RSG

Regsake

Society AF ↓ 650 episodes

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 12, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Regsake 11 November 2024 11.11.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man, wat met die wete dat hy MIV onder lede gehad het, ‘n seksuele verhouding met sy vriendin aangeknoop het, maar nie sy status met haar gedeel het nie. Hy praat ook oor twee Vrystaatse egpare wat regsgeskiednis gemaak het. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor jou gesondheid by die werk.

Regsake 4 November 2024 04.11.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n pensioenfonds en ‘n egskeiding; en fooie wat betaalbaar is na die kansellasie van ‘n huisverband. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die polisie se plig om dossiere te lewer oor ‘n ongeluk wat by ‘n kruising plaasgevind het.

Regsake 28 Oktober 2024 28.10.2024

Igna Klynsmith bespreek die regsbegrip, die vermoede van dood. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek 'n hofsaak waarin ‘n regter moes beslis of 'n virtuele beëdiging van 'n eedsverklaring in ons reg aanvaarbaar is. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen 'n gewone verklaring en 'n eedsverklaring.

Regsake 21 Oktober 2024 21.10.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat verband hou met ‘n werknemer wat breindood verklaar is nadat hy geval het, na aanleiding van drankmisbruik by ‘n werksfunksie. Hy praat ook oor ‘n skadevergoederingsaak ná ‘n botsing wat deur ‘n slaggat veroorsaak is.  Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor intellektuele eindomsreg.

Regsake 14 Oktober 2024 14.10.2024

Igna Klynsmith praat oor die nasionale gesondheidsversekeringswet, en oor die belangrike rol wat die reg speel in natuurbewaring. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen verduidelik of daar ‘n regsplig is om stiefkinders te onderhou.

Regsake 7 Oktober 2024 07.10.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die proses van die uitlewering van ‘n gevangene. Hy praat ook oor toegang tot familiebegrafplase, en wie aanspreeklik is vir skade aan huise en motors wat deur gholfspelers veroorsaak word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n interessante saak waarin 'n hof moes beslis of 'n ma se hospitaalrekords blootgelê kon word in 'n familieregsaak.

Regsake 30 September 2024 30.09.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor troeteldiere in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor leunverklikkerstoetse. Spesialisgas Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaardgaande boetes.

Regsake 23 September 2024 23.09.2024

Igna Klynsmith beantwoord ‘n paar luiteraarsvrae. 'n Luisteraar wat binne gemeenskap van goedere getroud is, wil weet of haar huis wat al 30 jaar in haar besit is, in haar getroude van geregistreer moet word, om sodoende die proses vir haar dogter te vergemaklik om die huis te erf. Igna beantwoord ook ‘n vraag oor of ‘n verkoper van ‘n eiendom die reg het om hulle eie akteveraardiger aan te stel....

Regsake 16 September 2024 16.09.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n inwoner van ‘n deeltitelkompleks wat nie haar heffings betaal nie, en wat die trustees te doen staan om haar te verplig om te betaal. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor ‘n koper van ‘n voertuig, wat die koopprys in die verkeerde bankrekening inbetaal het. Die geld is gesteel, wat nou?

Regsake 9 September 2024 09.09.2024

Igna Klynsmith bespreek die gebruik van hommeltuie in hengel. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor hoe emosies ‘n rol speel tydens egskeiding.

Regsake 2 September 2024 02.09.2024

Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat. Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om 'n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.

Regsake 26 Augustus 2024 26.08.2024

Igna Klynsmith praat oor ‘n saak van ‘n hoenderboer wat skadevergoeding eis by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, ná miljoene rand se skade a.g.v. ‘n uitbreking van voëlgriep. Völker Kruger bespreek ‘n saak oor ‘n oorledene se familie, wat sy testament ongeldig wil verklaar omdat hy, volgens hulle, nie die verstandelike vermoë gehad het om 'n testament te verly nie.

Regsake 19 Augustus 2024 19.08.2024

Igna Kleynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man wat verskeie kere gesteel het, tronkstraf opgelê is en die saak later ter syde gestel is onder die beginsel van ubuntu. Spesialisgas Johan Botes beantwoord ‘n vraag oor ’n werknemer wat deur haar werkgewer met ‘n versoek genader is om haar diens te beëindig in ruil vir betaling.

Regsake 12 Augustus 2024 12.08.2024

Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor naamskending. Spesialisgas Peto Milton praat oor skuld tussen vriende en familie - is ‘n skulderkenning nodig, en wanneer verjaar jou eis?

Regsake 5 Augustus 2024 05.08.2024

Igna Klynsmith praat oor handelsbeperkingsklousules en roukoop. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n sekuriteitswag wat ‘n taxibestuurder in die been geskiet het. Die hof het bevind dat hy reg gehandel het.

Regsake 29 Julie 2024 29.07.2024

Igna Klynsmith verduidelik of jy ‘n saak voorlopig by die polisie aanhangig kan maak, maar die saak eers verder neem indien die persoon jou weer te na kom. Spesialisgas Volker Kruger bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n dispuut tussen ‘n oorledene se vrou, en sy kinders uit ‘n vorige huwelik.

Regsake 22 Julie 2024 22.07.2024

Igna Klynsmith praat oor burereg na aanleiding van ‘n luisteraar wat kla oor sy buurman se voerkraal wat stink, en wat hom te doen staan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis bespreek aspekte van Bewysreg tydens hofsake.

Regsake 15 Julie 2024 15.07.2024

Igna Klynsmith bespreek die reëls m.b.t. boubedrywighede in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor handelsbeperkingsklousules in dienskontrakte. Spesialisgas Waldette Grey bespreek die geldigheid van elektroniese handtekeninge op kontrakte.

Regsake 8 Julie 2024 08.07.2024

Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die verskil tussen die opsie om te koop, en ‘n reg van eerste weiering. Spesialisgas Elmari Richter praat oor die die betaling van onderhoud vir kinders.

Regsake 1 Julie 2024 01.07.2024

Igna Klynsmith praat weer oor die strafreg, onder meer oor skeermeslemmetjies wat die produk in Suid-Afrika is wat die meeste gesteel word. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n geval waar ‘n minderjarige die begunstigde van ‘n trust is, en hoe so ‘n situasie werk.

Regsake 24 Junie 2024 24.06.2024

Igna Klynsmith deel die jongste statistiek oor huwelike en egskeidings in Suid-Afrika. Hy bespreek ook die belangrikheid van aanspreeklikheidsversekering. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik die verskil tussen ‘n opsie om te koop en ‘n voorkoopreg.

Regsake 17 Junie 2024 17.06.2024

Igna Klynsmith praat oor addisionele werk, ook bekend as moonlighting. Spesialisgas Johan Botes praat oor of dit regverdig is dat jy moet werk en onderhewig is aan inflasie en stygende lewenskoste, maar jou salaris word nie aangepas nie?

Regsake 10 Junie 2024 10.06.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor of elektrisiteit werklik gesteel kan word. Spesialisgas Est-Marié MCallahan vertel wat jou te doen staan indien jou verlowing deur die ander persoon verbreek word.

Regsake 3 Junie 2024 03.06.2024

Igna Klynsmith praat verder oor die strafreg, en beantwoord ‘n vraag oor of jy verplig is om jou bloed te laat trek wanneer daar vermoed word dat jy onder die invloed van drank bestuur. En, 'n spesialisgas praat oor ‘n hofsaak wat handel oor 'n voetstootsklousule in 'n koopkontrak van 'n huis.

Regsake 27 Mei 2024 27.05.2024

Igna Klynsmith bespreek verskillende aspekte van die strafreg, bv. vonnisoplegging. Spesialisgas Susan de Wet praat oor ‘n saak waar buitelanders probleme ondervind met eise teen die Padongelukkefonds.

Listen to the Regsake podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.