RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 365 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Sep 24, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

CM VAN DEN HEEVER, ‘N MAN VAN SY TYD deur Ina Strydom 13.01.2022

Die skrywer van verhale soos SOMER en LAAT VRUGTE, en gedigte soos AMANDELBOOM O LENTEBRUID, CM van den Heever, is vanjaar 120 jaar gelede gebore. Hy word gesien as ‘n oorgangsfiguur na die invloedryke Dertigers, en is een van die belangrikste skrywers van die eerste helfte van die 20ste eeu. Hy is twee keer met die Hertzogprys bekroon: in 1928 vir poësie vir die bundel DIE NUWE BOORD; en in 1942...

NAMAKWALAND - ‘N FONTEIN VAN STORIES deur Johan van Lill 06.01.2022

Johan van Lill vat die pad Namakwaland toe om by ‘n paar storievertellers te gaan kuier. Die stories wat Namakwalanders vertel is nie grappe nie, dis stories oor dinge wat gebeur het en mense wat bestaan het of nog bestaan. Namakwalandse mense verstaan mekaar en ken mekaar uit aan die name wat hulle vir mekaar gee. Name met stories daaragter. Vir Namakwalanders is stories deel van gesels en kuier....

DIE WONDER VAN HERKOMS deur Haidee Muller-Isaacs 30.09.2021

Haidee delf in die herkoms van haar mense: Sy kyk na die aankoms van die slawe en hoe slawe se name gegee is. Slawe-navorser Aubrey Springveldt vertel van sy eie voorsate, en Haidee hoor meer van die Kamissa-rivier en die kreolisasie van mense. En by haar hartsplek en komvandaan, Oudtshoorn, vind sy uit van die waternimf by die watergat in die rooi heuwels – daar waar die Olifants- en die Kammanas...

SYLVESTER, KONING VAN KUZUKO deur Mariska Spoormaker 23.09.2021

Ses jaar gelede was die wêreld se oë op die lot van Sylvester, die leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en eers 27 dae later opgespoor kon word. Toe Sylvester die volgende jaar weer ontsnap, het baie gevrees hy sou die doodskoot kry, maar dit het nie gebeur nie. Hy is in die Kuzuko-wildreservaat in die Karoo hervestig, en het sedertdien nog nie een keer weggeloop nie – wat so...

TEN SPYTE VAN deur Johan Rademan 16.09.2021

Wat het Susan Boyle, sir Anthony Hopkins en Courtney Love gemeen? Al drie is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die outismespektrum. Om iemand op die outismespektrum te plaas is nie ‘n eenvoudige mediese toets soos bloedtrek of die gebruik van ‘n stetoskoop nie. ‘n Geduldige lang waarneming- en ondersteuningsprogram is nodig om outisme te diagnoseer. Die eerste outis is 77 jaar gelede identi...

‘N UIL ROEP deur Esté Gross 09.09.2021

Esté Gross spandeer ‘n dag saam met die stigters van die Owl Rescue Centre, Brendan en Danelle Murray. Sy vind uit waarom hulle so passie het vir hierdie roofvoëls, hoe hulle gerehabiliteer en vrygelaat word, en waarom vrywilligers bereid is om duisende kilometers vêr te ry om ‘n uil te gaan red.

JIMMY NEWMAN: GHRENDER AS GHREND deur Fritz Klaaste 02.09.2021

Jimmy Newman en langarmmusiek is sinoniem. Hy het dié musiekformaat na nasionale gewildheid geneem. Sedert die beginjare van die groep, Jimmy’s Grand Six, vernoem na die Grand Hotel in die destydse Suidwes-Afrika waar sy sesstuk-groep begin het, het hy homself gevestig as een van die vaders van langarm. Fritz Klaaste kyk na die die man, sy gesin en sy musiek.

FRANS SE VONKEL – DIE STORIE VAN FRANSE VONKEL IN SUID-AFRIKA deur Johan Rademan 26.08.2021

Ons vier vanjaar 50 jaar van bottelgegiste vonkelwyn in Suid-Afrika. Die Franse monnike het die “sterre in wyn” reeds in 1670 die eerste keer geproe toe Dom Perignon die toevallige chemie-in-die-glas in ‘n Benediktynse klooster ontdek het. Suid-Afrika se eerste poging om bottelgegiste champagne te maak was 300 jaar later toe die wynpionier, Frans Malan van Simonsig, die eerste Kaapse Vonkel teen R...

IN DIE GEES OM TE GEE deur Martelize Brink 19.08.2021

Wie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet? Martelize Brink vind uit wat mense motiveer om van hulleself te gee, en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligersprogramme kan maak.

INHEEMSE MEDISINALE PLANTE deur Jacqui January 12.08.2021

Suid-Afrika het ‘n ryk biodiversiteit van inheemse plantspesies. Plaaslike plante vir medisinale doeleindes is wêreldwyd bekend en trek toeriste en navorsers van ver en wyd. 'n Proses het begin om die geskiedenis en gebruike van plante op te teken vir bewaring. In die soeke na dié inligting en plante, word die kosbare stories en die pittige streeksname ook sorgvuldig versamel en opgeteken.

ONMOONTLIK deur Christelle van Tonder 05.08.2021

"Jy is 'n kopskuif weg van die oplossing tot enige probleem," sê Pieter du Preez, 'n C6-kwadupleeg wat in 2003 deur 'n motor getref is toe hy fiets gery het. Wat vir die meeste mense die einde van al hulle drome sou wees, was vir Pieter net drome wat verander het.

DIE OLIFANTE WAT GEKIES HET OM TE VERGEET deur Mariska Spoormaker 29.07.2021

Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.

UIT DIE SWARTSTE MODDER - EPISODE 4 deur Esté de Klerk 22.07.2021

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Karen Swanepoel deel haar pynpad na aanvaarding en emosionele genesing nadat sy haar gesin in ‘n motorongeluk verloor het,  waarin sy self ook ernstig beseer is. “My hart het fisies gepyn. Dit was letterlik gevoel asof iem...

UIT DIE SWARTSTE MODDER - EPISODE 3 deur Esté de Klerk 15.07.2021

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. RSG se voormalige geleentheidskoördineerder, Müriel Janse van Rensburg, vertel hoe sy tot verhaal kom met talle traumatiese ervarings in haar lewe. Sy verloor albei haar aanneemouers op die ouderdom van vyf jaar, en word d...

UIT DIE SWARTSTE MODDER - EPISODE 2 deur Esté de Klerk 08.07.2021

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer Dana Snyman deel sy sabbatsreis om by emosionele genesing uit te kom nadat sy verloofde, Anette Roberts, haar eie lewe geneem het. “Die lewe is kort en kosbaar. Al manier hoe jy dit sinvol kan probeer leef, is om t...

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 1 deur Esté de Klerk 01.07.2021

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer en voorsitter van die joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Lizette Rabe, deel haar pyn nadat haar seun aan selfdood sterf weens die impak van depressie op sy lewe. “As jy iemand verloor...

BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns 18.04.2021

Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erepnning vir hierdie hoorbeeld. Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, het Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy ui...

ABRAHAM IZAK PEROLD: DIE VADER VAN PINOTAGE deur Johan Rademan 25.03.2021

Abraham Perold is op 20 Oktober 1880 op Kromvlei, Dal Josafat in die Paarl gebore. Hy was ‘n wetenskaplike en wynvisionêr wat met besondere insig die wynbedryf in Suid-Afrika uitgebou en gevestig het as ‘n mededingende wêreldgehalte produk. Hy het die kruising, Pinotage, gemaak wat die enigste egte Suid-Afrikaanse kultivar is. Vandag is dit die bedryf se troefkaart, en word dit as rooigoud bestemp...

MAESTRO deur Haidee Muller-Isaacs 18.03.2021

Die lewensverhaal van André van der Merwe, koorleier en dirigent van die Stellenberg Meisieskoor en die Stellenbosch Universiteitskoor. Laasgenoemde het verskeie kere koning gekraai het by die Wêreld Koorspele. Sedert 2012 is die koor nommer een op Interkultur se wêreldranglys van die top 1 000 amateurkore. Die Stellenberg Meisieskoor is ook onder die top 20 op hierdie ranglys. André praat openhar...

DIE OLIFANTE WAT GEKIES HET OM TE VERGEET deur Mariska Spoormaker 11.03.2021

Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.

KEN JY DIE SEE? deur Martelize Brink 04.03.2021

Op die klein kusdorpie Lambertsbaai is die Uys Krige gedig, Ken jy die see, welbekend. Hierin word die moeilike omstandighede van kleinskaalse vissers belig. Volg die vissers se lewensverhale en hul verwelkoming van die moderne wêreld se tegnologiese oplossings om hul toegang tot die seekosmark makliker te maak.

DIE VIS - ERIC JG FISHER deur Fritz Klaaste 25.02.2021

Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor 'n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges gewor...

CECIL JACOBS: TER WILLE VAN DANS deur Johan van Lill 18.02.2021

Johan van Lill bring hulde aan Cecil Jacobs, ‘n bekende balletonderwyser wat verlede jaar 80 geword het, en steeds dansklasse gee op Saterdagoggende by sy huis op Strandfontein in die Kaap.

HEMELSE HEUNINGBOSTEE UIT DIE KOUGABERGE deur Mariska Spoormaker 11.02.2021

Dit groei op eie bodem, is deel van die fynbosfamilie en lewer 'n tee wat so lekker is dat sommige mense praat van hemelse heuningbostee. Japan voer dit per tonnemaat in, en hulle verkies die Melmont-heuningbostee wat hoog teen die Oos-Kaapse Kougaberge groei. Mariska Spoormaker het soontoe gegaan om meer te gaan uitvind.

EUGENE MARAIS: EWIGE ENIGMA deur Ina Strydom 04.02.2021

Eugene Marais is vanjaar 150 jaar gelede gebore.  Sy gedig Winternag word as die eerste Afrikaanse gedig van werklik hoë letterkundige waarde beskou. Mense wat hom geken het, vertel meer van die skrywer en mens – en word die lig én donker van dié veelsydige en merkwaardige man ook vanuit ‘n hedendaagse perspektief weergegee.

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.