RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 365 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Sep 24, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

AS DIE KLOK LUI deur Esté Gross 05.01.2017

Dit is gewoonlik op die onwaarskynlikste plek waar die grootste skat versteek is. Die Johannesburg Girls Preparatory School is in Berea, 'n armoedige deel van Johannesburg geleë. In weerwil van die gevaarlike omgewing en sommige leerders se moeilike huishoudelike omstandighede, palm die skool se koor gereeld goue medaljes in. Om alles te kroon sing hulle hoofsaaklik in hulle derde taal, Afrikaans....

MAMRÉ, ALTAAR VAN GOD deur Haidee Muller 29.09.2016

Mamre in die Wes-Kaap is as 'n militêre veepos gestig om die Europese setlaars se vee te beskerm teen diefstal deur die inheemse bevolking. Die dorpie is in 1808 aan die Morawiese sendelinge oorgedra, wat 'n sendingstasie daar gebou het. Mamre se historiese geboue is vandag nasionale gedenkwaardighede. Haidee Muller het die besonderse dorpie en sy mense gaan ontmoet.

’N BESOEK AAN DIE ELSIESRIVIER DAGHOSPITAAL deur Martelize Brink 15.09.2016

Hulle bedien 'n gebied met 'n bevolking van 90,000 mense. Die 123 personeellede van die Elsiesrivier Daghospitaal het 'n groot taak om aan die gemeenskap se mediese behoeftes te voorsien. Die hospitaal is al langer as 40 jaar 'n baken van hoop vir mense wat mediese hulp benodig. Martelize Brink vertel van die lief en leed van die personeel van die daghospitaal en die mense van Elsiesrivier en omli...

HERRY DIE STRANDLOPER - OPPORTUNIS OF ONDERDRUKTE? deur Chris Swanepoel 01.09.2016

Toe Jan van Riebeeck en sy volgelinge in April 1652 in die Kaap voet aan wal sit, is Herry en sy Strandlopers die eerste mense van Suid-Afrika met wie hulle kennis maak. En sommer al op 7 April 1652 word Herry deur Van Riebeeck op die Dromedaris onthaal. Hierna volg 'n rits gebeure wat daartoe lei dat Herry teen vergoeding as tolk vir Van Riebeeck optree in ruiltransaksies en onderhandelinge met d...

SOPHIATOWN SE KUNSSKRIF TEEN DIE MUUR deur Jacqui January 25.08.2016

Jacqui January besoek die museum in Sophiatown, Johannesburg, opsoek na die geskiedenis en oorsprong van die kuns en kultuur van die omgewing. Die ikoniese gebied se kultuurgeskiedenis strek wyer as die grense van Johannesburg tot diep in Afrika en Europa. 'n Hegte gemeenskap het rondom die kultuur van musiek, literatuur en die kerk ontstaan. Dis juis in die Anglikaanse kerk waar daar 'n lewens gr...

VONKE OP DIE PAD deur Fritz Klaaste 18.08.2016

Die elektriese motor het diep in die harte van sy nuwe eienaars gekruip, maar vir die res van ons is dit nog 'n duur item, en baie vra word gevra oor die werking en volhoubaarheid van so 'n motor. Nuwe litiumbatterytegnologie het die reikafstande van die motor verbeter en daar word voortdurend nuwe navorsing hieroor gedoen. Dit maak van die elektriese motor die ideale alternatiewe vervoermiddel vi...

LIDA VAN GROOTDERM deur Margot Luyt 11.08.2016

Die veelbekroonde aktrise Lida Botha het die groot agt onlangs agter haar geplaas. Margot Luyt gesels met haar oor haar kleurvolle lewe en die interessante draaie wat sy die afgelope 80 jaar deur gelag het, want min mense kan lag soos Lida van Grootderm.

LAG EN HUIL LÊ LANGS MEKAAR deur Ina Strydom 04.08.2016

Die dramaturg en skrywer PG du Plessis sê 'n mens moet die mensdom in sy geheel 'n bietjie liefhê, anders kan jy nie skryf nie. Hy praat oor deernis en oor luister; oor mense en oor Fees van die Ongenooides. PG het op 14 Julie vanjaar 82 jaar oud geword.

STAP SAAM DEUR DIE KAAP, DIE BO-KAAP deur Haidee Muller 28.07.2016

Stap saam met Haidee Muller van Distrik Ses tot by die Bo-Kaap. Die kleurvolle Bo-Kaap was nog altyd 'n integrale deel van Suid-Afrika se geskiedenis, en vandag is dit steeds springlewendig. Haidee vertel van kos, kleur en kultuur van hierdie besonderse woonbuurt in die Kaap.

COMART – KUNSTE WAT ’N VERSKIL MAAK deur Johan van Lill 21.07.2016

Virginia Davids en haar man John het in 1997 die kunsteorganisasie Community Arts Association, beter bekend as ComArt, in Elsiesrivier in die Wes-Kaap gestig om deur die kunste 'n verskil in die lewens van talle mense van hierdie gemeenskap te maak.

DIE VONDS IN DIE VULLIS deur Esté Gross 14.07.2016

Hulle word skarrelaars, krappers, trolliemense en vullisrapers genoem. Navorsers beskou hierdie mense as 'n moeilik opspoorbare en definieerbare bevolkingsgroep. Dit is moeilik om hulle vas te pen, want hulle is nie een dag op dieselfde plek nie. Hulle verdwyn gou agter hulle trollies. Dit is ook moeilik om te sê hoeveel mense werklik so 'n bestaan maak. Hulle is die armstes van die armstes, maar...

DIE WÊRELD VIR 'N GLIMLAG deur Christelle van Tonder 07.07.2016

Cristelle van Tonder was 'n week lank in Madagaskar saam met die liefdadigheidsorganisasie, Operation Smile. Dit is 'n groep vrywilligers van dwarsoor die wêreld wat mense met haaslippe en gesplete verhemeltes opereer.

JOHAAR MOSAVAL deur Johan van Lill 31.03.2016

Johaar Mosaval is een van Suid-Afrika se bekendste en roemrykste balletdansers wat Suid-Afrika opgelewer het. Johan van Lill leer die legendariese ikoon van nader ken.

DIE DROOM ROL VOORT deur Johan Rademan 24.03.2016

Rohan Vos bedryf een van die 25 luuksste treine ter wêreld. In 1986 nooi 'n vriend hom na die Stoombewaringsvereniging waar die treingogga hom byt. Dertig jaar later het hy deur dik en dun die toerismebedryf baasgeraak, en 'n deel van Capital Park in Pretoria gekoop, waar hy vandag 'n werkende stoomtreinstasie en 'n museum het.

RITA VAN LELIENFONTEIN: VAN KLAAS TOT BAAS deur Haidee Muller 17.03.2016

Rita Andreas het grootgeword op die plaas Lelienfontein op Wellington. Hierdie voormalige plaaswerker is vandag die voorsitter van die Bosman Adama Werkerstrust.

'N LEWE VAN MINDER AS TWINTIG WEKE deur Christelle van Tonder 10.03.2016

Christelle van Tonder kyk na die impak wat 'n miskraam op 'n vrou het.

AGTER DIE GORDYN deur Johan van Lill 03.03.2016

Hoor alles wat agter die verhoog gebeur tydens 'n produksie, soos hoe die spesiale effekte geskep word en hoe daar afgetel word tot die gordyn oopgaan.

WENDUIF deur Chris Swanepoel 25.02.2016

Wat maak van 'n wedvlugduif 'n wenner? Chris Swanepoel kyk na watter eienskappe só 'n duif moet beskik, en hoe 'n mens 'n duif voorberei om 'n wenner te wees.

VERBLEIKTE FOTO'S deur Fritz Klaaste 18.02.2016

Namate ons ouer word, verklein ons fisiese leefwêreld tot in so mate dat baie mense alleen en eensaam is. Niemand stel belang in hulle nie, en al wat hulle het is herinneringe en 'n paar verbleikte foto's. Fritz Klaaste vertel die stories van 'n paar bejaarde mense en hulle foto's.

MEER AS NET BLOU OF PIENK deur Christelle van Tonder 11.02.2016

Vir sommige mense gaan die lewe oor meer as net blou of pienk. Hulle het die gekies om anders te wees nie, maar leef nie volgens die etikette wat die samelewing op hulle plak nie.

MARTELAAR MANCHE MASEMOLA deur Jacqui January 04.02.2016

Manche is in 1913 gebore in 'n gehuggie in die landelike deel naby Polokwane in Limpopo. Sy was 'n toegewyde Christen en het saam met Duitse en Engelse sendelinge gewerk. Haar mense het hulle geloof streng volgens tradisionele gebruike beoefen. Op 4 Februarie 1928, toe sy 15 jaar oud is, het haar ouers haar dood gemaak weens haar geloofsoortuigings, en op afgeleë koppie begrawe. Sy is tot martelaa...

TARKA SE MENSE deur Haidee Muller 28.01.2016

Tarka is een van die oudste woongebiede in Mosselbaai. Haidee Muller het Tarka en sy mense se kleurryke geskiedenis gaan uitkrap, en met van die buurt se oudste inwoners, gemeenskapsmense en kenners gesels. Oom Abie Daniels was bekend vir sy langarm-dansmusiek as die saksofoonspeler van die gewilde Bay Jazz-orkes. Haidee het 'n ou langspeelplaat van die groep by Oom Abie gekry en daai langarm-musi...

KYK IN MY OË deur Esté Gross 14.01.2016

Katarakke is die oorsaak van ongeveer 50% van mense wat hulle sig verloor in Suid-Afrika. Alhoewel daar talle oorsake is vir die vorming van katarakke, is dit hoofsaaklik ouderdomverwant. Teen die ouderdom van 80 sal meer as die helfte van Amerikaners al 'n katarakoperasie ondergaan het. Die kanse is dus goed dat jy een of ander tyd met 'n katarak te doen kan kry, maar dansky tegnologie kan dit va...

MISDAAD IN DIEPSLOOT deur Mia Malan en Darren Taylor 07.01.2016

Diepsloot was in 2008 internasionaal in die kollig toe buitelanders daar brutaal vermoor is in xenofobiese aanvalle. Ná die voorvalle het die regering onderneem om hierdie groot township, in die noorde van Johannesburg, te ontwikkel. Maar, terwyl 'n paar opgraderings wel gedoen is, bly Diepsloot 'n plek van armoede, intense wanhoop, gewelddadige misdaad, siekte en dood. Mia Malan en Darren Taylor...

DIE MENSE VAN PROTEA deur Johan Rademan 23.09.2015

DIE MENSE VAN PROTEA deur Johan Rademan

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.