RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 12 Februarie 2024 12.02.2024 21:49
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n derdeparty-eis. Hy praat ook oor ‘n eienaar van ‘n deeltiteleenheid wat wil weet wat sy regte is m.b.t. ander inwoners wat kla dat sy honde aanhoudend blaf. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.
Regsake 5 Februarie 2024 05.02.2024 24:29
Igna Klynsmith bespreek nuwe regulasies vir die indiensneming van buitelanders. Hy praat ook oor die Wet op Handelsmerke. Wat staan jou te doen indien jou nuwe, tweedehandse voertuig breek kort nadat jy dit gekoop het. Familregkenner Riëtte Oosthuisen bespreek bestrede egskeidings, meer spesifiek die dagvaarding.
Regsake 29 Januarie 2024 29.01.2024 20:19
Igna Klynsmith praat oor die huweliksreg. Hy bespreek ook twee vrae wat handel oor immigrasie en toestemming wat deur een ouer geweier word om kinders saam oorsee te neem. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n werksaanbod wat ontvang is, maar toe teruggetrek is, en wat haar nou te doen staan.
Regsake 22 Januarie 2024 22.01.2024 25:19
Igna Klynsmith bespreek die betroubaarheid van blaasapparate wat gebruik word vir die meet van die alkoholkonsentrasie in ‘n person se bloed. Spesialisgas Est-Marie McCallahan verduidelik wat die nuwe wysigings aan die skoolwet behels.
Regsake 15 Januarie 2024 15.01.2024 23:33
Die week in Regsake saam met Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith, bespreek hy onder meer vrae oor boedels en 3de party-versekering. Spesialisgas Volker Kruger praat oor geskille wat verband hou met mede-eienaarskap van eiendom – En, Est-Marie McCallahan praat oor ‘n bekende winkelgroep wat voortaan nie meer kontant as betaling gaan aanvaar nie.
Regsake 8 Januarie 2024 08.01.2024 22:54
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n beeseerde persoon wat skade vergoeding eis van die eienaar van ‘n huisdier. Dan praat hy ook oor testamente en die belangrikheid daarvan om dit op datum te hou. Spesialisgas, Riëtte Oosthuizen praat oor onbestrede egskeidings.
Regsake 1 Januarie 2024 01.01.2024 19:03
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname. Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.
Regsake 18 Desember 2023 18.12.2023 25:54
In Regsake bespreek Igna Klynsmith ‘n hofsaak wat hy betempel as die belangrikste hofsaak in die geskiedenis van die mensdom. Dit is die saak van die hoë prietser Kayafas en Jesus van Nasareth…Hy praat ook oor padveiligfheid in SA. Spesialisgas Est-Marie Mccallan sluit dié week die gesprek oor ouerskapverlof af.
Regsake 11 Desember 2023 11.12.2023 23:56
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie. Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finansiële eise nie.
Regsake 4 Desember 2023 04.12.2023 25:18
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n luisteraarsbrief wat handel oor eksekuteuersfooie, en ‘n onlangse saak wat handel oor arbeidswetgeweing wat diskrimineer teen ouers wat betref ouerskapverlof. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor vruggebruik – is dit seën of is dit ‘n straf?
Regsake 27 November 2023 27.11.2023 23:47
Igna Klynsmith bespreek hy ‘n saak wat handel oor ‘n kind wat ‘n rugbybesering opgedoen het, wat vererger is deur die nalatigheid van die noodhulppersoneel. Hy bespreek ook die vereistes vir nalatigheid. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n groep boere wat ‘n grondeienaarsvereniging op die been wil bring. Hy verduidelik hoe so iets sal werk vanuit ‘n regsoogpunt, en of dit ‘n goeie idee sou wee...
Regsake 20 November 2023 20.11.2023 24:52
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor misleidende fynskrif op ‘n jogurthouer. Hy praat ook oor voedselvergiftiging, en of mens ‘n eis teen ‘n verskaffer in dié verband kan instel. Spesialis gas dr. Llewelyn Curlewis sluit sy gesprek oor dwelmmisbruik af.
Regsake 13 November 2023 13.11.2023 24:49
Igna Klynsmith bespreek diplomatieke immuniteit, en die misbruik daarvan. Hy praat ook oor ‘n interessante saak in die VSA waar Google Maps ‘n man in ‘n rivier in genavigeer het. Igna bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n huurkontrak tussen ‘n slaghuis en 'n verhuurder, wat nie nagekom kan word nie. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat verder oor dwelmmisbruik.
Regsake 6 November 2023 06.11.2023 24:18
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n familielid wat geld geleen het, en dit nie betaal nie. Hy bespreek ook ‘n brief van ‘n regstudent wat verband hou met wat prokureurs, advokate en regters verdien. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis bespreek een van die wêreld se grootste probleme, dwelmisbruik.
Regsake 30 Oktober 2023 30.10.2023 24:14
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon se regsposisie m.b.t. tot die bure se plasing van hulle kragopwekkers. Hy praat ook oor geslagsgeweld waar ‘n man die slagoffer is. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse uitspraak in die hooggeregshof oor internasionale kinderontvoering.
Regsake 23 Oktober 2023 23.10.2023 23:41
Igna Klynsmith bepspreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n eis teen die padongelukkefonds. Hy praat ook oor twee interessante sake oor die eindomsreg van ‘n perd. Spesialisgas Peto Milton praat oor rusie tussen aandeelhouers met gelyke aandeelhouding, en of dit die einde van ‘n maatskappy kan beteken.
Regsake 16 Oktober 2023 16.10.2023 26:22
Igna Klynsmith bespreek die Neurenberg-verhore. Hy praat ook oor diejJuriestelsel en hoekom dit in Suid-Afrika afgeskaf is. Spesialisgas Elmari Richter praat oor ‘n intereassante verwikkeling in die reg wat op 10 Oktober 2023 deur die konstitutionele hof toegestaan is.
Regsake 9 Oktober 2023 09.10.2023 25:50
Igna Klynsmith bespreek Apartheidswetgewing en hoe dit detyds in die hof toegepas is. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor jurisdiksie, en hoe dit werk indien iemand op ‘n vliegtuig ‘n misdaad sou pleeg. Spesialisgas Volker Krüger praat oor kontrakte en of dit via WhatsApp-boodskappe gesluit kan word.
Regsake 2 Oktober 2023 02.10.2023 23:32
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n vrou wat produkte by ‘n verkoopspersoon gekoop het, wat sy nie kan bekostig of nodig het nie, en dit nou wil teruggee. Hy bespreek ook die wetlike vereistes waaraan iemand wat geld aan mense uitleen, moet voldoen. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor onwettige kragverbindings.
Regsake 25 September 2023 25.09.2023 22:41
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n boer se grensdraad en die buurman wat nie wil help betaal nie, asook ‘n vraag oor mediese nalatigheid. Spesialisgas Johan Botes praat oor werknemers se kommentaar op sosialemediaplasings in ‘n privaat hoedanigheid, en hoe die werkgewer teen die werknemer kan optree.
Regsake 18 September 2023 18.09.2023 26:03
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die meester van die hof. Hy bespreek ook die jongste verwikkelinge m.b.t. wetgewing oor genadedood in Suid-Afrika. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor familietrusts, en hoekom jy twee keer moet dink voor jy een registreer.
Regsake 11 September 2023 11.09.2023 19:22
Igna Klynsmith moedig luisteraars aan om deel te neem aan testamenteweek. Hy bespreek ook luisteraarsbriewe oor regshulp en hoe oortyd bepaal word. Hy vertel ook hoe bedrieglike siekverlof jou in die moeiliheid kan laat beland. Spesialisgas Susan de Wet bepreek ‘n saak waar iemand in ‘n supermark geval het, en suksesvol was met haar eis teen die winkelgroep.
Regsake 4 September 2023 04.09.2023 23:01
Igna Klynsmith praat oor nasionale testamenteweek, en verduidelik hoe dit werk. Hy bespreek ook klagtes oor die verbruikersombud, asook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor die wetlike verpligting van eienaars van voltitelkomplekse. Spesialisgas Martin Bezuidenhout praat oor die padongelukkefonds.
Regsake 28 Augustus 2023 28.08.2023 26:26
Igna Klynsmith praat oor nasionale testamenteweek van 11 tot 15 September. Hy bespreek twee luisteraarsbriewe oor huwelikskontrakte. Die een luisteraar wil haar huwelikskontrak verander, en Igna verduidelik hoe om te werk te gaan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat oor hersieningsaansoeke.
Regsake 21 Augustus 2023 21.08.2023 22:32
Igna Klynsmith praat oor die nuwe huwelikswetgewing. Hy bespreek ook navrae oor onderhoud wat betaal moet word, en hoe ‘n tweede huwelik dit bëinvloed. Prokureur Janus Olivier praat oor die praktiese aspekte van huweliksvoorwaardekontrakte.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.