RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 19 Desember 2025 19.12.2025

Japie Buckle is ‘n restourasie-ekoloog. Die afgelope 30 jaar het hy ekosistelsls bestudeer om sin te maak van uiteenlopende biome. Hy is ook ‘n kenner op die gebied van gedegradeerde landskaprehabilitasie, en het al 18 miljoen spekbome geplant. Ons vind uit wat ‘n koolstofboer is, en ons maak ‘n draai by ‘n plek met die naam Paddafontein.

RSG Landbou 18 Desember 2025 18.12.2025

Wat landbou in Limpopo uniek maak, is die samewerking tussen kommersiële en nuwe boere. Só sê Deidre Carter van Agri Limpopo. Agri Limpopo het daarin geslaag om die owerhede te kry om in Januarie vanjaar met die herstel van 21 probleempaaie te begin, sonder ‘n beskikbare begroting. Annelize Crosby van Agbiz praat oor wetgewing wat op die landbou van toepassing is en tans aandag in die parlement ge...

RSG Landbou 17 Desember 2025 17.12.2025

Een van die grootste behoeftes by voerkrale is kalfnaspeurbaarheid. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik watter rol die kuddeveearts speel by waarborge oor die gesondheidstatus van kalwers, wat aan voerkrale gelewer word. Het jy geweet hittestres het ‘n impak op besetting in skaap- en beeskuddes tydens die teelseisoen? Dr. Johan van Rooyen van die Steynsburg Dierehospitaal vertel van...

RSG Landbou 16 Desember 2025 16.12.2025

Weet jy wat beteken ‘n formele handelsooreenkoms vir ‘n land soos Suid-Afrika? En, het jy geweet dat alhoewel China sy deure vir Suid-Afrikaanse steenvrugte oopgemaak het, dit eintlik slegs ‘n protokol is? Die Landbounavorsingsraad het in November hulle Vleisbees-presteerderstoekennings gehad.

RSG Landbou 15 Desember 2025 15.12.2025

Waarom speel sentiment so ‘n belangrike rol in groei in die landbou? Dit is een van die vrae wat tydens die onlangse Agbiz-mediadag in Pretoria beantwoord is. En, het jy geweet sakevertroue in die landboubedryf het in die vierde kwartaal van 2025 met vyf punte gestyg? Theo Boshoff het met ons hieroor gesels. Die Landbounavorsingsraad het in November die wenners van hulle Nasionale Meestersuiwelboe...

RSG Landbou 13 Desember 2025 13.12.2025

Duisende Suid-Afrikaners is sterk op pad om iewers langs die kus handdoek oop te rol vir die vakansie. Die dieptes van die oseane en die lewensvorme daar, is iets wat die mensdom nog altyd gefassineer het. ‘n Spesialisvoorligter in akwakultuur by die Departement van Landbou indie Wes-Kaap, Ferdie Endemann, deel ‘n seestorie opor Kaapse orkas.

RSG Landbou 12 Desember 2025 12.12.2025

Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer, belig die onlangse bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie en die maatreëls wat getref is om die vee-ekonomie te beskerm. Adre Prins is in die departement van landbou se vroue-entrepreneur van die jaar kompetisie as die beste werknemer in die Wes-Kaap aangwys. Sy is ‘n vragmotorbestuurder op ‘n plaas waar olyfolie geproduseer word.

RSG Landbou 11 Desember 2025 11.12.2025

Twee belangrike rolspelers in die rooivleisbedryf, SA Stamboek en die Lewendehawe Registrerende Federasie, het onlangs die Stoettelersfederasie op die been gebring. Kobus Bester is as voorsitter verkies. Hy praat oor hulle primêre mandaat om die belange van stoettelers en produsente te beskerm wat van geregistreerde diere en/of genetika gebruik maak. Chris Derksen is op sy pos met die week se vlei...

RSG Landbou 10 Desember 2025 10.12.2025

Koud en nat. Dit is hoe Graan SA die huidige seisoen se somergraanaanplantings beskryf. Ons hoor ook wat die in- en uitvoerverwagtinge vir graan in 2026 id. Die BKB-groep se uitbreiding by hulle meule op Bethlehem was ‘n goeie besluit, sê Johan Stumpf. Het jy geweet suiker is ook deel van BKB se besigheid? Ons kyk saam met hom terug na wat 2025 vir hulle opgelewer het.

RSG Landbou 9 Desember 2025 09.12.2025

Hoe kwesbaar is die rooivleiswaardeketting? Dr. Danie Jordaan van die Universiteit van Pretoria vertel van ‘n studie wat produsente, abattoirs, voerkrale, kleinhandelaars en werkers ingesluit het. Die gehalte van kommunikasie ‘n faktor wat by al die rolspelers sterk na vore gekom het. Ons hoor wat Melk SA se Bedryfsinligtingsprojek behels. Moenie ons laaste wolmarkverslag vir 2025 misloop nie.

RSG Landbou 8 Desember 2025 08.12.2025

Het jy geweet die interne parasiet, huurwurm, is die grootste enkele rede vir sterftes onder skape in Suid-Afrika? Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor hierdie parasiet wat tans floreer. Ons kuier ook op die plaas, Koksley, in die Komga-distrik van die Oos-Kaap. Guy Rensburg van Rensgrow Beefmaster praat oor die sukses van dié ras in Suid-Afrika.

RSG Landbou 6 Desember 2025 06.12.2025

Die leeslys van boere is ‘n interessante onderwerp. Boeke langs ons produsente se bedkassies, spreek boekdele. Wanneer mens hulle uitvra oor die saak, is die antwoord uiteenlopend. Leierskap, tegnologie en klimaatsverandering is van die temas wat mens gereeld hoor. ’n Boer van Vredendal in die Wes-Kaap s’n is veral opvallend. Kleinjan en Jana Teubes het in 2025 ‘n kankerstryd oorwin. By dese het h...

RSG Landbou 5 Desember 2025 05.12.2025

Biologiese gewasbeheer verander baie vinnig. Suid-Afrika speel ’n sleutelrol om die wêreld van gehaltevrugte te voorsien, veral wanneer Europa se seisoen eindig. Plaaslike produsente werk onder van die strengste uitvoervereistes, en staan voortdurend onder die vergrootglas. Tog wys hulle die wêreld hoe dit gedoen moet word met dissipline, kundigheid en ’n groeiende vertroue in biologiese gewasbesk...

RSG Landbou 4 Desember 2025 04.12.2025

Het jy geweet dat die wisselvaligheid van die klimaat ‘n impak op die produksieproses van rooivleis het? Dis maar een van die risiko’s wat die plaaslike rooivleisbedryf in die gesig staar. Winsgewendheid, dieresiektes en menslike hulpbronbestuur het ook ter sprake gekom. Die Universiteit van Pretoria is besig met ‘n risiko-ontledingstudie vir die bedryf, en dr. Danie Jordaan vertel ons meer. Ons p...

RSG Landbou 3 Desember 2025 03.12.2025

‘n Druiweprodusent van die Hexriviervallei in die Wes-Kaap, Francois Rossouw van Mooigezicht Landgoed, is as die 2025 Toyota SA/Agri SA Jongboer van die jaar aangewys. Ekonoom dr. Roelof Botha was die hoofspreker by die Harrismith Boere-unie se jaarafsluiting. Hy praat met ons oor ekonomiese vooruitsigte. Betroubare toerusting, kundigheid en goeie verhoudings met handelaars is van die faktore wat...

RSG Landbou 2 Desember 2025 02.12.2025

Vooruitsigte vir die 2025/26-tafeldruifseisoen lyk gunstig. Mecia Peterson van SA Tafeldruifbedryf vertl hoe sake lyk. Die Verenigde State het onlangs sy invoertariewe op sekere landbouprodukte aangepas, maar tafeldruiwe is nie hierby ingesluit nie. In ons opvolggesprek met dr. Elrisa Taljaard van Labworld oor die keuse van ‘n laboratorium vir ontledings, fokus ons op kwaliteitsvereistes. Heinrich...

RSG Landbou 1 Desember 2025 01.12.2025

Ons praat met die 84-jarige Andries Gouws oor sy 64 jaar lange loopbaan as joernalis, waarvan hy 51 jaar ‘n landbouskrywer was. Hy sê vir hom is joernalistiek nie ‘n werk nie, maar ‘n lewenswyse. Hy deel ‘n paar staaltjies en hoogtepunte met ons. Die Harrismith Distriksboere-unie het die jaar afgesluit met ‘n byeenkoms van boere uit die omgewing. Johann Kotzé van Agri SA was daar om terugvoer te g...

RSG Landbou 29 November 2025 29.11.2025

Elke lente bars die Klein Karoo-vallei buite Montagu uit in skakerings van pienk en wit amandelbloeisels. Dit is daar waar die Italiaanse immigrant, Rino Brochetto, Suid-Afrika se eerste kommersiële amandelbome in 1974 geplant het, en onwetend die saad vir 'n familie-erfenis gesaai het. Vyf dekades later dra sy kleindogter, Réni le Roux, stigter van The Almond Girl, dit voort.

RSG Landbou 28 November 2025 28.11.2025

Rens Smit is ’n gewasstelsel-wetenskaplike by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Hy werp lig op nuwe kultivars en dekgewas-opsies in aartappel-rotasie asook volhoubare produksie in die Sandveld. Hy benadruk die belangrikheid hiervan by peulgewasse. Ons praat ook met ‘n kenner oor vee in beweidingstelsels, met handige wenke vir boere.

RSG Landbou 27 November 2025 27.11.2025

Suid-Afrika se top bees- en skaapboer is onlangs aangewys. Ons praat met Paul van Niekerk van Anhali Boerdery se Boshoek Bovelders en Richard Armstrong van Tweeddale Dohne Merino’s oor hulle boerderye.

RSG Landbou 26 November 2025 26.11.2025

Wat maak mieliekuilvoer uniek in terme van melkbeesvoeding? Pieter Brönn van Feedtek beantwoord vrae hieroor. Die suiwelbedryf het die afgelope dekade heelwat verander. Die groot dryfkrag is verbruikers wat nou meer bewus is van waar hulle kos vandaan kom. Internasionale markte stel ook hoë standaarde. Ons praat met Tania Blignaut van die Suiwelstandaard-agentskap oor die volhoubaarheid van die su...

RSG Landbou 25 November 2025 25.11.2025

Het jy geweet elke deel van ‘n boom word in iets nuttigs omskep? Behalwe vir papier, word houtvesel ook in produkte soos klere, velsorgprodukte en dierevoeding gebruik. Ons hoor wat by die afgelope wolveilings gebeur het. Suid-Afrika se klassifikasiestelsel vir teelgeskiktheidstoetse is onlangs hersien, en sal na verwagting in 2026 verander.

RSG Landbou 24 November 2025 24.11.2025

Laboratoriumontledings is iets waarvan die meeste mense nie genoeg kennis dra nie, en dit is soms ‘n ingewikkelde taak om die regte laboratorium vir hierdie doel te identifiseer. Dr. Elrisa Taljaard van Labworld deel ‘n paar wenke. Rooivleisbedryfsdienste bestuur onder meer die rooivleisbedryf se navorsingsbegroting. Een van die projekte wat tans aan die gang is, is inentingspraktyke op plaasvlak....

RSG Landbou 22 November 2025 22.11.2025

Adre Prins is as die beste vroue landbouwerker in die Wes-Kaap aangewys. Sy is ’n vragmotorbestuurder by Willow Creek Farm, en niks stuit haar om haar drome te verwesenlik nie. Sy gesels oor navigasiestelsels en die belangrikheid daarvan in die vervoer van landbouprodukte.

RSG Landbou 21 November 2025 21.11.2025

Die Wes-Kaapse Departement Landbou Veeartseny het bevestig dat die gesamentlike pogings voortduur om die verdere uitbreking van bek-en-klouseer in die Gouda-gebied te beperk en uit te wis. Dr. Vivian Malan’n staatsveearts, bespreek voorkomende praktyke. Dr. Carien Coetzee van Sauvignon Blanc SA gesels oor mineraliteit - een van die mees omstrede aromabeskrywings in wyn. Sy bespreek ook die ontwikk...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.