RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE BESOEK deur Este Gross 02.01.2014 23:31
Este Gross besoek 'n gesin in Pretoria wat buitengewone uitdagings het, maar op hulle eie manier normaal funksioneer.
ANNA M. LOUW deur Ina Strydom 26.09.2013 34:09
Die skrywer Anna M. Louw sou op 31 Desember vanjaar 100 jaar oud wees. Ina Strydom fokus op die veel…
DIE SLAWELOSIE deur Chris Swanepoel 19.09.2013 29:27
Aan die bopunt van Adderleystraat, by die ingang na die Kompanjiestuin, staan die pragtige ou Slawel…
HOOFMAN ALBERT LUTHULI deur Jacqui January 12.09.2013 33:54
Die Nobel Vredespryswenner, hoofman Albert Luthuli, het destyds die verbeelding van menige aangegryp. Hy was as ANC-lid en president intens betrokke by die styd om demokrasie vir almal te bewerkstellig.
CASS ABRAHAMS deur Haidee Muller 05.09.2013 28:10
Die kosfoendie, Cass Abrahams, het eers op die ouderdom van 28 jaar ernstig begin kook. Sy vertel van die die mense na aan haar hart, haar grootwordjare en haar groot passie, Onthoukos en die Maleise koskultuur.
CARLETONVILLE, DIE ANDER KANT deur Ivor Price 29.08.2013 31:13
Die wêreld se diepste goudmyn is op Carletonville aan Gauteng se Wesrand. Maar dis ook ’n wêreld van egskeidings, drankmisbruik en vrees. Ry saam met Ivor Price deur Carletonville se strate en kry ’n seldsame persoonlike perspektief op die arbeidsonrus in die mynbedryf.
BULUNGULA deur Mia Malan en Darren Taylor 22.08.2013 25:27
Goeie paaie, elektrisiteit en skoon, lopende water is maar net ‘n droom in baie dele van die voormalige Transkei. In sommige gebiede is gesondheidsdienste so ver weg van waar mense bly, en so sleg toegerus, dat dit so goed is as geen dienste nie. Babas sterf aan maklik behandelbare siektes soos diaree en omdat hospitale so geisoleerd en moeilik bereikbaar is, word oordraagbare toestande soos MIV e...
EVITA SE PERRON deur Johan Rademan 15.08.2013 32:02
Evita se Perron op Darling het 'n hele dorp se mense geraak en hoop gebring. Opvoeding deur vermaak, en vermaak tot entrepeneurskap en eienaarskap. Ervaar dit saam met Johan Rademan wat jou daarheen neem op 'n onvergeetlike rit en avontuur. Johan loop ligvoets deur die uitnemende werk van die Darlingtrust onder beskermheer Pieter-Dirk Uys en Tannie Evita. Uit die kunste is daar onder andere gebore...
LANGENHOVEN – DIE DWEPER VIR AFRIKAANS deur Ina Strydom 08.08.2013 32:18
Ina Strydom kyk na Langenhoven se rol as taalstryder en hoe hy Afrikaanssprekendes aan die lees gekry het. Langenhoven is vanjaar 140 jaar gelede gebore.
AS BANG BEGIN BYT deur Christelle van Tonder 01.08.2013 31:56
“Dit het gevoel asof ek doodgaan!” sê die sanger Karlien van Jaarsveld en die aktrise en aanbieder, Angelique Gerber, oor ‘n groot ding wat hulle in hulle lewens oorkom het. Die twee sterre maak hulle harte oop oor iets waaroor hulle nog nooit voorheen gepraat het nie.
SANDRA PRINSLOO - DIE ONBLUSBARE deur Margot Luyt 25.07.2013 30:01
Sandra Prinsloo is een van die enigmas van die teater. Sy is ongelooflik aktief, produktief en veelsydig as aktrise. Sy is egter ook 'n suksesvolle sakevrou en word wyd en syd geloof vir haar spel, regie, sjarme, intellek en skoonheid. Margot Luyt loer na van die sake wat haar lewe so vol maak.
ANDERKANT DIE WOLKE - DIE MENS SE SOEKE NA SIN IN DIE RUIMTE deur Hennie Maas 18.07.2013 25:29
Die mens kyk al eeue lank na die naghemel en tob oor die sin van lewe en die oneindigheid van die ruimte. Daar is al baie pogings aangewend om mensgemaakte voorwerpe soos satelliete en ruimtetuie die swart ruimte in te stuur en mense het al die swaartekrag van die aarde al verruil vir dié van die maan.
PA’S VIR GEREGTIGHEID deur Ivor Price 11.07.2013 28:25
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
JOHN EN VIRGINIA: OP DIE VERHOOG VAN DIE LEWE deur Martelize Brink 04.07.2013 34:31
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
DIE KORE VAN DIE KAAP deur Martelize Brink 28.03.2013 25:23
Die tradisie van koorsang in Suid-Afrika is diep gebed in ons gemeenskappe. Van Eersterivier tot Garries verduidelik koorlede en koorleiers hoekom hierdie sangvorm brûe bou en hulle siele verryk.
DIE MUSIEKBEDRYF deur Derrich Gardner 21.03.2013 25:25
Waar is die dae toe Groep 2 in die Beatles se Abbey Road-ateljees kon opneem? Of toe kunstenaars soos Gé Korsten sommer saam met 'n hele simfonieorkes kon plate sny? Derrich Gardner praat met mense agter die skerms wat konserte reël, kunstenaars bespreek vir optredes en moet seker maak dat almal weet wie het 'n nuwe CD op die rakke. Hoe het die musiekbedryf verander en hoe hou dit kop bo water in...
DIE STRAATTUINE VAN POTCHEFSTROOM deur Ina Strydom 14.03.2013 22:44
‘n Groep dosente in Potchefstoom het met ‘n projek begin om groentetuine op sypaadjies en in openbare ruimtes aan te lê. Hulle noem dit burgerlike aktivisme. Ina Strydom het na die tuine gaan kyk.
VOORNEME VAN AFLEGGING deur Christelle van Tonder 07.03.2013 24:26
Middeljarig en afgedank. “Johan” is ‘n 45 jarige man en is in 2010 afgedank. Hy is drie jaar later steeds sonder werk. Hy vat ons deur die emosionele stryd van desperaatheid en oorlewing.
GESKIET IN JOHANNESBURG deur Jacqui January 28.02.2013 20:07
Jacqui January is in Johannesburg se middestad waar 'n oud-Vrystater 'n groepie straatkinders se stories vertel met sy "foto's van 'n duisend verhale".
MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste 14.02.2013 28:26
Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.
DIE BAAI SE BOSBEWONERS deur Mariska Spoormaker 07.02.2013 36:42
Meer as 70 mense bly in die bosse aan Port Elizabeth se strandfront. Baie van hulle lewe uit die see en verkoop koraalwurms as aas aan die vissermanne. Ander kap die indringer Rooikrans uit en verkoop dit as braavleishout. Mariska Spoormaker, joernalis van Die Burger Oos-Kaap, het daar gaan kuier en selfs tweede en derde geslag bosbewoners daar gevind.
'N ONDERSTEBO WÊRELD deur Christelle van Tonder 31.01.2013 26:10
Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus gekry dat hulle vierjarige seun, Gian, outisties is. Hoor hoe hierdie nuus hulle wêreld omgekeer het.
MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste 24.01.2013 32:33
Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.
WAAR SIRENES LOEI deur Jenna-Leigh February 17.01.2013 25:57
Waaraan dink ‘n paramedikus of polisieman wanneer hy sirenes hoor loei? Watter impak het nooddienswerkers se werk op hulle gesinne?
LEIERS VIR MÔRE deur Wynand Dreyer 10.01.2013 24:33
Make A Difference (MAD) is tien jaar gelede deur Francois Pienaar begin om begaafde kinders wat die talent, maar nie die geleenthede het nie, in staat te stel om hulle potensiaal te ontwikkel. Die organisasie het al sowat 2,000 beurshouers gehad.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.