RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 7 Maart 2022 07.03.2022 27:31
Igna Klynsmith skop die program af met ‘n voorlesing uit Gustaf Pienaar se Regsalmanak, wat handel oor twee mans wat op vaderskap aanspraak maak. Hy beantwoord ook verskeie kort navrae, onder andere oor die afdwingbaarheid van ‘n lewende testament. Hy bespreek ook ‘n vraag van ‘n luisteraar wat wil weet waarom professionele mense soos prokureurs en advokate aanspreeklik gehou kan word vir hulle fo...
Regsake 28 Februarie 2022 28.02.2022 28:41
Igna Klynsmith praat onder meer oor die onteieningswetsontwerp; ‘n appèlhofuitspraak oor die voetstootsklousule; ‘n hofuitspraak oor die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging; en die versekeringsombudsman se uitsprake oor twee gevalle van dronkbestuur.
Regsake 21 Februarie 2022 21.02.2022 29:02
Igna Klynsmith bespreek onder andere die nuwe wetgewing oor forensiese prosedures; en ‘n skikking oor eksklusiewe ooreenkomste vir die verskaffing van skoolklere. Hy bespreek ook die bepalings van die Verbruikerswet wat betref pryse op winkelrakke en in advertensies.
Regsake 14 Februarie 2022 14.02.2022 26:31
Aan wie behoort die verloofring wanneer ‘n verlowing verbreek word? Igna Klynsmith beantwoord dié vraag, en bespreek ook drie wysigingswette wat onlangs bekragtig is wat verband hou met die bekamping van geslag- en gesinsgeweld.
Regsake 7 Februarie 2022 07.02.2022 25:42
Igna Klynsmith bespreek onder meer die kwessie van kringtelevisiekameras in die werkplek; afdanking as gevolg van die misbruik van siekverlof; en die regte en bevoegdhede van buurtwagforums.
Regsake 31 Januarie 2022 31.01.2022 28:09
Igna Klynsmith beantwoord vrae oor die staking van betaling van tyddeelheffings; wie kan die beste raad gee oor sonering; hoe gemaak met ‘n foutiewe mediese rekening; en kan ‘n bejaarde ouer sy kinders dagvaar vir onderhoud?
Regsake 24 Januarie 2022 24.01.2022 26:11
Igna Klynsmith praat oor die kuns van kruisondervraging. Hy bespreek onder meer die vraag of ‘n spermskenker regte het ten aansien van die kind; huwelike met buitelanders; en of toegang geweier mag word aan beamptes of kontrakteurs wat elektrisiteitsmeters moet lees.
Regsake 17 Januarie 2022 17.01.2022 25:49
Igna Klynsmith bespreek die konsep geregtigheid. Verder bespreek hy ook ‘n saak oor die verdeling van pensioen by ‘n egskeiding, en beantwoord ‘n vraag oor verantwoordelikheid vir skuld: moet jy herinner word dat jy jou skuld moet betaal?
Regsake 10 Januarie 2022 10.01.2022 26:04
Igna Klynsmith bespreek kontraktuele verpligtinge en die onmoontlikheid om te presteer as gevolg van iets soos die inperkingsmaatreëls. Hy beantwoord ‘n vraag oor mede-eienaarskap van eiendom en vererwing, en die oordrag van bates aan erfgename voor die afsterwe van die erflater. Hy verduidelik ook hoe werk beslaglegging.
Regsake 3 Januarie 2022 03.01.2022 26:29
Hoe gemaak met ‘n familielid wat nie sy skuld terugbetaal nie? Igna Klynsmith bespreek ook ‘n hofuitspraak wat spruit uit ‘n voorval toe iemand tydens die laaste kolfbeurt van ‘n krieketwedstryd reg voor iemand anders wat na die wedstryd gekyk het, voor die televisie gaan gestaan het; en ‘n weduwee se eis teen die Minister van Polisie vir die verlies van onderhoud nadat haar man in aanhouding sel...
Regsake 27 Desember 2021 27.12.2021 26:31
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n ná-huwelikse voorwaarde kontrak; en die vraag of ‘n sakeonderneming op ‘n residensiële erf bedryf kan word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor ‘n plaasvervanger-erfgenaam se aanspreeklikheid vir die skuld van die oorspronklike erfgenaam.
Regsake 20 Desember 2021 20.12.2021 26:47
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofuitspraak oor bepalings van kopieregwetgewing wat verander moet word; ‘n appèlhofuitspraak oor die oordrag van watergebruiksregte en ‘n regsontwikkeling wat voortaan dalk die sogenaamde SLAPP-verweer (strategiese litigasie teen openbare deelname) in Suid-Afrika moontlik kan maak.
Regsake 13 Desember 2021 13.12.2021 25:06
Igna Klynsmith bespreek ‘n appèluitspraak oor die eienaarskap van ‘n bakkie nadat ‘n saamwoonverhouding skeefgeloop het; ‘n appèluitspraak wat moontlik ‘n belangrike regsontwikkeling kan wees oor misleidende inligting in ‘n versekeringseis; en hoe en in watter omstandighede ‘n testamentêre trust tot stand gebring word.
Regsake 6 Desember 2021 06.12.2021 28:36
Igna Klynsmith en sy kollega Elmari Richter praat oor verskeie aspekte van die familiereg. Dit sluit in oupas en oumas se regte ten aansien van kleinkinders; faktore by aanneming; in watter omstandighede kan die welsyn ingryp; en die verskillende vorme van huweliksgoederebedeling.
Regsake 29 November 2021 29.11.2021 28:24
Igna Klynsmith en kollega Elmari Richter bespreek verskeie aspekte van familiereg. Dit sluit in die egskeidingsproses; hoe word onderhoud bepaal; hoe lank geld die onderhoudsplig; en ouerlike beheer en toesig.
Regsake 22 November 2021 22.11.2021 26:30
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek ‘n wye verskeidenheid regsvrae. Dit sluit in die afdwingbaarheid van handelsbepalings in dienskontrakte en by die verkoop van aandele; serwituutregte en die reg van weg; die verjaring van munisipaledienstegelde en -belastings; die bevoegdhede van trustees; en die status van beslote korporasies.
Regsake 15 November 2021 15.11.2021 28:40
Igna Klynsmith en kollega Volker Kruger bespreek weer ‘n wye verskeidenheid regskwessies. Dit sluit onder meer in: uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge by die verkoop van landbougrond, en uitstaande heffings by die verkoop van deeltiteleiendom; testamentêre bemakings en begunstigdes van lewenspolisse, en die wysiging van begunstigdes van ‘n familietrust; en die vraag of werkgewers werkneme...
Regsake 8 November 2021 08.11.2021 26:15
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek onder meer aspekte van die huweliksgoederewet wat verband hou met skuld en kontrakte; die voetstootsklousule; wat toestemming tot benadeling beteken; en wanneer jy mag skiet as jy iemand in jou huis betrap.
Regsake 1 November 2021 01.11.2021 24:37
Igna Klynsmith bespreek ‘n Appèlhofuitspraak oor nalatigheid, nadat ‘n vrou deur ‘n valhek beseer is by ‘n winkel, en ‘n saak oor middellike aanspreeklikheid. Hy beantwoord ‘n vraag oor die bates wat deel is van ‘n bestorwe boedel wanneer mense binne gemeenskap van goedere getroud is, en bespreek ‘n KVBA-saak oor taalgebruik op sosiale media.
Regsake 25 Oktober 2021 25.10.2021 24:08
Igna Klynsmith bespreek die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor Unisa se taalbeleid. Hy verduidelik wie aanspreeklik is vir skade aan ‘n huureiendom in geval van ‘n inbraak, en bespreek ‘n saak oor ‘n mens se eerlikheidsplig teenoor jou versekeraar.
Regsake 18 Oktober 2021 18.10.2021 26:28
Igna Klynsmith bespreek die implikasies van die wetgewing oor die beskerming van persoonlike inligting vir Whatsapp-groepe. Hy verduidelik voorverkoopsregte van ‘n huurder wanneer eiendom verkoop word, en waarsku oor die indiensneming van onwettige immigrante.
Regsake 11 Oktober 2021 11.10.2021 26:07
Igna Klynsmith verduidelik die proses vir die verkiesing van ‘n nuwe hoofregter. Hy bespreek ‘n interessante hofsaak n.a.v. die regsbeginsel van toestemming tot benadeling, en verduidelik wat werkgewers se verpligting teenoor werkers is as die werkers weens omstandighede buite hulle beheer nie kan werk nie.
Regsake 4 Oktober 2021 04.10.2021 25:11
Igna Klynsmith beantwoord onder meer vrae oor die vererwing van skuld, en die beginsel dat mede-eienaars van bates geregtig is op gelyke voordele van die bates. Hy verduidelik ook hoe en waar om te kla oor jou mediese fonds.
Regsake 27 September 2021 27.09.2021 20:03
Igna Klynsmith praat oor landbougrond en munisipale belasting. Hy bespreek ‘n vraag oor testamente by ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere, en wetgewing wat tradisionele huwelike bereël.
Regsake 20 September 2021 20.09.2021 25:18
Igna Klynsmith bespreek die volgende: wie se van moet ‘n kind kry by geboorte; hoe werk vererwing by ‘n intestate boedel; kan ‘n werkgewer ‘n werknemer ontslaan oor die werknemer se optrede na-ure; en hoe maak ‘n mens beswaar teen jou belastingaanslag?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.