RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 13 Junie 2022 13.06.2022 28:26
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor die wet op vuurwapens; boedelbelasting wat betaalbaar is binne gemeenskap van goedere; en ‘n saak oor die onregmatige afdanking van ‘n werknemer van ‘n bekende restaurant. Veronique van Heyningen praat met strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis oor korrupsie.
Regsake 6 Junie 2022 06.06.2022 24:01
Veronique van Heyningen praat met Sanette Viljoen van SV Legal in Pretoria oor boedelbelasting. Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n versekeringseis, prokureur-kliënt vertroulikheid en vruggebruik.
Regsake 30 Mei 2022 30.05.2022 24:15
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor prokureursetiek. Johan Botes, hoof van die internasionale regsfirma BakerMcKenzie se arbeidsregafdeling, praat oor afknouery in die werksplek.
Regsake 23 Mei 2022 23.05.2022 25:28
Igna Kleinsmith bespreek ‘n vraag oor ‘n weduwee, wie se stiefkinders daarop aandring dat hulle Pa op ‘n plek van hulle keuse begrawe moet word. Hy bespreek ook ‘n saak oor verkragting. Eiendomsregskenner Volker Krger bespreek die Wet op Eiendomspraktisyns.
Regsake 16 Mei 2022 16.05.2022 21:43
Igna Kleinsmith bespreek ‘n vraag oor hoe om volmag oor jou ouers se sake te verkry indien hulle nie meer in staat is om dit self te bestuur nie. Hy bespreek ook ‘n vraag oor wat jou te doen staan indien ‘n maatskappy waarin jy geld belê het, bankrot is. Prokureur Sanette Viljoen verduidelik wat Reel 43 is, en hoe dit jou kan help met onderhoud en toesig oor kinders tydens die egskeidingsproses.
Regsake 9 Mei 2022 09.05.2022 21:47
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor boedelbelasting, en jou regte ten opsigte van aanbouings by jou kinders se eiendom. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor diefstal.
Regsake 2 Mei 2022 02.05.2022 20:29
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor mediese nalatigheid, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die aflos van ‘n huisverband van ‘n familielid op voorwaarde dat hy as mede-eienaar geregistreer word. Prokureur Sanette Viljoen verduidelik ook wat jou regte is tydens arrestasie en aanhouding.
Regsake 25 April 2022 25.04.2022 26:38
Igna Kleinsmith verduidelik hoe vruggebruik bereken word, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor of besoedelaars beboet kan word vir die skade wat hulle die omgewing berokken. Grondwetkenner prof. Koos Malan onderskei tussen haatspraak en laster.
Regsake 18 April 2022 18.04.2022 21:34
Igna Kleinsmith bespreek onwettige aanbouings in deeltitelskemas, en wat met vaste eiendom gebeur indien die eienaar sy of haar Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik watter stappe jy kan doen indien jy aangerand word.
Regsake 11 April 2022 11.04.2022 26:11
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n arbeidshofuitspraak oor die eensydige verandering van aftreeouderdom; ‘n saak oor ‘n onderhoudseis wat verwerp is omdat die huwelik nie geldig was nie; en die vereistes vir wettige aanlyndobbel. Hy verduidelik ook wat ‘n notariële verbindingsooreenkoms behels.
Regsake 4 April 2022 04.04.2022 26:43
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n appèlhofuitspraak oor die betaling van onderhoud; die kostes en proses verbonde aan die kansellering van ‘n verband; en die Gelykheidshof se beslissing oor BLF-lede se uitlatings ná die brugramp by die Hoërskool Driehoek. Hy bespreek ook kortliks die wysigings aan die wetgewing oor films en publikasies.
Regsake 28 Maart 2022 28.03.2022 26:53
Igna Klynsmith bespreek die terugkoop van aandele en die vereistes wat daarvoor geld; en verduidelik hoe en óf ‘n trust ‘n lid van ‘n beslote korporasie kan wees. Hy beantwoord ook ‘n luisteraar se vraag oor die regsterm, inbringing, in die konteks van erflatings.
Regsake 21 Maart 2022 21.03.2022 25:35
Igna Klynsmith bespreek onder meer die Konstitusionele Hof se onlangse beslissing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging; en ‘n appèlhofuitspraak oor die uitsetting van huurders. Hy bespreek ook ‘n navraag van ‘n luisteraar nadat die Padongelukkefonds ‘n eis verwerp het oor ‘n baba wat met ernstige breinskade gebore is nadat die ma in ‘n motorongeluk was.
Regsake 14 Maart 2022 14.03.2022 25:55
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n saak wat verband hou met die ontwerpregistrasie van drukstawe; en ‘n appèluitspraak oor die Paroolraad se verantwoordelikheid om te verduidelik waarom ‘n reeksoortreder op parool vrygelaat word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor die gebruik van trusts en maatskappye om persoonlike bates te beskerm in geval van insolvensie.
Regsake 7 Maart 2022 07.03.2022 27:31
Igna Klynsmith skop die program af met ‘n voorlesing uit Gustaf Pienaar se Regsalmanak, wat handel oor twee mans wat op vaderskap aanspraak maak. Hy beantwoord ook verskeie kort navrae, onder andere oor die afdwingbaarheid van ‘n lewende testament. Hy bespreek ook ‘n vraag van ‘n luisteraar wat wil weet waarom professionele mense soos prokureurs en advokate aanspreeklik gehou kan word vir hulle fo...
Regsake 28 Februarie 2022 28.02.2022 28:41
Igna Klynsmith praat onder meer oor die onteieningswetsontwerp; ‘n appèlhofuitspraak oor die voetstootsklousule; ‘n hofuitspraak oor die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging; en die versekeringsombudsman se uitsprake oor twee gevalle van dronkbestuur.
Regsake 21 Februarie 2022 21.02.2022 29:02
Igna Klynsmith bespreek onder andere die nuwe wetgewing oor forensiese prosedures; en ‘n skikking oor eksklusiewe ooreenkomste vir die verskaffing van skoolklere. Hy bespreek ook die bepalings van die Verbruikerswet wat betref pryse op winkelrakke en in advertensies.
Regsake 14 Februarie 2022 14.02.2022 26:31
Aan wie behoort die verloofring wanneer ‘n verlowing verbreek word? Igna Klynsmith beantwoord dié vraag, en bespreek ook drie wysigingswette wat onlangs bekragtig is wat verband hou met die bekamping van geslag- en gesinsgeweld.
Regsake 7 Februarie 2022 07.02.2022 25:42
Igna Klynsmith bespreek onder meer die kwessie van kringtelevisiekameras in die werkplek; afdanking as gevolg van die misbruik van siekverlof; en die regte en bevoegdhede van buurtwagforums.
Regsake 31 Januarie 2022 31.01.2022 28:09
Igna Klynsmith beantwoord vrae oor die staking van betaling van tyddeelheffings; wie kan die beste raad gee oor sonering; hoe gemaak met ‘n foutiewe mediese rekening; en kan ‘n bejaarde ouer sy kinders dagvaar vir onderhoud?
Regsake 24 Januarie 2022 24.01.2022 26:11
Igna Klynsmith praat oor die kuns van kruisondervraging. Hy bespreek onder meer die vraag of ‘n spermskenker regte het ten aansien van die kind; huwelike met buitelanders; en of toegang geweier mag word aan beamptes of kontrakteurs wat elektrisiteitsmeters moet lees.
Regsake 17 Januarie 2022 17.01.2022 25:49
Igna Klynsmith bespreek die konsep geregtigheid. Verder bespreek hy ook ‘n saak oor die verdeling van pensioen by ‘n egskeiding, en beantwoord ‘n vraag oor verantwoordelikheid vir skuld: moet jy herinner word dat jy jou skuld moet betaal?
Regsake 10 Januarie 2022 10.01.2022 26:04
Igna Klynsmith bespreek kontraktuele verpligtinge en die onmoontlikheid om te presteer as gevolg van iets soos die inperkingsmaatreëls. Hy beantwoord ‘n vraag oor mede-eienaarskap van eiendom en vererwing, en die oordrag van bates aan erfgename voor die afsterwe van die erflater. Hy verduidelik ook hoe werk beslaglegging.
Regsake 3 Januarie 2022 03.01.2022 26:29
Hoe gemaak met ‘n familielid wat nie sy skuld terugbetaal nie? Igna Klynsmith bespreek ook ‘n hofuitspraak wat spruit uit ‘n voorval toe iemand tydens die laaste kolfbeurt van ‘n krieketwedstryd reg voor iemand anders wat na die wedstryd gekyk het, voor die televisie gaan gestaan het; en ‘n weduwee se eis teen die Minister van Polisie vir die verlies van onderhoud nadat haar man in aanhouding sel...
Regsake 27 Desember 2021 27.12.2021 26:31
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n ná-huwelikse voorwaarde kontrak; en die vraag of ‘n sakeonderneming op ‘n residensiële erf bedryf kan word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor ‘n plaasvervanger-erfgenaam se aanspreeklikheid vir die skuld van die oorspronklike erfgenaam.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.