RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE ROYALSKOU: EINDE VAN ’N ERA deur Derrich Gardner 20.07.2023 26:22
Derrich Gardner kyk terug na die begindae van die skou, hoe die naam "Royal" deur Engeland se Koning Edward VII in 'n dekreet aan hulle toegeken is, die drie oorloë wat die skou beleef het, Covid, konserte, en die toekoms nadat die gronde in Pietermaritzburg verkoop is.
RANDFIGURE: VERBLIND DEUR BEKENDHEID deur Johan van Lill 13.07.2023 26:23
Johan van Lill kyk na die mense se fassinasie met omstrede- en randfigure. Kenners bespreek ons neiging om mense te aanbid wat in die openbare oog staan, of dit nou politici, akteurs, musikante of enige ander bekende is. Hoekom het ons 'n drang om na hierdie mense op te kyk en hulle as rolmodelle te sien, selfs al ken ons hulle nie persoonlik nie en weet ons nie altyd alles oor hulle lewe nie.
SOAPVOX - HENRY MYLNE EN VRIENDE deur Sue Pyler-Slabbert 06.07.2023 29:08
Woon 'n rondetafelgesprek by met akteurs soos Gavin van den Berg, Karin Retief, Hugo Taljaard, Vinette Ebrahim, Christo Davids, Denver Vraagom en Kaz McFadden. Jy het hulle leer ken in Ballade vir 'n Enkeling, Egoli en 7de Laan. Almal is deur die jare gelei deur die talentvolle regisseur, Henry Mylne. Daarbenewens is daar verskeie verhoogproduksies soos Vaselinetjie wat vir jare by feeste op die p...
WORSIE HET 'N WORS GEWORD deur Sue Pyler-Slabbert 30.03.2023 26:19
Hy het komedie in Suid-Afrika vervolmaak. Hy het die sitkom aan Suid-Afrikaners in hulle taal bekendgestel. Willie Esterhuizen is 'n genie in komiese tydsberekening. Karakters soos Molly, Boeboe, Frikkadel, Poena, Spanner, Ouboet, Antie Poppie en vele meer het lewe gekry deur sy skryfwerk. Willie en sy broer, Pieter, maak 'n gedugte span waar Willie optree as akteur en skrywer en Pieter sorg vir d...
GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 2 deur Esté de Klerk 30.03.2023 27:17
Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die tweede deel kyk sy onder meer na etiese, morele en godsdienstienstige besware teen g...
GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 1 deur Esté de Klerk 23.03.2023 27:12
Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die eerste deel kyk sy onder meer na wat die Grondwet en regstelsel onderskryf, en watte...
KANSELLASIEKULTUUR: DIE PUNTJIE VAN DIE YSBERG deur Johan Rademan 16.03.2023 27:40
Vier proffesore - Willie Burger van Tuks, Pieter Duvenhage van Akademia, Joan Hambidge van Ikeys en Johann Rossouw van Kovsies - sit om die tafel saam met driemalige Akademiepryswenner Johan Rademan om te kyk na twee kante van die munt oor die moderne verskynsel van skrapping, uitwissing en kansellering van mense in die samelewing. Hulle besin oor die jongste vorm van sensuur, ‘n uitvloeisel van m...
WAAR NOOT EN WOORD BYMEKAARKOM deur Ina Strydom 09.03.2023 26:29
‘n Profieldokumentêr oor Tobie Cronjé wat vanjaar 75 word. Dié geliefde akteur en regisseur se werk is welbekend, sy besondere komiese vermoëns, sy gewildste karakters en sy werk in die teater, op televisie en in rolprente. Die dokumentêr fokus op die mens ágter die akteur: sy liefde vir musiek; sy belangstelling in Zen Boeddhisme; sy siening oor tegnologie en teater, kreatiwiteit en uitdagings.
TEGNOLOGIE EN DIE IMPAK OP DIE MENS deur Jody Hendricks 02.03.2023 25:40
Wat moet die balans tussen mens en tegnolgie wees? Navorsing wys dat indien dit nie reg bestuur word nie, kan kunsmatige intelligensie mense se werk oorneem. Jody Hendricks praat met verskeie kenners oor die gevare en geleenthede wat tegnologie vir ons inhou.
PLOOIE VAN DIE HART deur Johann Pieterse en Veronique van Heyningen 23.02.2023 25:30
Jonna Heynken, 'n siggestremde vrou van Finland vertel hoe haar lewe verander is deur 'n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur. Dis 'n storie wat jou hartsnare sal roer en jou weer sal herinner dat selfs die lelike ook goedheid kan bevat. Kyk deur die oë van 'n blinde persoon, wat ongeag van haar gestremdheid, 'n kanniedood lewensfilosofie het.
DISKOERS: VAN SOKRATES TOT SOSIALE MEDIA deur Johan van Lill 16.02.2023 26:42
Johan van Lill praat met kenners oor hoe goed ons onderleg is in die formulering van argumente en standpunte. Weet ons hoegenaamd hoe om te redeneer oor ’n saak? Om lekker oor ’n saak te kan redeneer, is deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. En elkeen wat sosiale media gebruik, voel hu...
GROOTWORD SONDER 'N PA deur Jody Hendricks 02.02.2023 23:57
Statistieke SA het in 2019 statistiek uitgereik wat wys dat meer as 60% van kinders wat in daardie jaar gebore is, geen besonderhede van die pa bevat het nie. TV-aanbieder Ivor Swartz, wat sonder ‘n pa grootgeword het, beskryf dit as ‘n tikkende tydbom. Jody Hendricks het met verskeie kenners en mense wat sonder ‘n pa grootgeword het, gepraat.
HARTBEESPOORTDAM, ’N EEU VAN VERWONDERING deur Elsje van Jaarsveld 26.01.2023 25:17
Die Hartbeespoortdam vier vanjaar haar 100e bestaansjaar. Dis ’n merkwaardige mylpaal as mens in ag neem hoeveel terugslae die dam moes trotseer. Die ontwikkeling van die dam is in die vroeë 1900’s lamgelê deur politiek, vloede, oorloë, die Spaanse griep en ingenieursuitdagings. Vandag lok die dam duisende toeriste na die dorp, Hartbeespoort. Ongelukkig staar die dam ’n nuwe bedreiging in die gesi...
ALZHEIMERS, ‘N LEWE SONDER ONTHOU deur Johan van Lill 19.01.2023 27:03
Johan van Lill ondersoek die impak wat Alzheimers en demensie het op die mense om ons. Hoe raak dit die geliefdes wat die pad saam met iemand stap wat aan hierdie siekte ly? Alzheimer is die bekendste vorm van demensie – ‘n neurologiese siekte met ‘n verlies aan algemene kognitiewe vermoëns in 'n voorheen helderdenkende persoon.
OP DIE AGTERPOOT deur Lizelle de Bruin 05.01.2023 24:39
In die hartjie van die Boland op die perdeplaas, Mistico, is die enigste stoet Lippizaners in Afrika. Hierdie perde het ‘n baie ryk geskiedenis, en hulle is spesiaal geteel vir hulle ongewone krag. Hulle is reeds 75 jaar lank in Suid-Afrika. Die stoet word gebruik om jaarliks twaalf ruiters op te lei as deel van ‘n internskap. Meeste van die ruiters kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Die Lipizzane...
Kersfees 1914 deur Esté de Klerk 11.12.2022 25:04
Op 24 Desember 1914, vyf maande nadat die Eerste Wêreldoorlog uitbreek tussen die Sentrale en Geallieerde magte, daal ‘n heilige stilte oor die slagveld op die Westelike front in Europa, neer. Dit sou later bekendstaan as die 1914 Kersfees Wapenstilstand: ‘n vredesooreenkoms tussen vyande wat nog nooit weer in die geskiedenis herhaal is nie. Uit hierdie gebeurtenis, put die musikant en skrywer, Co...
85 JAAR VAN MUSIEK deur Haidee Muller-Isaacs 29.09.2022 26:49
Haidee Muller-Isaacs fokus op die plaaslike musiekbedryf sedert 1937 met die stigting van ‘n volwaardige radiodiens in Afrikaans. Hoor meer van langspeelplate, kassette en CD’s, verskeie kunstenaars en hulle treffers, die Musiek en Liriek-beweging en die Voëlvry-beweging wat daarna sou volg. Haidee fokus ook op die befondsingsmodel vir musiek, en hoe stroomdienste werk.
VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 2 deur Johan van Lill 22.09.2022 27:14
Johan van Lill kyk verder na die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Hy fokus op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom.
VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 1 deur Johan van Lill 15.09.2022 26:17
Johan van Lill vertel meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Oor die jare het RSG bekend geword vir die gehalte van sy tweejaarlikse dokumentêre seisoene. Johan het in die argiewe gaan kyk, en fokus op tegnieke wat dokkiemakers gebruik om jou vasgenael voor die radio te hou.
LOKSTEM VAN 'N DIONUSUS deur Ina Strydom 08.09.2022 26:50
Die akteur Louis van Niekerk is reeds meer as vyf dekades lank aan die werk in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf. Hy vertel van sy gunstelingrolle, mense wat ‘n groot invloed op sy loopban gehad het, en sy hoop vir die toekoms van die teater.
DIE HANTAM NASIONALE BOTANIESE TUIN deur Johan Rademan 01.09.2022 24:53
Daar is elf nasionale botaniese tuine in Suid-Afrika wat deur SANBI bestuur word. Die Hantam Nasionale Botaniese Tuin is die grootste nasionale botaniese tuin in Suid-Afrika. Johan Rademan gesels daar met kenners oor die geofiete, fauna en flora op die Bokkeveldplato.
KILOMETERS VAN GESKIEDENIS deur Lizelle de Bruin 25.08.2022 25:09
Oor dekades heen het die NG Kerk se kantoortannies dinge opgeteken en geliasseer, en iewers op ‘n punt na die Kerkarfgief in Stellenbosch gestuur. Lizelle de Bruin het by die argief gaan kyk wat alles daar bewaar word, en watter segmente van die samelewing daardie argiefmateriaal kan gebruik.
AAN DIE KLOK deur Martelize Brink 18.08.2022 25:32
Suid-Afrikaners stap verby hierdie strukture sonder kennis van die ware geskiedenis en rol wat dit in die destydse Kaap Kolonie en slawe se lewe gespeel het. Martelize Brink verken die slaweklokgeskiedenis van Suid-Afrika. Die verkenning van dié belangrike geskiedenis van Suid-Afrika word verweef met die verskeie spookstories en mitologie wat oor die jare van generasie tot generasie oorvertel is.
JAMBO, JAMBO KENIA deur Terrance April 11.08.2022 24:04
Kenia, aan die ooskus van Afrika, het ‘n ryk geskiedenis. Oorblyfsels van vroeëre beskawings in die land se suidoostelike deel, kan vandag nog duidelik gesien word. Die land spog ook met pragtige natuurskoon. Benewens die bekende wildreservate is daar pragtige spierwit strande langs die ooskus. Kyk na dié land deur die oë van ‘n paar Suid-Afrikaners wat daar woon en werk, asook van die gidse by h...
KLIPPLAAT: SPOORWEGDORP TOT SPOOKDORP deur Jacques Arendt 04.08.2022 26:26
Klipplaat is sowat 185 km van Gqeberha, 35 km van Jansenville en 75 km van Aberdeen af geleë. Die dorp het sy naam gekry as gevolg van die groot rotsklipplate in die omgewing. Met die koms van die spoorweg in 1879 het Klipplaat begin lewe. Die stasie het tot 1992 ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie en boerderygemeenskap gespeel, en was ‘n aansluiting vir treine vanaf Kaapstad, Johannesburg...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.