RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 16 Februarie 2026 16.02.2026

Het jy geweet diere se sterthare word gebruik wanneer DNS-toetsing by vee gedoen word? JC Botha van Unistel verduidelik hoe die proses werk, en praat oor die voordele van DNS-toetsing vir veral stoetbeesprodusente. Ons hoor by Aartappels SA wat in Januarie met aartappelpryse gebeur het. Dit is nie net bek-en-klouseer wat tans die rooivleisbedryf teister nie. Daar is ook groot kommer oor slenkdalko...

RSG Landbou 14 Februarie 2026 14.02.2026

Ons ontmoet ‘n jong landbouleier met ‘n hart vir diere en ‘n oog op die toekoms. In ons Valentynsdag-uitgawe hoor ons ‘n landbouliefdesverhaal. Shannon Robertson is ‘n assistent lewendehawebestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Die belangrikste lesse wat sy in haar lewe geleer het, verewig sy as tattoeëermerke op haar linkerarm. Sy gesels oor haar landboudrome.

RSG Landbou 13 Februarie 2026 13.02.2026

Die hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, praat oor belangrike datums op die landboukalender. Hy benadruk ook die rol van naspeurbaarheid in die konteks van bek-en-klouseer. Bertus Myburgh, ‘n navorsingstegnikus by die Outeniqua-navorsingsplaas, vertel van die Anguskudde op die plaas, en die navorsing wat verband hou daarmee.

RSG Landbou 12 Februarie 2026 12.02.2026

Wat presies is organiese vleis? Is daar wette en regulasies in Suid-Afrika wat die produksie en bemarking daarvan reguleer? Johan van den Berg praat oor die jongste weervooruitsigte, en Chris Derksen is terug met die week se vleispryse.

RSG Landbou 11 Februarie 2026 11.02.2026

Het jy geweet ’n rekordgetal van 1 110 suiwelprodukte van 77 vervaardigers is in 2025 vir die SA Suiwelkampioenskap beoordeel? Inskrywings vir vanjaar se kompetisie het reeds geopen. Alle besighede, insluitend boerderye, moet by die Departement van Indiensneming en Arbeid se Vergoedingsfonds geregistreer wees om hulle werkers teen werksbeserings te dek. Administratiewe boetes kan gehef word indien...

RSG Landbou 10 Februarie 2026 10.02.2026

Die vergiftiging van die lewer by melkbeeste staan as sporidesminvergifting bekend. Het jy geweet Nieu-Seeland sukkel al 50 jaar om ‘n oplossing vir dié probleem te kry? Dis ook ‘n navorsingsprojek van Melk SA met dr. Heinz Meissner aan die stuur. Presisie-skaapboerdery kom onder bespreking met Isak Staats van BKB. Hy verduidelik wat dit behels. en praat oor die voordele hiervan...

RSG Landbou 9 Februarie 2026 09.02.2026

Die bekroonde megaboer van die Vrystaat en voorsitter van die Sernick-groep, Nick Serfontein, sê die landboubedryf is in groot moeilikheid. Het jy geweet ‘n nematode of aalwurm kan glad nie met die blote oog gesien word nie? Dié ongewenste gasheer hou ‘n groot bedreiging vir aartappelprodusente in. Dr. Sonia Steenkamp van die Landbounavorsingsraad op Potchefstroom vertel van die navorsing wat hull...

RSG Landbou 7 Februarie 2026 07.02.2026

Dr. Willem Botha is die uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy verbreed ons landbou-leksikon, enhoor watter Afrikaanse woorde en uitdrukkings hulle bestaan te danke het aan landbou.

RSG Landbou 6 Februarie 2026 06.02.2026

Die Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnolgie-ontwikkelingsdienste by die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Filicity Vries, vertel waarna boere in 2026 kan uitsien met KI-toepassings. Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor die verantwoordelikhede van veeartse en veekundiges. Hy verduidelik ook die waarde van vrugbaarheid in vleisbeeskoeie.

RSG Landbou 5 Februarie 2026 05.02.2026

Ons luister na die suksesverhaal van ‘n groenteboer by Rustenburg. Dis ‘n gesamentlike ontwikkelingsprojek tussen Saai, Afriforum en Thabake Business Enterprise. Sedert die eerste plantsiklus net meer as twee jaar gelede afgeskop het, is meer as 60 ton groente al op die nagenoeg 0,75ha grond geoes. Landbouweervooruitsigte verander daagliks. Dis hoekom Johan van den Berg gereed is met die jongste n...

RSG Landbou 4 Februarie 2026 04.02.2026

Het jy geweet daar is ongeveer 330 geregistreerde Boran-telers in Suid-Afrika, met beesgetalle wat op 55 000 aktiewe diere staan? Gerrit Potgieter van die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika praat oor die impak van bek-en-klouseer en hoe hulle dit perobeer verminder. Ntaba Nyoni Bonsmara bied op 14 Februarie hulle aanlynveiling aan. RSG Landbou het die bekendstelling van Agri X se Fusion 20...

RSG Landbou 3 Februarie 2026 03.02.2026

Vinpro sê daar is wynproduserende streke wat vanjaar kleiner oeste sal lewer. Tog sal dit ‘n uitstekende oesjaar wees. Heinrich Victor vertel watter pryse by die laaste wolveiling behaal is. Het jy geweet dis nie net boere in die Noord-Kaap wat met prosopis-bome sukkel nie. Cobus van Coller, ‘n graanprodusent van Viljoenskroon, vertel hoe dié boom ‘n paar jaar gelede by hom beland het, en watter b...

RSG Landbou 2 Februarie 2026 02.02.2026

Het jy geweet hittestres is een van die groot kwelpunte in Suid-Afrika se wynproduserende streke? Dít is een van die onderwerpe wat by Vinpro se 20ste produsentedag op Goudini bespreek is. Een van die sprekers, dr. Jan Greyling van die Universiteit Stellenbosch, vertel van sy navorsing oor tegnologie in die wynbedryf. Roland Munger van Wayside Brahmane in Botswana vertel wat die impak van bek-en-k...

RSG Landbou 31 Januarie 2026 31.01.2026

Shannon Robertson van die Boschendal-wynlandgoed is die Wes-Kaap se Landbouwerker van 2025. Dié toekennings word jaarliks deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied. Landbouwerkers word in 11 afdelings vereer, nie net vir hulle bydrae tot die landboubedryf nie, maar ook vir hulle eie unieke bydrae tot ‘n gesonde werksomgewing op hulle plase. Shannon is die jongste wenner in die geskiede...

RSG Landbou 30 Januarie 2026 30.01.2026

Die afgelope ry-gewasseisoen sal onthou word as een waarin wisselvallige en ongewone reënval produsente in sekere produksiegebiede gedwing het om vinnig aan te pas. Volgens ry-gewas-spesialis, Gerrie Ludick, is dit juis nou die tyd vir produsente om terug te kyk én vooruit te beplan. Die Reisende Klaskamer is ‘n skool wat na kinders toe gaan. Twee mobiele rekenaar- en biblioteekklaskamers reis deu...

RSG Landbou 29 Januarie 2026 29.01.2026

Het jy geweet die gewildheid van die kersiepruim neem deesdae toe, hoofsaaklik as gevolg van ‘n maklike eetervaring. Michael Oosthuizen van International Plant Solutions praat oor die oorsprong van dié vrug, en hy vertel hoe die plaaslike produksie daarvan lyk. Talle graanprodusente in die somerreëngebiede hou hulle duime vas vir nog reën. Chris Derksen is oudergewoonte op sy pos met die week se v...

RSG Landbou 28 Januarie 2026 28.01.2026

Weet jy waarom rubberstewels deesdae nie van rubber gemaak word nie? Cois Viljoen van Gumboots 4 Africa praat oor die gebruik van dié stewels in die landboubedryf, en hoe die gewilde gumboot-danse in Suid-Afrika ontstaan het. Ons plaas die fokus op lusernsaadproewe. Ons het tydens ‘n inligtingsdag op Prieska gaan uitvind hoe word hierdie saad getoets om aan verskillende streke in Suid-Afrika se ve...

RSG Landbou 27 Januarie 2026 27.01.2026

Hoe lyk die nuwe-generasie boer? Dis die fokus van TLU SA se jongboerkonferensie wat op 14 Maart plaasvind. Clemens Senekal vertel ons meer, en praat oor die kriteria van dié organisasie se Jongboer van die Jaar-kompetisie. Heinrich Victor is terug met die jongste wolpryse. Thabo van Zyl van Thuso Bonsmara in die Wesselsbron-omgewing vertel van hulle uitverkoping van hulle kudde op 12 Februarie.

RSG Landbou 26 Januarie 2026 26.01.2026

In weerwil van damvlakke in die Oos-Kaap wat daal, en droogte wat ernstige uitdagings vir veral melkprodusente in die kusstreke inhou, was die oostelike deel van dié provinsie lanklaas so mooi. Só sê Peter Cloete van Agri Oos-Kaap. Hy gesels ook oor bek-en-klouseer, vrugte-uitvoere en ander landbouverwante kwessies. Lede van die rooivleiswaardeketting praat op 4 en 5 Maart met navorsers van die No...

RSG Landbou 24 Januarie 2026 24.01.2026

Jannie Strydom, die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, het die jongste nuus oor bek-en-klouseer. Hy praat ook oor die Wes-Kaap se damme, en verduidelik hoe gebeure buite die landsgrense plaaslike boere raak.

RSG Landbou 23 Januarie 2026 23.01.2026

Ná onlangse brande in die Franschhoek-omgewing vind ons uit wat die uitwerking op veral wyndruiwe en produksieprosesse is. Die keldermeester by La Motte, Edmund Terblanche, verduidelik ook waaraan vanjaar se vroeë oes toe te skryf is. Andrew Hofmeyr van die Stigting vir Persone met Gestremdhede verduidelik hoe die insluiting van persone met gestremhede in landbou nie ‘n bysaak is nie. Dit lê op di...

RSG Landbou 22 Januarie 2026 22.01.2026

Het jy geweet daar is meer as ‘n miljoen mense wat afhanklik is van die plaaslike suikerbedryf? Die SA Suikerkwekersvereniging doen weer 'n beroep op die regering om die suikerbelasting te skrap ten einde die plaaslike suikerbedryf te help red. Wikus Bekker van Crux Dohnes in die Edenburg-omgewing vertel wat vir hulle veiling van 5 Februarie beplan word. Chris Derksen praat oor die week se vleispr...

RSG Landbou 21 Januarie 2026 21.01.2026

Het jy geweet die Kalahari strek oor nege landsgrense? Prof. Charlie Reinhardt praat oor die waarde wat die Kalahari-duineveld as weiding het. Water speel ‘n kardinale rol, en daar is selfs bewyse dat die ondergrondse water van die Kalahari al 30 000 jaar oud is. Die vraag is egter hoe hierdie water aangevul word. Ons vind meer uit van Lasarus Game and Livestock se aanlynveiling op 7 Februarie waa...

RSG Landbou 20 Januarie 2026 20.01.2026

Het jy geweet die voedingsiklus van ooie moet verkieslik reeds vyf tot ses maande voor dekking begin? Carina le Roux van Feedtek gee raad oor hoe ooivoeding ‘n gesonde lammeroes kan verseker. Ons kuier ook op die plaas, Fenfield, naby Hogsback in die Oos-Kaap. Die Galloway-familie boer al 97 jaar in dié ongewone omgewing. Ons hoor meer van hulle unieke boerdery. Die Suid-Afrikaanse wolmark het tyd...

RSG Landbou 19 Januarie 2026 19.01.2026

Het jy geweet dat sowat 55% van Suid-Afrika se totale lietsjie-oes uitgevoer word, hoofsaaklik na Europa en die Verenigde Koninkryk? Ons praat met Derek Donkin van Subtrop oor die plaaslike lietsjie-bedryf. Bernard Swanepoel van Fire Sky Ankole praat oor Ankole-beesgenetika, en die aanlynveiling wat hulle op 31 Januarie saam met ‘n paar ander produsente aanbied. Bennie van Zyl van TLU SA praat oor...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.