RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 5 Augustus 2024 05.08.2024 18:10
Igna Klynsmith praat oor handelsbeperkingsklousules en roukoop. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n sekuriteitswag wat ‘n taxibestuurder in die been geskiet het. Die hof het bevind dat hy reg gehandel het.
Regsake 29 Julie 2024 29.07.2024 24:35
Igna Klynsmith verduidelik of jy ‘n saak voorlopig by die polisie aanhangig kan maak, maar die saak eers verder neem indien die persoon jou weer te na kom. Spesialisgas Volker Kruger bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n dispuut tussen ‘n oorledene se vrou, en sy kinders uit ‘n vorige huwelik.
Regsake 22 Julie 2024 22.07.2024 24:39
Igna Klynsmith praat oor burereg na aanleiding van ‘n luisteraar wat kla oor sy buurman se voerkraal wat stink, en wat hom te doen staan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis bespreek aspekte van Bewysreg tydens hofsake.
Regsake 15 Julie 2024 15.07.2024 22:45
Igna Klynsmith bespreek die reëls m.b.t. boubedrywighede in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor handelsbeperkingsklousules in dienskontrakte. Spesialisgas Waldette Grey bespreek die geldigheid van elektroniese handtekeninge op kontrakte.
Regsake 8 Julie 2024 08.07.2024 21:04
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die verskil tussen die opsie om te koop, en ‘n reg van eerste weiering. Spesialisgas Elmari Richter praat oor die die betaling van onderhoud vir kinders.
Regsake 1 Julie 2024 01.07.2024 22:39
Igna Klynsmith praat weer oor die strafreg, onder meer oor skeermeslemmetjies wat die produk in Suid-Afrika is wat die meeste gesteel word. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n geval waar ‘n minderjarige die begunstigde van ‘n trust is, en hoe so ‘n situasie werk.
Regsake 24 Junie 2024 24.06.2024 23:41
Igna Klynsmith deel die jongste statistiek oor huwelike en egskeidings in Suid-Afrika. Hy bespreek ook die belangrikheid van aanspreeklikheidsversekering. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik die verskil tussen ‘n opsie om te koop en ‘n voorkoopreg.
Regsake 17 Junie 2024 17.06.2024 24:21
Igna Klynsmith praat oor addisionele werk, ook bekend as moonlighting. Spesialisgas Johan Botes praat oor of dit regverdig is dat jy moet werk en onderhewig is aan inflasie en stygende lewenskoste, maar jou salaris word nie aangepas nie?
Regsake 10 Junie 2024 10.06.2024 24:04
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor of elektrisiteit werklik gesteel kan word. Spesialisgas Est-Marié MCallahan vertel wat jou te doen staan indien jou verlowing deur die ander persoon verbreek word.
Regsake 3 Junie 2024 03.06.2024 23:16
Igna Klynsmith praat verder oor die strafreg, en beantwoord ‘n vraag oor of jy verplig is om jou bloed te laat trek wanneer daar vermoed word dat jy onder die invloed van drank bestuur. En, 'n spesialisgas praat oor ‘n hofsaak wat handel oor 'n voetstootsklousule in 'n koopkontrak van 'n huis.
Regsake 27 Mei 2024 27.05.2024 20:25
Igna Klynsmith bespreek verskillende aspekte van die strafreg, bv. vonnisoplegging. Spesialisgas Susan de Wet praat oor ‘n saak waar buitelanders probleme ondervind met eise teen die Padongelukkefonds.
Regsake 20 Mei 2024 20.05.2024 24:26
Igna Klynsmith bespreek wat met ‘n insolvente of bankrotboedel gebeur. Spesialisgas Est-Marié MCallahan bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die Nasionale Gesondheidversekeringswet.
Regsake 13 Mei 2024 13.05.2024 23:13
Igna Klynsmith bepreek Igna luisteraarsbriewe oor serwitute en provikasie. Spesialisgas Peto Milton praat oor mondelinge ooreenkomste.
Regsake 6 Mei 2024 06.05.2024 20:57
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor ‘n salarisverhoging, maar geen oortydbetaling, en ‘n saak oor ‘n TV-advertensie wat as godslasterend beskou is en die reëls daaraan verbonde. Spesialisgas Janus Olivier praat oor trusts.
Regsake 29 April 2024 29.04.2024 23:00
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.
Regsake 21 April 2024 22.04.2024 22:20
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor geld wat hy van sy buurman wil eis ná ‘n windstorm skade aan sy eiendom aangerig het. Hy praat ook oor mediese vrywaringsvorms. Spesialisgas dr. Llewellyn Curlewis bespreek Artikel 174 van die Strafproseswet 51 van 1977.
Regsake 15 April 2024 15.04.2024 23:47
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n oorledene se motor wat op iemand se erf staan, en hulle weet nie hoe om van die motor ontslae te raak nie. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek lewende annuïteite, en die waarde daarvan vir doeleindes van egskeiding.
Regsake 8 April 2024 08.04.2024 22:30
Igna Klynsmith bespreek verskeie luisteraarsvrae oor boedels. Spesialisgas Johan Botes sluit praat verder oor diskriminasie deur werkgewers teenoor werknemers op grond van ouderdom.
Regsake 1 April 2024 01.04.2024 22:52
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor bateverdeling in ‘n tweede huwelik. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor wat ‘n persoon te doen staan indien hulle werkgewer sê hulle is te oud om aan te hou werk.
Regsake 25 Maart 2024 25.03.2024 25:22
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor ‘n koper wat ‘n koopooreenkoms onderteken, maar intussen van plan verander het. Daar word ook gekyk na eindomsagente se kommissie. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord vrae oor ‘n kontanttekort in ‘n bestorwe boedel.
Regsake 18 Maart 2024 18.03.2024 26:03
Igna Klynsmith bespreek wat van troeteldiere word indien hulle eienaars sterf. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor eienaars se opsies vir uitsettingsbevele teen onwettige okkupeerders. Sy praat ook oor munisipaliteite se plig om behuising aan hawelose mense te voorsien.
Regsake 11 Maart 2024 11.03.2024 23:13
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse uitspraak in die Kaapstad Hooggeregshof oor die stryd teen die skending van outeursreg. Speslialisgas Est-Marié McCallahan praat oor die regulering van kriptogeld in Suid-Afrika.
Regsake 4 Maart 2024 04.03.2024 23:01
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor eksekuteursfooie, en ‘n geval waar kinders inmeng in hulle bejaarde ouers se geldsake. Spesialisgas Peto Milton praat oor verskeie metodes vir besighede om kontraktuele geskille op te los.
Regsake 26 Februarie 2024 26.02.2024 23:08
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n buurman wat gifstowwe aan sy kant van die muur spuit, maar die buurman se plante in die proses ook vergiftig. Spesialisgas Volker Kruger verduidelik watter opsies erfgename het om ‘n herverdelingsoorenkoms te sluit.
Regsake 19 Februarie 2024 19.02.2024 24:19
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor lewensreg in ‘n aftree-oord, wat beëindig wil word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik wat gebeur wanneer iemand sterf sonder ‘n testament.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.