RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 4 Februarie 2015 04.02.2015 15:24
Prof. Koos Prinsloo, voorheen verbonde aan die Universiteit van die Noorde, praat oor Effektiewe Mikro-organismes-tegnologie. Dit is die oplossing vir talle probleme soos vuil water, onaanvaarbare gasse, en grond wat met chemikalië besmet is. Dan verduidelik die Instituut vir Graangewasse dat grondboonboere nou moet uitkyk vir blaarvlekke.
RSG Landbou 3 Februarie 2015 03.02.2015 11:52
Melkprodusente in Mpumlanga word deur die MPO uitgenooi om volgende week hulle roetevergaderings by te woon. Lise Roberts gesels met Douglas Dickson hieroor. En tydens die Undercover Farming Ekspo is daar ook 'n konferensie waar die nuutste tegnologie in tonnelboerdery bespreek word.
RSG Landbou 2 Februarie 2015 02.02.2015 12:32
Agri SA praat oor die minimumlone vir plaaswerkers wat op 1 Maart in werking tree.
RSG Landbou 2 Februarie 2015 02.02.2015 12:11
Agri SA praat oor die minimumlone vir plaaswerkers wat op 1 Maart in werking tree.
RSG Landbou 30 Januarie 2015 30.01.2015 15:00
Chris Viljoen kyk na Wêreldvleilanddag wat op 2 Februarie gevier word.
RSG Landbou 29 Januarie 2015 29.01.2015 11:46
Die president van Wildbedryf Suid-Afrika, dr Peter Oberem, praat oor hulle konferensie wat in Maart vanjaar by Sun City gehou word. Vrae soos of die wildboer deel vorm van die Departement van Omgewingsake of die Departement van Landbou, sal aandag geniet. Die ekonoom van Graan SA, Corne Louw, praat oor die impak van die laer ruoliepryse op markte en kommoditeite.
RSG Landbou 28 Januarie 2015 28.01.2015 11:24
Attie van den Berg van Aartappel SA verskaf inligting oor 'n inligtingsdag wat eersdaags op Warden gehou word. En volgens Frans de Klerk, 'n onafhanklike tegniese ontleder, bereik koring 'n haarnaaldbooghoogte.
RSG Landbou 27 Januarie 2015 27.01.2015 10:20
Lise Roberts gesels met Johann Vorster, bestuurshoof van een van die grootste melkkopers in Suid-Afrik. Hulle uitbreiding in Afrika is goeie nuus vir produsente, want melk word nie daar geproduseer nie. Hulle stel ook eersdaags 'n nuwe reeks toegevoegtewaarde produkte bekend.
RSG Landbou 26 Januarie 2015 26.01.2015 10:06
Wat is die impak van die elektrisiteitskrisis op landbou, en doen georganiseerde landbou genoeg om produsente se belange te beskerm? Lise Roberts praat hieroor met die ekonoom van Agri Suid-Afrika, Dawie Maree.
RSG Landbou 23 Januarie 2015 23.01.2015 15:00
'n Tersiêre inrigting rig 'n bioverteerder op vir kos- en vrugte-afval.
RSG Landbou 22 Januarie 2015 22.01.2015 12:00
Suid-Afrika voldoen wel aan van die vereistes om as 'n bek-en-klou vrye gebied verklaar te word, maar heelwat moet nog gedoen word om dit te behou. Gehard Schutte van die RPO verduidelik watter vereistes dringende aandag verg.
RSG Landbou 21 Januarie 2015 21.01.2015 14:27
Volgens Frans de Klerk, 'n onafhanklike tegniese ontleder, plaas die laer olieprys druk op sagte kommoditeite.
RSG Landbou 20 Januarie 2015 20.01.2015 14:52
Die Agri Mega Groep wat hoofsaaklik by landbou in die Wes-Kaap betrokke is, fokus vanjaar ook op Afrika. Orton King praat daaroor, asook die ontwikkeling van die kleinboer. Dan bespreek dr. Koos Coetzee van die MPO internasionale suiwelpryse en plaaslike produksie.
RSG Landbou 19 Januarie 2015 19.01.2015 9:59
Landelike veiligheid is Agri Suid-Afrika se onderwerp van bespreking, volgens die uitvoerende direkteur, Hans van der Merwe. Daar is ook die weeklikse veilingverslag vanaf Kroonstad met Chris Derksen.
RSG Landbou 16 Januarie 2015 16.01.2015 14:33
Chris Viljoen vertel van'n internasionale landbou-inspeksie en ouditorganisasie wat al 95 jaar in die bedryf is.
RSG Landbou 15 Januarie 2015 15.01.2015 10:49
Daar is nuus oor Wildbedryf Suid-Afrika se konferensie in Maart waartydens die wildboer van die jaar aangewys word. Die Landboubemarkingsraad kom ook onder die soeklig.
RSG Landbou 14 Januarie 2015 14.01.2015 14:11
Die mieliebedryf beleef tans 'n tsoenami, volgens die ondervoorsitter van Graan Suid-Afrika, Andries Theron. Graan SA gaan boere nou aanmoedig om meer koring te plant. Die onafhanklike tegniese ontleder, Frans de Klerk, verduidelik die Japanese kerstegniek waarmee produsente en beleggers ingeligte besluite kan neem.
RSG Landbou 13 Januarie 2015 13.01.2015 14:29
Die redakteur van The Dairy Mail, Robyn Joubert, vertel van 'n innoveringskompetisie vir die suiwelbedryf. Crop Life Suid-Afrika het akkreditasie gekryom 'n gewas-lugbespuitingskursus aan te bied. Die kursusleier, Gerrit van Vuuren, vertel meer hiervan.
RSG Landbou 12 Januarie 2015 12.01.2015 14:35
'n Bekende in landboukringe, dr. Theo de Jager, is vroeg in Desember verkies as die president van die Pan African Farmers Organisation. Lise Roberts gesels met hom oor die funksie van die organisasie, en wat hy die volgende twee jaar as president wil bereik. Chris Derksen is ook terug met die eerste veilingverslag vir 2015 vanaf Kroonstad.
RSG Landbou 9 Januarie 2015 09.01.2015 14:23
Roofdiere is op hulle pasoppens vir die elektroniese skaapwagter.
RSG Landbou 8 Januarie 2015 08.01.2015 15:15
Die Cleaver-toekennings word gebruik as platforum om slaghuise en vleismarkte erkenning te gee. Lise Roberts praat met Dave Ford oor die kompetisie, wat ook 'n pluimpie in die hoed van 'n rooivleisboer is. Wil jy dalk in 2015 met 'n nuwe stokperdjie begin? Modeltrekkers is dalk net die ding. Die voorsitter van die SA Modeltrekker Assosiasie praat oor hulle passie.
RSG Landbou 7 Januarie 2015 07.01.2015 13:58
'n Landbou termynmarkmakelaar, Petrus van Eeden, verduidelik hoe makelaars boere kan help. Kolie Paulse, die 2012 plaaswerker van die jaar, deel sy loopbaangeheime in 'n baie motiverende onderhoud.
RSG Landbou 6 Januarie 2015 06.01.2015 13:33
Die nasionale voorsitter van die Melkprodusente Organisasie, en ook 'n boer in KwaZulu-Natal, Tom Turner, praat oor die melkboer se uitdagings in 2015. Dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekersvereniging bespreek wolboere se Januarie-bestuurskalender.
RSG Landbou 5 Januarie 2015 05.01.2015 14:43
Volgens die uitvoerende direkteur van Agri SA, Hans van der Merwe, het landbou ekonomies 'n goeie jaar beleef. Hy gesels oor die brandpunte wat reeds vroeg vanjaar aandag moet geniet. Dan word boere is Suid-Afrika deesdae geforseer om van alternatiewe energie gebruik te maak, maar wat moet in ag geneem word, en wie se kundigheid kan vertrou word? Andre Potgieter van Energy Worx help om hierdie vra...
RSG Landbou 2 Januarie 2015 02.01.2015 14:06
'n Oplossing word gesoek vir die probleem van wildevarke en uitheemse visse.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.