RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 354 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

ANDERKANT DIE WOLKE - DIE MENS SE SOEKE NA SIN IN DIE RUIMTE deur Hennie Maas 18.07.2013

Die mens kyk al eeue lank na die naghemel en tob oor die sin van lewe en die oneindigheid van die ruimte. Daar is al baie pogings aangewend om mensgemaakte voorwerpe soos satelliete en ruimtetuie die swart ruimte in te stuur en mense het al die swaartekrag van die aarde al verruil vir dié van die maan.

PA’S VIR GEREGTIGHEID deur Ivor Price 11.07.2013

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

JOHN EN VIRGINIA: OP DIE VERHOOG VAN DIE LEWE deur Martelize Brink 04.07.2013

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

DIE KORE VAN DIE KAAP deur Martelize Brink 28.03.2013

Die tradisie van koorsang in Suid-Afrika is diep gebed in ons gemeenskappe. Van Eersterivier tot Garries verduidelik koorlede en koorleiers hoekom hierdie sangvorm brûe bou en hulle siele verryk.

DIE MUSIEKBEDRYF deur Derrich Gardner 21.03.2013

Waar is die dae toe Groep 2 in die Beatles se Abbey Road-ateljees kon opneem? Of toe kunstenaars soos Gé Korsten sommer saam met 'n hele simfonieorkes kon plate sny? Derrich Gardner praat met mense agter die skerms wat konserte reël, kunstenaars bespreek vir optredes en moet seker maak dat almal weet wie het 'n nuwe CD op die rakke. Hoe het die musiekbedryf verander en hoe hou dit kop bo water in...

DIE STRAATTUINE VAN POTCHEFSTROOM deur Ina Strydom 14.03.2013

‘n Groep dosente in Potchefstoom het met ‘n projek begin om groentetuine op sypaadjies en in openbare ruimtes aan te lê. Hulle noem dit burgerlike aktivisme. Ina Strydom het na die tuine gaan kyk.

VOORNEME VAN AFLEGGING deur Christelle van Tonder 07.03.2013

Middeljarig en afgedank. “Johan” is ‘n 45 jarige man en is in 2010 afgedank. Hy is drie jaar later steeds sonder werk. Hy vat ons deur die emosionele stryd van desperaatheid en oorlewing.

GESKIET IN JOHANNESBURG deur Jacqui January 28.02.2013

Jacqui January is in Johannesburg se middestad waar 'n oud-Vrystater 'n groepie straatkinders se stories vertel met sy "foto's van 'n duisend verhale".

MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste 14.02.2013

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

DIE BAAI SE BOSBEWONERS deur Mariska Spoormaker 07.02.2013

Meer as 70 mense bly in die bosse aan Port Elizabeth se strandfront. Baie van hulle lewe uit die see en verkoop koraalwurms as aas aan die vissermanne. Ander kap die indringer Rooikrans uit en verkoop dit as braavleishout. Mariska Spoormaker, joernalis van Die Burger Oos-Kaap, het daar gaan kuier en selfs tweede en derde geslag bosbewoners daar gevind.

'N ONDERSTEBO WÊRELD deur Christelle van Tonder 31.01.2013

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus gekry dat hulle vierjarige seun, Gian, outisties is. Hoor hoe hierdie nuus hulle wêreld omgekeer het.

MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste 24.01.2013

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

WAAR SIRENES LOEI deur Jenna-Leigh February 17.01.2013

Waaraan dink ‘n paramedikus of polisieman wanneer hy sirenes hoor loei? Watter impak het nooddienswerkers se werk op hulle gesinne?

LEIERS VIR MÔRE deur Wynand Dreyer 10.01.2013

Make A Difference (MAD) is tien jaar gelede deur Francois Pienaar begin om begaafde kinders wat die talent, maar nie die geleenthede het nie, in staat te stel om hulle potensiaal te ontwikkel. Die organisasie het al sowat 2,000 beurshouers gehad.

'n Onderstebo wêreld - 'n dokumentêr oor outisme 03.01.2013

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Dié is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.

KWANTUM deur Herman Steyn 27.09.2012

Die aankondiging vroeër vanjaar dat die ontwykende Higgs Boson-deeltjie deur wetenskaplikes by die Groot Hadron versneller by CERN in Switserland waargeneem is, het die fokus weer op kwantumfisika of kwantummeganika geplaas. Wat is kwantummeganika en hoekom is dit belangrik dat ons van al hierdie vreemde subatomiese deeltjies moet weet waaruit die heelal bestaan?

JACKIE TOPNAAR deur Johan Rademan 20.09.2012

‘n Sonderlinge blik op die leefplek van ‘n Topnaar net buite Walvisbaai in die Namib, naby die mond van die Kuisebrivier. Johan Rademan het saam met John Reynders van Photoventure met ‘n viertrekmotorfiets die duine aangepak om by Jackie Topnaar uit te kom. In ‘minder as ‘n halfuur breek ‘n nuwe horison oop van ‘n broos kantelende wêreld van die Topnaars. Hoor hoe hulle oorleef op Narras en Breakw...

DIE VROU MET VLERKE deur Wynand Dreyer 13.09.2012

Eerste offisier Fatima Jakoet wou van kleins af 'n vlieënier word. Sy het haar droom verwesenlik nadat sy 'n BTech-graad in Chemie behaal het. Vandag vlieg sy vir die Suid-Afrkaanse Lugdiens. Hierdie is die verhaal van 'n Moslemvrou in 'n manswêreld.

KONING VAN KLAWERS deur Fonnie du Plooy 06.09.2012

Theo Erasmus het op 6 Mei vanjaar 70 jaar oud geword en hy speel steeds lekker akkordeon. Agter hom lê dekades van musiek en prestasies. Hy het 57 langspelers en CD’s die lig laat sien, het jare lank gedien as Bestuurder: Ligte Musiek by die SAUK, het saam met talle kunstenaars opgetree, baie kenwysies gekomponeer en in die Lugmagorkes gespeel. Hy tree nog gereeld op saam met sy groot vriend, Lieb...

LALIBELA, DIE AGTSTE WONDER VAN DIE WÊRELD deur Fritz Klaaste 30.08.2012

Fritz Klaaste neem jou op ‘n reis van die Meskel-plein in Addis Abeba in Sentraal Ethiopië af tot by Lalibela in die Noorde, eens ‘n vesting van die antieke beskawing van Abesinië. Die verhaal van die ontwikkeling van die Christelike geloof en die bou van ‘n nuwe Jerusalem word vertel.

DIE GAWE OM TE GEE deur Jacqui January 02.08.2012

Jacqui January het 'n dag in Westbury, 'n township in Johannesburg, deurgebring saam met Isaac en Rezell de Jongh. Die paartjie sorg dat sowat 1 000 mense elke dag iets te ete kry. Dan is daar ook die Westbury Arsenal Voetbalklub waar kinders baie meer as net sokker leer.

VERNA VELS deur Ina Strydom 26.07.2012

‘n Hoorbeeld oor ‘n vrou wat diep spore getrap het in die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese.

SY NAAM WAS MARIO deur Margot Luyt 12.07.2012

'n Jong, intelligente seun wat daarvan droom om eendag 'n CA te wees, 'n deftige kar te ry en 'n mooi huis te besit, word koelbloedig op die ouderdom van 17 op 'n straathoek doodgesteek. Waarom? Wat doen dit aan die mense wat agterbly? Hierdie hoorbeeld wil by sy vriende en familie uitvind watter invloed het Mario se lewe en dood op hulle bestaan.

HISTORIESE FEIT, OF SOMMER ‘N SPOOKSTORIE? deur Chris Swanepoel 22.03.2012

Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.

DIE PELGRIMS VAN NORWOODSTRAAT, ELSIESRIVIER deur Martelize Brink 08.03.2012

Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.