RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE WORTEL VAN ALLE KWAAD deur Christelle van Tonder 12.07.2018 30:32
Transitiorooftogte het van 2016 tot 2017 met 43% toegeneem. Meer as 90% van hierdie rooftogte gebeur met die hulp van informante aan die binnekant. Onskuldige mense word in die spervuur vasgevang, en sekuriteitswagte boet met hulle lewens deur net hulle werk te doen. Volgens voormalige transito-veligheidswag Mark Austin, is daar altyd iemand aan die binnekant betrokke. Mark het nege jaar lank op d...
DIE PINK RODS WIELEWAAI IN DIE BAAI deur Marika Spoormaker 05.07.2018 26:37
Noem dit stampkarre, ovaalbaanwedrenmotors, stock cars of net wat jy wil, maar sorg dat jy minstens een keer in jou lewe gaan kyk hoe jaag die mense in hulle omgeboude motors teen mekaar. Presisie en tydsberekening , met die lepel diep ingetrap, is alles. Mariska Spoormaker het die opwindende motorsport in Port Elizabeth gaan kyk, en uitgevind dat die Pink Rods, 'n spesiale kategorie vir vroue, oo...
GEPLAK EN GESTEMPEL deur Chris Swanepoel 29.03.2018 25:03
Seëlversamelaars vertel waar die gogga hulle gebyt het, watter tipe seëls hulle versamel, wat 'n seël waardevol maak, en hoe seëls georden en geberg moet word.
DIE BLOM VAN HANOVER PARK deur Martelize Brink 22.03.2018 25:12
Bendeaktiwiteite het leerders en personeel in die verlede genoop om plat te val sodat hulle nie slagoffers van geweld in die gemeenskap word nie. Blomvlei Laerskool in Hanover Park is 'n bioom van koestering van kinders in die omgewing om hulle beste lewe te lei en die valstrikke in die gemeenskap vry te spring.
DIE VIOOLMAKER: FYN BESNAARD deur Jacqui January 15.03.2018 24:58
Die viool is fyn besnaard, maar tog hardebaard. Die strykinstrument word eeue lank beskou as die maatstaf waarteen alle ander instrumente gemeet word, al is daar geen oortuigende bewyse hiervoor nie. Vioolmakler Evehardus Esterhuizen vertel van die gesofistikeerde kuns van vioolmaak wat reeds eeue gelede deur die ou meesters vervolmaak is.
HANS DU PLESSIS: STORIEVERTELLER VAN DIE MOOIRIVIER deur Ina Strydom 08.03.2018 26:29
Ina Strydom kyk na die taalkundige en skrywer se navorsing oor variasietaalkunde en skryf in 'n ander taalvariëteit, die geskiedenis as storiebron, en Afrikaans.
EDUARD GREYLING: IN BEWEGING deur Johan van Lill 01.03.2018 25:31
Eduard Greyling, die eertydse dansmaat van Phyllis Spira, het op 15 Februarie sy 70ste verjaardag gevier. Hy was in die buiteland op verskeie verhoë te sien. In Suid-Afrika is hy 'n ballet-ikoon, bekend vir sy bydrae as danser en resensent.
SPIRITUALITEIT deur Jacqui January 22.02.2018 27:30
Mense raak al hoe meer bewus van hulle spiritualiteit en ander skram weg daarvan. Vir baie is dit deel van hulle godsdiens en vir ander is dit 'n leefwyse. Wat beteken dit Spiritualiteit? Deelnemers vertel van hulle soeke na daarna in eeu-oue geloofspraktyke en in die Christendom. Kom hoor van die interssantheid van die God-Kol en hoe innerlike stilte in spiritualiteit beoefen word.
ADAM KOK III SE VOETSPORE IN PHILIPPOLIS deur Johan Rademan 15.02.2018 27:30
Adam Kok III se Griekwas het vir bykans vier dekades floreer in die Philippolis-gebied, voordat hulle uiteindelik voor 'n paar magte moes swig - die Engelse en Duitse dendelinge, Britse oorheersing, die Trekboere, die Voortrekkers en ander vigilante-groepe wat amper soos in die Wilde Weste geleef het. Prof. Doreen Atkinson skets die agtergrond waarteen gebeure in die tydperk afgespeel het. Kaptein...
WITBOORDJIEBOKS deur Jody Hendricks 08.02.2018 22:44
Witboortjieboks is 'n nuwe fiksheidsuitdaging wat deur duisende Suid-Afrikaners beoefen word. Dit gee Jan en San Alleman die kans om ná 'n lang dag by die werk, van hulle frustrasies ontslae te raak. Van hulle klim selfs in die kryt en veg teen mekaar. Jody Hendricks het by 'n paar van die boksgimnasiums in Gauteng gaan inloer om meer hieroor uit te vind.
DIANA FERRUS: VROU VAN DIE GROND deur Haidee Muller 01.02.2018 27:51
Haidee Muller bring aan jou die verhaal van Diana Ferrus, digter en kortverhaalskrywer. In 1999 verwerf sy haar B.A. Honneurs-graad in vrouestudies, en skryf dan in vir 'n meestersgraad oor “Swart Afrikaanse vroueskrywers – die vreugde en frustrasies van die skryfproses”. In 2003 is sy 'n finalis vir die toekenning van Suid-Afrika se Vrou van die Jaar. Haar passie vir die ontwikkeling en bemagtigi...
CITY DEEP, JOHANNESBURG deur Fritz Klaaste 25.01.2018 21:05
Die Johannesburg Varsproduktemark in City Deep het nederig in 1893 begin, maar spog vandag met 'n omset van R5-miljard. 'n Miljoen ton se groente en vrugte word jaarliks daar verhandel, en 10 000 mense is elke dag daar om handel te dryf. Jy kan by 20 000 geregistreerde handelaars, wat 5 000 boere verteenwoordig, kies en keur tussen 341 variëteite. Die mark is 'n werkskepper soos min, en sorg dat d...
DIE WATERDRAERS deur Esté Gross 18.01.2018 23:48
Volgens statistiek van die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koninkryk is daar wêreldwyd nagenoeg 44-miljoen werkende donkies. Niemand weet werklik hoeveel donkies daar in Suid-Afrika is nie. Die meeste mense is onbewus van die die nood en omstandighede waarin die donkies moet oorleef. Este Gross het in die platteland na 'n verafgeleë township gegaan om uit te vind...
'N FAMILIE-AFFÊRE deur Christelle van Tonder 11.01.2018 31:12
Die Malan gesin van Louis Trichardt is uniek. Felix en sy twee dogters Ziamay (15) en Danieka (17) is aldrie onder die top 200 fikste Crossfit-atlete in die wêreld. Ma, Lee Malan, bestuur die familie se skedules, en sorg dat almal se mae vol is. Christelle van Tonder het by hierdie fikse familie gaan kuier, en gaan uitvind hoe sake verloop in 'n huishouding waar drie kompeterende atlete woon.
GEMEENSKAPSBOU OP ‘N HOË NOOT deur Mariska Spoormaker 04.01.2018 26:50
Port Elizabeth se noordelike voorstede is bekend vir bendegeweld. Min mense is egter bewus van die groot rol wat kore as gemeenskapsbouer in die gebied speel. Mariska Spoormaker het meer hieroor gaan uitvind, en koorlede oor drie generasies heen gevind wat al singende brûe van hoop, liefde en heling bou.
80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 4 deur Johann Russouw 28.09.2017 26:30
1990 – 2017: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die SAUK se Afrikaanse radiostasie, RSG, uitgesaai en in die program ingesluit is, is Suid-Afrika se terugkeer na die Olimpiese Spele in 1992, Suid-Afrika se Rugby Wêreldbeker oorwinnings in 1995 en 2007, Suid-Afrika se sukses in die Afrika Nasies Sokkerkampioenskap van 1996, Hansie Cronje se Protea-krieketspan se oorwinnings oor Pak...
80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 3 deur Johann Russouw 21.09.2017 25:32
1975 – 1989: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK uitgesaai en in die program ingesluit is, is die Springbokke van Wynand Claassen se rugbytoer na Nieu-Seeland in 1980, die heel eerste Miljoen-Dollar Gholftoernooi op Sun City in 1981, die rebelle toere van die Engelse-, Wes-Indiese en Australiese krieketspanne na Suid-Afrika tussen 1983 en 1986...
80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 2 deur Johann Russouw 14.09.2017 25:22
1962 – 1974: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK uitgesaai en in die program ingesluit is, is die Springbokke se dramatiese kriekettoetsreeks van 1964 in Australië, die eerste droommyl wat in Suid-Afrika gehardloop is, Karen Muir se wêreldswemrekord in 1967, Paul Nash se atletiekwêreldrekord in die 100-meter, en die Springbokke se rugby-toetsr...
80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 1 deur Johann Russouw 07.09.2017 25:59
1937 – 1961: Luister na die heel eerste regstreekse sportkommentaar wat deur die destydse Kanaal 2 van die SAUK uitgesaai is. Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat in die program ingesluit is, is die Olimpiese Spele van 1948, die All Blacks se rugbytoer na Suid-Afrika in 1949, die Engelse krieketspan se reeks teen Clive van Ryneveld se Springbokke in 1958 en Sandra Reynolds se wedstryd te...
WAAR KOM EK VANDAAN? deur Chris Swanepoel 31.08.2017 26:28
Gedurende die twintigste eeu het die belangstelling in familiegeskiedenis met rasse skrede toegeneem. Vandag is dit een van die gewildste tydverdrywe in die westerse wêreld. Een van die redes hiervoor is waarskynlik omdat daar al hoe meer klem geplaas word op die individu se plek, betekenis en regte in die samelewing. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die gewildheid van genealogiese navorsing elk...
RASTA - AGTER DIE ROOKSKERM deur Johan Rademan 24.08.2017 28:31
Judah Square is die grootste Rastafari-gemeenskap in Suid- Afrika. Johan Rademan het die nedersetting met 27 gesinne in Khayalethu buite Knysna besoek, waar hy die waardes, lewensbeskouing, simboliek en menswees van die Rastafari ondersoek het. Nadat die munisipaliteit in 1993 grond aan die gemeenskap toegeken het, het dit 'n produktiewe en in 'n groot mate selfvoorsienende gemeenskap geword. Skoo...
EBENHAESER SE MENSE deur Haidee Muller 17.08.2017 26:11
Ebenhaeser is 'n klein sendingdorpie anderkant Vredendal in die Wes-Kaap. Haidee Muller het daar gaan kuier. Sy vertel die stories van die mense wat daar woon, en hoekom hulle hulle hartsplek koester.
UIT DIE BOKS GELEEF deur Fritz Klaaste 10.08.2017 24:56
Gemeenskapsport is een van die maniere om waarde toe te voeg tot die gemeenskapslewe, maar 'n boksklub in Lenasia, suid van Johannesburg, het alle verwagtinge oortref. Aman Khan het die klub op 1 Junie 1961 gestig, en vandag, ná drie generasies, is die klub steeds bedrywig. Fritz Klaaste kyk na die klub se aktiwiteite en die dryfkrag daaragter, Imran Khan, wat vroeër vanjaar gesterf het.
AL DANSENDE VAN MACCASSAR TOT ROTTERDAM deur Johan van Lill 03.08.2017 25:59
Kirvan Fortuin is jong danser en choreograaf, wat in Macassar op die Kaapse Vlakte grootgeword het en wat sy passie as 'n beroep gekies het. Hierdie passie het hom gelei na verhoë, oorsee en plaaslik.
SEUNSKOOR deur Christelle van Tonder 27.07.2017 30:47
Die wêreldbekende Drakensberg Seunskoor vier vanjaar sy 50e bestaansjaar. Die skool het in 1967 begin met 20 seuns, en 50 jaar later spog hulle met 120 seuns van graad 4 tot graad 9. Die woord broederskap word graag deur die onderwysers en die seuns gebruik om hulle verhoudings te beskryf. Christelle van Tonder het twee dae saam met die seuns spandeer, en uitgevind wat dit beteken om 'n Drakie te...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.