RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 354 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE VERSTE REIS deur Daniel Hugo 09.07.2020

Hierdie program program oor die lewe en werk van skryfster Elsa Joubert, is in 1998 deur Daniel Hugo gemaak. Joubert is onlangs in die ouderdom van 97 jaar in Kaapstad oorlede.

'N BESOEK AAN DIE BARBERSHOP deur Jody Hendricks 19.03.2020

Die eerste Legends Barbershop het in 2011 oopgemaak, maar na verskeie terugslae het die eienaar, Sheldon Tatchell, eers in 2014 regtig begin vordering maak met sy idee vir 'n unieke barbierwinkel in Suid Afrika. Jody Hendricks volg Sheldon se reis van een winkel in Eldorado Park tot vandag waar hy meer as 15 winkels dwarsoor die land het.

KATOT MEYER EN SY OORLOG TEEN INDRINGERBOME deur Mariska Spoormaker 12.03.2020

Ontmoet Katot Meyer, 'n gewese landbou-wateringenieur, wat al 20 jaar lank sy eie oorlog voer teen indringerbome en -plante in die Suid-Kaap. Mariska Spoormaker het hom in sy Pietersrivier-natuurreservaat gaan opsoek, en baie meer verhale as net die van dorstige indringerbome gekry.

DIE GESKENK VAN AANNEMING deur Jacqui January 05.03.2020

Alhoewel die Wet op Kindersorg (Wet 38 van 2005) baie duidelik en voorskriftelik is, is daar baie vooroordele en stigmas oor paartjies van dieselfde geslag wat kinders aanneem. Drie maatskaplike werkers deel hulle kundigheid en ervarings van ouers van dieselfde geslag, wat kies om kinders onvoorwaardelik aan te neem. 'n Gay pa vertel van die voorreg en groot vreugde om drie kinders te kon aanneem....

CARLOS VAN DIE ROOIBERG deur Johan Rademan 27.02.2020

Fossiele van pofadders, werktuie van die Khoi en San-inwoners van honderde jare gelede wat in die oorvloed van die omgewing gedeel het, en 'n inspirenende Afrikaanssprekende Portugees, Carlos Araujo, wag op jou wanneer Johan Rademan saam met hom die pad vat.

SO RY DIE TREIN deur Martelize Brink 20.02.2020

Ná drie jaar en verskeie vertragings is die eerste deel van Kaapstad se treinroete na Eersterivier op 13 Februarie 1862 geopen. Martelize Brink kyk na die afgelope 158 jaar van treindienste in die Wes-Kaap - van die eerste klein platform wat as treinstasie gedien het, die groot opwinding van die 2010 Sokkerwêreldbeker, lojale pendelaars van die noordelike en suidelike roetes wat na die treindrywer...

BLINDEKOL deur Haidee Muller 13.02.2020

Haidee Muller het op Worcester die blinde en swaksiende krieketspan, Die Worcester Victorians, ontmoet. Die span bestaan uit vyf spelers wat blind is en 13 at swaksiende is. Om krieket te speel, was 'n groot droom vir Gerhard Trollip, wat net tussen lig en donker kan onderskei. Hy het in 1999 mense nadergehark om krieket te demonstreer aan die blindes en swaksiendes, en so het Die Worcester Victor...

KYALAMI - DIT DREUN WEER IN ONS HUIS deur Fritz Klaaste 06.02.2020

Kyalami is 'n lewende museum wat die Suid-Afrikaanse motorsportgeskiedenis sedert 1961 uitbeeld. Die wêreld se grootste name het al hier gery. In die ses dekades van sy bestaan het Kyalami geblom, gebloei, gesteier, geval en weer opgestaan. In November 2019 is die eerste internasionale wedren in 37 jaar daar aangebied, en Fritz Klaaste was daar.

DIE TOEBROODJIE-MENEER deur Mariska Spoormaker 30.01.2020

Op Uitenhage vind n mens die sonderlinge verhaal van 'n toebroodjie-meneer, wat jare gelede 'n arm, uitsiglose outjie só geïnspireer het, dat hy vandag skoolhoof is. Hy is Stephen de Bruin, hoof van die John Walton Sekondêre Skool op Uitenhage. Hy pas dieselfde beginsels op sy leerlinge toe as sy toebroodjiemeneer, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die skool besoek het.

LEIPOLDT SE POLFYNTJIE deur Ina Strydom 23.01.2020

C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as 'n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal...

DIE SILWER SNAAR deur Hennie Maas 16.01.2020

Jan van Rooyen is 'n voormalige regsakademikus wat van jongs af die klank van die viool bestudeer en daarmee gewerk het. Hy vertel hoe hy die eerste keer vir Jascha Heifetz oor 'n krappige radio op Lindley in die Vrystaat gehoor het, en hoe hy sy hart verloor het. Vir hom is die klank van die viool die belangrikste – nie noodwendig die ouderom of afkoms van die instrument nie. Daarom het hy 'n stu...

MAJESTEIT DIE KAT deur Johan Rademan 09.01.2020

Johan Rademan gesels met die digter Lina Spies oor haar liefde vir katte. Die akteur en voorleser Nic de Jager sit saam om met voorlesings om die tafel haar werke in te kleur. Lina Spies is op 6 Maart 1939 - die jaar waarin die Tweede Wêreldoorlog begin het, gebore. Haar liefde vir katte is alombekend, maar 'n sekere siklus en sluiting oor die naamgewing van haar katte is nou voltooi. Die naam sla...

STUKKIES IN DIE LEGKAART VAN DIE LEWE deur Ina Strydom 02.01.2020

Die veelsydige en veelbekroonde Dolf van Niekerk het in 2019 90 jaar oud geword. Die stukke van die legkaart van sy lewe sluit onder meer sy loopbaan as omroeper en radiodramaturg in; sy loopbaan in die Departement van Landbou; sy doktorsgraad in die filosofie, en as voorloper en vernuwer in die letterkunde, is hy deel van die Sestigers. Uit sy pen verskyn poësie, prosa en drama. Onlangs is sy jeu...

ABDOEL SE AMG-PERDE deur Haidee Muller 26.09.2019

Hy het talle pryse by landbouskoue gekry, vertel Abdoel Absolom van Kalksteenfontien. Haidee Muller het meer gaan uitvind van Abdoel se skouperde, wat hy in die perdestalle huisves by Freedom Farm in Belhar. Abdoel verwys na hulle as AMG-Mercedes perde. Drie seuns vertel ook hoe die wêreld van perde vir hulle nuwe betekenis aan die lewe gee. Al woon hulle in plakkerskampe en het hulle min, is hier...

OUMA LEER SKRYF deur Mariska Spoormaker 19.09.2019

Op 64-jarige ouderdom sit ouma Johanna Wewers van Despatch vir die eerste keer in haar lewe in die klas, en dít omdat sy, nes haar kleinkinders, wil kan skryf. Mariska Spoormaker het by die klas, waar ander vroue ook leer lees en skryf, gaan inloer.

BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan 12.09.2019

Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik 'n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstena...

PROEFKONYN deur Christelle van Tonder 05.09.2019

Kan dit as eties beskou word om diere te gebruik vir navorsing om die mens se lewe te verbeter of te vergemaklik? As jy die keuse gegee word om te kies dat jou kind se lewe gered word, of dat 'n rot sy lewe gee om mediese vooruitgang te help, wat sal jy kies? Wat gee mense die reg om diere te gebruik? Hierdie vrae en meer word in diepte bespreek veeartse, aktiviste en akademici. Christelle van Ton...

MET DIE MAAN GEPLA deur Hennie Maas 29.08.2019

Die mensdom is al van eeue gelede af met die maan gepla, en verlede maand het die wêreld die vyftigjarige herdenking van die eerste mens op die maan gevier. Hennie Maas kyk met 'n ander oog na die aarde se enigste natuurlike satelliet – die maan. Die eerste optekening van die maan is millenia gelede gedoen. Dit het destyds 'n sentrale rol in die godsdiens gespeel. Prof. Alex Duffey verduidelik hoe...

DIE VERLORE SPRINGBOK deur Jody Hendricks 22.08.2019

Die Shields-familie van die Strand het geen bekendstelling in rugbykringe nodig nie. Daar is ses broers wat almal rugby gespeel het. Dit was veral die jongste broer, Hennie, wat plaaslik en internasionaal presteer het. Hy was die eerste Bruin speler wat vir die WP uitgedraf het, maar die Springbokspan was hom nooit beskore nie. Hennie het deesdae amper niks met rugby te doen nie. Hy vertel vir Jod...

LANK LEWE LANGARM deur Haidee Muller 15.08.2019

Langarm-dans was reeds in die koloniale tydperk in die Kaap as ʼn vorm van ontspanning en vermaak bekend. Dit het mettertyd al hoe gewilder geword in die Bruin-gemeenskap, en is beïnvloed deur ʼn verskeidenheid dansstyle en musiek, waaronder Engelse kontradans (oftewel 'Country dancing'), kadriel-danse, militêre dansgroepe en Kaap-Maleise Kadrieldans-groepe. Haidee Muller het by 'n paar groot langar...

DIE KAFEE OP DIE HOEK deur Esté Gross 08.08.2019

Wanneer laas het jy 'n draai gemaak by die kafee op die hoek? Die winkels, wat gewoonlik generasies lank in die familie is, word al hoe skaarser. Almal het hulle eie idee van hoe die tipiese kafee lyk, of dit nou vars vis en skyfies is, of die taai toffies wat in rye uitgestal word op die toonbank. Este Gross besoek 'n paar hoekkafees om meer uit te vind van die geskiedenis, die lang ure, die kult...

'N BAIE SPESIALE PLEK deur Fritz Klaaste 01.08.2019

Die Woodside Tehuis in Cottesloe in Johannesburg sien om na 86 mense met buitengewoon intellektuele gestremdhede. Die inwoners kan nie na hulleself omsien nie en benodig totale verpleegsorg, Van hulle het die breinkapasiteit van 'n pasgebore baba tot vier jaar oue kind. Hulle ouderdomme wissel van drie tot 64 jaar oud. 'n Groep professionele verpleegkundiges versorg die inwoners, en laat jou toe o...

TUIS BY DIE HUIS deur Christelle van Tonder 25.07.2019

Tuisonderrig is eers in 1996 in Suid-Afrika gewettig, alhoewel baie ouers dwars oor die land reeds vir baie jare voor die wet verander is, hulle kinders by die huis “skool” gegee het. Met die wettiging van tuisonderrig moet elke kind wat nie by 'n skool ingeskryf is nie, by die Departement van Onderwys registreer. Slegs 1% van die meer as 100,000 tuisonderrig-leerders in 2019 is geregistreer. Rols...

LEES IS SIEN deur Jacqui January 18.07.2019

Jacqui January vertel die storie van die SA Biblioteek vir Blindes wat vanjaar sy 100e bestaansjaar vier. Die biblioteek is in 1919 deur Josephine Wood in 'n kamer in haar huis begin, en spog 100 jaar later met 24,000 boeke in hulle versameling. Tegnologie het die bandhulp vir blindes 'n hupstoot gegee, maar die 200-jaar oue skryf en leesstelsel, Braille, is steeds 'n integrale deel van die bemagt...

WAT IS 'N HUIS SONDER 'N CLAERHOUT? deur Johan van Lill 11.07.2019

Johan van Lill bring hulde aan die bekende skilder, Vader Claerhout, wat in 2006 oorlede is. Hy sou vanjaar sy honderdste verjaardag gevier het. Hy was bekend vir die kwistige kwashale waarmee hy donkies, sonneblomme en Afrika-tonele geverf het, en ook vir sy houtskooltekeninge waarvan daar amper in elke huis een hang. Die oorspronklike onderhoud met Vader Claerhout wat in die dokumentêr gebruik i...

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.