RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 1 Januarie 2015 31.12.2014 15:03
Minder mielies sal voortaan vir die vervaardiging van etanol gebruik word, volgens die American Seed Trade Association. Willem Engelbrecht van K2 Saad het vroeg in Desember die kongres in die VSA bygewoon, en hy praat met Lise Roberts hieroor. Die Diners Club wynmaker van die jaar, Christiaan Groenewald van Arendskloof, gesels oor die eer wat hom toegeval het.
RSG Landbou 31 Desember 2014 31.12.2014 10:55
Agbiz, of soos dit vroeër bekendgestaan het as die Landbou Besigheidskamer, se Agrivooruitskouing vir 2015 kom onder die soeklig. Lise Roberts het by die bestuurshoof, dr. John Purchase, gaan inloer om vas te stel wat hulle siening is van landbou in 2015.
RSG Landbou 30 Desember 2014 30.12.2014 11:58
Die melkverbruiker besef nie altyd wat 'n produsent se insetkoste behels nie, en ook nie die wetlike vereistes waaraan voldoen moet word nie. Barbara Bieldt van die Melkprodusente Organisasie gee meer insig. Die voorsitter van die Worcester Wyn en Olyfroete praat met Lise Roberts oor die unieke eienskappe van die boere en hulle produkte in daardie gebied.
RSG Landbou 29 Desember 2014 29.12.2014 14:40
Boere in die Breedekloofvallei wat beeste besit, word ook deur predasie geteiken. Dis veral die luiperd wat 'n probleem is. Kosie Marais, eienaar van Breëland-landgoed, praat oor die probleem. Die nuutverkose visepresident van Agri SA, Dan Kriek, praat oor die uitdagings van die landboujaar wat verby is, maar kyk ook na hulle fokuspunte vir 2015.
RSG Landbou 26 Desember 2014 25.12.2014 14:47
Chris Viljoen kyk na die Landsdiens-beweging wat sy 100ste bestaansjaar vier.
RSG Landbou 24 Desember 2014 24.12.2014 12:07
Die Graansilobedryf is nou ook deel van Agbiz, en dr. John Purchase verduidelik die rasionaal agter die besluit. Deetlefs wynlandgoed is die wynplaas in die Wes-Kaap wat die tweede langste in familiebesit is. Lise Roberts gesels met Lafras Uys oor hulle wyne. En die bestuurshoof van Graan Suid-Afrika, Jannie de Villiers, se Kersboodskap sal boere sonder twyfel motiveer.
RSG Landbou 15 Desember 2014 15.12.2014 13:51
Landbouskrywers Suid-Afrika se 2014 joernalis van die jaar is Denene Erasmus. Sy skryf vir Farmers Weekly in die Wes-Kaap. Chris Derksen berig oor die laaste 2014 CMW-veiling wat op Kroonstad gehou is. En ons vind meer uit oor die funksie van die Nasionale Landbou Bemarkingsraad.
RSG Landbou 12 Desember 2014 12.12.2014 14:58
Chris Viljoen kyk na die voorsorgmaatreëls teen veld- en bergbrande, wat boere moet tref alvorens hulle met vakansie vertrek.
RSG Landbou 11 Desember 2014 11.12.2014 10:53
As deel van Skaapvleis Suid-Afrika se verbruikersopvoedingsprogram, gee Wilna Loxley-Ford raad vir die feesseisoen. Rooivleisprodusente doen moeite om gesonde skaapvleis te produseer, en dit is vir hulle van groot waarde as verbruikers hulle produk met kennis en keur voorsit. Prof. Hettie Schonfeldt praat ook die verwarring wat bestaan oor die hersiening van die rooivleiskarkas-klassifikasiestelse...
RSG Landbou 10 Desember 2014 10.12.2014 11:17
Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Bureau for Food and Agricultural Policy, is vanjaar deur Graan Suid-Afrika vereer met die Inspirasie-toekenning. Hy is ook deur die SA Landbouskrywersvereniging aangewys as hulle landboukundige van die jaar.
RSG Landbou 9 Desember 2014 09.12.2014 12:25
Die negende Large Herds-konferensie vind vanaf 1 tot 3 Junie in Port Elizabeth plaas. Die organiseerder, Julie MacLachlan, vertel wat belangstellendes kan verwag. Leslie du Plessis van die Neethlingshof-wynplaas is trots op sy werk as meganiese tegnikus. Lise Roberts het die plaas besoek en met hom gesels oor sy lewe as 'n plaaswerker, en die geleenthede wat aan hom gebied word.
RSG Landbou 8 Desember 2014 08.12.2014 12:59
Agri SA is besig met 'n persepsie-opname onder boere en ander landboubedryfskamers. Lise Roberts gesels hieroor met die president van Agri SA, Johannes Moller. Chris Derksen berig oor die CMW-veiling wat op Kroonstad gehou is. En die Pinotage Assosiasie groei van krag tot krag. Ernst Janovski van Absa Agri Besigheid praat oor hulle verbindtenis met die Assosiasie en hoe landbou baat by die uitbrei...
RSG Landbou 5 Desember 2014 05.12.2014 14:59
Waarom moet hoenders en varke teen hitte beskerm word?
RSG Landbou 4 Desember 2014 04.12.2014 12:46
Beesleukose is 'n vorm kanker wat aan die toeneem is, veral onder melkkuddes. Dr. Chris van Dijk van Zoëtis vertel meer hieroor. Die varkboerkundige, dr. Danie Visser, praat oor varkvoeding.
RSG Landbou 3 Desember 2014 03.12.2014 13:39
Lise Roberts gesels met Muntingh Hatting, 'n UP-student, oor sy navorsing. Die bemarkingsbestuurder van die Valley Macadamias-groep, Lindi van Rooyen, gesels oor die wisselkoersvoordele vir die makadamiabedryf, en oor kwaliteit wat nie altyd na wense is nie.
RSG Landbou 2 Desember 2014 02.12.2014 11:37
Lise Roberts gesels met die ekonoom van die MPO, dr. Koos Coetzee, oor internasionale en plaaslike suiwelpryse. Dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekersvereniging sê kleinveeboere moet nou al vir die winter voorberei.
RSG Landbou 1 Desember 2014 01.12.2014 13:30
Die tegniese taakspan vir Grondhervorming wat deur Minister Nkwinti versoek is om te vergader, het verlede week ontmoet. Lise Roberts praat met Agri SA hieroor. Absa se Landbouvooruitskouing is bekendgemaak. Die weeklikse veilingverslag ook op die spyskaart.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.