RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ 365 episodes

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Sep 24, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

'n Onderstebo wêreld - 'n dokumentêr oor outisme 03.01.2013

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Dié is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.

KWANTUM deur Herman Steyn 27.09.2012

Die aankondiging vroeër vanjaar dat die ontwykende Higgs Boson-deeltjie deur wetenskaplikes by die Groot Hadron versneller by CERN in Switserland waargeneem is, het die fokus weer op kwantumfisika of kwantummeganika geplaas. Wat is kwantummeganika en hoekom is dit belangrik dat ons van al hierdie vreemde subatomiese deeltjies moet weet waaruit die heelal bestaan?

JACKIE TOPNAAR deur Johan Rademan 20.09.2012

‘n Sonderlinge blik op die leefplek van ‘n Topnaar net buite Walvisbaai in die Namib, naby die mond van die Kuisebrivier. Johan Rademan het saam met John Reynders van Photoventure met ‘n viertrekmotorfiets die duine aangepak om by Jackie Topnaar uit te kom. In ‘minder as ‘n halfuur breek ‘n nuwe horison oop van ‘n broos kantelende wêreld van die Topnaars. Hoor hoe hulle oorleef op Narras en Breakw...

DIE VROU MET VLERKE deur Wynand Dreyer 13.09.2012

Eerste offisier Fatima Jakoet wou van kleins af 'n vlieënier word. Sy het haar droom verwesenlik nadat sy 'n BTech-graad in Chemie behaal het. Vandag vlieg sy vir die Suid-Afrkaanse Lugdiens. Hierdie is die verhaal van 'n Moslemvrou in 'n manswêreld.

KONING VAN KLAWERS deur Fonnie du Plooy 06.09.2012

Theo Erasmus het op 6 Mei vanjaar 70 jaar oud geword en hy speel steeds lekker akkordeon. Agter hom lê dekades van musiek en prestasies. Hy het 57 langspelers en CD’s die lig laat sien, het jare lank gedien as Bestuurder: Ligte Musiek by die SAUK, het saam met talle kunstenaars opgetree, baie kenwysies gekomponeer en in die Lugmagorkes gespeel. Hy tree nog gereeld op saam met sy groot vriend, Lieb...

LALIBELA, DIE AGTSTE WONDER VAN DIE WÊRELD deur Fritz Klaaste 30.08.2012

Fritz Klaaste neem jou op ‘n reis van die Meskel-plein in Addis Abeba in Sentraal Ethiopië af tot by Lalibela in die Noorde, eens ‘n vesting van die antieke beskawing van Abesinië. Die verhaal van die ontwikkeling van die Christelike geloof en die bou van ‘n nuwe Jerusalem word vertel.

DIE GAWE OM TE GEE deur Jacqui January 02.08.2012

Jacqui January het 'n dag in Westbury, 'n township in Johannesburg, deurgebring saam met Isaac en Rezell de Jongh. Die paartjie sorg dat sowat 1 000 mense elke dag iets te ete kry. Dan is daar ook die Westbury Arsenal Voetbalklub waar kinders baie meer as net sokker leer.

VERNA VELS deur Ina Strydom 26.07.2012

‘n Hoorbeeld oor ‘n vrou wat diep spore getrap het in die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese.

SY NAAM WAS MARIO deur Margot Luyt 12.07.2012

'n Jong, intelligente seun wat daarvan droom om eendag 'n CA te wees, 'n deftige kar te ry en 'n mooi huis te besit, word koelbloedig op die ouderdom van 17 op 'n straathoek doodgesteek. Waarom? Wat doen dit aan die mense wat agterbly? Hierdie hoorbeeld wil by sy vriende en familie uitvind watter invloed het Mario se lewe en dood op hulle bestaan.

HISTORIESE FEIT, OF SOMMER ‘N SPOOKSTORIE? deur Chris Swanepoel 22.03.2012

Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.

DIE PELGRIMS VAN NORWOODSTRAAT, ELSIESRIVIER deur Martelize Brink 08.03.2012

Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.

CONRAD THEYS - 'N SELFPORTRET deur Johan Rademan 23.02.2012

‘n Loeriesfonteiner wat sy kuns later in Elsiesrivier geslyp het, het ‘n stewige impak op die Kaapse Impressionisme gelaat. In die volksmond staan hy bekend as die Kokerboomkoning, maar hy wil eerder die kokerboom tot koning verhef. Johan Rademan vertel die sonderlinge verhaal van een van Suid-Afrika se inspirerende kunstenaars, Conrad Theys. Hy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur UNISA en het...

GEORGE BOTHA - GELYKHEID TOT DIE DOOD ONS SKEI deur Fritz Klaaste 16.02.2012

Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.

REZA DE WET - DIE FORMIDABELE deur Margot Luyt 09.02.2012

Die dramaturg, Reza de Wet, is op 27 Januarie oorlede. Haar werk word beskryf as grondverskuiwend en sy word ook beskou as een van die grootste Afrikaanse dramaturge.

VILLIERSDORP MET VLIEËNDE VAANDELS deur Loren Pienaar 26.01.2012

In ’n gemeenskap met baie boere is dit nie vreemd dat hulle ‘n plan sou beraam nie... Toe Suid-Afrika se enigste oorblywende kool-stoomsleepboot, die Alwyn Vincent, skrootmetaal sou word, het Villiersdorp se mense koppe bymekaargesit om die boot te red. Loren Pienaar het gaan kyk wat onder die dorp se romp skuil...

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.