RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 354 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DISTRIK 6 NOU: KANALA OF TRAMAKASSIE? Deur Johan van Lill 28.07.2022

Johan van Lill het ‘n paar jaar gelede ‘n dokumentêre reeks gemaak oor Distrik 6, soos vertel deur die herrinneringe van die oudinwoners. Intussen het van die inwoners teruggekeer na hulle geliefde grond. Hoe ervaar die mense wat teruggetrek het na die nuwe Distrik 6 dit om daar te bly? Wat is tans aan die gebeur in die gebied?

AS JY LOOP HET JY HOOP deur Lizelle de Bruin 21.07.2022

Die Pelgrimstog van Hoop is 'n pelgrimsroete wat die oudste kerke van Suid-Afrika besoek. Die roete kan gevolg word van Stellenbosch of Robertson af en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap. Die roete neem jou deur van die mooiste dele in die land – onder meer Greyton, Genadendal, die Hemel-en-Aardevallei, Walkerbaai en Baardskeerdersb...

DIENSPLIG deur Jody Hendricks 14.07.2022

Vir drie dekades, vanaf 1966 tot die laat tagtigs, was militêre diensplig vir die meeste jong wit seuns in Suid-Afrika onafwendbaar. Hulle staan bekend as die dienspliggenerasie. Nou, dekades later, in die nuwe Suid-Afrika kyk baie van hulle met trots terug op hulle dienspligtydperk, vir sommige was dit ‘n jaar en vir ander twee jaar. Maar daar is ook van hulle wat dit nie wou doen nie, dit was ‘n...

SUID AFRIKA, ‘N OUDIOTÊR VAN 1949 TOT 2021 deur Ettienne Ludick 07.07.2022

Suid Afrika het ’n ryk geskiedenis sedert 1949 - goed en sleg. Ettienne Ludick het die afgelope 12 jaar of wat ’n klankargief opgebou wat van hierdie oomblikke uitlig. Daar is klank van dr. Verwoerd se moord met beskrywende ooggetuie-opnames, die Soweto-opstande, die oorgang na demokrasie, en sporthoogtepunte soos die wêreldbekeroorwinnings en die Hansie Cronjé-sage.

AGTER DIE MASKER - DEEL 2 deur Esté de Klerk 31.03.2022

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegste...

AGTER DIE MASKER - DEEL 1 deur Esté de Klerk 24.03.2022

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegste...

DIE BLOMMEVERKOPERS VAN ADDERLEYSTRAAT deur Haidee Muller 17.03.2022

Hulle is, nes Tafelberg, Kaapstad se trots, ‘n lewende geskiedenis. En daar by Trafalgar-plein, die historiese deurloop tussen Adderley- en Parlementstraat, sal jy die Moederstad se legendariese blommeverkopers in al hulle glorie, kleur en geur aantref. Hulle is ‘n bloedlyn van blommemense, en Adderleystraat se blommemark is ook na dese ‘n gewilde toerismebaken – hier word immers al langer as 'n e...

DIE DUURSTE SPESERY OP AARDE deur Jacqui January 10.03.2022

Saffraan, die duurste spesery op aarde, verkoop teen R200,000 per kilogram. Dié gesogte en besondere spesery bring ‘n uiters welkome ekonomiese inspuiting in die dorre Noord-Kaap. Dit verg egter fyn beplanning, en sowat ‘n 150,000 blomme is nodig om ‘n kilogram saffraan te produseer.

IN NOMINE PATRE deur Fritz Klaaste 24.02.2022

Daar is ‘n drastiese afname in die aantal nonne in sekere dele van die wêreld. In Suider Afrika is it egter baie stabiel. Die rol van nonne in ons lewe word nie goed gepubliseer nie, en misinformasie dra by tot ‘n wanpersepsie oor dié besondere roeping. Fritz Klaaste het die wêreld en leefstyl van die non gaan bekyk.

50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize Brink 17.02.2022

Dis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof d...

TRANSGENDER – OM MYSELF TE WEES deur Johan van Lill 10.02.2022

Johan van Lill vertel die verhale van Simone Heradien en Robert Hamblin, wat ná ‘n lang oorgangsperiode, albei as die teenoorgestelde geslag leef as wat hulle gebore is. Om transgender te wees, het eintlik bitter min te doen met jou geslag. Die rol wat gender speel, het ‘n reuse impak op die mate waarin jy jouself kan uitleef in die rol wat jy speel, ongeag jou geslag.

DIE SAGTE REUS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF deur Martelize Brink 03.02.2022

Duimpie Bayly - voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur - is in 2021 in die ouderdom van 81 oorlede. Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere Wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc van die Universiteit Stellenbosch, ‘n MSc van die Universiteit van Kalifornië en ‘n PMD van Harvard. Hy was een van die groot geeste wat ‘n daadwerklike bydrae tot di...

DIE DIEP DONKER WEB deur Jody Hendricks 27.01.2022

Almal weet wat die wêreldwyeweb (www) is, maar baie min mense weet van die ander dele van die internet, soos die diepweb en die gevaarlike donkerweb. Jody Hendricks stel ondersoek in na die verskeie dele van die internet, en hoe dit jou privaatheid en veiligheid kan bedreig.

BROERS - VAN GISTER TOT VANDAG deur Johan Rademan 20.01.2022

Na Theuns Jordaan se dood het ‘n mens tot die besef gekom watter hegte eenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars vorm. Elkeen het ‘n storie. Johan Rademan kyk na die invloed van die ouerhuis en ‘n loopbaan oor drie dekades van drie broers - die Snyman-broers. Christo, Cobus en Stephan (Nick Stephens) het twee B. Mus-grade tussen hulle, en twee van hulle het in die Kanaries gesing. En wat het Zane Adams...

CM VAN DEN HEEVER, ‘N MAN VAN SY TYD deur Ina Strydom 13.01.2022

Die skrywer van verhale soos SOMER en LAAT VRUGTE, en gedigte soos AMANDELBOOM O LENTEBRUID, CM van den Heever, is vanjaar 120 jaar gelede gebore. Hy word gesien as ‘n oorgangsfiguur na die invloedryke Dertigers, en is een van die belangrikste skrywers van die eerste helfte van die 20ste eeu. Hy is twee keer met die Hertzogprys bekroon: in 1928 vir poësie vir die bundel DIE NUWE BOORD; en in 1942...

NAMAKWALAND - ‘N FONTEIN VAN STORIES deur Johan van Lill 06.01.2022

Johan van Lill vat die pad Namakwaland toe om by ‘n paar storievertellers te gaan kuier. Die stories wat Namakwalanders vertel is nie grappe nie, dis stories oor dinge wat gebeur het en mense wat bestaan het of nog bestaan. Namakwalandse mense verstaan mekaar en ken mekaar uit aan die name wat hulle vir mekaar gee. Name met stories daaragter. Vir Namakwalanders is stories deel van gesels en kuier....

DIE WONDER VAN HERKOMS deur Haidee Muller-Isaacs 30.09.2021

Haidee delf in die herkoms van haar mense: Sy kyk na die aankoms van die slawe en hoe slawe se name gegee is. Slawe-navorser Aubrey Springveldt vertel van sy eie voorsate, en Haidee hoor meer van die Kamissa-rivier en die kreolisasie van mense. En by haar hartsplek en komvandaan, Oudtshoorn, vind sy uit van die waternimf by die watergat in die rooi heuwels – daar waar die Olifants- en die Kammanas...

SYLVESTER, KONING VAN KUZUKO deur Mariska Spoormaker 23.09.2021

Ses jaar gelede was die wêreld se oë op die lot van Sylvester, die leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en eers 27 dae later opgespoor kon word. Toe Sylvester die volgende jaar weer ontsnap, het baie gevrees hy sou die doodskoot kry, maar dit het nie gebeur nie. Hy is in die Kuzuko-wildreservaat in die Karoo hervestig, en het sedertdien nog nie een keer weggeloop nie – wat so...

TEN SPYTE VAN deur Johan Rademan 16.09.2021

Wat het Susan Boyle, sir Anthony Hopkins en Courtney Love gemeen? Al drie is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die outismespektrum. Om iemand op die outismespektrum te plaas is nie ‘n eenvoudige mediese toets soos bloedtrek of die gebruik van ‘n stetoskoop nie. ‘n Geduldige lang waarneming- en ondersteuningsprogram is nodig om outisme te diagnoseer. Die eerste outis is 77 jaar gelede identi...

‘N UIL ROEP deur Esté Gross 09.09.2021

Esté Gross spandeer ‘n dag saam met die stigters van die Owl Rescue Centre, Brendan en Danelle Murray. Sy vind uit waarom hulle so passie het vir hierdie roofvoëls, hoe hulle gerehabiliteer en vrygelaat word, en waarom vrywilligers bereid is om duisende kilometers vêr te ry om ‘n uil te gaan red.

JIMMY NEWMAN: GHRENDER AS GHREND deur Fritz Klaaste 02.09.2021

Jimmy Newman en langarmmusiek is sinoniem. Hy het dié musiekformaat na nasionale gewildheid geneem. Sedert die beginjare van die groep, Jimmy’s Grand Six, vernoem na die Grand Hotel in die destydse Suidwes-Afrika waar sy sesstuk-groep begin het, het hy homself gevestig as een van die vaders van langarm. Fritz Klaaste kyk na die die man, sy gesin en sy musiek.

FRANS SE VONKEL – DIE STORIE VAN FRANSE VONKEL IN SUID-AFRIKA deur Johan Rademan 26.08.2021

Ons vier vanjaar 50 jaar van bottelgegiste vonkelwyn in Suid-Afrika. Die Franse monnike het die “sterre in wyn” reeds in 1670 die eerste keer geproe toe Dom Perignon die toevallige chemie-in-die-glas in ‘n Benediktynse klooster ontdek het. Suid-Afrika se eerste poging om bottelgegiste champagne te maak was 300 jaar later toe die wynpionier, Frans Malan van Simonsig, die eerste Kaapse Vonkel teen R...

IN DIE GEES OM TE GEE deur Martelize Brink 19.08.2021

Wie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet? Martelize Brink vind uit wat mense motiveer om van hulleself te gee, en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligersprogramme kan maak.

INHEEMSE MEDISINALE PLANTE deur Jacqui January 12.08.2021

Suid-Afrika het ‘n ryk biodiversiteit van inheemse plantspesies. Plaaslike plante vir medisinale doeleindes is wêreldwyd bekend en trek toeriste en navorsers van ver en wyd. 'n Proses het begin om die geskiedenis en gebruike van plante op te teken vir bewaring. In die soeke na dié inligting en plante, word die kosbare stories en die pittige streeksname ook sorgvuldig versamel en opgeteken.

ONMOONTLIK deur Christelle van Tonder 05.08.2021

"Jy is 'n kopskuif weg van die oplossing tot enige probleem," sê Pieter du Preez, 'n C6-kwadupleeg wat in 2003 deur 'n motor getref is toe hy fiets gery het. Wat vir die meeste mense die einde van al hulle drome sou wees, was vir Pieter net drome wat verander het.

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.