RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 17 Januarie 2026 17.01.2026

Marline Burger is kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy vertel die storie van die eerste virtuele perdeskou waarby sy betrokke was. Sou dit jou droom wees om met perde te boer, het Marline bruikbare wenke oor kursusse in dié verband.

RSG Landbou 16 Januarie 2026 16.01.2026

Prof. Willem Landman van die Universiteit Pretoria werp lig oor wat die res van die somerreënseisoen vir Suid-Afrika inhou. Prof. Johan Fourie van die Departement Ekonomie by Universiteit Stellenbosch beklee die leerstoel vir ekonomie, geskiedenis en beleid. Hy is ook skrywer van die boek, SKATRYK: WAAROM ONS BETER LEEF AS ONS VOORSATE. Hy beskryf die unieke bewysbare eienskappe van Suid-Afrikaans...

RSG Landbou 15 Januarie 2026 15.01.2026

BKB bied op 20 Januarie die grootste speenkalfveiling in die land in Bloemfontein aan. Schalk Buitendach van die Dorland Trust vertel van die nagenoeg 6 000 diere wat op aanbod sal wees. Groot kommer heers oor die droogte in die Noord-Kaap, maar hoe lyk die oorhoofse prentjie, en hoe gaan dit met landbou in dié provinsie? Ons praat met Willem Symington van Agri Noord-Kaap. Johan van Berg gesels we...

RSG Landbou 14 Januarie 2026 14.01.2026

Het jy geweet Brasilië word wêreldwyd as ’n voorloper in biologiese landbou beskou? Wat kan Suid-Afrikaanse produsente by hulle leer? Ons praat hieroor met Martin Booysen van InteliGro, en Debbie Matteucci van die Suid-Afrikaanse Bioproduk-organisasie. Die Rooivleisprodusente-organisasie voldoen nou aan internasionale ISO 9001-standaarde, en het ook ‘n RPO-gehaltebestuurstelsel geregistreer. Die D...

RSG Landbou 13 Januarie 2026 13.01.2026

Die uitvoermark vir appelkose van Suid-Afrika af is groot, maar as gevolg van beperkte kultivars kan daar nie aan die vraag voldoen wordnie. Daar is in 2025 21% minder appelkose uitgevoer weens kleiner oeste en vruggrootte. Daar is egter ‘n nuwe variëteit beskikbaar. Michael Oosthuizen van International Plant Selection vertel meer. ‘n Video is die afgelope tyd op sosiale media versprei, wat beweer...

RSG Landbou 12 Januarie 2026 12.01.2026

Het jy geweet daar is toenemende belangstelling in landbouloopbane, veral onder jongmense in Suid-Afrika. Ons praat met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer. Hulle bied op 17 Januarie ‘n opedag buite Pretoria aan. Ons kuier by die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium, en vind uit wat hulle rol in die groter graanwaardeketting is. Wiana Louw tree vanjaar af as hoof van dié instansie na ‘n luisterr...

RSG Landbou 10 Januarie 2026 10.01.2026

Ons vind meer uit van kunsmatige intelligensie-toepassings wat van waarde vir produsente kan wees. Ferdie Endemann, ‘n landbouvoorligter in akwakultuur, verduidelik hoe om die ouderdom van reptiele te bepaal, aan die hand van krokodille en skilpaaie wat al ouer as 120 jaar is.

RSG Landbou 9 Januarie 2026 09.01.2026

Dr. Mike Ferreira’n ‘n spesialiswetenskaplike by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor die jongste verwikkelinge met buffergewasse, biomassa-deklae en beheermaatreëls met onkruidbestryding. Wian Smith, ‘n seniorgewasadviseur, gesels oor die voorkoms en bekamping van rooispinnekop.

RSG Landbou 8 Januarie 2026 08.01.2026

Knopvelsiekte word deur bytende, vlieënde insekte aan vee oorgedra. Het jy geweet dié virussiekte kom meeste in die laatsomer voor, maar volgens dr. Danie Odendaal is gevalle reeds sedert Julie verlede jaar in Noordwes en die Vrystaat aangemeld. Ons kry terugvoer oor ‘n bek-en-klouseer-werksessie wat in Desember deur dr. Bastiaan Fouché van die Parys Dierehospitaal, onder die vaandel van die Herko...

RSG Landbou 7 Januarie 2026 07.01.2026

Weet jy wat die rol van die Nasionale Landboubemarkingsraad is in terme van ‘n Artikel 7-ondersoek? Die Koringforum het vir ‘n ondersoek na die koringbedryf aansoek gedoen. Professor André Jooste verduidelik waarom dit nodig is. Die voordele van battery-aangedrewe tuingereedskap strek weier as net krag spaar, sê Riaan Kromhout van Husqvarna.

RSG Landbou 6 Januarie 2026 06.01.2026

Het jy geweet Suid-Afrika is tiende op die lys van lande wat bewaringslandbou as ‘n boerderypraktyk aanvaar? Ons praat met dr. Hendrik Smit van Asset Research oor bewaringsboerdery, die aanvanklike uitdagings, toerusting en langtermynvoordele. Die Van Hasselt en Gasverkoper Veldramveiling vind op 15 Januarie op Willowmore plaas. Petrie Maré van BKB en House of Fibre vertel van Jodi van Hasselt se...

RSG Landbou 5 Januarie 2026 05.01.2026

Ons kuier op Zuurplaats in die Graaff-Reinet-omgewing by Groep 3 Merino’s. Weet jy wat die term, erfdwang, in die Merino-stoetbedryf beteken? Theo en Jaco Potgieter asook Kleintjie Pienaar verduidelik waarom dit ‘n vereiste tydens seleksie is. Dr. Simon Lashmar van die Landbounavorsingsraad praat oor die veelsydige rol van genomika in die veebedryf, en verduidelik hoe produsente nuwe ontwikkelings...

RSG Landbou 3 Januarie 2026 03.01.2026

Wat weet jy van merries en hingste? Die Percheron is ‘n dier wat homself al eeue lank bewys het as ‘n beeldskone lewende standbeeld. Wanneer jy hoor wat telers vir hierdie perde vra, besef jy gou dat trou nie sommer duurder as perdekoop is nie.

RSG Landbou 2 Januarie 2026 02.01.2026

Marline Burger, kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor die herkoms van dié diere, en hedendaagse boere wat steeds sin daarin het om hulle as werksperde op plase in te span. Sy bespreek ook die melkkudde se bestuur op die Elsenburg-navorsingsplaas buite Stellenbosch. Dr. Ronald Heath, direkteur van navorsing en beskerming by Bosbou Suid-Af...

RSG Landbou 1 Januarie 2026 01.01.2026

Het jy geweet ongeveer 99% van Suid-Afrika se totale wolproduksie word in ‘n rou formaat uitgevoer? Daar is egter een maatskappy wat in 2017 besluit het om ‘n wolverwerkingsbesigheid te begin. Ons het in Oktober vanjaar hierdie onderneming in die Paarl besoek en met die stigter, Stefan Gerber van Gerber & Co, gesels. Ons hoor ook wat dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk te sê het oor plant- en s...

RSG Landbou 31 Desember 2025 31.12.2025

Het jy geweet dat elke deel van ‘n boom in iets nuttigs omskep kan word? Behalwe vir papier, word houtvesel ook in produkte soos klere, velsorgprodukte en dierevoeding gebruik. Luister weer na ons gesprek met André Oberholzer van Sappi hieroor. Dr. Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingsraad verduidelik hoe sout in ‘n herkouer se voedingsprogram gebruik word. Kenny Beeton van Nutrico praat oor d...

RSG Landbou 30 Desember 2025 30.12.2025

Vanjaar se wenner in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie, is Hansie Viljoen van Leeudoringstad. Ons luister weer na die onderhoud wat ons met hom gevoer het oor sy diverse boerdery, wat bestaan uit verskeie gewasse en drie soorte beesrasse. Het jy geweet die olieboom-onkruid hou ‘n groot bedreiging vir landbou in? Die saad is gehard en beland dikwels tydens die stroopproses in graan...

RSG Landbou 29 Desember 2025 29.12.2025

Francois Rossouw, ‘n tafeldruifprodusent van Mooigezicht Landgoed in die Hexriviervallei, is vanjaar as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar aangewys. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het nadat hy die provinsiale jongboerkompetisie gewen het. Het jy geweet die Letelle-skaap is ‘n ras wat nie algemeen in Suid-Afrika voorkom nie? Louis Botha van die Memel-omgewing het vro...

RSG Landbou 27 Desember 2025 27.12.2025

Gillian Arendse, die hoof van kommunikasie en belangegroepe by die Nasionale Navorsingstigting, het ‘n doktorsgraad in eksperimentele kernfisika. Hy is jare lank al betrokke by opvoeding. As geliefde mentor het hy male sonder tal die onbaatsugtiheid van opkomende landbouers gesien, ook tydens ’n onlangse klimaatsveranderingsimposium vir die jeug wat deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aang...

RSG Landbou 26 Desember 2025 26.12.2025

Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan om die onlangs goedgekeurde Wes-Kaapse Uitvoerstrategie te bespreek. Dis ’n plan om uitvoere teen 2035 te verdriedubbel en duisende werksgeleenthede te skep.

RSG Landbou 25 Desember 2025 25.12.2025

Ons gesels met die 25 jarige Jenedine Jantjies. Sy is die wenner van vanjaar se Agri’s Got Talent-kompetisie. Sy vertel nie net haar storie nie, maar ons hoor ook hoe klink dié engelstem met ‘n spesiale Kerslied wat sy graag met RSG-luisteraars deel. Lede van die Stellaland Meatmaster-klub het hulle harte oopgemaak vir Downsindroom SA tydens hulle jaarlikse produksieveiling in Klerksdorp. Ons praa...

RSG Landbou 24 Desember 2025 24.12.2025

Ons luister weer na twee gewilde gesprekke wat ons vroeër vanjaar uitgesaai het. Prof. Phillip Strydom van Stellenbosch Universiteit verduidelik hoe vleisalternatiewe vervaardig word. Het jy geweet dit kos bykans R1 200 per kilogram om sekere van hierdie vleisalternatiewe produkte in ‘n laboratorium te kweek? Tieners, en veral meisies, is geneig om melk uit hulle dieet te sny. Melk SA praat oor di...

RSG Landbou 23 Desember 2025 23.12.2025

Vir die Simbra-beestelersgenootskap van Suidelike Afrika is kliëntetevredenheid ‘n hoogtepunt van 2025. En, het jy geweet dat ‘n derde van hulle kliënte in Namibië boer? Kobus Bester praat oor dié genootskap se doen en late die afgelope jaar. Ons luister weer na die storie van Jakob Volmoer. Hy is die produksiebestuurder op ‘n appel- en peerplaas by Ceres, en het vroeër vanjaar aandag getrek toe h...

RSG Landbou 22 Desember 2025 22.12.2025

Het jy geweet die 107-jaar-oue Swinburne-boerevereniging word as die oudste vereniging van sy soort in die Vrystaat beskou? Ons het onlangs by hulle jaarvergadering met die voormalige voorsitter, Piet Roets, hieroor gesels. Piet was die voorsitter toe die vereniging 100 jaar oud geword het. Suid-Afrika is bekend as ‘n uitvoerder van hoëgehalte bloubessies. Luister weer na ‘n gesprek met Herman Lou...

RSG Landbou 20 Desember 2025 20.12.2025

Die waarde en gebruike van globale posisioneringstelsels op land, op water en in die lug word van nader bekyk. Wanneer dit met lasertegnologie gekombineer word, het dit verhoogde veiligheid vir die mens tot gevolg. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, verduidelik hoe ‘n toepassing met die naam Lidar, ingespan word in onder andere bestuurderlose voertuie.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.