RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE OLIFANTE WAT GEKIES HET OM TE VERGEET deur Mariska Spoormaker 29.07.2021 20:53
Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.
UIT DIE SWARTSTE MODDER - EPISODE 4 deur Esté de Klerk 22.07.2021 28:59
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Karen Swanepoel deel haar pynpad na aanvaarding en emosionele genesing nadat sy haar gesin in ‘n motorongeluk verloor het, waarin sy self ook ernstig beseer is. “My hart het fisies gepyn. Dit was letterlik gevoel asof iem...
UIT DIE SWARTSTE MODDER - EPISODE 3 deur Esté de Klerk 15.07.2021 28:05
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. RSG se voormalige geleentheidskoördineerder, Müriel Janse van Rensburg, vertel hoe sy tot verhaal kom met talle traumatiese ervarings in haar lewe. Sy verloor albei haar aanneemouers op die ouderdom van vyf jaar, en word d...
UIT DIE SWARTSTE MODDER - EPISODE 2 deur Esté de Klerk 08.07.2021 29:06
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer Dana Snyman deel sy sabbatsreis om by emosionele genesing uit te kom nadat sy verloofde, Anette Roberts, haar eie lewe geneem het. “Die lewe is kort en kosbaar. Al manier hoe jy dit sinvol kan probeer leef, is om t...
UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 1 deur Esté de Klerk 01.07.2021 28:37
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer en voorsitter van die joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Lizette Rabe, deel haar pyn nadat haar seun aan selfdood sterf weens die impak van depressie op sy lewe. “As jy iemand verloor...
BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns 18.04.2021 1:03:12
Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erepnning vir hierdie hoorbeeld. Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, het Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy ui...
ABRAHAM IZAK PEROLD: DIE VADER VAN PINOTAGE deur Johan Rademan 25.03.2021 26:35
Abraham Perold is op 20 Oktober 1880 op Kromvlei, Dal Josafat in die Paarl gebore. Hy was ‘n wetenskaplike en wynvisionêr wat met besondere insig die wynbedryf in Suid-Afrika uitgebou en gevestig het as ‘n mededingende wêreldgehalte produk. Hy het die kruising, Pinotage, gemaak wat die enigste egte Suid-Afrikaanse kultivar is. Vandag is dit die bedryf se troefkaart, en word dit as rooigoud bestemp...
MAESTRO deur Haidee Muller-Isaacs 18.03.2021 28:43
Die lewensverhaal van André van der Merwe, koorleier en dirigent van die Stellenberg Meisieskoor en die Stellenbosch Universiteitskoor. Laasgenoemde het verskeie kere koning gekraai het by die Wêreld Koorspele. Sedert 2012 is die koor nommer een op Interkultur se wêreldranglys van die top 1 000 amateurkore. Die Stellenberg Meisieskoor is ook onder die top 20 op hierdie ranglys. André praat openhar...
DIE OLIFANTE WAT GEKIES HET OM TE VERGEET deur Mariska Spoormaker 11.03.2021 20:53
Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.
KEN JY DIE SEE? deur Martelize Brink 04.03.2021 26:05
Op die klein kusdorpie Lambertsbaai is die Uys Krige gedig, Ken jy die see, welbekend. Hierin word die moeilike omstandighede van kleinskaalse vissers belig. Volg die vissers se lewensverhale en hul verwelkoming van die moderne wêreld se tegnologiese oplossings om hul toegang tot die seekosmark makliker te maak.
DIE VIS - ERIC JG FISHER deur Fritz Klaaste 25.02.2021 26:37
Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor 'n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges gewor...
CECIL JACOBS: TER WILLE VAN DANS deur Johan van Lill 18.02.2021 26:51
Johan van Lill bring hulde aan Cecil Jacobs, ‘n bekende balletonderwyser wat verlede jaar 80 geword het, en steeds dansklasse gee op Saterdagoggende by sy huis op Strandfontein in die Kaap.
HEMELSE HEUNINGBOSTEE UIT DIE KOUGABERGE deur Mariska Spoormaker 11.02.2021 22:54
Dit groei op eie bodem, is deel van die fynbosfamilie en lewer 'n tee wat so lekker is dat sommige mense praat van hemelse heuningbostee. Japan voer dit per tonnemaat in, en hulle verkies die Melmont-heuningbostee wat hoog teen die Oos-Kaapse Kougaberge groei. Mariska Spoormaker het soontoe gegaan om meer te gaan uitvind.
EUGENE MARAIS: EWIGE ENIGMA deur Ina Strydom 04.02.2021 30:11
Eugene Marais is vanjaar 150 jaar gelede gebore. Sy gedig Winternag word as die eerste Afrikaanse gedig van werklik hoë letterkundige waarde beskou. Mense wat hom geken het, vertel meer van die skrywer en mens – en word die lig én donker van dié veelsydige en merkwaardige man ook vanuit ‘n hedendaagse perspektief weergegee.
‘N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk – Deel 4 28.01.2021 30:00
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met Silezia Pretorius wat reeds meer as 20 jaar ly aan die outo-immuunsiektes, Lupus, Scleroderma, Sjögrens en...
'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 3 21.01.2021 30:00
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met die akademikus, dr. Elsabé Pepler, wat reeds die afgelope vyf dekades lank veg teen die outo-immuunsiektes U...
'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 2 14.01.2021 30:00
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Die gewilde Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres, Anneli van Rooyen, vertel hoe sy aanhou baklei teen die chroniese gesigs...
'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 1 07.01.2021 30:00
'n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Retha Viviers vertel watter uitdagings die chroniese moegheidsiekte, Myalgic Encephalomyelitis, of ME, in haar lewe bied. “...
DIE CHINESE GEMEENSKAP IN SUID-AFRIKA deur Jacqui January 24.09.2020 25:51
Die Chinese gemeenskap in Suid-Afrika is al ouer as 300 jaar. Hulle het 'n manier om hulle te vestig met 'n eiesoortige kultuur van ekonomie en leefstyl. Die eeue oue kultuur is ingeweef in 'n Westerse kultuur, en is ook deel van die reënboognasie se lief en leed.
DIE MUSIEKBEDRYF BY ‘N KRUISPAD deur Fritz Klaaste 17.09.2020 28:02
Die musiekbedryf moes homself telkemale die agelope paar dekades herontwerp. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD's en deesdae elektroniese weergawes. Die kompakskyf, wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het, is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD-pers in Suid-Afrika, en die produksiekoste het die hoogte ingeskiet. Musiek is n...
HUISE VAN HOOP – DIE ECHO JEUGONTWIKKELINGSPROGRAM deur Hennie Maas 10.09.2020 25:25
Die program skets die besondere projek o.l.v. Jaco Strydom waar jong mense, wat om een of ander rede die pad byster geraak het, aan die hand gevat word. Hulle word gehuisves in verskillende huise waar hulle menswees teruggegee word, en hulle voorberei word om die lewe aan te pak. Die huise is besondere plekke want hulle woon saam met ander jongmense wat ook 'n plek in die lewe soek. Elk van die hu...
NP VAN WYK LOUW SE NALATENSKAP VIR DIE MODERNE GESLAG deur Johan Rademan 13.08.2020 29:15
NP van Wyk Louw, selfs 50 jaar ná sy dood, het steeds deur sy werk die vermoë om skrywers en filosowe te inspireer. Johan Rademan gesels in 'n rondetafelgesprek met twee filosowe oor Louw se nalatenskap vir 'n moderne geslag. Prof. Louise du Toit (Universiteit Stellenbosch) kyk o.a. na die drie volkskrisisse wat Johan Degenaar en NP van Wyk Louw in 'n gesprek met mekaar gevoer het, en hoe universe...
DIE FYN, FYN NET VAN VAN WYK LOUW SE WOORDE deur Ina Strydom 06.08.2020 33:04
NP van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede. Hy is die enigste persoon aan wie die Hertzogprys vyf keer toegeken is – en dit in al drie kategorieë: poësie, prosa en drama. Sy werk is voorgeskryf vir skole, en opgevoer op verhoë. Hy het talle opdragwerke vir die SAUK en vir ander instansies geskryf. Hy het sy volk gekritiseer en vermaan, en in sy eie woorde, hom lewenslank aan die volk verkno...
LEIPOLDT SE POLFYNTJIE deur Ina Strydom 29.07.2020 28:19
C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as 'n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal...
SV PETERSEN - KIND VAN DIE DAL deur Chris Swanepoel 16.07.2020 29:48
'n Dokumentere program oor die lewe en werk van SV Petersen. Petersen was 'n Afrikaanse digter, skrywer en opvoeder. Sover vasgestel kon word, was hy die eerste nie-wit persoon wie se gedigte en prosa in Suid-Afrika gepubliseer is. Hy is in 1987 oorlede, en hierdie program oor hom is in 1989 gemaak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.