RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 17 Maart 2026 17.03.2026

Wees trots op jou produk ,en wys wat jy kan doen. Dít is die raad wat die 2025 Lamb Champs-wenner, Hennie Jonker, met vanjaar se kompetisiedeelnemers wil deel. Ons praat met hom oor die Hampshire Down-skaapras waarmee hy boer, en hoe die kompetisie tot sy boerdery bygedra het. Agrifusion is besig om ’n ESG-kaart in samewerking met Rooivleisbedryfsdienste te ontwikkel met die oog op risikobestuur i...

RSG Landbou 16 Maart 2026 16.03.2026

Wat maak veediefstalsake so ingewikkeld en moeilik om op te los? Ons praat hieroor met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum. Volgens kenners aard koffiebome nie op die Weskus nie. Tog het ‘n druiweboer van Lutzville, Riaan Engelbrecht, besluit om dit aan te plant. Ons gesels met hom oor sy sukses. ‘n Klimaatslim vleisbeesproduksie-werkswinkel is onlangs in Pretoria aangebied...

RSG Landbou 14 Maart 2026 14.03.2026

Dr. Jeanne Brand, ’n dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, is een van twee navorsers in die land wat protokolle vestig oor die inspan van viervoetnatneuse wat nuttige take op plase verrig. Ons vind ook uit hoe wynterminologie meer verstaanbaar gemaak word deur kunsmatige intelligensie, op ‘n eg Suid-Afrikaanse manier.

RSG Landbou 13 Maart 2026 13.03.2026

’n Onlangse uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof sê dat produsente slegs sekere beperkte landboumiddels mag aankoop en aanwend sonder om as plaagbeheeroperateurs geregistreer te wees. Dit plaas die kollig op verantwoordelikheid in die landbouwaardeketting. Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor langlewendheid en moedereienskappy by vleisbeesrasse. Ons vind ook uit wat ‘n kalfie-kleuterskoo...

RSG Landbou 12 Maart 2026 12.03.2026

Tertia Castelyn van Struisbaai vertel van die hoenderrasse waarmee daar by die Swellendamskou geskou is. Keith Coetzee praat oor die toekoms van die jeugskou in die Noord-Kaap, en een van die organiseerders van die Williston-skou se slaglamkompetisie, Herlus le Roux, vertel hoe dié kompetisie tot veeverbetering in die distrik bydra. Johan van den Berg is terug met landbou-weernuus, en Chris Derkse...

RSG Landbou 11 Maart 2026 11.03.2026

Het jy geweet gebruikte sampioene kan as veevoer gebruik word? Dr. Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingraad is by navorsing hieroor betrokke. Die produksiestelsel wat Stompie Olivier van Hotspot Cattle naby Ventersdorp met sy Boran-stoetkudde gebruik, staan in talle opsigte uit. Dit is veral sy streng seleksiekriteria wat sy stoetkudde in die regte rigting lei. Die Noordwes Departement van Lan...

RSG Landbou 10 Maart 2026 10.03.2026

Die landboumaatskappy, BKB, werk die afgelope jaar saam met SA Stamboek om dieregenomika vir Merino-skaapboere meer prakties uitvoerbaar te maak. Isak Staats verduidelik wat hierdie projek behels. ‘n Nuwe geval van Afrika-varkpes is in November 2025 op ‘n plaas in Gauteng aangemeld, en sedertdien het die siekte op ‘n verdere vyf plase voorgekom. Dr. Marlene Louw van die SA Varkprodusente-organisas...

RSG Landbou 9 Maart 2026 09.03.2026

Waarom is Suid-Afrikaanse olyfolie so duur? Wendy Petersen van SA Olive verduidelik hoe pryse beïnvloed word. Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingraad praat oor die rol wat die bees se vel in die dier se aanpasbaarheid speel. Watter velkleur dink jy is die meeste bestand teen hitte? Ceres Fruit Growers het onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang. Dié erkenning beklemtoon hierdie app...

RSG Landbou 7 Maart 2026 07.03.2026

Wilfred Fortuin is aangewys as die wyn-agriwerker van die jaar deur die departement van landbou in die Wes-Kaap. Op ouderdom 31 het hierdie kelderassistent hom reeds gevestig as leier en mentor in die bedryf. Hy ag sy ouers as sy rolmodelle, en leef daarvoor om ‘n verskil in die lewe van ander te maak. Sy grootste droom is om self wynmaker te wees.

RSG Landbou 6 Maart 2026 06.03.2026

Word kurrikulums aangepas en hersien weens die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Marietjie Cornelissen, adjunkdirekteur van kwaliteitsbestuur by die Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut, praat hieroor.

RSG Landbou 5 Maart 2026 05.03.2026

Agri-Expo is op soek na die volgende jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf. Is jy jonger as 40, en lewer reeds ‘n betekenisvolle en meetbare bydrae tot die suiwelbedryf? Andries Wiese van Hollard vertel meer. Daar is die afgelope tyd baie vrae oor die veiligheid van die melk op ons winkelrakke, gegewe die huidige bek-en-klouseer-krisis. Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap beantwoord...

RSG Landbou 4 Maart 2026 04.03.2026

Die Agri Securitas Trustfonds het onlangs R1 miljoen ryker geword, danksy ‘n groep fikse werknemers van NWK en ander lede van die Lichtenburg-gemeenskap. Ysters vir Landbou is ‘n inisiatief wat in 2024 beplan is, en op 16 November tot volvoering gekom het toe sewe solo-deelnemers en 12 aflosspanne aan die Mosselbaai Ysterman-kompetisie deelgeneem het. Ons gesels met Alf White van NWK. Ons het die...

RSG Landbou 3 Maart 2026 03.03.2026

Ons kuier by Vetkraal Angoras van Christopher en Ruben Roberts. Dié plaas is geleë aan die voet van die Stormberge naby Burgersdorp in die Oos-Kaap. Dit is ongewone wêreld vir Angoras as jy dit met die Karoo vergelyk. Hierdie familie het egter al groot suksesse behaal. Daar is ook landbounuus, en Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou 2 Maart 2026 02.03.2026

Het jy geweet herbivore kan koolstof deur middel van fotosintese bind? Om die koolstofvoetspoor op ‘n melkplaas te bereken, word die DESTiny-model gebruik. Dr. Heinz Meissner vertel van Melk SA se projek in hierdie verband. Pannar vier vanjaar hulle eeufees. Ons hoor by Caria Grobler wat dit vir landbou in Suid-Afrika beteken. Tydens ’n onlangse mediatoer van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging,...

RSG Landbou 28 Februarie 2026 28.02.2026

In ‘n snel veranderende landbou-omgewing is daar heelwaty uitdagings waarmee boere te kampe het. Hoe verstaan ons die rol van private veearste in die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Hoe maak ons sin van beleggingsgeleenthede en die belofte van groei? Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, werp lig op die kwessies.

RSG Landbou 27 Februarie 2026 27.02.2026

Professor Stephanie Midgley, spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was ’n spreker by COP, die VN se konferensie oor klimaatsverandering. Sy praat oor die moontlike implikasies vir Suid-Afrika sou reënwoude in die tropiese gebiede van Suid-Amerika tot niet gaan. Ná ‘n onlangse sneeustorting in Kalifornië vind ons ook uit of sneeustortings as n...

RSG Landbou 26 Februarie 2026 26.02.2026

Rooibos-uitvoere het in 2025 vir die eerste keer die 10 000 ton-merk oorskry, in weerwil van klimaatwisselvalligheid en strenger regulering. Ons praat hieroor met Dawie de Villiers van die SA Rooibosraad. Johan van den Berg is oudergewoonte terug met die week se landbouweervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het.

RSG Landbou 25 Februarie 2026 25.02.2026

Ons hoor dikwels dat daar na wol verwys word as ‘n natuurlike vesel, maar het jy geweet nuwe navorsing wys dat wol se koolstofintensiteit aansienlik verminder wanneer die biogeniese vloei van koolstof in ag geneem word? Ons berig oor bedrog in die visbedryf, wat ‘n wêreldwye probleem is; angellose bye wat amptelike regte in Peru verkry het, en die Amerikaanse Departement van Landbou wat waarsku da...

RSG Landbou 24 Februarie 2026 24.02.2026

Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Hoe oorleef plante en diere in dié streke, en watter impak het dit op landbou? Ons praat met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die Victoria-Wes Skou, en die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, praat oor sy sukses.

RSG Landbou 23 Februarie 2026 23.02.2026

Om die vleisbeesbedryf se mededingendheid te verbeter, moet diere beter by hulle omgewing kan aanpas. Só sê prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad. Ons praat met hom oor die Vleisbeesgenomikaprojek se klimaatswerkswinkel wat vroeg in Maart by die Future Africa-kampus in Pretoria gehou word. HW Beeken van Pioneer Saad praat oor die verskille tussen mieliekultivars wat ’n direkte invloe...

RSG Landbou 21 Februarie 2026 21.02.2026

In ‘n spesiale aflewering van RSG Landbou vier ons boere-humor - sêgoed en staaltjies oor Suid-Afrikaanse plase en die mense wat daarop woeker. Ons stel ondersoek in na idiome met ‘n landbouherkoms, van ‘n kapokhaan tot ou koeie in die sloot.

RSG Landbou 20 Februarie 2026 20.02.2026

Dr. Albert Strever, hoof van die Departement Wingerd en Wynkunde by die Universiteit Stellenbosch, praat oor studenteopleiding in landbou – van spesialiste in dissiplines tot veerkragtigheid in ‘n moderne werkplek en in industrieë met uitdagings. Hy vertel hoe universiteitsopleiding moet aanpas by die werkplek van die toekoms.

RSG Landbou 19 Februarie 2026 19.02.2026

Daar is groot kommer oor die impak wat verskeie kaktusspesies op weiding het. Het jy geweet daar is navorsing wat bewys dat dit nie net nadelig is vir wol- en sybokhaarproduksie nie, maar dat dit ook vleisgehalte kan beïnvloed indien die dier dit sou vreet? Noord-Kaapse veeprodusente word uitgenooi om die kaktusspesies wat ‘n probleem op hulle plase is, na ‘n inligtingsdag op Upington te bring. Rh...

RSG Landbou 18 Februarie 2026 18.02.2026

Haelskade in sommige produksiegebiede het ‘n demper op Suid-Afrika se appel- en peer-oesseisoen geplaas. Die seisoen het ook vroeër as gewoonlik afgeskop. Roelf Pienaar van Tru-Cape sê hoewel die skade kommer wek, bly die bedryf versigtig optimisties. Dieresiekte-uitbrekings is nie nuut nie, maar die omvang en herhaling wat ons tans in Suid-Afrika ondervind, is kommerwekkend. Die fokus op streng b...

RSG Landbou 17 Februarie 2026 17.02.2026

Ons kuier in die Leniesdeel-omgewing by Nicol Muller. Hy is sedert 1990 ’n boerbokprodusent, en het in 2025 by Samic se nasionale karkaskompetisie eerste plek in die boerbok-afdeling behaal. Waarom is boerbokvleis nie geredelik op winkelrakke in Suid-Afrika beskikbaar nie. Watter persepsies is daar oor dié vleis? Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.