RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 20 November 2023 20.11.2023 24:52
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor misleidende fynskrif op ‘n jogurthouer. Hy praat ook oor voedselvergiftiging, en of mens ‘n eis teen ‘n verskaffer in dié verband kan instel. Spesialis gas dr. Llewelyn Curlewis sluit sy gesprek oor dwelmmisbruik af.
Regsake 13 November 2023 13.11.2023 24:49
Igna Klynsmith bespreek diplomatieke immuniteit, en die misbruik daarvan. Hy praat ook oor ‘n interessante saak in die VSA waar Google Maps ‘n man in ‘n rivier in genavigeer het. Igna bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n huurkontrak tussen ‘n slaghuis en 'n verhuurder, wat nie nagekom kan word nie. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat verder oor dwelmmisbruik.
Regsake 6 November 2023 06.11.2023 24:18
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n familielid wat geld geleen het, en dit nie betaal nie. Hy bespreek ook ‘n brief van ‘n regstudent wat verband hou met wat prokureurs, advokate en regters verdien. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis bespreek een van die wêreld se grootste probleme, dwelmisbruik.
Regsake 30 Oktober 2023 30.10.2023 24:14
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon se regsposisie m.b.t. tot die bure se plasing van hulle kragopwekkers. Hy praat ook oor geslagsgeweld waar ‘n man die slagoffer is. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse uitspraak in die hooggeregshof oor internasionale kinderontvoering.
Regsake 23 Oktober 2023 23.10.2023 23:41
Igna Klynsmith bepspreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n eis teen die padongelukkefonds. Hy praat ook oor twee interessante sake oor die eindomsreg van ‘n perd. Spesialisgas Peto Milton praat oor rusie tussen aandeelhouers met gelyke aandeelhouding, en of dit die einde van ‘n maatskappy kan beteken.
Regsake 16 Oktober 2023 16.10.2023 26:22
Igna Klynsmith bespreek die Neurenberg-verhore. Hy praat ook oor diejJuriestelsel en hoekom dit in Suid-Afrika afgeskaf is. Spesialisgas Elmari Richter praat oor ‘n intereassante verwikkeling in die reg wat op 10 Oktober 2023 deur die konstitutionele hof toegestaan is.
Regsake 9 Oktober 2023 09.10.2023 25:50
Igna Klynsmith bespreek Apartheidswetgewing en hoe dit detyds in die hof toegepas is. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor jurisdiksie, en hoe dit werk indien iemand op ‘n vliegtuig ‘n misdaad sou pleeg. Spesialisgas Volker Krüger praat oor kontrakte en of dit via WhatsApp-boodskappe gesluit kan word.
Regsake 2 Oktober 2023 02.10.2023 23:32
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n vrou wat produkte by ‘n verkoopspersoon gekoop het, wat sy nie kan bekostig of nodig het nie, en dit nou wil teruggee. Hy bespreek ook die wetlike vereistes waaraan iemand wat geld aan mense uitleen, moet voldoen. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor onwettige kragverbindings.
Regsake 25 September 2023 25.09.2023 22:41
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n boer se grensdraad en die buurman wat nie wil help betaal nie, asook ‘n vraag oor mediese nalatigheid. Spesialisgas Johan Botes praat oor werknemers se kommentaar op sosialemediaplasings in ‘n privaat hoedanigheid, en hoe die werkgewer teen die werknemer kan optree.
Regsake 18 September 2023 18.09.2023 26:03
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die meester van die hof. Hy bespreek ook die jongste verwikkelinge m.b.t. wetgewing oor genadedood in Suid-Afrika. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor familietrusts, en hoekom jy twee keer moet dink voor jy een registreer.
Regsake 11 September 2023 11.09.2023 19:22
Igna Klynsmith moedig luisteraars aan om deel te neem aan testamenteweek. Hy bespreek ook luisteraarsbriewe oor regshulp en hoe oortyd bepaal word. Hy vertel ook hoe bedrieglike siekverlof jou in die moeiliheid kan laat beland. Spesialisgas Susan de Wet bepreek ‘n saak waar iemand in ‘n supermark geval het, en suksesvol was met haar eis teen die winkelgroep.
Regsake 4 September 2023 04.09.2023 23:01
Igna Klynsmith praat oor nasionale testamenteweek, en verduidelik hoe dit werk. Hy bespreek ook klagtes oor die verbruikersombud, asook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor die wetlike verpligting van eienaars van voltitelkomplekse. Spesialisgas Martin Bezuidenhout praat oor die padongelukkefonds.
Regsake 28 Augustus 2023 28.08.2023 26:26
Igna Klynsmith praat oor nasionale testamenteweek van 11 tot 15 September. Hy bespreek twee luisteraarsbriewe oor huwelikskontrakte. Die een luisteraar wil haar huwelikskontrak verander, en Igna verduidelik hoe om te werk te gaan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat oor hersieningsaansoeke.
Regsake 21 Augustus 2023 21.08.2023 22:32
Igna Klynsmith praat oor die nuwe huwelikswetgewing. Hy bespreek ook navrae oor onderhoud wat betaal moet word, en hoe ‘n tweede huwelik dit bëinvloed. Prokureur Janus Olivier praat oor die praktiese aspekte van huweliksvoorwaardekontrakte.
Regsake 14 Augustus 2023 14.08.2023 26:22
Igna Klynsmith beantwoord ‘n hele paar luisteraarsvrae oor egskeidings wat hy deur die loop van die jaar ontvang het. Hy praat ook oor kinders se reg in die besluitneming oor die ouer by wie hulle kies om by te bly ná ‘n egskeiding. Spesialisgas Elmari Richter praat oor grensmure tussen bure.
Regsake 7 Augustus 2023 07.08.2023 23:50
Igna Kleynsmith het raad vir mense wat besig is om te skei, of moontlik by ‘n egskeiding betrokke kan word. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afgetredenes en werkloosheidsversekeringseise.
Regsake 31 Julie 2023 31.07.2023 24:52
Igna Klysmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor die polisie wat ‘n klopjag by die verkeerde adres uitgevoer het. Hy bespreek ook mediese nalatigheidseise van minderjariges. Spesialisgas Peto Milton praat oor die verskillende sake-entiteite soos ‘n eenmansaak, vennootskap en privaatmaatskappy.
Regsake 24 Julie 2023 24.07.2023 25:16
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor kontant wat vir ‘n klomp skape betaal is, en die ontvanger nie weet wat om met die kontant te maak nie. Hy praat ook oor die intergriteit van die regspraktyk. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor deeltitel- en voltitel-eienaarskap.
Regsake 17 Julie 2023 17.07.2023 24:56
Igna Klynsmith bespreek die befondsing en onderhoud van ‘n voertuig vir inwoners van deeltitelkomplekse of oorde. Hy verduidelik of ‘n lewensmaat ook ‘n ouerlike reg het, veral wanneer kunsmatige bevrugting ter sprake is. Spesialisgas Volker Kruger praat oor of ‘n persoon wat bewus is van ‘n misdryf, verplig is om dit by die polisie aan te meld.
Regsake 10 Julie 2023 10.07.2023 23:35
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor haar oorlede man se boedel. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite. Dié wet, Wet 12 van 2004 is die een wat sommige wil gebruik om die huidige president aan te kla oor die Phala Phala-sage.
Regsake 3 Julie 2023 03.07.2023 22:16
Igna Klynsmith bespreek ‘n boedelvraag van ‘n rekenmeester wat verband hou met ‘n kontanttekort in die boedel, en hoe dit verdeel moet word onder begunstigdes. Hy praat ook oor iemand wat in ‘n motorongeluk was, maar nie verseker is nie. Hy raak ook weer aan heffings deur beheerliggame. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor burereg, veral as geraas deur jou bure vir jou ‘n oorlas is!
Regsake 26 Junie 2023 26.06.2023 23:46
Igna Klynsmith praat oor die gevolge van verbande wat nie stiptelik betaal word nie. Hy bespreek ook transporttransakies wat platval, asook korrupsie op munisipale vlak. Spesialisgaste Susan de Wet en Janus Olivier praat onderskeidelik oor die padongelukkefonds en oor uitklaringsyfers.
Regsake 19 Junie 2023 19.06.2023 23:51
Igna Klynsmith en Est-Marié McCallahan praat verder oor die regte van paartjies wat saambly. Peto Milton praat oor ondernemingsredding.
Regsake 12 Junie 2023 12.06.2023 22:32
Igna Klynsmith paartjies wat saambly, en indien hullw stry sou kry, hoekom hulle nie die voorreg het om wetgewing te gebruik wat op die huweliksreg van toespassing is nie. Arbeidsregkenner Johan Botes beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor hoekom sy nie ná haar aftrede werkloosheidsversekering kan eis nie.
Regsake 5 Junie 2023 05.06.2023 23:01
Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor huurooreenkomste. Eiendomsregkenner Völker Kruger bespreek ‘n Australiese hofsaak waar ‘n erfprosie van R136,5 miljoen ter sprake is, en ‘n waarskuwing om nie uit die graf te regeer nie. Hy verduidelik ook wat die hof onlangs beslis het oor ‘n beheerliggaam wat geweier het om ‘n heffingsertifikaat vir ‘n transport te verskaf omdat bouplanne nie in ple...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.