RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 354 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

OM DIE TSITSIKAMMABOS MET HEINEY TE BELEEF deur Mariska Spoormaker 04.07.2019

Net soos Daleen Matthee die Knysnabosse vir ons oopgeskryf het, só praat Heiney Jacobs, natuurgids van die Tsitsikamma, die bos vir ons oop. Só passievol deel hy die Tsitsikammabos en alles wat daarin leef en beef, dat ‘n mens voel jy wil jou tentpenne daar inslaan en nooit weer terugkeer na die stad nie.

NOOIT TE OUD VIR BALLET NIE! deur Mariska Spoormaker 28.03.2019

'n Mens raak skoon uitasem om op die spoor van Louie-Anna Nel, hiperaktiewe ouma van Mosselbaai, te probeer bly. Hierdie 78-jarige vrou swem 'n uur en 'n half lank op 'n slag. Sy doen joga, volg 'n rou vegandieet en is kliphard besig met haar matriek-wiskunde. Drie jaar gelede, toe Louie-Anna 75 was, het sy selfs met balletklasse begin. Mariska Spoormaker het haar in só 'n klas, al dansende tussen...

WIPPLANK: TOBIE CRONJÉ 70 20.03.2019

Tobias Jurgens Cronje het in November 2018 sy 70ste verjaardag gevier. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het al in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf word hy steeds onthou vir rolle soos die van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous...

VAN DIE MOND NA DIE HAND deur Esté Gross 14.03.2019

Die getal haweloses in Johannesburg neem daagliks toe. Hierdie mense se selfwaarde word afgebreek deur die uitmergelende omstandighede van 'n lewe op straat en elke dag se bakhand staan. Dis moeilik om uit die kringloop te breek, maar daar is hoop. Este Gross besoek die Gereformeerde Kerk in Linden, Johannesburg, se sopkombuis wat nie net kos gee nie, maar ook mense ophef deur vir hulle kunsvaardi...

GIVE A LITTLE LOVE, DIE STORIE VAN IBRAHIM KHALIL SHIHAB deur Martelize Brink 07.03.2019

Musieklegende Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder, maak in die ouderdom van 72 'n terugkeer na die verhoog met die hulp van Ramon Alexander, wat Ibrahim as 'n held beskou. Geïnspireer deur 'n musikale familie en sonder enige formele opleiding, het hy van die grootste Suid-Afrikaanse treffers van die jare 70 en 80 geskryf, maar was grootliks as klavierspeler, in die skaduwee va...

VAN EEKHORING TOT SPRINGBOK deur Jody Hendricks 28.02.2019

Op 18 Augustus 2018 maak Damian Willemse sy debuut vir die Springbokke. Sodoende word hy ook die eerste Springbok wat Somerset-Wes Metodiste Primêre Skool opgelewer het. Jody Hendricks kyk Damien se pad tot by die groen en goud.

SKRIF TEEN DIE MUUR deur Lizelle de Bruin 21.02.2019

Graffiti laat sommige mense steier, en ander staan in verwondering. Lizelle de Bruin gesels met graffitikunstenaars en kunstenaars wat deur die Graffiti Renaissance beïnvloed is. Graffiti bring kleur en betekenis na die mees onwaarskynlike plekke.

KINNERS VAN DIE WELFARE deur Christelle van Tonder 14.02.2019

Volgens die grondwet het alle kinders die reg om beskerm te word teen alle vorms van geweld. Ongelukkig word te veel kinders in Suid-Afrika se regte geskend. Mareli Venter is 'n statutêre maatskaplike werker van Johannesburg wat gereeld kinders uit hulle ouerhuise moet verwyder as gevolg van mishandeling, seksuele geweld en dwelm- en alkoho misbruik deur die voog. Die kinders word weggeneem, maar...

KUNS VIR 'N OOMBLIK deur Johan van Lill 07.02.2019

Strijdom van der Merwe is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar. Sy werk verken die brose wisselwerking tussen mens en natuur. Die meeste van sy kunswerke vat 'n oomblik in tyd vas, omdat dit deur natuurelemente verweer word, en later tot niet gaan. Ons leer ken die kunstenaar, en maak saam met hom 'n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer 'n kunswerk gebeur en gedokumenteer...

Strijdom van der Merwe se klankskildery 07.02.2019

Johan van Lill maak saam met landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe 'n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer 'n kunswerk gebeur en gedokumenteer word.

NAGEBOORTE NAELSTRING deur Jacqui January 31.01.2019

Die Sweedse navorser, Annemarie Widstrom, het navorsing gedoen oor die vel-tot-vel kontak tussen 'n pasgebore baba en mamma. Daar is vasgestel dat daar nege stadiums is in die eerste uur of twee na geboorte. Dit is ingebore en instinktiewe fases vir die baba. Dit wil voorkom of al daai “ouvrou-stories” beproefde oorlewingsfeite is!

EEN VAN DIE LAASTE VUURTORINGMANNE deur Mariska Spoormaker 24.01.2019

Suid-Afrika se vuurtoringwagters is besig om te verdwyn want tegnologie het hulle taak oorgeneem. Martin Peterson, vuurtoringwagter van die Groot Vispunt-vuurtoring buite Port Alfred in die Oos-Kaap, is een van die laaste vier in die land wat nog die beroep beoefen. Mariska Spoormaker het by hom gaan kuier.

PORTRET VAN 'N SKRYWER deur Ina Strydom 17.01.2019

Die Sestiger-skrywer Chris Barnard sou vanjaar 80 jaar oud geword het. Hy was een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans, en het merkwaardige werk gelewer in verskeie genres: die roman, die kortkuns, die drama en die hoorspel sowel as skrywer van rolprent- en televisiedraaiboeke. Barnard is twee keer met die Hertzogprys bekroon.

KATRINA, DIE DANSENDE TAAL deur Jacqui January en Coenie de Villiers 10.01.2019

Hierdie klankweergawe van die gelyknamige ballet, vertel die verhaal van Ouma Katrina Esau, die laaste vlotspreker van die oeroue N/UU-taal. Sy vertel haar lewensverhaal in haar eie woorde, met musiek deur Coenie de Villiers. Die produksie is oorspronklik aangebied in samewerking met KunsteKaap as deel van die teater se Erfenisjaar-produksies in 2018. Die choreografie vir die produksie is gedoen d...

WAYNE MANSFIELD: VAN VRUGTESMOUS TOT SUURLEMOENBOER deur Haidee Muller 03.01.2019

Wayne Mansfield van Pniel is verlede jaar aangewys aan die Wes-Kaapse Opkomende Boer van die Jaar. Hy is nege jaar gelede deur die wynlandgoed, Fairview, genader oor 'n geleentheid om 'n suurlemoenboerdery op 'n stukkie grond op die landgoed te begin. In die tyd was hy 'n vrugtesmous wat tweedeklasvrugte gekoop, verpak en aan markte verkoop het. Vandag strek sy Fruitfield Farming se suurlemoenboor...

EEN DAG OP 'N SLAG deur Esté Gross 27.09.2018

Volgens die 2014-kankerregister word daar elke jaar as 100,000 mense in Suid-Afrika met kanker gediagnoseer. Die kans is dus goed dat jy dalk iemand ken wat kanker het. Waardeur gaan jou geliefde wat die stryd met kanker voer? Hoe kan jy die pad vir iemand ligter maak?

DIE SON STAAN NIE STIL NIE deur Chris Swanepoel 20.09.2018

Dit is bekend dat die Egiptenare en die Babiloniërs reeds met behulp van sonwysers nie alleen tyd bereken het nie, maar ook die gang van die seisoene kon bepaal. In Suid-Afrika is daar ook verskeie historiese sonwysers, onder andere in die Kasteel, die Slawelosie en die Kompanjiestuin waar daar ongelukkig as gevolg van vandalisme, 'n replika van die oorspronklike opgerig moes word. Chris Swanepoel...

DIE STORIE VAN MARK PURNELLE deur Jacqui January 13.09.2018

Mark Purnelle is met outisme en disleksie gediagnoseer. Dit het hom ongeletterd gelaat, en die stigma van gestremdhede het baie deure vir hom toegemaak. Hy werk al 30 jaar lank by 'n ingenieurswerkswinkel, en ry elke oggend met sy fiets werk toe. Mark sukkel sy lewe lank met depressie en angsaanvalle. Drie jaar gelede het hy besluit hy wil studeer. In weerwil van al die uitdagings van disleksie, s...

FELICIA LESCH – MEER AS NET MUSIEK deur Johan van Lill 06.09.2018

Die naam Felicia Lesch is sinoniem met die ontwikkeling van musiek en talent. Leer ken hierdie besondere vrou, wat deur al haar studente as 'n ma-figuur gesien word, van naderby. Vir haar gaan dit oor meer as net musiek – dit gaan oor die mens.

HIER KOMMIE BOKKE... JULIAN THERON SE BOKKE! deur Johan Rademan 30.08.2018

Julian Theron word beskou as die top Springbokteler in die land en waarskynlik op die planeet. Prof. Piet Eloff van Hoe verklaar jy dit?-faam het as onderwyser by Paul Roos Gimnasium besef dat Julian, wat deur party mense as dom beskou is, eintlik briljant is. Hy is met disleksie gediagnoseer en moes daarom werk om die hoogste prestasies te behaal. In 'n stadium het hy die top 10 posisies op die S...

MAMA SOWETO deur Christelle van Tonder 23.08.2018

Op 80 jaar is Estelle Bester liewer vir Soweto en sy mense as ooit. Haar verhouding met die township strek ver terug. Sy word deur sommige toergidse beskou as die moeder van soweto wat toerisme betref. Orals waar sy gaan, herken die mense haar en knoop hulle geselsies met haar aan. Maar waar het dit begin? Hoe het 'n middeljarige wit vrou in die middel jare 80 in Soweto beland? Christelle van Tond...

OM ‘N TWEEDE LEWENSKANS TE VIER deur Mariska Spoormaker 16.08.2018

Talle Suid-Afrikaners lei 'n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat 'n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoo...

SIYABONGA SUSTER CHRISNA, SIYABONGA deur Martelize Brink 08.08.2018

Suster Chrisna du Plessis het 16 jaar gelede iemand buite 'n kliniek gesien op die grond lê, wat besig was om te sterf weens MIV/VIGS-komplikasies. Sy het daar en dan besluit dat daar 'n plek in haar gemeenskap moet wees waar mense in nood kan aanklop om hulp. Sy het toe die Siyabonga Care Village op Vredenburg op die been vebring. Dit is 'n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, 'n tuiste vir...

'N GELEEFDE LEWE deur Ina Strydom 02.08.2018

John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom ná sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is 'n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na die bekroonde skrywer se lewe en werk.

DIE SHACK-BOUER EN FREEDOM FARM SE MENSE deur Haidee Muller 19.07.2018

Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy sê, 'n living maak. Sy het gehoor van die eina's van die gemeenskap, maar daar is ook 'n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe krui...

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.