RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 20 November 2025 20.11.2025

Twee faktore speel ’n rol in suiwelhandel: die beskerming van die plaaslike suiwelmark, en die bevordering van marktoegang. De Wet Jonker van Melk SA praat hieroor. Chris Derksen het die jongste vleispryse in die Noord-Vrystaat, en Johan van den Berg gesels weersake.

RSG Landbou 19 November 2025 19.11.2025

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat koringprodusente van die Swartland verliese ly. Volgens Jacques Bester, ‘n produsent van Moorreesburg, is daar iemand in die waardeketting wat wins maak, maar dis beslis nie die boer nie. Vir baie werkgewers maak ’n vakbond dikwels onverwags sy verskyning, en dan is die vraag of so ‘n vakbond die wettige reg het om erkenning te versoek. Ons praat hieroor...

RSG Landbou 18 November 2025 18.11.2025

Met een voet in die klaskamer en een voet op die plaas. Dis hoe Agri Skills Transfer hulle landbou-opleiding en vaardigheidsontwikkelingsprogramme benader om relevant te bly. Faktore soos weiding en gewig dra by tot die suksesvolle afronding van kalwers, sê dr. Vlok Ferreira van Molatek. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 17 November 2025 17.11.2025

Haarwurm is waarskynlik die inwendige parasiet wat die grootste negatiewe impak op skape en bokke in die somerreënvalgebiede het. Ons praat hieroor met dr. Johan Stadler van Antrovet Dieregesondheid. Die impak van klimaatsverandering op riviervloei het tydens Raisins SA se simposium op Kakamas ter sprake gekom. Weerkenner Johan van den Berg vertel meer. Ons vind ook meer uit oor die Letelle-skaap...

RSG Landbou 15 November 2025 15.11.2025

Die Ou Wingerdprojek het destyds ontstaan met die doel om wingerde ouer as vyftig jaar by wyse van snoeitegnieke nuwe lewe te gee. Gevolglik is van die mees fynbesnaarde wyne op aarde geproduseer. Rosa Kruger is ‘n internasionaal bekroonde wingerdkundige. Sy het die afgelope jaar as spreker in vele lande opgetree om die woord oor Suid-Afrika se wyn te verkondig.

RSG Landbou 14 November 2025 14.11.2025

Piet Lombard, ‘n navorsingstegnikus by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, praat oor moderne kultivars en hedendaagse metodes van onkruidbeheer. Hy gesels ook oor canola. Nelmarié Saayman, ‘n veldwetenskaplike en kenner op die gebied van die bestuur en herstel van veld, vertel van ‘n vrou wat luister na die grond met mikrofone om die gesondheid daarvan te bepaal. Hy praat ook oor die bela...

RSG Landbou 13 November 2025 13.11.2025

Christo van der Westhuizen van Netafim praat oor die gehalte en beskikbaarheid van water vir besproeiing in die Noord-Kaap. Hoe lyk die stand van transformasie in die primêre aartappelbedryf? Johan van den Berg is terug met landbou-weervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het.

RSG Landbou 12 November 2025 12.11.2025

Suid-Afrikaanse rosyntjies is in hoë aanvraag in Europa, en die toekoms van die bedryf lyk rooskleurig. Raisins SA het onlangs 'n baie geslaagde rosyntjiesimposium op Kakamas in die Noord-Kaap gehou. Die hoof van die Raisins SA, Wessel Lemmer, gee terugvoer. Daar is toenemende druk op produsente om alternatiewe plaagbeheerpraktyke toe te pas. Ons praat met dr. Vernon Steyn van Insect Science oor d...

RSG Landbou 11 November 2025 11.11.2025

‘n Appel- en peer produsent van die Hemel-en-Aarde Vallei, Ruhan Hauman, skryf vanjaar se rekordoes toe aan herlewingslandboupraktyke. Heinrich Victor vertel wat by die laaste wolveilings gebeur het. Ons hoor ook wat die voordele van ‘n dubbeldoel-skaapras is, en gesels met Mark Schmidt van die plaas Stormhoek in die Memel-omgewing.

RSG Landbou 10 November 2025 10.11.2025

Wat sal gebeur as veeveilings nié meer plaasvind nie? Casper Schmidt van BKB beantwoord hierdie vraag. Daar word nog baie reën vir groot dele van Suid-Afrika voorspel, en veeprodusente moet op die uitkyk wees vir insekoorgedraagde siektes. Dok Faffa Malan gee raad. Die Landbounavorsingsraad se Vleisbeespresteerderstoekennings word op 27 November gemaak. Frans Jordaan gesels oor die verskillende ka...

RSG Landbou 8 November 2025 08.11.2025

Wat is akwakultuur? Ons stel ondersoek in aan die hand van ongewone voorbeelde van die uithoeke van die aarde af. Ons hoor by ‘n kenner hoe om akkuraat te antwoord wanneer die kleinspan vra wat rooigety is. Ferdie Endeman, ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, deel stories oor ‘n plaaslike waterboer.

RSG Landbou 7 November 2025 07.11.2025

Rens Smit, ‘n wetenskaplike tegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, werk op uiteenlopende stelselproewe waar verskillende gewasrotasies getoets word. Hy sê die mees winsgewende stelsels het alles iets gemeen. Professor Johann Strauss praat oor die waarde van bewaringslandbou, ook in terme van vogbewaring. Arie van Ravenswaay is pas terug van ’n feitesending na die VSA. Hy verduidelik w...

RSG Landbou 6 November 2025 06.11.2025

Die 2025 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar is Hansie Viljoen van Leeudoringstad in Noordwes. Hy beklemtoon die waarde van goeie verhoudings, en doen ‘n beroep op politici om die speelveld gelyk te maak sodat hulle kan boer. Nog ‘n boer van Noordwes, Jan van Zyl jnr van Kroon Vee Boerdery by Vryburg, is onlangs as die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se Makroteler van die Ja...

RSG Landbou 5 November 2025 05.11.2025

Die kersieseisoen het onder feitlik perfekte omstandighede afgeskop. Kersieprodusente verwag dat die oes sowat 7% groter as die vorige jaar sal wees, danksy uitstekende vruggehalte. Tegnologie word deesdae by melkerye gebruik vir gesondheidsmonitering en die bepaling van koeie wat op hitte is. Ons hoor by Datamars Africa en Semex meer oor dié slimboerderystelsel.

RSG Landbou 4 November 2025 04.11.2025

Dr. Charlie Reinhardt beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die beheer van dodder, ‘n parasitiese plant wat die bogrondse dele van plante aantas. Die Mooirivier-studiegroep in die Potchefstroom-distrik se gewilde slagos-kompetisie het vanjaar weer groot belangstelling gelok. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 3 November 2025 03.11.2025

Plant jou sonneblomme vroeg. Dis die raad van Philip Fourie van Pioneer Saad. Hy gee ook raad oor kultivarkeuses, bemesting en plantontwikkeling. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk het by vanjaar se Lewendehawe Registrerende Federasie Veeskool oor die voordele van die nuwe generasie kuddegesondheidsplan gepraat.

RSG Landbou 1 November 2025 01.11.2025

Doktor Gillian Arendse, die hoof van kommunikasie en belangegroepe by die Nasionale Navorsingstigting, praat oor die rol van mentorskap vir die voornemende landbouers van Suid-Afrika.

RSG Landbou 31 Oktober 2025 31.10.2025

Piet Lombard, ‘n navoringstegnikus by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, praat oor die voorkoms van die plantsiekte, antraknose. Daneel Rossouw, hoof van Landbou by Nedbank Kommersiële Bankdienste, praat oor biosekuriteit, naspeurbaarheid en tariefverhogings. Koolraap staan algemeen bekend as die Duitse raap of kohlrabi. Dit is verwant aan kool, en kan sowel rou as gaar geëet word, en gr...

RSG Landbou 30 Oktober 2025 30.10.2025

Plasco Consulting is bekend vir hulle ingenieurs- en masjinerievernuf, en het onlangs ‘n toekenning vir ‘n besproeiingsklepboks ontvang. Die Bosveld Bonsmaraklub bied op 13 November hulle 37ste produksieveiling aan. Aartappels SA se maandelikse markverslag fokus op September se pryse. Daar is ook nuus oor die jongste vleispryse en weervooruitsigte.

RSG Landbou 29 Oktober 2025 29.10.2025

Sporidesmin-toksisiteit word veroorsaak deur ‘n swam wat hoofsaaklik op raaigras voorkom. Dit affekteer die lewer van melkbeeste. Dr. Anthony Davis lei ‘n navorsingsprojek hieroor vir Melk SA. Hy gesels oor sy benadering tot die projek en wat dit behels. Johan Styger het by vanjaar se Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) Veeskool ‘n praktiese sessie oor die doeltreffendheid van ‘n koei/kalf-o...

RSG Landbou 28 Oktober 2025 28.10.2025

Rondloperbeeste en -kleinvee veroorsaak groot kopsere vir grondeienaars. Brent MacNamara van Agri Oos-Kaap en die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie praat hieroor, en vertel van ‘n hofsaak waarby hulle betrokke is. RSG Landbou het onlangs die AgriCulture SA-kongres bygewoon, en ons hoor by Jaco Minnaar wat die fokus daarvan was. Daar is goeie nuus vir landbou in KwaZulu-Natal. Die Royal Ag...

RSG Landbou 27 Oktober 2025 27.10.2025

Shaun Welmans van Agri Skills Transfer praat oor dié instansie se benadering tot landbou-opleiding, en die loopbaangeleenthede wat op studente wag wat die kursusse voltooi. Riaan Taljaard van Hoopstad is ‘n finalis in vanjaar se Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Hulle boer op ‘n tipiese Vrystaatse droëland-graanplaas. Hy praat oor die boerdery en wat dit behels.

RSG Landbou 25 Oktober 2025 25.10.2025

Ons vind uit waar die hoogste bome in Suid-Afrika en in die wêreld is. Ons ontmoet plaaslike boomboere, en bekyk loopbaangeleenthede in dié verband. Professor Brand Wessels, medeprofessor in Houtkunde by Universiteit Stellenbosch, verduidelik ook die funksie van ‘n vuuringenieur.

RSG Landbou 24 Oktober 2025 24.10.2025

Uitvoermarkte raak strenger, chemiese opsies raak minder, en die wêreld kyk al hoe fyner na hoe kos geproduseer word. Martin Booyens word beskou as ‘n kenner wat geïntegreerde gewasoplossingsprogramme kan ontwikkel wat chemie én biologie balanseer. Ons ontmoet die nuwe Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnolgie-ontwikkelingsdienste by die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Filicity Vries. Cobus Meiring...

RSG Landbou 23 Oktober 2025 23.10.2025

Hansie Viljoen van Leeudoringstad is ‘n finalis in die Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Ons gesels met hom oor hulle boerdery, wat bestaan uit mielies, sojabone, aartappels, koring en beeste. Entstowwe is belangrik vir kuddebestuur, en daar moet veral op die hantering daarvan gelet word. Dr. Schabort Froneman van Zoetis het by die LRF se Veeskool riglyne in hierdie verband verskaf....

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.