RSG

Regsake

Society AF ↓ 636 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 14 Augustus 2023 14.08.2023

Igna Klynsmith beantwoord ‘n hele paar luisteraarsvrae oor egskeidings wat hy deur die loop van die jaar ontvang het. Hy praat ook oor kinders se reg in die besluitneming oor die ouer by wie hulle kies om by te bly ná ‘n egskeiding. Spesialisgas Elmari Richter praat oor grensmure tussen bure.

Regsake 7 Augustus 2023 07.08.2023

Igna Kleynsmith het raad vir mense wat besig is om te skei, of moontlik by ‘n egskeiding betrokke kan word. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afgetredenes en werkloosheidsversekeringseise.

Regsake 31 Julie 2023 31.07.2023

Igna Klysmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor die polisie wat ‘n klopjag by die verkeerde adres uitgevoer het. Hy bespreek ook mediese nalatigheidseise van minderjariges. Spesialisgas Peto Milton praat oor die verskillende sake-entiteite soos ‘n eenmansaak, vennootskap en privaatmaatskappy.

Regsake 24 Julie 2023 24.07.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor kontant wat vir ‘n klomp skape betaal is, en die ontvanger nie weet wat om met die kontant te maak nie. Hy praat ook oor die intergriteit van die regspraktyk. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor deeltitel- en voltitel-eienaarskap.

Regsake 17 Julie 2023 17.07.2023

Igna Klynsmith bespreek die befondsing en onderhoud van ‘n voertuig vir inwoners van deeltitelkomplekse of oorde. Hy verduidelik of ‘n lewensmaat ook ‘n ouerlike reg het, veral wanneer kunsmatige bevrugting ter sprake is. Spesialisgas Volker Kruger praat oor of ‘n persoon wat bewus is van ‘n misdryf, verplig is om dit by die polisie aan te meld.

Regsake 10 Julie 2023 10.07.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor haar oorlede man se boedel. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite. Dié wet, Wet 12 van 2004 is die een wat sommige wil gebruik om die huidige president aan te kla oor die Phala Phala-sage.

Regsake 3 Julie 2023 03.07.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n boedelvraag van ‘n rekenmeester wat verband hou met ‘n kontanttekort in die boedel, en hoe dit verdeel moet word onder begunstigdes. Hy praat ook oor iemand wat in ‘n motorongeluk was, maar nie verseker is nie. Hy raak ook weer aan heffings deur beheerliggame. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor burereg, veral as geraas deur jou bure vir jou ‘n oorlas is!

Regsake 26 Junie 2023 26.06.2023

Igna Klynsmith praat oor die gevolge van verbande wat nie stiptelik betaal word nie. Hy bespreek ook transporttransakies wat platval, asook korrupsie op munisipale vlak. Spesialisgaste Susan de Wet en Janus Olivier praat onderskeidelik oor die padongelukkefonds en oor uitklaringsyfers.

Regsake 19 Junie 2023 19.06.2023

Igna Klynsmith en Est-Marié McCallahan praat verder oor die regte van paartjies wat saambly. Peto Milton praat oor ondernemingsredding.

Regsake 12 Junie 2023 12.06.2023

Igna Klynsmith paartjies wat saambly, en indien hullw stry sou kry, hoekom hulle nie die voorreg het om wetgewing te gebruik wat op die huweliksreg van toespassing is nie. Arbeidsregkenner Johan Botes beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor hoekom sy nie ná haar aftrede werkloosheidsversekering kan eis nie.

Regsake 5 Junie 2023 05.06.2023

Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor huurooreenkomste. Eiendomsregkenner Völker Kruger bespreek ‘n Australiese hofsaak waar ‘n erfprosie van R136,5 miljoen ter sprake is, en ‘n waarskuwing om nie uit die graf te regeer nie. Hy verduidelik ook wat die hof onlangs beslis het oor ‘n beheerliggaam wat geweier het om ‘n heffingsertifikaat vir ‘n transport te verskaf omdat bouplanne nie in ple...

Regsake 29 Mei 2023 29.05.2023

Igna Klynsmith praat oor afknouery by die werksplek, en of iemand afgedank kan word omdat hullr ongewild is. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik hoe kruisondervraging werk.

Regsake 22 Mei 2023 22.05.2023

Igna Klynsmith bespreek Igna ‘n saak wat handel oor ‘n lys diere wat volgens wet mee geboer en geteel mag word. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor aandeelhouers van ‘n maatskappy wat besluit het om die direkteur van die maatskappy te verwyder. Spesialisgas Volker Krüger praat oor 'n dispuut oor ‘n fontein in die Wes-Kaapse Sederberg wat in die hof geëindig het.

Regsake 15 Mei 2023 15.05.2023

Igna Klynsmith praat oor die verskeie ombudsdienste wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Hy verduielik ook die gevolge van werknemers wat aan afgeleide wangedrag skuldig bevind word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die sage tussen mediese fondse en die Padongelukkefonds.

Regsake 8 Mei 2023 08.05.2023

Igna Klynsmith bespreek waterregte, asook die interdik wat verleen is op aansoek van Afriforum teen die EFF en Julius Malema wat hulle verhoed het om private eiendom te betree en te beset. Est-marié McCallaghan praat oor surrogaatskap.

Regsake 1 Mei 2023 01.05.2023

Igna Klynsmith bespreek twee luisteraarsbriewe oor lewensversekering. Volker Kruger praat oor die Wet op Onderverdeling van Landbougrond.

Regsake 24 April 2023 24.04.2023

Igna Klynsmith gee raad vir mense wat betrokke is by deeltitel-eenhede. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor metodes wat in die reg gebruik kan word om ‘n beskuldigde se bywoning  van ‘n verhoor te verseker.

Regsake 17 April 2023 17.04.2023

Igna Klynsmith bepreek luisteraarsbriewe wat onder meer handel oor ‘n eiendom wat in ‘n BK geregistreer is met die eienaar as die enigste lid, en wat met die eiendom sou gebeur indien hy tot sterwe kom. Hy bepreek ook salarisaanpassings a.g.v. beurtkrag en die vergoeding van dienste wat nie gelewer is nie. Riëtte Oosthuizen praat oor die regte van ‘n derde persoon t.o.v. ‘n minderjarige kind.

Regsake 10 April 2023 10.04.2023

Igna Klynsmith verduidelik hoe kwotas toegeken word vir die kag van trofeediere en bedreigde spesies. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor of begunstigdes van boedels ook eksekuteurs kan wees. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor stakings – wie mag staak, waaroor en wanneer?

Regsake 3 April 2023 03.04.2023

Igna Klynsmith bespreek die nuwe minimumloon,’n saak oor ‘n korrupte verkeersbeampte en die regte van werknemers ten opsigte van gebeurlikhede soos om na ‘n siek kind om te sien. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff gee raad oor hoe jy jou eiendom teen krediteure kan beskerm indien jy jouself in ‘n finansiële verknorsing bevind.

Regsake 27 Maart 2023 27.03.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n egpaar wat by hulle dogter se huis ‘n woonstel wil aanbou, maar nie wil bou voor die eiendom gedeeltelik op hulle naam geregistreer is nie. Igna praat ook oor dokter en pasiënt vertroulikheid. Volker Krüger praat oor die reg op testeervryheid.

Regsake 20 Maart 2023 20.03.2023

Igna Klynsmith praat oor ‘n onlangse saak oor die Wet op Intimidasie wat verkeerdelik in ‘n saak gebruik is. Hy bespreek ook ‘n navraag oor siekverlof van ‘n luisteraar wat vier maande in sy nuwe werkplek is en tien dae siekverlof geneem het, en die werkgewer slegs drie en ‘n half wil toestaan. Vandeesweek se spesialisgas bespreek die werksaamhede van die padongelukkefonds.

Regsake 13 Maart 2023 13.03.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n vrou wat by haar werk positief getoets het vir dagga en toe afgedank is. Hy praat ook oor die private gebruik van dagga, en of jy kan gaan werk indien jy dié dwelm in jou bloed het. Volker Krüger bespreek die gebruik van vrywaringsborde by kerkbasaars. Hy gee ook raad oor watter stappe 'n mens as organiseerders kan doen om die risiko’s van eise vir byvoorbeel...

Regsake 6 Maart 2023 06.03.2023

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor boedels, afknouery in die werksplek, en hoe om ‘n kooptransaksie stop te sit. Est-Marie McCallahan praat oor handelsbeperking.

Regsake 27 Februarie 2023 27.02.2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor wat die wet sê oor lykskending. Hy bespreek ook die nuwe en ou maatskappywette. Arbeidsregkenner Johan Botes verduidelik watter inligting jy oor jouself moet verklaar wanneer jy aansoek doen vir ‘n nuwe pos.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.