RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 20 Februarie 2023 20.02.2023 25:40
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor wat mens te doen staan indien jou voorhuwelikskontrak nooit geregistreer is nie. Hy praat ook oor ‘n saak wat handel oor ‘n beskuldigde wat self wou besluit in watter hof hy verhoor wou word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse hofuitspraak oor die toekenning van regskoste in ‘n egskeidingsaak.
Regsake 13 Februarie 2023 13.02.2023 25:29
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag of daar ‘n beperking op die hoeveelheid jare is wat moet verloop vir ‘n slagoffer van kindermolestering om nog ‘n saak te kan maak. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n persoon wat valslik van rassisme beskuldig is, en praat oor die Wet op die beskerming teen teistering. Strafregkenner Dr. Llewelyn Curlewis praat oor twee aspekte wat altyd in hofsake ter sprake kom.
Regsake 6 Februarie 2023 06.02.2023 25:50
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die afhandeling van sy testament. Hy bespreek ook ‘n saak waar SARS ‘n lasbrief bekom het om ‘n belastingbetaler se perseel te deursoek, en hulle toegang geweier is. Claudia Noble-Areff praat oor wat met ‘n familiewoning gebeur wanneer die eienaar sterf.
Regsake 30 Januarie 2023 30.01.2023 26:12
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor die opstel van koop- en verkoopkontrakte handel, en ontevredenheid oor ‘n boete in ‘n deeltitelontwikkeling omdat daar nie betyds gebou is nie. Igna praat ook oor direkteure se verpligtinge teenoor maatskappye. Est-Marie MCallahan praat oor munisipaliteite se verpligting tenoor inwoners.
Regsake 23 Januarie 2023 23.01.2023 24:40
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n prokureur wat nie die kliënt se lêer aan haar wil oorhandig ná ‘n uitval nie, en wat haar te doen staan. Hy beantwoord nóg ’n vraag oor die registrasie van ‘n eiendom. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor pakkette en skikkingsooreenkomste wat deur werkgewers aan werknemers aangebied word.
Regsake 16 Januarie 2023 16.01.2023 25:01
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor die reg van ouers om ‘n fetus, wat nog nie 26 weke swangerskap bereik het nie, te kan begrawe. Die vraag is of artikels 18 en 20 van die Wet op Registrasie van Geboortes en Streftes teenstrydig is met die grondwet. Riëtte Ooshuizen praat oor internasionale verhuising van een ouer met minderjarige kinders.
Regsake 9 Januarie 2023 09.01.2023 25:22
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bejaarde vrou wat kredietkaartskuld het en toe verneem dat sy geen dekking ontvang vir dié skuld op haar ouderdom nie. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die ontrafeling van Artikel 103 van die huidige Wet op Vuurwapenbeheer.
Regsake 2 Januarie 2023 02.01.2023 23:27
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n paartjie wat in ‘n egskeidinggeding betrokke is. Die man het ‘n versoek by die hof ingedien vir ‘n verbeurverklaringbevel. Hy praat ook oor mense wat bates vir mekaar wegsteek, en die gevolge daarvan. Prokureur en aktevervaardiger Claudia Noble-Areff verduidelik wat die aktebesorgingsproses behels.
Regsake 26 Desember 2022 26.12.2022 24:41
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n pa wat kla dat sy toegangsregte geminag word deur die ma van die kinders. Hy bespreek nog ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n lewende testament en lewensversekering. Johan Botes praat oor konstruktiewe ontslag.
Regsake 19 Desember 2022 19.12.2022 21:05
Igna Klynsmith bespreek luisteraarvrae oor ‘n kind se reg tot onderhoud van ‘n ouer, al is die kind nie minderjarig nie, en die afdwingbaarheid van heffings op die herverkoop van deeltiteleenhede. Hy praat ook oor ‘n vrou se gebruik van haar vorige van tydens die egskeidingsproses. Est-Marié McCallahan praat oor regstappe wat gedoen kan word indien jy ‘n besering in ‘n gimnasium opdoen.
Regsake 12 Desember 2022 12.12.2022 22:26
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor sterftevoordele ten opsigte van ‘n oorledene se pensioenfonds. Hy beantwoord ook ‘n vraag deur pensionarisse wat gratis bly, maar geen verblyfsekuriteit het nie, en wat hulle te doen staan. Hy beklemtoon ook ie belangrikheid van die bewaring van transportakte. Riëtte Oosthuizen praat onder meer oor hoe dit werk indien ‘n geskeide ouer die kinders oor...
Regsake 5 Desember 2022 05.12.2022 23:28
Igna Klynsmith verduidelik die verskil tussen die Regspraktisynsraad en die Prokureursorde. Hy bespreek ‘n luisteraar se vraag wat sê haar verband is geregistreer in haar oorlede man se naam, maar hy het nie lewensversekering gehad wat aan die verband gekoppel is nie. Hy verduidelik die begrip growwe ondankbaarheid, en praat oor vryheid van uitdrukking na aanleiding van ‘n twiet deur ‘n politikus....
Regsake 28 November 2022 28.11.2022 25:01
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak waar ‘n mynmaatskappy ná ‘n risikobepaling, besluit het dat die dra van hakskoene ‘n veiligheidsrisiko inhou, en dat dissiplinêre stappe gedoen sal word indien daar nie gehoor gegee word aan dié beleid nie. Daar was ‘n werknemer van die myn wat haar nie aan die beleid gesteur het nie. Igna bespreek ook ‘n saak wat verband hou met bankrotskap in die huwelik, en verdu...
Regsake 21 November 2022 21.11.2022 23:33
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat pas gerapporteer is deur die vakbond, NEHAWU, teen die minister van openbare dienste en administrasie, wat handel oor kollektiewe bedinging. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor beurtkrag en die gebruik van kragopwekkers in deeltitel-eenhede. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat onder meer oor of jou werkgewer dissiplinêre stappe teen jou kan doen indien j...
Regsake 14 November 2022 14.11.2022 22:38
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bedrag geld wat deur ‘n onbekende persoon in iemand se rekening inbetaal is. Hy praat ook oor ‘n tolk wat in die hof nie ‘n saak korrek uit isiZulu vertaal het nie, en sodoende die uitspraak verkeerdelik beïnvloed het. Igna vra ook die vraag of 10 jaar tronkstraf gepas is vir ‘n verkragter wat sy slagoffer só geweldadig verkrag het, dat sy aan haa...
Regsake 7 November 2022 07.11.2022 25:12
Igna Klynsmith bespreek die nuwe wet op eindomspraktisyns. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor 'n doktersrekening wat nie deur sy mediese fonds vereffen is nie, en of hy nou daarvoor aanspreeklik gehou sal word of nie. Igna praat ook oor die sorgsaamheidsplig wat taverne-eienaars teenoor hul klante het. Volker Krüger verduidelik hoe die reg om te swyg en die privilegie teen selfinkriminasie we...
Regsake 31 Oktober 2022 31.10.2022 23:21
Igna Klynsmith praat oor ‘n persoon wat aan die ontvangkant van ‘n sogemaamde liefdeswendelaar was, wat hulle liefde totaal en al op ‘n onbilikke manier uitgebuit het. Hy praat ook oor ‘n situasie waar die ouers van ‘n kind nooit getroud is nie, maar die pa gediagnoseer is met MS, en die ma steeds onderhoud van hom wil eis. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor die verskillende verbintenisse in...
Regsake 24 Oktober 2022 24.10.2022 20:49
Igna Klynsmith praat oor wetgewing wat verband hou met die afvuur van vuurwerke. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n selfgerapporteerde probleemdobbelaar, wat ‘n dobbelhuis hof toe gesleep het omdat hy meer as R5,2 miljoen rand verloor het. Claudia Noble-Areff praat oor aktevervaardiging.
Regsake 17 Oktober 2022 17.10.2022 25:17
Igna Klynsmith praat oor vroue as regspraktisyns in Suid-Afrika, en deel statistiek oor hulle prestasies. Hy praat ook oor wetgewing wat verband hou met veiligheidskameras wat by private wonings geïnstaleer word, en jou bure wat hierdie kameras verwyder wil hê. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat oor die belangrikheid van getuies in hofsake.
Regsake 10 Oktober 2022 10.10.2022 25:06
Igna Klynsmith praat oor die regte en verpligtinge van nie-ouers, en verwys spesifiek na artikel 23 van die kinderwet, om aangewys te kan word as wettige voogde. Hy beantwoord ‘n luisteraar se vrae oor eksekteursfooie en of dit in ‘n testament aangedui moet word. Hy bespreek ook die moontlikheid of beleggings uit boedels uitgesluit kan word. Völker Kruger verduidelik of verhuurders wetiglik verpli...
Regsake 3 Oktober 2022 03.10.2022 20:44
Igna Klynsmith skop die program af met luisteraarsvrae oor boedels en testamente. ‘n Luisteraar sê haar eksman is onlangs oorlede, en sy boedel wil tans geen onderhoud betaal om aan hulle seun se behoeftes te voldoen nie. Sy wil weet of daar nie enige tussentyds maatreëls is wat kan help, tot die boedel gefinaliseer is nie. Igna bespreek ook ‘n vraag oor of testamente iewers geregistreer moet wees...
Regsake 26 September 2022 26.09.2022 21:13
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag of dit onwettig is om na volwasse vermaak aanlyn te kyk, en of die persoon na wie gekyk word ook onwettig optree. Hy bespreek ook ‘n vraag of daar wetgewing is wat van toepassing is op die dra van messe vir selfverdediging. Wat is die gevolge indien ‘n slagoffer ‘n motorkaper sou raakry? Est-Mari McCallaghn van Van Velden Duffy Prokureurs in Rustenbur...
Regsake 19 September 2022 19.09.2022 26:10
Igna Klynsmith praat oor begrafnispolisbedrog, en gee raad oor hoe om te verhoed dat jy ingeloop word deur polisswendelaars. Hy praat ook oor ‘n gedeelte van die egskeidingswet wat ongrondwetlik verklaar is, en verband hou met artikel 7. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor die stelreël, de minimus non curat lex.
Regsake 12 September 2022 12.09.2022 24:11
Igna Klynsmith praat oor plakkers en die uitsetting van onregmatige huurders en okkupeerders, en of hulle vergoed behoort te word vir verbeteringe wat hulle aan ‘n eiendom aangebring het. Hy verduidelik ook hoe die in duplum-reël toegepas word m.b.t. uiteenlopende rente. Hy kyk ook na bewysregreëls en die maak of breek van ‘n sivielesaak. Volker Kruger vertel van testamenteweek.
Regsake 5 September 2022 05.09.2022 23:04
Igna Klynsmith praat oor artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen die padongelukkefonds, waar die eiser selfdood gepleeg het twee-en-‘n-half jaar nadat hy in ‘n motorongeluk beseer is. Het die selfdood direk verband gehou met trauma wat deur die ongeluk veroorsaak is? Riëtte Oosthuizen verduidelik die verskillende soorte huweliksvoorwaarde-kontrakte is...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.