RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 11 Maart 2015 11.03.2015 14:41
RSG Landbou 11 Maart 2015
RSG Landbou 10 Maart 2015 10.03.2015 13:21
RSG Landbou 10 Maart 2015
RSG Landbou 9 Maart 2015 09.03.2015 14:28
RSG Landbou 9 Maart 2015
RSG Landbou 6 Maart 2015 06.03.2015 14:59
RSG Landbou 6 Maart 2015
RSG Landbou 5 Maart 2015 05.03.2015 10:53
RSG Landbou 5 Maart 2015
RSG Landbou 4 Maart 2015 04.03.2015 13:01
RSG Landbou het die jaarlikse Pannar Extravaganza op Delmas bygewoon, en daar met 'n paar boere gesels - onder andere 'n 12jarige boer van Middelburg, Alexander Steenkamp. En die onafhanklike tegniese ontleder, Frans de Klerk, sê die sojaprys toets 'n laagtepunt.
RSG Landbou 3 Maart 2015 03.03.2015 13:35
Bertus de Jongh, bestuurshoof van die Melkprodusente-organisasie, tree af na 24 jaar in die bedryf. Biotek-gewasse kom ook onder die soeklig, en prof. Chris Dannhauser van Gras SA gee raad oor winterweiding.
RSG Landbou 2 Maart 2015 02.03.2015 14:00
Die 26ste Grondhervormingsibizo het verlede week plaasgevind. Standpunte oor grondhervorming en grondbesit is deur verskeie landbou-individue op die tafel gesit. Die sekretarisgeneraal van die ANC en twee ministers was teenwoordig. Johannes Moller, president van Agri SA gee terugvoer hieroor.
RSG Landbou 27 Februarie 2015 27.02.2015 14:52
Met so min as drie karaktereienskappe kan 'n onkruid met 'n slimfoon geïdentifiseer word.
RSG Landbou 26 Februarie 2015 26.02.2015 12:13
'n Veediefstalsindikaat wat landboutydskrifte dophou is tans ernstig bedrywig. Willie Clack van die Gautengse Veediefstaleenheid verskaf inligting hieroor. Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging praat ook oor die risiko's en gevolge wat die intensiewe en selektiewe teel van inheemse spesies op biodiversiteit kan hê.
RSG Landbou 25 Februarie 2015 25.02.2015 12:45
Die tegniese ontleder Frans de Klerk sê sonneblompryse is besig om 'n stygende wigformasie te vorm. Wat kan 'n sonneblomprodusent doen as saad nie wil opkom nie. Dr. Andre Nel van die Instituut vir Graangewasse gee raad. Lise Roberts gesels ook met Jannie de Villiers van Graan Suid-Afrika oor die droogte.
RSG Landbou 24 Februarie 2015 24.02.2015 11:03
'n Switserse maatskappy bemark deesdae donkiemelk. Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie vertel hoekom mense so iets sal wil gebruik. En hoe kies 'n produsent die regte koringplanter. Dewald van Dyk van Rovic Leers gee raad.
RSG Landbou 23 Februarie 2015 23.02.2015 11:42
Wat is die funksie van 'n Distriksgrondkomitee wat Agri Suid-Afrika op die been gebring het? Hoe ondersteun die komitee die huidige tegniese taakspan wat ook grondplanne op die tafel sit. Boeta du Toit van Agri Noordwes beantwoord hierdie vrae.
RSG Landbou 20 Februarie 2015 20.02.2015 14:58
Morog is 'n blaargroente met ongekende gesondheidswaarde en moontlikhede.
RSG Landbou 19 Februarie 2015 19.02.2015 15:21
Lise Roberts kyk na die vervoerstelsel, veral groot vragmotors wat dikwels oorlaai word. Beide die vervoerder en ontvanger word aanspreeklik gehou vir die vrag. En wildboer Piet du Toit vertel van Vrydag 13 Februarie se veiling op sy plaas, en hoe sy loopbaan van onderwyser tot in die wildbedryf ontwikkel het.
RSG Landbou 18 Februarie 2015 18.02.2015 15:06
Is dit nou die tyd om mielies te koop? Die onafhanklike tegniese ontleder Frans de Klerk gee raad. Die Instituut vir Graangewasse versoek boere om aalwurmmonsters in te stuur vir ontleding. En dan vertel Chris Venter van Bosveldgraan hoe produsente kan inskryf vir 'n graanverskansingskompetisie. R18,000 is op die spel.
RSG Landbou 17 Februarie 2015 17.02.2015 15:38
Melkstalhigiëne, kalfgrootmaak, voeding en algemene dieregesondheid is van die kursusse vir plaaswerkers waarop die Instituut vir Suiweltegnologie fokus. Jas Wasserman vertel hoe 'n boer sy werkers kan bemagtig. En Dawie Maree, hoof van Landbou-inligting en bemarking, vertel dat boere voorsiening moet tref vir hoër lone en elektrisiteit.
RSG Landbou 16 Februarie 2015 16.02.2015 10:07
Die president van Agri SA, Johannes Moller, gesels oor Fase 1 van hulle persepsie-opname wat pas afgehandel is.
RSG Landbou 13 Februarie 2015 13.02.2015 14:59
Alternerende drag by sitrus is 'n verskynsel wat wêreldwyd ondersoek word.
RSG Landbou 12 Februarie 2015 12.02.2015 15:18
Skaapvleis Suid Afrika het voorheen bekendgestaan as die Vleisraad. Wilna Loxley-Ford praat oor die organisasie se geskiedenis en funksie. Dan vertel Gawie van Wyk, 'n boer van Carnavon en NWKV produksie adviseur in die streek, van 'n plaaswerkerkursus wat op jou plaas aangebied kan word.
RSG Landbou 11 Februarie 2015 11.02.2015 15:07
Dit lyk nie of daar verdere dalings in die brandstofprys sal wees nie, en produsente sal hiervoor moet voorsiening moet maak, volgens die tegniese ontleder Frans de Klerk. Graan SA praat oor weervoorspellings en die mielie-oes.
RSG Landbou 10 Februarie 2015 10.02.2015 11:38
Volgens die voorsitter van die melkprodusente-organisasie in Limpopo, Jan Hendrik Jacobs, is daar slegs agt melkboere in die provinsie oor.
RSG Landbou 9 Februarie 2015 09.02.2015 12:49
Volgens 'n adviseur van Agri Suid-Afrika, Kosie van Zyl, lyk die reënvooruitsigte glad nie goed nie. Temperature sal tot in die herfs hoog bly.
RSG Landbou 6 Februarie 2015 06.02.2015 14:59
Die Nasionale Plaaswerkerforum behaal sukses met die bou van verhoudings op plase.
RSG Landbou 5 Februarie 2015 05.02.2015 10:13
Volgens die onafhanklike tegniese ontleder, Frans de Klerk, het koring 'n simmetriese driekhoek gevorm. Hy beveel aan wat 'n produsent te doen staan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.