RSG

Regsake

Society AF ↓ 650 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 12, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 29 Mei 2023 29.05.2023

Igna Klynsmith praat oor afknouery by die werksplek, en of iemand afgedank kan word omdat hullr ongewild is. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik hoe kruisondervraging werk.

Regsake 22 Mei 2023 22.05.2023

Igna Klynsmith bespreek Igna ‘n saak wat handel oor ‘n lys diere wat volgens wet mee geboer en geteel mag word. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor aandeelhouers van ‘n maatskappy wat besluit het om die direkteur van die maatskappy te verwyder. Spesialisgas Volker Krüger praat oor 'n dispuut oor ‘n fontein in die Wes-Kaapse Sederberg wat in die hof geëindig het.

Regsake 15 Mei 2023 15.05.2023

Igna Klynsmith praat oor die verskeie ombudsdienste wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Hy verduielik ook die gevolge van werknemers wat aan afgeleide wangedrag skuldig bevind word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die sage tussen mediese fondse en die Padongelukkefonds.

Regsake 8 Mei 2023 08.05.2023

Igna Klynsmith bespreek waterregte, asook die interdik wat verleen is op aansoek van Afriforum teen die EFF en Julius Malema wat hulle verhoed het om private eiendom te betree en te beset. Est-marié McCallaghan praat oor surrogaatskap.

Regsake 1 Mei 2023 01.05.2023

Igna Klynsmith bespreek twee luisteraarsbriewe oor lewensversekering. Volker Kruger praat oor die Wet op Onderverdeling van Landbougrond.

Regsake 24 April 2023 24.04.2023

Igna Klynsmith gee raad vir mense wat betrokke is by deeltitel-eenhede. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor metodes wat in die reg gebruik kan word om ‘n beskuldigde se bywoning  van ‘n verhoor te verseker.

Regsake 17 April 2023 17.04.2023

Igna Klynsmith bepreek luisteraarsbriewe wat onder meer handel oor ‘n eiendom wat in ‘n BK geregistreer is met die eienaar as die enigste lid, en wat met die eiendom sou gebeur indien hy tot sterwe kom. Hy bepreek ook salarisaanpassings a.g.v. beurtkrag en die vergoeding van dienste wat nie gelewer is nie. Riëtte Oosthuizen praat oor die regte van ‘n derde persoon t.o.v. ‘n minderjarige kind.

Regsake 10 April 2023 10.04.2023

Igna Klynsmith verduidelik hoe kwotas toegeken word vir die kag van trofeediere en bedreigde spesies. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor of begunstigdes van boedels ook eksekuteurs kan wees. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor stakings – wie mag staak, waaroor en wanneer?

Regsake 3 April 2023 03.04.2023

Igna Klynsmith bespreek die nuwe minimumloon,’n saak oor ‘n korrupte verkeersbeampte en die regte van werknemers ten opsigte van gebeurlikhede soos om na ‘n siek kind om te sien. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff gee raad oor hoe jy jou eiendom teen krediteure kan beskerm indien jy jouself in ‘n finansiële verknorsing bevind.

Regsake 27 Maart 2023 27.03.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n egpaar wat by hulle dogter se huis ‘n woonstel wil aanbou, maar nie wil bou voor die eiendom gedeeltelik op hulle naam geregistreer is nie. Igna praat ook oor dokter en pasiënt vertroulikheid. Volker Krüger praat oor die reg op testeervryheid.

Regsake 20 Maart 2023 20.03.2023

Igna Klynsmith praat oor ‘n onlangse saak oor die Wet op Intimidasie wat verkeerdelik in ‘n saak gebruik is. Hy bespreek ook ‘n navraag oor siekverlof van ‘n luisteraar wat vier maande in sy nuwe werkplek is en tien dae siekverlof geneem het, en die werkgewer slegs drie en ‘n half wil toestaan. Vandeesweek se spesialisgas bespreek die werksaamhede van die padongelukkefonds.

Regsake 13 Maart 2023 13.03.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n vrou wat by haar werk positief getoets het vir dagga en toe afgedank is. Hy praat ook oor die private gebruik van dagga, en of jy kan gaan werk indien jy dié dwelm in jou bloed het. Volker Krüger bespreek die gebruik van vrywaringsborde by kerkbasaars. Hy gee ook raad oor watter stappe 'n mens as organiseerders kan doen om die risiko’s van eise vir byvoorbeel...

Regsake 6 Maart 2023 06.03.2023

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor boedels, afknouery in die werksplek, en hoe om ‘n kooptransaksie stop te sit. Est-Marie McCallahan praat oor handelsbeperking.

Regsake 27 Februarie 2023 27.02.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor wat die wet sê oor lykskending. Hy bespreek ook die nuwe en ou maatskappywette. Arbeidsregkenner Johan Botes verduidelik watter inligting jy oor jouself moet verklaar wanneer jy aansoek doen vir ‘n nuwe pos.

Regsake 20 Februarie 2023 20.02.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor wat mens te doen staan indien jou voorhuwelikskontrak nooit geregistreer is nie. Hy praat ook oor ‘n saak wat handel oor ‘n beskuldigde wat self wou besluit in watter hof hy verhoor wou word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse hofuitspraak oor die toekenning van regskoste in ‘n egskeidingsaak.

Regsake 13 Februarie 2023 13.02.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag of daar ‘n beperking op die hoeveelheid jare is wat moet verloop vir ‘n slagoffer van kindermolestering om nog ‘n saak te kan maak. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n persoon wat valslik van rassisme beskuldig is, en praat oor die Wet op die beskerming teen teistering. Strafregkenner Dr. Llewelyn Curlewis praat oor twee aspekte wat altyd in hofsake ter sprake kom.

Regsake 6 Februarie 2023 06.02.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die afhandeling van sy testament. Hy bespreek ook ‘n saak waar SARS ‘n lasbrief bekom het om ‘n belastingbetaler se perseel te deursoek, en hulle toegang geweier is. Claudia Noble-Areff praat oor wat met ‘n familiewoning gebeur wanneer die eienaar sterf.

Regsake 30 Januarie 2023 30.01.2023

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor die opstel van koop- en verkoopkontrakte handel, en ontevredenheid oor ‘n boete in ‘n deeltitelontwikkeling omdat daar nie betyds gebou is nie. Igna praat ook oor direkteure se verpligtinge teenoor maatskappye. Est-Marie MCallahan praat oor munisipaliteite se verpligting tenoor inwoners.

Regsake 23 Januarie 2023 23.01.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n prokureur wat nie die kliënt se lêer aan haar wil oorhandig ná ‘n uitval nie, en wat haar te doen staan. Hy beantwoord nóg ’n vraag oor die registrasie van ‘n eiendom. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor pakkette en skikkingsooreenkomste wat deur werkgewers aan werknemers aangebied word.

Regsake 16 Januarie 2023 16.01.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor die reg van ouers om ‘n fetus, wat nog nie 26 weke swangerskap bereik het nie, te kan begrawe. Die vraag is of artikels 18 en 20 van die Wet op Registrasie van Geboortes en Streftes teenstrydig is met die grondwet. Riëtte Ooshuizen  praat oor internasionale verhuising van een ouer met minderjarige kinders.

Regsake 9 Januarie 2023 09.01.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bejaarde vrou wat kredietkaartskuld het en toe verneem dat sy geen dekking ontvang vir dié skuld op haar ouderdom nie. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die ontrafeling van Artikel 103 van die huidige Wet op Vuurwapenbeheer.

Regsake 2 Januarie 2023 02.01.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n paartjie wat in ‘n egskeidinggeding betrokke is. Die man het ‘n versoek by die hof ingedien vir ‘n verbeurverklaringbevel. Hy praat ook oor mense wat bates vir mekaar wegsteek, en die gevolge daarvan. Prokureur en aktevervaardiger Claudia Noble-Areff verduidelik wat die aktebesorgingsproses behels.

Regsake 26 Desember 2022 26.12.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n pa wat kla dat sy toegangsregte geminag word deur die ma van die kinders. Hy bespreek nog ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n lewende testament en lewensversekering. Johan Botes praat oor konstruktiewe ontslag.

Regsake 19 Desember 2022 19.12.2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarvrae oor ‘n kind se reg tot onderhoud van ‘n ouer, al is die kind nie minderjarig nie, en die afdwingbaarheid van heffings op die herverkoop van deeltiteleenhede. Hy praat ook oor ‘n vrou se gebruik van haar vorige van tydens die egskeidingsproses. Est-Marié McCallahan praat oor regstappe wat gedoen kan word indien jy ‘n besering in ‘n gimnasium opdoen.

Regsake 12 Desember 2022 12.12.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor sterftevoordele ten opsigte van ‘n oorledene se pensioenfonds. Hy beantwoord ook ‘n vraag deur pensionarisse wat gratis bly, maar geen verblyfsekuriteit het nie, en wat hulle te doen staan. Hy beklemtoon ook ie belangrikheid van die bewaring van transportakte. Riëtte Oosthuizen praat onder meer oor hoe dit werk indien ‘n geskeide ouer die kinders oor...

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.