RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SPIRITUELE GELOOFSTELSELS deur Mia Malan en Darren Taylor 24.07.2014 24:31
Suid-Afrika word wêreldwyd gerespekteer vir die verdraagsaamheid van verskillende gelowe. Die meeste Suid-Afrikaners is Christene, maar lewe in vrede en harmonie saam met derduisende Jode, Moslems, Hindus en aanhangers van tradisionele Afrikagelowe. Navorsing dui egter daarop dat al hoe meer mense sogenaamde alternatiewe gelowe begin navolg in 'n soeke na betekenis in hulle lewe. Mia Malan en Darr...
DIE DWELMSNELLER deur Este Gross 10.07.2014 25:37
Wat is die verband tussen dwelmgebruik en musiek? Daar is verskeie snellers wat dwelmgebruikers laat terugval in gebruik, maar musiek is veral 'n sterk sneller. Este Gross besoek die Elim Kliniek, 'n sentrum vir die behandeling van verslawings, om meer uit te vind.
FONTEIN VAN KENNIS deur Anel Heydenrych 03.07.2014 26:09
Daar is 'n persepsie dat plaasskole nie so goed soos ander skole is nie. Baie ouers stuur eerder hulle kinders dorp of stad toe om daar skool te gaan, maar 50 kilometer suid-oos van Colesberg in die Noord-Kaap is die Umthombo Wolwazi plaasskool wat FONTEIN VAN KENNIS beteken en deur die gemeenskap as 'n oase beskou word.
VAN DIE KRAAL TOT DIE BORD deur Fritz Klaaste 27.03.2014 28:56
Duisende jare gelede in Afrika waar lewe begin het, het die mens 'n ooreenkoms met land en dier aangegaan dat hulle mekaar sal ondersteun en onderhou. Hierdie ooreenkoms het gelei tot een van die grootste bedrywe in Suid-Afrika. Fritz Klaaste kyk na die vleisbedryf en die pad wat vleis loop van die kraal tot die bord.
ANDERKANT DIE GEEL DEURE deur Mari Hudson 20.03.2014 25:27
Mari Hudson neem jou op 'n besoek aan Saal G3, die kinderkankersaal by die Tygerberg-Hospitaal in Kaapstad. Meer as 'n duisend kinders word elke jaar met kanker gediagnoseer. Verreweg die meeste word in akademiese hospitale behandel. Kom ontmoet Suster Bantam wat al 24 jaar kinders met kanker versorg, een van die dokters, en van die ouers wat dae en weke in die hospital deurbring.
IKHAYA LOXOLO - HUIS VAN VREDE deur Darren Taylor 13.03.2014 24:39
Suid-Afrika het 'n groot tekort aan openbare gesondheidsdienste vir mense met psigiatriese siektes of verstandelike gestremdhede, veral in plattelandse gebiede. Die Hobeni-nedersetting is in 'n afgeleë deel van die Oos-Kaap in die voormalige Transkei. Daar is 'n paar omheinde hutte bekend as Ikhaya Loxolo. Dit beteken Huis van Vrede. Vir honderde kilometer is dit die enigste plek waar verstandelik...
!KWHA TTU deur Johan Rademan 06.03.2014 28:54
!Kwha ttu is 'n Sankultuursentrum waar ou waarhede van die Sangemeenskap nuut gemaak en bewaar word. Daar is nagenoeg 100 000 Sanmense in die wêreld waarvan ongeveer 6 000 in Suid-Afrika woon. Johan Rademan vertel hoe veldkuns, plantkennis en ou tale nog gekoester word deur jong San-afstammelinge. Een van die ou tale, wat op uitsterwing wankel, met net vyf sprekers oor, kan gehoor word en daar is...
DOBBELSPEL deur Ivor Price 27.02.2014 29:04
Ivor Price ondersoek die vernietigende impak van dobbelverslawing. Dwarsoor die land is daar planne om nog casinos op te rig… en dit terwyl daar al hoe meer bewyse is dat hierdie verslawing familiestrukture kan vernietig.
VAN TOEKA TOT NOU deur Jacqui January 20.02.2014 27:43
Dis die storie van nostalgie en 'n groep mense se reis van vernedering en armoede tot vergifnis en dankbaarheid. Dis die storie van die mense van die BAR-vallei.
'N LIEFDE VIR LEEUS deur Wynand Dreyer 13.02.2014 23:04
Gert Claasen boer in die Petrussteyndistrik in die Vrystaat. Benewens skape, beeste en verskeie gewasse, het hy ook wild op sy plaas. Gert het egter 'n spesiale plek in sy hart vir roofdiere. Hy is een van 'n handjievol kommersiële leeuboere in Suid-Afrika.
DIE ORKES deur Anel Heydenrych 06.02.2014 26:08
'n Jazz-orkes wat in 2011 in die Tswelopele Korrektiewe Dienste-sentrum in Kimberley deur vyf gevangenis begin is, maak nou landwyd opslae. Die orkes bestaan uit elf lede en lewer vertonings by kunstefeeste en funksies dwarsdeur die land. Musiekkontrakte word nou ook 'n werklikheid. Anel Heydenrych het na die orkes gaan luister.
DIE MAN WAT SY NAAM KON VERKOOP deur Ina Strydom 23.01.2014 32:14
Stephan Welz is 'n bekende kunshandelaar en afslaer. Ina Strydom kyk na sy loopbaan en liefdes, die omstandighede wat gelei het tot die verkoop van die veilingshuis wat steeds sy naam dra, en sy lewe daarna.
NOKKIE SE STORIES deur Haidee Muller 16.01.2014 29:39
Nokkie is 'n boorling van Leeu-Gamka se wêreld en werk deesdae as huiswerker in Kaapstad. Sy vertel sulke lekker, lewendige en kleurryke stories dat haar werkgewer al 'n boek genaamd Nokkie se Stories oor haar vertellinge laat publiseer het.
IN DIE KOUE KLOUE deur Christelle van Tonder 09.01.2014 26:56
Een verkeerde besluit kan jou hele lewe verander... soveel te meer verkeerde besluite wat jy op die vroeë ouderdom van 16 maak. Christelle van Tonder kyk na die lewe van tieners in die tronk.
DIE BESOEK deur Este Gross 02.01.2014 23:31
Este Gross besoek 'n gesin in Pretoria wat buitengewone uitdagings het, maar op hulle eie manier normaal funksioneer.
ANNA M. LOUW deur Ina Strydom 26.09.2013 34:09
Die skrywer Anna M. Louw sou op 31 Desember vanjaar 100 jaar oud wees. Ina Strydom fokus op die veel…
DIE SLAWELOSIE deur Chris Swanepoel 19.09.2013 29:27
Aan die bopunt van Adderleystraat, by die ingang na die Kompanjiestuin, staan die pragtige ou Slawel…
HOOFMAN ALBERT LUTHULI deur Jacqui January 12.09.2013 33:54
Die Nobel Vredespryswenner, hoofman Albert Luthuli, het destyds die verbeelding van menige aangegryp. Hy was as ANC-lid en president intens betrokke by die styd om demokrasie vir almal te bewerkstellig.
CASS ABRAHAMS deur Haidee Muller 05.09.2013 28:10
Die kosfoendie, Cass Abrahams, het eers op die ouderdom van 28 jaar ernstig begin kook. Sy vertel van die die mense na aan haar hart, haar grootwordjare en haar groot passie, Onthoukos en die Maleise koskultuur.
CARLETONVILLE, DIE ANDER KANT deur Ivor Price 29.08.2013 31:13
Die wêreld se diepste goudmyn is op Carletonville aan Gauteng se Wesrand. Maar dis ook ’n wêreld van egskeidings, drankmisbruik en vrees. Ry saam met Ivor Price deur Carletonville se strate en kry ’n seldsame persoonlike perspektief op die arbeidsonrus in die mynbedryf.
BULUNGULA deur Mia Malan en Darren Taylor 22.08.2013 25:27
Goeie paaie, elektrisiteit en skoon, lopende water is maar net ‘n droom in baie dele van die voormalige Transkei. In sommige gebiede is gesondheidsdienste so ver weg van waar mense bly, en so sleg toegerus, dat dit so goed is as geen dienste nie. Babas sterf aan maklik behandelbare siektes soos diaree en omdat hospitale so geisoleerd en moeilik bereikbaar is, word oordraagbare toestande soos MIV e...
EVITA SE PERRON deur Johan Rademan 15.08.2013 32:02
Evita se Perron op Darling het 'n hele dorp se mense geraak en hoop gebring. Opvoeding deur vermaak, en vermaak tot entrepeneurskap en eienaarskap. Ervaar dit saam met Johan Rademan wat jou daarheen neem op 'n onvergeetlike rit en avontuur. Johan loop ligvoets deur die uitnemende werk van die Darlingtrust onder beskermheer Pieter-Dirk Uys en Tannie Evita. Uit die kunste is daar onder andere gebore...
LANGENHOVEN – DIE DWEPER VIR AFRIKAANS deur Ina Strydom 08.08.2013 32:18
Ina Strydom kyk na Langenhoven se rol as taalstryder en hoe hy Afrikaanssprekendes aan die lees gekry het. Langenhoven is vanjaar 140 jaar gelede gebore.
AS BANG BEGIN BYT deur Christelle van Tonder 01.08.2013 31:56
“Dit het gevoel asof ek doodgaan!” sê die sanger Karlien van Jaarsveld en die aktrise en aanbieder, Angelique Gerber, oor ‘n groot ding wat hulle in hulle lewens oorkom het. Die twee sterre maak hulle harte oop oor iets waaroor hulle nog nooit voorheen gepraat het nie.
SANDRA PRINSLOO - DIE ONBLUSBARE deur Margot Luyt 25.07.2013 30:01
Sandra Prinsloo is een van die enigmas van die teater. Sy is ongelooflik aktief, produktief en veelsydig as aktrise. Sy is egter ook 'n suksesvolle sakevrou en word wyd en syd geloof vir haar spel, regie, sjarme, intellek en skoonheid. Margot Luyt loer na van die sake wat haar lewe so vol maak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.