RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 29 Augustus 2022 29.08.2022

Igna Klynsmith waarsku teen mense met blink besigheidsplanne wat onrealistiese hoë opbrengste beloof. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor vrywarings en waarborge wat in ‘n koopkontrak behoort te wees indien jy ‘n maatskappy koop, veral wat skuldeisers betref. Igna bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor die bure se verwaarloosde kinders, en wat hom te doen staan. Est-Marie Callahan praat oor bepla...

Regsake 22 Augustus 2022 22.08.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n geval waar ‘n komitee skielik by ‘n munisipaal-beheerde selfversorgingsoord vir bejaardes aangestel is, en ‘n baasspelerige inwoner homself boonop as voorsitter aangestel het. Igna deel ook inligting oor die outo-aanslag van die Ontvanger van Inkomste, en die implikasies daarvan indien jy fotos of inligting van kwaaddoeners in jou straat op sosiale media plaas. Dr. Llewe...

Regsake 15 Augustus 2022 15.08.2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor hoe jy jou buurman kan verhoed om gedurig oor jou heining te hang; of jy verplig is om skuldeisers se oproepe en e-posse te beantwoord; en die implikasies van boedelbelasting indien ‘n afgestorwene aandele in ‘n maatskappy of beslote korporasie het. Volker Kruger praat oor die 1996 Wet op keuse oor die beëindiging van swangerskap en die 2000 Wet oor die...

Regsake 8 Augustus 2020 08.08.2022

Igna Klynsmith fokus op die arbeidsreg. Hy bespreek onder meer ‘n saak oor ‘n werknemer wat geweier het om teen sy kollegas te getuig. Hy praat ook oor die nuwe kantoor van die regsdienste-ombud. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat die gesinsgeweldwet behels.

Regsake 1 Augustus 2022 01.08.2022

Igna Klynsmith praat oor genadedood en die regulering daarvan. Hy bespreek ook ‘n saak oor beweerde polisienalatigheid, en ‘n luisteraarsvraag oor telebemarkers en jou reg op privaatheid. Est-Mari Mclaghlan praat oor die jongste wet op kubermisdade.

Regsake 25 Julie 2022 25.07.2022

Igna Klynsmith verduidelik wat omstadigheidsgetuienis is. Hy praat ook oor wie aanspreeklik is as daar iets met jou kind by ‘n dagsorgdsentrum sou gebeur. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die verskil tussen meineed, regsverydeling en gemeentregtelike afknoop van misdade.

Regsake 18 Julie 2022 18.07.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor agterstallige onderhoudsgeld, en die verhaling daarvan. Hy praat ook oor ‘n verkragtingsaak na aanleiding van ‘n beloofde kinderbruid in KwaZulu-Natal. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat internasionale kinderontvoering binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse familiereg behels.

Regsake 11 Julie 2022 11.07.2022

Igna Klynsmith bespreek die uitleweringproses van die Gupta-broers, en ‘n saak oor ‘n werknemer wat sy werk bedank het, maar later sy bedanking wou terugtrek. Volker Kruger praat oor familietrusts, en of dit werklik jou bates teen skuldeiesers beskerm.

Regsake 4 Julie 2022 04.07.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die omvang van die plig op goedertrou wat ‘n werknemer tenoor sy werkgewer het. Hy bespreek ook die vereistes en wet op surrogaatskap. Sanette Viljoen van SV-Legal praat onder meer oor of grootouers ‘n wetlike plig het om hulle kleinkinders finansieël te ondersteun.

Regsake 27 Junie 2022 27.06.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die skikking van agterstallig huurgeld/ Hy praat ook oor die PIE-wet (Prevention of Illegal Eviction from Unlawful Occupation of Land Act) en hoe om ‘n uitsettingsbevel te bekom. Veronique van Heyningen praat met regskenner Volker Kruger oor artikel 7 (3) van die Wet op Egskeidings.

Regsake 20 Junie 2022 20.06.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die regulering van natuurlike gesondheidsprodukte of medikasie. Hy praat ook oor ‘n werknemer se reg op privaatheid by die werk, en bespreek ‘n saak oor ‘n onlangse oorwinning vir biologiese pa’s met die registrasie van pasgebore babas. Veronique van Heyningen praat met prokureur Est-Mari McCallaghan oor die wet op die uitbreiding van sekerheid van verblyfreg.

Regsake 13 Junie 2022 13.06.2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor die wet op vuurwapens; boedelbelasting wat betaalbaar is binne gemeenskap van goedere; en ‘n saak oor die onregmatige afdanking van ‘n werknemer van ‘n bekende restaurant. Veronique van Heyningen praat met strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis oor korrupsie.

Regsake 6 Junie 2022 06.06.2022

Veronique van Heyningen praat met Sanette Viljoen van SV Legal in Pretoria oor boedelbelasting. Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n versekeringseis, prokureur-kliënt vertroulikheid en vruggebruik.

Regsake 30 Mei 2022 30.05.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor prokureursetiek. Johan Botes, hoof van die internasionale regsfirma BakerMcKenzie se arbeidsregafdeling, praat oor afknouery in die werksplek.

Regsake 23 Mei 2022 23.05.2022

Igna Kleinsmith bespreek ‘n vraag  oor ‘n weduwee, wie se stiefkinders daarop aandring dat hulle Pa op ‘n plek van hulle keuse begrawe moet word. Hy bespreek ook ‘n saak oor verkragting. Eiendomsregskenner Volker Krger bespreek die Wet op Eiendomspraktisyns.

Regsake 16 Mei 2022 16.05.2022

Igna Kleinsmith bespreek ‘n vraag oor hoe om volmag oor jou ouers se sake te verkry indien hulle nie meer in staat is om dit self te bestuur nie. Hy bespreek ook ‘n vraag oor wat jou te doen staan indien ‘n maatskappy waarin jy geld belê het, bankrot is. Prokureur Sanette Viljoen verduidelik wat Reel 43 is, en hoe dit jou kan help met onderhoud en toesig oor kinders tydens die egskeidingsproses.

Regsake 9 Mei 2022 09.05.2022

Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor boedelbelasting, en jou regte ten opsigte van aanbouings by jou kinders se eiendom. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor diefstal.

Regsake 2 Mei 2022 02.05.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor mediese nalatigheid, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die aflos van ‘n huisverband van ‘n familielid op voorwaarde dat hy as mede-eienaar geregistreer word. Prokureur Sanette Viljoen verduidelik ook wat jou regte is tydens arrestasie en aanhouding.

Regsake 25 April 2022 25.04.2022

Igna Kleinsmith verduidelik hoe vruggebruik bereken word, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor of besoedelaars beboet kan word vir die skade wat hulle die omgewing berokken. Grondwetkenner prof. Koos Malan onderskei tussen haatspraak en laster.

Regsake 18 April 2022 18.04.2022

Igna Kleinsmith bespreek onwettige aanbouings in deeltitelskemas, en wat met vaste eiendom gebeur indien die eienaar sy of haar Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik watter stappe jy kan doen indien jy aangerand word.

Regsake 11 April 2022 11.04.2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n arbeidshofuitspraak oor die eensydige verandering van aftreeouderdom; ‘n saak oor ‘n onderhoudseis wat verwerp is omdat die huwelik nie geldig was nie; en die vereistes vir wettige aanlyndobbel. Hy verduidelik ook wat ‘n notariële verbindingsooreenkoms behels.

Regsake 4 April 2022 04.04.2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n appèlhofuitspraak oor die betaling van onderhoud;  die kostes en proses verbonde aan die kansellering van ‘n verband; en die Gelykheidshof se beslissing oor BLF-lede se uitlatings ná die brugramp by die Hoërskool Driehoek.  Hy bespreek ook kortliks die wysigings aan die wetgewing oor films en publikasies.

Regsake 28 Maart 2022 28.03.2022

Igna Klynsmith bespreek die terugkoop van aandele en die vereistes wat daarvoor geld; en verduidelik hoe en óf ‘n trust ‘n lid van ‘n beslote korporasie kan wees. Hy beantwoord ook ‘n luisteraar se vraag oor die regsterm, inbringing, in die konteks van erflatings.

Regsake 21 Maart 2022 21.03.2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer die Konstitusionele Hof se onlangse beslissing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging; en ‘n appèlhofuitspraak oor die uitsetting van huurders. Hy bespreek ook ‘n navraag van ‘n luisteraar nadat die Padongelukkefonds ‘n eis verwerp het oor ‘n baba wat met ernstige breinskade gebore is nadat die ma in ‘n motorongeluk was.

Regsake 14 Maart 2022 14.03.2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n saak wat verband hou met die ontwerpregistrasie van drukstawe; en ‘n appèluitspraak oor die Paroolraad se verantwoordelikheid om te verduidelik waarom ‘n reeksoortreder op parool vrygelaat word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor die gebruik van trusts en maatskappye om persoonlike bates te beskerm in geval van insolvensie.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.