RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou: Projek oor klimaatslim-beesvleisproduksie in SA 27.05.2026 25:01
27 Mei 2026: Wetenskaplikes van die Universiteit van Pretoria en Texas A&M Universiteit in die Verenigde State, het geld gekry vir ’n projek wat fokus op klimaatslim-beesvleisproduksie in Suid-Afrika, en die bestuur daarvan deur kunsmatige intelligensie. Die toestand van plattelandse paaie, toegang tot silo’s, munisipale vermoëns en gemeenskapsbetrokkenheid is by vanjaar se Nampo bespreek. Naudé P...
RSG Landbou: Het jy geweet dat een skaap verskillende soorte wol in sy vag het? 26.05.2026 25:16
26 Mei 2026: Het jy geweet dat een skaap verskillende soorte wol in sy vag het? Daar is rugwol, kortwol, langer wol en penswol, en van elke tipe word iets anders gemaak. Cor Uys is die fasiliteerder van vanjaar se skeerdemonstrasies by die Karoo Winterwolfees wat van 3 tot 4 Julie by Middelburg in die Oos-Kaap gehou word. Hy praat oor die waarde van die geleentheid vir die wolbedryf. Carmé Muller...
RSG Landbou: Nasionale Wolkwekersvereniging vier eeufees 25.05.2026 25:04
25 Mei 2026: Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar! Die amptelike handelsmerk van dié vereniging is ‘n springbokkop. Annelize Smit van Niekerk vertel hoe daar in 1931 op dié kenteken besluit is. Die Springbokkop-wolklasserkwalifikasie is die hoogste kwalifikasie wat ‘n wolklasser kan bereik. Ons kyk na die pluimveegroep, Astral, se jongste finansiële resultate, die...
RSG Landbou: Eerste pionier Catharina Ras 23.05.2026 14:41
23 Mei 2026: Catharina Ras word gereken as een van Suid-Afrika se eerste landboupioniers. In 1662 het sy in die Kaap aangeland. Sy was 21 jaar oud, en vermom as ‘n man. Haar lewensverhaal het vele uitdagings en avonture ingesluit. Elunda Basson, die keldermeester by Steenberg Wynlandgoed, vertel Catharina se storie
RSG Landbou: Rooibos kry tariefvrye toegang in China; Raad vir boere met bek-en-klouseer 22.05.2026 22:56
22 Mei 2026: Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad verwelkom die aankondiging van tariefvrye toegang vir rooibos-uitvoere na China, en beskryf dit as 'n beduidende geleentheid om die bedryf se globale voetspoor uit te brei. As die wêreld se grootste teeverbruikende mark, bied China sterk groeipotensiaal vir rooibos, veral namate verbruikers toenemend na premium, kafeïenvrye en gesondheidsgerigte drankie...
RSG Landbou: Daar is koejawelboorde wat tot ‘n honderd jaar oud is, en steeds vrugte dra! 21.05.2026 23:43
Die Koejawelprodusentevereniging van Suid-Afrika verwag ‘n oes van sowat 21 000 ton. Die reën wat die Wes-Kaap onlangs ontvang het, kan moontlik ‘n positiewe impak op die finale oessyfers hê. Het jy geweet daar is koejawelboorde wat 80 tot ‘n honderd jaar oud is, en steeds vrugte dra? Ons gesels met Jacques Jordaan oor hierdie interessante bedryf. Johan van den Berg is terug met ons weeklikse weer...
RSG Landbou: Wildbedryf SA hof toe oor beperking op aanhou van sekere spesies 20.05.2026 20:05
20 Mei 2026: Het jy geweet dat wildeienaars van die Springbokvlakte tot onlangs toe nog verbied was om springbokke aan te hou? Wildbedryf Suid-Afrika het die hof namens sy lede en die breër bedryf genader, nadat die Gautengse regering begin het om voorwaardes op te lê om die aanhou van sekere spesies te verbied. Waarna kyk finansiers wanneer ‘n kredietaansoek oorweeg word? Dawie Maree van FNB het...
RSG Landbou 19 Mei 2026 19.05.2026 24:18
Daar is al hoe minder boerderye wat deesdae as ‘n eenmansaak bedryf word. Soos ‘n boerderybesigheid verander en groter word, is dit goed om maatskappystrukture te vestig. Ons hoor wat Hennie de Swardt van FNB hieroor gesê het by die Oranjeriviervoere-boeredag op Prieska. Veeveilings waar diere fisies by veilingskrale teenwoordig is, vind stadig maar seker weer plaas in gebiede waar bek-en-klouseer...
RSG Landbou 18 Mei 2026 18.05.2026 24:38
In hierdie week se landbounuus praat ons oor Suid-Afrika se 2026 wyndruif-oes, plaaslike verkope van landboumasjinerie, die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se 2025/26-seisoen en Agri Wes-Kaap se kandidate vir sy 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie. Verder gesels ons met Francois Knowles, die registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, oor dié organisasie se protokolle vir lewendehawe...
RSG Landbou 16 Mei 2026 16.05.2026 12:24
Ons stel ondersoek in na nuwe kultivarontwikkeling. En, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 hou bepaalde voordele vir Suid-Afrikaanse boere in.
RSG Landbou 15 Mei 2026 15.05.2026 24:22
Die evolusie van biodiversiteitswetenskap in ‘n Afrika-konteks, is ‘n onderwerp waaroor professor Guy Midgley graag gesels. Hy is direkteur van die skool vir klimaatsudies aan die Universiteit Stellenbosch. Om meer te produseer met minder risiko, is die doel van ‘n weerstasie-ontplooiing. ‘n Lid van die uitvoerende adviesraad van ‘n projek wat dit ten doel het, dr. Ilse Trautmann, verduidelik. Wil...
RSG Landbou 14 Mei 2026 14.05.2026 25:09
As jy kan sing en werksaam is in die kern- en steenvrugte-, wyn-, tafeldruif- en sitrusbedrywe, kan jy nou inskryf vir die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie. Dit is meer as net ‘n sangkompetisie – dit is ‘n projek wat ook die individu se selfvertroue en selfbeeld verbeter. Die Lewendehawe Registrerende Federasie se Veeskool wat vanjaar weer in Oktober gehou word, fokus op die potensiaal van d...
RSG Landbou 13 Mei 2026 13.05.2026 22:09
Landbouers in die Noord-Kaap is verheug oor die reën wat dié provinsie ontvang het, maar lusernprodusente voel nie noodwendig dieselfde daaroor nie. En, hoe lyk die paaie? As jy in landbou-opleiding belangstel, moenie ons gesprek met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer misloop nie. Hy gesels oor hul Junie-inname, die plaas in Cullinan waar praktiese opleiding gedoen word en die aanl...
RSG Landbou 12 Mei 2026 12.05.2026 23:35
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwelkom China se besluit om ’n tydelike nultarief-vergunning vir kwalifiserende wyne uit Suid-Afrika te maak. Het jy geweet dat hierdie tarief tot nou toe teen ‘n stewige 14 persent gehef was? Christo Conradie van South Africa Wine verduidelik watter voordele die nultarief vir die wynbedryf en produsente op die plaas inhou. Die reëling geld net vir...
RSG Landbou 11 Mei 2026 11.05.2026 25:13
Het jy geweet Olivedale het in 2002 die eerste organiese wyn in Suid-Afrika geproduseer? Luister na die storie oor die ontstaan van dié plaas by Buffeljagsrivier naby Swellendam. Ons gesels met die mede-eienaar, Carl van Wijk, en wynmaker, Riaan Liebenberg.
RSG Landbou 9 Mei 2026 09.05.2026 14:00
Die Straat van Hormoes is 'n smal seestraat wat die Persiese Golf met die Golf van Oman verbind. Dit is 55 km wyd. Gegewens oor die sluiting daarvan dra by tot ‘n toename in brandstofkoste. Louw Pienaar, ‘n senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor die geopolitiek, wat Suid-Afrikaanse produsente vandag beïnvloed.
RSG Landbou 8 Mei 2026 08.05.2026 21:02
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria werp lig oor die voorspelling van ‘n komende El Niño-seisoen, ook in terme van somergewasse. Pieter Gouws, ’n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se department van voedselwetenskap, vertel van nuwe loopbaangeleenthede in dié veld. Angus McIntosh van die plaas, Spier buite Stellenbosch in die Wes-Kaap, het ‘n video...
RSG Landbou 7 Mei 2026 07.05.2026 24:10
Die onthoring van kalwers is ‘n algemene bestuurspraktyk in die vleisbeesbedryf. Waarom word dit gedoen, en is dit werklik nodig? Dr. Rulien Erasmus van die Landbounavorsingsraad beantwoord ‘n paar vrae hieroor. Voorvalle van veediefstal neem toe in die Potchefstroom-distrik, en beeste se hakskene word soms deur veediewe afgekap. Dit is nie 'n onbekende diefstaltegniek nie, maar dit bly ‘n grusame...
RSG Landbou 6 Mei 2026 06.05.2026 23:26
Het jy geweet dat katbos, wat groot probleme in die landbou veroorsaak, verwant is aan die aspersie? Alhoewel dit ‘n inheemse spesie is, is dit problematies, en veral opvallend in die Noord-Vrystaat. Onkruidwetenskaplike, prof Charlie Reinhardt, praat oor die oormatige verdigting van dié struik, en gee raad oor die beheer daarvan. Volgens dr. Pieter Theron, ‘n kleinveenavorser van die Wes-Kaapse D...
RSG Landbou 5 Mei 2026 05.05.2026 24:08
Vir ‘n beesboer om winsgewend te wees, moet hy homself, sy veld, beeste en besigheid verstaan. Ons het by die afgelope jaarkongres van die Rooivleisprodusente-organisasie Noordwes met Ockie Olivier hieroor gesels. Rooivleisbedryfsdienste se naspeurbaarheidsplatform het ‘n paar nuwe funksies bygekry, wat dit vir die produsent meer prakties en bruikbaar maak. Dr. Phillip Oosthuizen verduidelik wat d...
RSG Landbou 4 Mei 2026 04.05.2026 24:22
Het jy geweet dat wanneer verbruikers onder druk is as gevolg van hoër voedselpryse, daar nié ‘n daling in die vraag na voedsel is nie, maar eerder ‘n verandering in aankoopgedrag? Dít kan vir die landbou nuwe geleenthede skep. Deidré Viljoen van Rocklyn Boerdery in die Steynsburg-distrik wil ‘n verskil maak deur haar ervarings as plaasvrou en ma met ander te deel.
RSG Landbou 2 Mei 2026 02.05.2026 10:39
Dr. Willem Botha, die uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat oor idiome met ‘n landbouherkoms, soos IN DIE WIELE GERY WORD en WYSHEID IN DIE KAN. Ons leer ook meer van die Afrikaanse digter en skrywer. Boerneef. Daneel Rossouw, die hoof van verkope in landbou by Nedbank, vertel van opwindende nuwe loopbaangeleenthede in die landbou.
RSG Landbou 1 Mei 2026 01.05.2026 21:10
Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was onlangs by ‘n konferensie oor besproeiing in Australië. Professor Johann Strauss is sinoniem met bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy werk op uiteenlopende stelselproewe, waar verskillende gewasrotasies getoets word. Wêreld Sauvignon Blanc-dag word op 1 Mei gevier. Elund...
RSG Landbou 30 April 2026 30.04.2026 20:58
Het jy geweet die DNS van ‘n wingerdstok kan gewysig word? Clara Holm van Stellenbosch Universiteit vertel van ‘n studie waarin ‘n wingerdstok-geen “afgeskakel” is. Dit hou verband met hoe plante op siektes reageer. Ons hoor by Zoetis van ‘n tieklysie wat nodig is om ‘n voerkraal te begin. Ons kry die weeklikse vleispryse by Chris Derksen, en die jongste weerinligting by Johan van den Berg.
RSG Landbou 29 April 2026 29.04.2026 25:02
Slaggate op paaie is vir baie van ons niks nuuts nie, en met die nat weer raak dit net erger. Naudé Pienaar van Agri Noordwes vertel wat gedoen word om dié krisis in Noordwes aan te spreek. Ons praat met dr. Peter Evans, ’n veearts van die Rooivleisbedryfdienste oor die ministeriële taakspan vir staatsbeheerde siektes en oor bek-en-klouseer-entstof en -aanmelding.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.