RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE LIPIZZANERS deur Esté Gross 20.07.2017 24:20
Die Lipizzaners, ook bekend as die dansende witperde, is 'n ras met 'n unieke geskiedenis wat oor eeue heen strek. Die pronkperde is reeds sedert 1948 in Suid-Afrika en het deur die jare 'n integrale deel van die land se erfenis geword. Este Gross het gaan uitvind hoe die pronkperde opgelei word.
IN DIE BOL GETIK deur Jacqui January 13.07.2017 27:36
Die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms verwoes die lewens van die afhanklikes, hul geliefdes en kring boonop uit na die res van die gemeenskap. Eersterust in Pretoria is geen uitsondering nie, maar die gemeenskap rol hul moue op, staan saam en soms ook nie. Híer is oorlog teenoor dwelms verklaar! Die dokumentêr, In die Bol geTik deur Jacqui January, handel oor die mense van Eersterust en di...
'N ONDERSTEBO WÊRELD deur Christelle van Tonder 06.07.2017 26:06
Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Die is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.
ONS DIEN DIE MENSDOM deur Christelle van Tonder 23.03.2017 29:49
Dr. Imtiaz Sooliman het 25 jaar gelede 'n organisasie gestig, wat tot op hede meer as R2 miljard se noodlenigingshulp aan 42 lande gegee het. Gift of the Givers is 'n nie-regeringsorganisasie wat 21 projekte bestuur, van gesondheid, opvoeding en lewensvaardighede tot voedingsprogramme en werkskepping.
DIE HART VAN MY HUIS deur Jacqui January 16.03.2017 25:42
Jozi, Egoli, Goudstad... Na al die jare is Johannesburg steeds 'n plek waar duisende mense hulle rykdom kom soek. Jacqui January fokus op 'n groepie jongmense by 'n organisasie in die middestad. Die jongmense se hoofdoel is om met 'n positiewe houding, uitreikwerk in die middestad te doen.
TWEE PASIËNTE deur Marí Hudson 09.03.2017 22:55
Elke dag word daar in staat- en private hospitale honderde operasies gedoen. Pasiënte word hospitaalnommers, maar Marí Hudson neem jou op 'n kort reis van drie dae saam met twee pasiënte – van opname tot die dag ná die operasie. Die twee pasiënte is nie familie van mekaar nie, maar het tog iets gemeen.
JAN POHL: 'N 100-JAAR GOUD deur Johan Rademan 02.03.2017 24:25
“Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie, hy is so klein en so skraal. Hy dra 'n ou klein koffiekannetjie en stap na die werk vir die hondertste maal.” Jan Pohl sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Hy is op 80-jarige ouderdom oorlede in Phillipolis waar hy en sy vrou gaan aftree het. Sy is nou 88 en woon steeds daar.
DIE VRYSTELLING VAN DIE SLAWE deur Chris Swanepoel 23.02.2017 25:14
Volgens Britse wetgewing is alle slawe aan die Kaap op 1 Desember 1834 vrygestel, maar hulle moes vir vier jaar as inboekelinge by hulle voormalige eienaars aanbly om hulle op vryheid voor te berei. Die datum is met groot opgewondenheid deur die vrygestelde slawe afgewag. Daarenteen het dit groot onsekerheid by die koloniste gewek – amper soos wat baie Suid-Afrikaners in 1994 ervaar het. En toe di...
SHAYGAM VAN HANGBERG: DIEREREDDER deur Martelize Brink 16.02.2017 24:15
Teen die hange van Hangberg in Houtbaai het die 23-jarige diereredder, Shaygam Newman, 'n plek van veiligheid geskep vir diere, wat soos hy, eens op 'n tyd in die lewe tweede gekom het.
CONRAD THEYS: LAASTE KAAPSE IMPRESSIONIS deur Johan van Lill 02.02.2017 19:33
Conrad Theys staan bekend as een van die laaste Kaapse impressioniste. Johan van Lill het by hom in sy huis in Bellville-Suid gaan kuier. Hierdie geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaar is al met vele pryse vir sy skilderwerk vereer, onder meer 'n eredoktorsgraad, 'n medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en onlangs die Suidoosterfees en die ATKV se toekenning vir 'n lewensbyd...
DIE LUXORAMA deur Johan van Lill 26.01.2017 24:57
Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap. Soveel Kaapse kunstenaars wat later groot internasionale name sou word, se loopbane het in hierdie teater begin. Giempie Vardien, Terry Fortune en Terry Hector Smith het almal van jongs af in die Luxurama opgetree en deel hulle herrinneringe van hierdie teater.
CALITZDORP SE MENSE deur Haidee Muller 19.01.2017 26:03
Haide ry altyd deur Calitzdorp om by haar tuisdorp, Oudtshoorn, uit te kom. Sy het altyd gewonder oor die mense hier - wat hulle doen en wie hulle is? Sy maak toe 'n draai op die dorpie, wat onder inwoners as die Port-hoofstad bekendstaan. Ander verwys ook na die dorp as Kallieklip. Haidee het 'n hele paar mense se stories gehoor, en vertel vir ons meer van plaasboer Klokkie, die taxi-man met die...
THANDI KLAASEN 1931 - 2017 deur Johan Rademan 19.01.2017 43:01
Johan Rademan was in 2006 bevoorreg om 'n spesiale aand tydens die Kanasiefees in Canmore, Kanada, in die geselskap van Thandi Klaasen en haar dogter Lorrainne deur te bring. Sy het juis die “The Woman of Distinction Award” sewe jaar tevore in Kananda ontvang vir 50 jaar se werk in die bedryf. Haar dogter Lorrainne het uit Montreal, waar sy meer as 35 jaar lank al bly, kom kuier. Lorrainne is self...
AGTER DIE GORDYN deur Martin Headger 12.01.2017 30:00
Ballet dateer so ver terug as die 15de eeu toe die Italiaanse adelstand mekaar wou beïndruk met uitspattige en oordadige partytjies. 'n Nuwe vorm van vermaak het begin toe 'n groep passies uitgevoer het, wat 'n swaardgeveg naboots. Dit het in die eeue daarna ontwikkel tot 'n klassieke kuns. Hierdie dansvorm is deesdae nie net klassiek nie - baie balletgeselskappe het moderne produksies in hulle re...
AS DIE KLOK LUI deur Esté Gross 05.01.2017 23:05
Dit is gewoonlik op die onwaarskynlikste plek waar die grootste skat versteek is. Die Johannesburg Girls Preparatory School is in Berea, 'n armoedige deel van Johannesburg geleë. In weerwil van die gevaarlike omgewing en sommige leerders se moeilike huishoudelike omstandighede, palm die skool se koor gereeld goue medaljes in. Om alles te kroon sing hulle hoofsaaklik in hulle derde taal, Afrikaans....
MAMRÉ, ALTAAR VAN GOD deur Haidee Muller 29.09.2016 25:34
Mamre in die Wes-Kaap is as 'n militêre veepos gestig om die Europese setlaars se vee te beskerm teen diefstal deur die inheemse bevolking. Die dorpie is in 1808 aan die Morawiese sendelinge oorgedra, wat 'n sendingstasie daar gebou het. Mamre se historiese geboue is vandag nasionale gedenkwaardighede. Haidee Muller het die besonderse dorpie en sy mense gaan ontmoet.
’N BESOEK AAN DIE ELSIESRIVIER DAGHOSPITAAL deur Martelize Brink 15.09.2016 28:24
Hulle bedien 'n gebied met 'n bevolking van 90,000 mense. Die 123 personeellede van die Elsiesrivier Daghospitaal het 'n groot taak om aan die gemeenskap se mediese behoeftes te voorsien. Die hospitaal is al langer as 40 jaar 'n baken van hoop vir mense wat mediese hulp benodig. Martelize Brink vertel van die lief en leed van die personeel van die daghospitaal en die mense van Elsiesrivier en omli...
HERRY DIE STRANDLOPER - OPPORTUNIS OF ONDERDRUKTE? deur Chris Swanepoel 01.09.2016 26:15
Toe Jan van Riebeeck en sy volgelinge in April 1652 in die Kaap voet aan wal sit, is Herry en sy Strandlopers die eerste mense van Suid-Afrika met wie hulle kennis maak. En sommer al op 7 April 1652 word Herry deur Van Riebeeck op die Dromedaris onthaal. Hierna volg 'n rits gebeure wat daartoe lei dat Herry teen vergoeding as tolk vir Van Riebeeck optree in ruiltransaksies en onderhandelinge met d...
SOPHIATOWN SE KUNSSKRIF TEEN DIE MUUR deur Jacqui January 25.08.2016 23:49
Jacqui January besoek die museum in Sophiatown, Johannesburg, opsoek na die geskiedenis en oorsprong van die kuns en kultuur van die omgewing. Die ikoniese gebied se kultuurgeskiedenis strek wyer as die grense van Johannesburg tot diep in Afrika en Europa. 'n Hegte gemeenskap het rondom die kultuur van musiek, literatuur en die kerk ontstaan. Dis juis in die Anglikaanse kerk waar daar 'n lewens gr...
VONKE OP DIE PAD deur Fritz Klaaste 18.08.2016 26:08
Die elektriese motor het diep in die harte van sy nuwe eienaars gekruip, maar vir die res van ons is dit nog 'n duur item, en baie vra word gevra oor die werking en volhoubaarheid van so 'n motor. Nuwe litiumbatterytegnologie het die reikafstande van die motor verbeter en daar word voortdurend nuwe navorsing hieroor gedoen. Dit maak van die elektriese motor die ideale alternatiewe vervoermiddel vi...
LIDA VAN GROOTDERM deur Margot Luyt 11.08.2016 27:01
Die veelbekroonde aktrise Lida Botha het die groot agt onlangs agter haar geplaas. Margot Luyt gesels met haar oor haar kleurvolle lewe en die interessante draaie wat sy die afgelope 80 jaar deur gelag het, want min mense kan lag soos Lida van Grootderm.
LAG EN HUIL LÊ LANGS MEKAAR deur Ina Strydom 04.08.2016 27:44
Die dramaturg en skrywer PG du Plessis sê 'n mens moet die mensdom in sy geheel 'n bietjie liefhê, anders kan jy nie skryf nie. Hy praat oor deernis en oor luister; oor mense en oor Fees van die Ongenooides. PG het op 14 Julie vanjaar 82 jaar oud geword.
STAP SAAM DEUR DIE KAAP, DIE BO-KAAP deur Haidee Muller 28.07.2016 28:00
Stap saam met Haidee Muller van Distrik Ses tot by die Bo-Kaap. Die kleurvolle Bo-Kaap was nog altyd 'n integrale deel van Suid-Afrika se geskiedenis, en vandag is dit steeds springlewendig. Haidee vertel van kos, kleur en kultuur van hierdie besonderse woonbuurt in die Kaap.
COMART – KUNSTE WAT ’N VERSKIL MAAK deur Johan van Lill 21.07.2016 27:36
Virginia Davids en haar man John het in 1997 die kunsteorganisasie Community Arts Association, beter bekend as ComArt, in Elsiesrivier in die Wes-Kaap gestig om deur die kunste 'n verskil in die lewens van talle mense van hierdie gemeenskap te maak.
DIE VONDS IN DIE VULLIS deur Esté Gross 14.07.2016 25:21
Hulle word skarrelaars, krappers, trolliemense en vullisrapers genoem. Navorsers beskou hierdie mense as 'n moeilik opspoorbare en definieerbare bevolkingsgroep. Dit is moeilik om hulle vas te pen, want hulle is nie een dag op dieselfde plek nie. Hulle verdwyn gou agter hulle trollies. Dit is ook moeilik om te sê hoeveel mense werklik so 'n bestaan maak. Hulle is die armstes van die armstes, maar...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.