboer van die Vryburg-omgewing.

RSG Landbou 14 Oktober 2025 14.10.2025

Het jy geweet ongeveer 99% van Suid-Afrika se totale wolproduksie word rou uitgevoer. Daar is egter een maatskappy wat in 2017 besluit het om ‘n wolverwerkingsbesigheid te begin. Ons het dié besigheid in die Paarl besoek, en daar met met die stigter, Stefan Gerber, gesels. Wanneer spuite aangekoop word, is daar verskillende faktore wat in ag geneem moet word. Ruan van Schalkwyk van Husqvarna gee r...

RSG Landbou 13 Oktober 2025 13.10.2025

Soms is daar risiko’s wat buite ‘n boerdery se beheer is, soos veediefstal. Daar is geen versekering teen veediefstal in Suid-Afrika beskikbaar nie. Kallie Cilliers van Integrisure verduidelik waarom dit so is, en hoe hierdie risiko bestuur kan word. Suid-Afrika se varkstoettelingsbedryf het in 2019 hulle 100ste bestaansjaar gevier.

RSG Landbou 11 Oktober 2025 11.10.2025

Adre Prins is deur die departement landbou se vroue-entrepreneur van die jaar kompetisie, as beste vrouewerker aangewys in die Wes-Kaap. Sy is ‘n vragmotorbestuurder van beroep by Willow Creek Farm, en sy sit graag voet in die hoek oor haar eie ambisies en toekomsplanne. Tussen ander vragmotorbestuurders in landbou is Adre enigste hen tussen die hane.

RSG Landbou 10 Oktober 2025 10.10.2025

Dr. Carien Coetzee, sameroeper van die 2025 Sauvignon Blanc SA Top 10 kompetisie, praat oor hedendaagse digitale beoordelingstegnieke van wyn, asook die sensoriese ontleding daarvan deur middel van kunsmatige intelligensie. Met die somer wat om die draai is, maak gewasadviseurs noodsaaklike aanbevelings om suksesvol na die nuwe seisoen oor te skakel. Moorreesburg het vanjaar uit sy nate gebars met...

RSG Landbou 9 Oktober 2025 09.10.2025

Graan- en oliesaad-produsente het die rekords behoorlik laat spat tydens Graan Suid-Afrika se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie, wat onlangs in Johannesburg plaasgevind het. ‘n Ekstensiewe veeprodusent van die Upington-omgewing, Stephan Becker, is vanjaar as Agri Noord-Kaap se jongboer van die jaar aangewys. Hy gesels oor sy weidingsbestuurpraktyke, hoe sy lamseisoene werk, en hoe roofdi...

RSG Landbou 8 Oktober 2025 08.10.2025

Hoe gemaak wanneer jy ‘n substandaard voedselproduk gekoop het? Ons beantwoord hierdie vraag wat deur ‘n verbruiker ingestuur is. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie se aansoek om statutêre maatreëls voort te sit, is goedgekeur. Ons praat ook met Leon du Plessis van BKB oor die wolseisoen, wat tot dusver positiewe resultate lewer.

RSG Landbou 7 Oktober 2025 07.10.2025

Lamproewe oor voerdoeltreffendheid is onlangs vir die eerste keer in Afrika op ‘n plaas in die Cradock-omgewing gedoen. Die eienaar, Andrew Jordaan, gesels oor die resultate, Dr. Fanie Steyn van Ramsem praat oor die metodologie wat gebruik is, en Schalk de Villiers van Datamars Africa verduidelik watter toerusting vir die poewe gebruik is. Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag. O...

RSG Landbou 6 Oktober 2025 06.10.2025

Share Seed SA is ‘n saadprojek wat dien as instrument om gemeenskappe te mobiliseer, verhoudings tussen tuiniers te bou, en voedselsekerheid te verseker. Steph Lambert van Enviro Solutions Centre vertel meer. Michelle Kruger van die SA Boerboktelersgenootskap vertel van hulle jaarlikse veiling op 16 Oktober in Bloemfontein. Die Suiwelstandaard-agentskap het onlangs SANAS-akkreditasie ontvang. Jomp...

RSG Landbou 4 Oktober 2025 04.10.2025

‘n Rekordtal besoekers het NAMPO Kaap vanjaar besoek. Breyton Milford, hoofbestuurder by Agri Expo, sê NAMPO, en veral jeugskoue, is geleenthede waar toekomstige landbouers broodnodige ervaring opdoen. Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die uniekhede en landbougeleenthede van die Overberg.

RSG Landbou 3 Oktober 2025 03.10.2025

Die sesde NAMPO Kaap-ekspo het ’n rekordtal besoekers verwelkom. Dei voorsitter van Bredasdorp Park, Henk Aggenbach, praat oor vanjaar se tema, Slim Tegnologie vir Doeltreffende Hulpbronbestuur. Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap vertel wat alles te lees is in die jongste uitgawe van AGRIPROBE.

RSG Landbou 2 Oktober 2025 02.10.2025

As ’n nie-winsgewende organisasie is Melk SA sedert 2005 deur die minister van landbou aangewys om statutêre maatreëls te administreer. Hierdie maatreëls word vierjaarliks gepubliseer, en moet weer voor 1 Januarie 2026 hernu word, maar hoe lyk vooruitsigte? Frikkie Kruger praat oor die aanbod vir die Kruger Bonsmara en LHB Bonsmara produksieveiling op 9 Oktober. Chris Derksen is terug met die week...

RSG Landbou 1 Oktober 2025 01.10.2025

Die South African Meat Industry Company het vanjaar oudergewoonte eer gebring aan kommersiële en opkomende bees-, lam-, vark- en boerbokprodusente by die prysuitdeling van hulle nasionale karkaskompetisie. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels, en die uitvoerende direkteur, Tom Westphal, uitgevra oor SAMIC se visie. Met hoeveel kan sojaboonproduksie in Suid-Afrika nog groei? Prof. Ferdi...

RSG Landbou 30 September 2025 30.09.2025

Wagyu SA het hulle jaarvergadering op Frankfort aangebied. Ons hoor wat ‘n paar van die rolspelers sê oor vleisgesondheidsnavorsing, rasverbetering en genomika. Ons praat ook met Lizelle Rheeders van die Landbounavorsingsraad op Irene, oor sensoriese evaluering en hoe die voedselbedryf hierby baat.

RSG Landbou 29 September 2025 29.09.2025

Die wenner van Plaas Media se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is Toog Vermaak van Vleissentraal Bosveld. Ons hoor waarom hy juis dié beroep gekies het. Ons praat ook met ‘n suiwelprodusent van Creighton in KwaZulu-Natal, Dale Hutton. Hy is aangewys as die 2025 KZN Toyota Kwanalu Jongboer van die Jaar.

RSG Landbou 27 September 2025 27.09.2025

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates op De Doorns boer met tafeldruiwe. Hy is passievol oor voorskoolse ontwikelingsprojekte. Hy verduidelik hoe dit op sy familieplaas gedy, en waarom hy soveel agting vir enkelma’s in die landbou het. Francois deel ook die fassinerende storie van sy voorsate, wat heelparty landboupioniers insluit.

RSG Landbou 26 September 2025 26.09.2025

Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê die Sitrus Sekondêr-program skep 'n geleentheid vir leerders om 'n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal. Dit word deur die Sitrusakademie – 'n filiaal van die Sitruskwekersvereniging – aangebied. Daar word ook nou ‘n gratis kursus aangebied vir voornemende landbouvoorligters in die sitrusbedryf. Dr. Böhmer Skool leer prak...

RSG Landbou 25 September 2025 25.09.2025

NAMPO Kaap het vanjaar ’n rekordgetal van 49 326 besoekers gelok. Chrystal van Wyk praat oor die waarde van dié skou vir die besoeker, gemeenskap en landbou. Dirk van Papendorp van SSK praat oor landboutoestande in die Wes-Kaap. Ons het soos altyd ook nuus oor vleispryse en die weervooruitsigte.

RSG Landbou 24 September 2025 24.09.2025

Die kies van ‘n optimale plantdatum vir gewasse onder besproeiing is belangrik, sê AJ Steyn van Pioneer Saad. September is Wêreld Hondsdolheidsmaand, en dr. Didi Claassen van Afrivet verduidelik waarom diere-eienaars hulle diere moet inent. Ons hoor van ‘n paar studente wat spekers was by die Southern African Wildlife Management Association se konferensie in die Oos-Kaap.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.