RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 365 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Sep 24, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

‘N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk – Deel 4 28.01.2021

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak.  Esté praat met Silezia Pretorius wat reeds meer as 20 jaar ly aan die outo-immuunsiektes, Lupus, Scleroderma, Sjögrens en...

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 3 21.01.2021

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met die akademikus, dr. Elsabé Pepler, wat reeds die afgelope vyf dekades lank veg teen die outo-immuunsiektes U...

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 2 14.01.2021

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Die gewilde Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres, Anneli van Rooyen, vertel hoe sy aanhou baklei teen die chroniese gesigs...

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 1 07.01.2021

'n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Retha Viviers vertel watter uitdagings die chroniese moegheidsiekte, Myalgic Encephalomyelitis, of ME, in haar lewe bied. “...

DIE CHINESE GEMEENSKAP IN SUID-AFRIKA deur Jacqui January 24.09.2020

Die Chinese gemeenskap in Suid-Afrika is al ouer as 300 jaar. Hulle het 'n manier om hulle te vestig met 'n eiesoortige kultuur van ekonomie en leefstyl. Die eeue oue kultuur is ingeweef in 'n Westerse kultuur, en is ook deel van die reënboognasie se lief en leed.

DIE MUSIEKBEDRYF BY ‘N KRUISPAD deur Fritz Klaaste 17.09.2020

Die musiekbedryf moes homself telkemale die agelope paar dekades herontwerp. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD's en deesdae elektroniese weergawes. Die kompakskyf, wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het, is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD-pers in Suid-Afrika, en die produksiekoste het die hoogte ingeskiet. Musiek is n...

HUISE VAN HOOP – DIE ECHO JEUGONTWIKKELINGSPROGRAM deur Hennie Maas 10.09.2020

Die program skets die besondere projek o.l.v. Jaco Strydom waar jong mense, wat om een of ander rede die pad byster geraak het, aan die hand gevat word. Hulle word gehuisves in verskillende huise waar hulle menswees teruggegee word, en hulle voorberei word om die lewe aan te pak. Die huise is besondere plekke want hulle woon saam met ander jongmense wat ook 'n plek in die lewe soek. Elk van die hu...

NP VAN WYK LOUW SE NALATENSKAP VIR DIE MODERNE GESLAG deur Johan Rademan 13.08.2020

NP van Wyk Louw, selfs 50 jaar ná sy dood, het steeds deur sy werk die vermoë om skrywers en filosowe te inspireer. Johan Rademan gesels in 'n rondetafelgesprek met twee filosowe oor Louw se nalatenskap vir 'n moderne geslag. Prof. Louise du Toit (Universiteit Stellenbosch) kyk o.a. na die drie volkskrisisse wat Johan Degenaar en NP van Wyk Louw in 'n gesprek met mekaar gevoer het, en hoe universe...

DIE FYN, FYN NET VAN VAN WYK LOUW SE WOORDE deur Ina Strydom 06.08.2020

NP van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede. Hy is die enigste persoon aan wie die Hertzogprys vyf keer toegeken is – en dit in al drie kategorieë: poësie, prosa en drama. Sy werk is voorgeskryf vir skole, en opgevoer op verhoë. Hy het talle opdragwerke vir die SAUK en vir ander instansies geskryf. Hy het sy volk gekritiseer en vermaan, en in sy eie woorde, hom lewenslank aan die volk verkno...

LEIPOLDT SE POLFYNTJIE deur Ina Strydom 29.07.2020

C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as 'n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal...

SV PETERSEN - KIND VAN DIE DAL deur Chris Swanepoel 16.07.2020

'n Dokumentere program oor die lewe en werk van SV Petersen. Petersen was 'n Afrikaanse digter, skrywer en opvoeder. Sover vasgestel kon word, was hy die eerste nie-wit persoon wie se gedigte en prosa in Suid-Afrika gepubliseer is. Hy is in 1987 oorlede, en hierdie program oor hom is in 1989 gemaak.

DIE VERSTE REIS deur Daniel Hugo 09.07.2020

Hierdie program program oor die lewe en werk van skryfster Elsa Joubert, is in 1998 deur Daniel Hugo gemaak. Joubert is onlangs in die ouderdom van 97 jaar in Kaapstad oorlede.

'N BESOEK AAN DIE BARBERSHOP deur Jody Hendricks 19.03.2020

Die eerste Legends Barbershop het in 2011 oopgemaak, maar na verskeie terugslae het die eienaar, Sheldon Tatchell, eers in 2014 regtig begin vordering maak met sy idee vir 'n unieke barbierwinkel in Suid Afrika. Jody Hendricks volg Sheldon se reis van een winkel in Eldorado Park tot vandag waar hy meer as 15 winkels dwarsoor die land het.

KATOT MEYER EN SY OORLOG TEEN INDRINGERBOME deur Mariska Spoormaker 12.03.2020

Ontmoet Katot Meyer, 'n gewese landbou-wateringenieur, wat al 20 jaar lank sy eie oorlog voer teen indringerbome en -plante in die Suid-Kaap. Mariska Spoormaker het hom in sy Pietersrivier-natuurreservaat gaan opsoek, en baie meer verhale as net die van dorstige indringerbome gekry.

DIE GESKENK VAN AANNEMING deur Jacqui January 05.03.2020

Alhoewel die Wet op Kindersorg (Wet 38 van 2005) baie duidelik en voorskriftelik is, is daar baie vooroordele en stigmas oor paartjies van dieselfde geslag wat kinders aanneem. Drie maatskaplike werkers deel hulle kundigheid en ervarings van ouers van dieselfde geslag, wat kies om kinders onvoorwaardelik aan te neem. 'n Gay pa vertel van die voorreg en groot vreugde om drie kinders te kon aanneem....

CARLOS VAN DIE ROOIBERG deur Johan Rademan 27.02.2020

Fossiele van pofadders, werktuie van die Khoi en San-inwoners van honderde jare gelede wat in die oorvloed van die omgewing gedeel het, en 'n inspirenende Afrikaanssprekende Portugees, Carlos Araujo, wag op jou wanneer Johan Rademan saam met hom die pad vat.

SO RY DIE TREIN deur Martelize Brink 20.02.2020

Ná drie jaar en verskeie vertragings is die eerste deel van Kaapstad se treinroete na Eersterivier op 13 Februarie 1862 geopen. Martelize Brink kyk na die afgelope 158 jaar van treindienste in die Wes-Kaap - van die eerste klein platform wat as treinstasie gedien het, die groot opwinding van die 2010 Sokkerwêreldbeker, lojale pendelaars van die noordelike en suidelike roetes wat na die treindrywer...

BLINDEKOL deur Haidee Muller 13.02.2020

Haidee Muller het op Worcester die blinde en swaksiende krieketspan, Die Worcester Victorians, ontmoet. Die span bestaan uit vyf spelers wat blind is en 13 at swaksiende is. Om krieket te speel, was 'n groot droom vir Gerhard Trollip, wat net tussen lig en donker kan onderskei. Hy het in 1999 mense nadergehark om krieket te demonstreer aan die blindes en swaksiendes, en so het Die Worcester Victor...

KYALAMI - DIT DREUN WEER IN ONS HUIS deur Fritz Klaaste 06.02.2020

Kyalami is 'n lewende museum wat die Suid-Afrikaanse motorsportgeskiedenis sedert 1961 uitbeeld. Die wêreld se grootste name het al hier gery. In die ses dekades van sy bestaan het Kyalami geblom, gebloei, gesteier, geval en weer opgestaan. In November 2019 is die eerste internasionale wedren in 37 jaar daar aangebied, en Fritz Klaaste was daar.

DIE TOEBROODJIE-MENEER deur Mariska Spoormaker 30.01.2020

Op Uitenhage vind n mens die sonderlinge verhaal van 'n toebroodjie-meneer, wat jare gelede 'n arm, uitsiglose outjie só geïnspireer het, dat hy vandag skoolhoof is. Hy is Stephen de Bruin, hoof van die John Walton Sekondêre Skool op Uitenhage. Hy pas dieselfde beginsels op sy leerlinge toe as sy toebroodjiemeneer, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die skool besoek het.

LEIPOLDT SE POLFYNTJIE deur Ina Strydom 23.01.2020

C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as 'n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal...

DIE SILWER SNAAR deur Hennie Maas 16.01.2020

Jan van Rooyen is 'n voormalige regsakademikus wat van jongs af die klank van die viool bestudeer en daarmee gewerk het. Hy vertel hoe hy die eerste keer vir Jascha Heifetz oor 'n krappige radio op Lindley in die Vrystaat gehoor het, en hoe hy sy hart verloor het. Vir hom is die klank van die viool die belangrikste – nie noodwendig die ouderom of afkoms van die instrument nie. Daarom het hy 'n stu...

MAJESTEIT DIE KAT deur Johan Rademan 09.01.2020

Johan Rademan gesels met die digter Lina Spies oor haar liefde vir katte. Die akteur en voorleser Nic de Jager sit saam om met voorlesings om die tafel haar werke in te kleur. Lina Spies is op 6 Maart 1939 - die jaar waarin die Tweede Wêreldoorlog begin het, gebore. Haar liefde vir katte is alombekend, maar 'n sekere siklus en sluiting oor die naamgewing van haar katte is nou voltooi. Die naam sla...

STUKKIES IN DIE LEGKAART VAN DIE LEWE deur Ina Strydom 02.01.2020

Die veelsydige en veelbekroonde Dolf van Niekerk het in 2019 90 jaar oud geword. Die stukke van die legkaart van sy lewe sluit onder meer sy loopbaan as omroeper en radiodramaturg in; sy loopbaan in die Departement van Landbou; sy doktorsgraad in die filosofie, en as voorloper en vernuwer in die letterkunde, is hy deel van die Sestigers. Uit sy pen verskyn poësie, prosa en drama. Onlangs is sy jeu...

ABDOEL SE AMG-PERDE deur Haidee Muller 26.09.2019

Hy het talle pryse by landbouskoue gekry, vertel Abdoel Absolom van Kalksteenfontien. Haidee Muller het meer gaan uitvind van Abdoel se skouperde, wat hy in die perdestalle huisves by Freedom Farm in Belhar. Abdoel verwys na hulle as AMG-Mercedes perde. Drie seuns vertel ook hoe die wêreld van perde vir hulle nuwe betekenis aan die lewe gee. Al woon hulle in plakkerskampe en het hulle min, is hier...

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.