RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 28 April 2026 28.04.2026 24:14
Die Graanhanteringsorganisasie van Suid-Afrika fokus deurlopend op ’n doeltreffende voorsieningsketting om verbruikers te beskerm. Johan van Rensburg gesels oor hulle 41ste simposium wat in Mosselbaai gehou is. Dr. Colin Ohloff van Melk SA vertel van pogings om die melkbedryf wêreldwyd meer volhoubaar te maak. Het jy geweet ’n veiling kan op WhatsApp aangebied word? Ons hoor meer oor Qualitrio Bon...
RSG Landbou 27 April 2026 27.04.2026 23:44
Weet jy watter belangrike rol Suid-Afrikaanse sybokhaarprodusente in die Europese modebedryf speel? Jonker Venter van OVK vertel van ‘n bokhaarbaal wat onlangs ‘n seisoen- en wêreldrekordprys op ‘n openbare plaaslike veiling behaal het, en nou bestem is vir Italië. Bek-en-klouseer-uitbrekings en die verspreiding van enstowwe bly ‘n kopseer vir produsente in Noordwes.
RSG Landbou 25 April 2026 25.04.2026 13:59
Ons kyk na voedselveiligheid in ‘n tyd van verhoogde brandstofpryse en stygende lewenskoste. Pieter Gouws, ‘n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se Department Voedselwetenskap en direkteur van die Sentrum vir Voedselveiligheid, praat ook sake wat verband hou met vervaldatums op kosverpakking.
RSG Landbou 24 April 2026 24.04.2026 23:34
Veekundige van Kaapstad, dr. Chris de Brouwer, praat oor die onderhoudsbehoefte van vleisbeesrasse, en sy liefde vir veral Nguni’s. Die saadhandelsmerk, Croplan®, wat wêreldwyd met hoëprestasie-genetika en uitgebreide proefdata geassosieer word, is eersdaags plaaslik beskikbaar. Die eerste kultivar in die reeks is ’n witmielie wat oor die afgelope paar jaar op proefpersele en produsente se plase g...
RSG Landbou 23 April 2026 23.04.2026 20:56
Het jy geweet daar is protokolle in plek om te verseker dat die groentesaad wat produsente bereik, veilig en siektevry is? David Malan van Klein Karoo Saad praat oor die produksie van groentesaad in Suid-Afrika vir teelmaatskappye regoor die wêreld. Hy vertel ook van die fitosanitêre maatreëls waaraan voldoen moet word met die verspreiding van die saad. Chris Derksen het die jongste vleispryse wat...
RSG Landbou 22 April 2026 22.04.2026 23:08
Het jy geweet die aromatiese struik, boegoe, met sy fyn blaartjies en kenmerkende geur, hou ‘n skatkis vol voordele in? Ons praat met dr. Gerhard Niemand van Puris Natural Aroma Chemicals in die Paarl oor die eienskappe wat dié plant so uniek maak. Wat is die toekoms van gewassaad? Prof. Driekie Fourie van Noordwes-Universteit verduidelik hoe nuwe generasie saadbehandelings help om gewassaad betro...
RSG Landbou 21 April 2026 21.04.2026 21:48
Het jy al rondlopervee, veral beeste, in dorpe en selfs stedelike gebiede gesien wei? Grondregkenner Hans-Jurie Moolman verduidelik hoekom hierdie diere eintlik geskut moet word, totdat hulle eienaars opgespoor word. Hy gesels ook oor die wetlike vereistes vir funksionerende veeskutte en skutmeesters in dorpe en stede. Shaun Welmans van Agri SkillsTransfer praat oor loopbaanmoontlikhede en kwalifi...
RSG Landbou 20 April 2026 20.04.2026 22:02
Het jy geweet dat sowat 70% tot 75% van die land se rooivleis afkomstig is van speenkalwers wat in voerkrale afgerond word? Dr. WA Lombard van die Departement van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat en redakteur van Veeplaas, praat oor die rol van speenkalwers in die rooivleiswaardeketting, en hoe speenkalfpryse bepaal word. Slakke is nie net ‘n probleem in jou tuin nie. In die...
RSG Landbou 18 April 2026 18.04.2026 12:44
“O, die donkie is ‘n wonderlike ding,” sing Chris Blignaut in sy bekende liedjie van 1969. In wese is die donkie ook ‘n dier met ‘n wil van sy eie. Shannon Robertson is assistentlewendehawe-bestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Sy vertel van die suksesvolle reddingspoging om nie net die donkies, maar al die ander diere op die plaas, na veiligheid te bring tydens die brande in Franschhoek, wat...
RSG Landbou 17 April 2026 17.04.2026 21:38
Senior multimediajoernalis by Landbouweekblad en landbou.com, Alani Janeke, verduidelik waarom die oprigting van weerstasies op plase in Suider-Afrika belangrik is. Nie net word mikroklimate ontleed nie, maar boere span dit ook in vir veiligheid. Slakke veroorsaak op die oomblik ernstige probleme vir boere. Navoringstegnikus by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Piet Lombard, verduidelik...
RSG Landbou 16 April 2026 16.04.2026 25:17
Agri Noord-Kaap het met ‘n hulplessenaar ontwikkel met die doel om ‘n databasis op te bou. Eben Anthonissen, voorsitter van omgewingsake by dié organisasie, gee meer besonderhede. André Bloem, ‘n arbeidspesialis, vertel van ‘n belangrike onlangse hofuitspraak oor billike en regverdige diensbeëindiging. Ons hoor ook van ‘n internasionale onkruiddoderweerstandspesialis se besoek aan Suid-Afrika. Chr...
RSG Landbou 15 April 2026 15.04.2026 22:57
Het jy geweet Uruguay is omtrent so groot soos die Vrystaat en dat hulle nasionale Brangus-kudde, net soos Suid-Afrika se totale beeskudde, uit tussen 13 en 14 miljoen diere bestaan? Pieter Swart, raadslid vir spesiale projekte by die Suid-Afrikaanse Brangus-beestelersgenootskap, vertel meer oor die Brangus Global Exchange-projek en die onlangse besoek deur ‘n afvaardiging van Suid-Amerikaanse Bra...
RSG Landbou 14 April 2026 14.04.2026 22:51
Die brandseisoen kruip nader, en boere moet voorbereidings tref. Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreelbrandbestrydingsvereniging, vertel meer oor hulle voorbereidings, en die bestryding van brande wat regdeur die jaar in dié provinsie voorkom. Jan-Hendrik Venter, direkteur van plantgesondheid by die Nasionale Departement van Landbou, verduidelik waarom fitosanitêre maatreëls vir die ver...
RSG Landbou 13 April 2026 13.04.2026 22:29
Hou jy tred met die weeklikse nasionale gemiddelde karkasprysdata van die Rooivleisprodusente-organisasie? Dr. Frikkie Maré, bestuurshoof van die RPO, beantwoord vrae oor hierdie pryse, en hoe dit verwerk word. Muggieplae is ‘n groot kopseer vir boere langs die Oranjerivier. Agri Noord-Kaap se Janine Byleveld deel navorsing hieroor, en vertel wat boere in die reënseisoen kan verwag.
RSG Landbou 11 April 2026 11.04.2026 13:26
Ons vind meer uit van die navorsing wat tot dusver gedoen is alkoholvrye wyn. Soos die internasionale vraag daarna verhoog, is Suid-Afrikaanse landboutegnici op die voorpunt van nuwe produkontwikkeling. ‘n Kunsmatige intelligense-toepassing is ook onlangs bekendgestel om reuk- en smaakbeskrywings soos ‘perske’ of ‘vanielje’ netjies te koppel aan natuurlike plaaslike terme is ses van ons amptelike...
RSG Landbou 10 April 2026 10.04.2026 21:20
Suid-Afrikaners drink jaarliks 3,5 miljard koppies rooibostee. Dié inheemse tee het onlangs ‘n verskyning gemaak in ‘n bekende reeks op Apple TV+. ‘n Geleentheid vir vroue in die landbou-waardeketting vind eersdaags in die Suid-Kaap plaas. Die Sy Wat Bly-samekoms word georganiseer deur twee vroue landbou-entrepreneurs.
RSG Landbou 9 April 2026 09.04.2026 23:54
Het jy geweet daar is ‘n organisasie wat hom spesifiek toespits op die bewaring van Suid-Afrika se riviere? Prof. Jan Myburgh van die Universiteit Stellenbosch vertel van die Red ons Riviere-projek. Chris Derksen staan gereede met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg is ook op sy pos met die jongste weerinligting.
RSG Landbou 8 April 2026 08.04.2026 22:03
Skoliere met ‘n passie vir landbou het nou kans om hulle vernuf te wys. TLU SA het onlangs hulle heel eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie bekendgestel. Die organisasie se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, vertel meer hiervan. Dan kry ons ‘n kykie in die wêreld van topgenetika met Schalk van der Merwe van LHB Bonsmaras. Ons kyk ook na die belangrike rol wat skaapboerdery in kommunale gebiede in S...
RSG Landbou 7 April 2026 07.04.2026 25:25
Niks klop die geur van lekker gemmerstukke nie. Het jy geweet dat hierdie klein knol hope gesondheidsvoordele het? Joachim Prinsloo, ‘n gemmerboer van Kiepersol in Mpumalanga, vertel wat in die gemmerbedryf aangaan. Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Dan Kriek, die organisasie se hoofbestuurder, vertel van hulle geskiedenis en toekomsplanne. Heinrich Victor het...
RSG Landbou 6 April 2026 06.04.2026 21:26
Ons praat met Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie se jaarlikse veeskool, en vind meer uit oor die Federasie van Saadverhandelingsverenigings se kongres in Kaapstad.
RSG Landbou 4 April 2026 04.04.2026 13:08
Ons vier boere-humor. Ons stel ondersoek in oor idiome met ’n landbouherkoms - van “‘n gegewe perd in die bek bek kyk” tot “varkies op hok”, saam met dr. Willem Botha, uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
RSG Landbou 3 April 2026 03.04.2026 20:50
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan met ‘n belangrike boodskap oor bek-en-klouseer en die vervoer van diere oor die Paasnaweek.
RSG Landbou 2 April 2026 02.04.2026 22:57
Dink aan ‘n gesonde, smaaklike aartappel – gesondheid uit die grond uit! Dis wat Aartappels SA se navorsingwerk verseker. Annemarie van der Merwe is dié organisasie se nuwe bestuurder van navorsing en innovasie. Sy praat ons oor nuwe planne vir hierdie bedryf. Suid-Afrika se appel- en peerbedryf betree 'n opwindende nuwe hoofstuk, gedryf deur innovasie, samewerking en nuwe generasie produsente. Ca...
RSG Landbou 1 April 2026 01.04.2026 24:43
Kunsmis is een van die grootste veranderlike insetkostes vir graanprodusente. Dit maak 30% tot 40% van totale produksiekoste uit. Graan SA monitor prystendense en gehalte. Die minister van landbou het onlangs die nuwe lede van die Nasionale Landboubemarkingsraad bekendgemaak. Die voorsitter, prof. André Jooste, verduidelik wat die funksie van dié instansie is. Ons praat met die wêreld se grootste...
RSG Landbou 31 Maart 2026 31.03.2026 22:05
Ons hoor hoe Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit toekomstige landbouers oplei. Rassies Landbou het ‘n paar jaar gelede met net 15 leerders en een onderwyser begin. Vandag het hulle op meer as 200 leerders en sewe onderwysers. Heinrich Victor is terug met die jongste wolveilingnuus. Ons vertel jou van ‘n watersuiweringsprojek in die Hartenbos-omgewing. Water vanaf Papkuil en Fluitjiesriet word ge...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.