RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
HET JY GEHOOR? deur Jacqui January 09.07.2015 26:13
HET JY GEHOOR? deur Jacqui January
KWA THU deur Johan Rademan 04.04.2015 28:54
KWA THU deur Johan Rademan
KWA THU deur Johan Rademan 01.04.2015 28:54
KWA THU deur Johan Rademan
DIE TOEVALLIGE SIELKUNDIGE deur Dee Theart 26.03.2015 27:58
DIE TOEVALLIGE SIELKUNDIGE deur Dee Theart
DIE SLAG VAN WATERLOO deur Chris Swanepoel 19.03.2015 28:55
DIE SLAG VAN WATERLOO deur Chris Swanepoel
WILLIE BESTER - MAN VAN STAAL deur Johan Rademan 12.03.2015 29:45
WILLIE BESTER - MAN VAN STAAL deur Johan Rademan
AS 'N MENS GESTEEL WORD deur Christelle van Tonder 05.03.2015 32:50
AS 'N MENS GESTEEL WORD deur Christelle van Tonder
MADGE DIE SONNEBLOM deur Haidee Muller 26.02.2015 23:37
Madge du Preez is 'n 65-jarige sakevrou, skrywer en nasiebouer. Sy is alombekend as Madge die Sonneblom. Sy is passievol oor die onderwys, en skryf die mooiste gedigte. Madge het pas afgetree by UWK waar sy by studente-ondersteuning betrokke was. Sy maak hart oop teenoor Haidee Muller.
'N LEWE SUID VAN MARKSTRAAT deur Martelize Brink 19.02.2015 28:44
'n Hegte Wellington-gemeenskap is in die jare sestig uitmekaargeruk deur gedwonge verskuiwings. Veertig jaar later kry oorlewendes die geleentheid om die gemeenskap se vreugde te vier. Mense soos die 89-jarige Tannie Madge Isaacs vertel hoe die uitsetttingsbevel hulle lewens beïnvloed het.
BORSKANKER - 'N SUID-AFRIKAANSE PRESPEKTIEF deur Fritz Klaaste 12.02.2015 25:06
Hoe vergelyk Suid-Afrika ten opsigte van borskankernavorsing, -behandeling en -suksesse met die res van die wêreld? Fritz Klaaste besoek 'n borskankereenheid by 'n staatshospitaal om uit te vind.
GOUDSTAD EKSENTRIEK deur Mia Malan en Darren Taylor 05.02.2015 21:02
Johannesburg - Afrika se ekonomiese middelpunt, en 'n stad wat 'n tuiste is vir duisende mense wat van suksesvolle sakeondernemings droom. Min van die ontluikende entrepreneurs vind egter hulle fortuin in die sakewêreld, wat toenemend kompeterend en ongenaakbaar kan wees. Daar is 'n paar besighede wat dit durf waag het om dinge anders te doen, en hulle is besig om die vrugte van hulle waagmoed te...
TWEEDE TUISTE deur Mari Hudson 29.01.2015 26:33
Meer as 3 000 Suid-Afrikaners wag op die oomblik op 'n nieroorplanting, en ondergaan dialise terwyl hulle wag. Hulle bestee so baie tyd in 'n dialise-eenheid dat dit hulle tweede tuiste word. Ontmoet die “gaste” en “gashere'” van Tygerberg Hospitaal se dialise-eenheid. Van die personeel werk al langer as 25 jaar by die eenheid, waar die pasiënte 'familie' word.
'N DAG IN DIE LEWE VAN MARGARET ROBERTS deur Jacqui January 22.01.2015 28:09
Margaret Roberts is al vir langer as 30 jaar 'n gevestigde naam in die wêreld van medisinale plante en kruie. Jacqui January het by haar op haar plaas gaan kuier.
OOM JOHNNY PETERS deur Haidee Muller 15.01.2015 22:57
Hierdie besonderse oudbode en fabriekswerker van die Kaapse Vlakte het sy skreeusnaakse gedigte en lewensverhaal in die geselskap van sy hartsmense, met Haidee Muller gedeel.
TE VEEL VAN 'N GOEIE DING... deur Christelle van Tonder 08.01.2015 24:23
Die storie van oefen-verslaafdes.
'N STUKKENDE VENSTER deur Este Gross 31.12.2014 24:07
Wat is graffiti? Kan dit hoop gee langs 'n stukkende venster? Graffiti-kunstenaars gesels oor mense se wanpersepsies van die kunsvorm, en hoe dit besig is om te verander.
ROBBENEILAND: SIMBOOL VAN DEMOKRASIE deur Johan Rademan 25.09.2014 24:56
Die eiland se geskiedenis strek 450 miljoen jaar terug, aldus die ekoloog Dave Pepler. Willem Steenkamp, kenner van die vroeë Kaapse militêre geskiedenis, stel die vergete broederbende uit 1807 opnuut aan ons bekend. Shakespeare se rol tydens die mees onlangse poltikieke aanhoudings word onder die loep geneem deur prof. Julian Smith van die Universiteit van Stellenbosch. Eerwaarde Lionel Louw praa...
KUIER BY ZANTA deur Wynand Dreyer 18.09.2014 25:39
Zanta Hofmeyr word gereken as een van die beste violiste wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Sy hou steeds uitvoerings hier en in die buiteland. Sy is ook professor in musiek by twee universiteite. Sy kom uit 'n merkwaardige gesin van agt kinders en almal is musikaal. Zanta Hofmeyr se lewe word gedefinieër deur musiek.
DIE TEGNO-KIND deur Jacqui January 11.09.2014 27:36
Daar is lank geglo dat swak afstandvisie hoofsaaklik oorerflik is. Onlangse navorsing wys egter dat te veel ure wat op tegnologiese toestelle soos slimfone en tabletrekenaars gespandeer word, ook 'n sondebok is. Tegnologie is die nuwe babawagter, sê 'n oogarts. Jacqui January kyk na die probleme wat jong kinders ervaar as gevolg van te veel blootstelling aan tegnologie te vroeg in hulle lewe.
MEESTER ESPEE, KRIEKETLEGENDE VAN DIE KLEIN KAROO deur Haidee Muller 04.09.2014 23:33
Simon Petrus Swigelaar, alombekend as Meester Espee, is sedert 1948 by SWD-krieket betrokke en het die provinsie as speler en administrateur op alle vlakke gedien. Hy is al wyd vereer vir sy bydrae tot die sport.
OP MY DRAAIBANK deur Chris Swanepoel 28.08.2014 26:56
'n Klankbeeld van houtdraaiwerk as stokperdjie.
EEN BOEK OP 'N SLAG deur Ilse Salzwedel 21.08.2014 25:42
Twee jaar gelede het die Departement van Korrektiewe Dienste ʼn leesprogram ingestel as deel van gevangenes se rehabilitasieprogram. Hoor hoe die Reading for Redemption-veldtog misdadigers se lewe verander, een boek op ʼn slag.
DIE DRANKDUIWEL deur Ivor Price 14.08.2014 30:25
Ivor Price ondersoek die probleem van toenemende alkoholverslawing in Suid-Afrika. Hoor die aangrypende vertellings van 'n 17-jarige alkoholis wie se pa hom al op 12 jaar toegelaat het om slukkies van sy bier te neem. 'n Alkoholis wat jare laas gedrink het, vertel ook hoekom hy nooit weer sy lippe aan drank sal kan sit nie.
Rustenburg - Letsels van 'n staking deur Christelle van Tonder 7 Augustus 2014 07.08.2014 24:36
Op 23 Januarie 2014 het die werkers by Suid Afrika se grootse platinumprodusente begin staak. Die langste en duurste staking ooit in Suid-Afrika is vyf maande later op 24 Junie beëindig. Christelle van Tonder het in Rustenburg gaan kyk watter letsels die staking daar gelos het.
VAN OUDSTE DORP TOT INNOVASIEHOOFSTAD deur Ina Strydom 31.07.2014 30:51
Ina Strydom stap deur die strate van Stellenbosch om te kyk en te luister na wat die dorp te vertel het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.