RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 20 Desember 2021 20.12.2021 26:47
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofuitspraak oor bepalings van kopieregwetgewing wat verander moet word; ‘n appèlhofuitspraak oor die oordrag van watergebruiksregte en ‘n regsontwikkeling wat voortaan dalk die sogenaamde SLAPP-verweer (strategiese litigasie teen openbare deelname) in Suid-Afrika moontlik kan maak.
Regsake 13 Desember 2021 13.12.2021 25:06
Igna Klynsmith bespreek ‘n appèluitspraak oor die eienaarskap van ‘n bakkie nadat ‘n saamwoonverhouding skeefgeloop het; ‘n appèluitspraak wat moontlik ‘n belangrike regsontwikkeling kan wees oor misleidende inligting in ‘n versekeringseis; en hoe en in watter omstandighede ‘n testamentêre trust tot stand gebring word.
Regsake 6 Desember 2021 06.12.2021 28:36
Igna Klynsmith en sy kollega Elmari Richter praat oor verskeie aspekte van die familiereg. Dit sluit in oupas en oumas se regte ten aansien van kleinkinders; faktore by aanneming; in watter omstandighede kan die welsyn ingryp; en die verskillende vorme van huweliksgoederebedeling.
Regsake 29 November 2021 29.11.2021 28:24
Igna Klynsmith en kollega Elmari Richter bespreek verskeie aspekte van familiereg. Dit sluit in die egskeidingsproses; hoe word onderhoud bepaal; hoe lank geld die onderhoudsplig; en ouerlike beheer en toesig.
Regsake 22 November 2021 22.11.2021 26:30
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek ‘n wye verskeidenheid regsvrae. Dit sluit in die afdwingbaarheid van handelsbepalings in dienskontrakte en by die verkoop van aandele; serwituutregte en die reg van weg; die verjaring van munisipaledienstegelde en -belastings; die bevoegdhede van trustees; en die status van beslote korporasies.
Regsake 15 November 2021 15.11.2021 28:40
Igna Klynsmith en kollega Volker Kruger bespreek weer ‘n wye verskeidenheid regskwessies. Dit sluit onder meer in: uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge by die verkoop van landbougrond, en uitstaande heffings by die verkoop van deeltiteleiendom; testamentêre bemakings en begunstigdes van lewenspolisse, en die wysiging van begunstigdes van ‘n familietrust; en die vraag of werkgewers werkneme...
Regsake 8 November 2021 08.11.2021 26:15
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek onder meer aspekte van die huweliksgoederewet wat verband hou met skuld en kontrakte; die voetstootsklousule; wat toestemming tot benadeling beteken; en wanneer jy mag skiet as jy iemand in jou huis betrap.
Regsake 1 November 2021 01.11.2021 24:37
Igna Klynsmith bespreek ‘n Appèlhofuitspraak oor nalatigheid, nadat ‘n vrou deur ‘n valhek beseer is by ‘n winkel, en ‘n saak oor middellike aanspreeklikheid. Hy beantwoord ‘n vraag oor die bates wat deel is van ‘n bestorwe boedel wanneer mense binne gemeenskap van goedere getroud is, en bespreek ‘n KVBA-saak oor taalgebruik op sosiale media.
Regsake 25 Oktober 2021 25.10.2021 24:08
Igna Klynsmith bespreek die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor Unisa se taalbeleid. Hy verduidelik wie aanspreeklik is vir skade aan ‘n huureiendom in geval van ‘n inbraak, en bespreek ‘n saak oor ‘n mens se eerlikheidsplig teenoor jou versekeraar.
Regsake 18 Oktober 2021 18.10.2021 26:28
Igna Klynsmith bespreek die implikasies van die wetgewing oor die beskerming van persoonlike inligting vir Whatsapp-groepe. Hy verduidelik voorverkoopsregte van ‘n huurder wanneer eiendom verkoop word, en waarsku oor die indiensneming van onwettige immigrante.
Regsake 11 Oktober 2021 11.10.2021 26:07
Igna Klynsmith verduidelik die proses vir die verkiesing van ‘n nuwe hoofregter. Hy bespreek ‘n interessante hofsaak n.a.v. die regsbeginsel van toestemming tot benadeling, en verduidelik wat werkgewers se verpligting teenoor werkers is as die werkers weens omstandighede buite hulle beheer nie kan werk nie.
Regsake 4 Oktober 2021 04.10.2021 25:11
Igna Klynsmith beantwoord onder meer vrae oor die vererwing van skuld, en die beginsel dat mede-eienaars van bates geregtig is op gelyke voordele van die bates. Hy verduidelik ook hoe en waar om te kla oor jou mediese fonds.
Regsake 27 September 2021 27.09.2021 20:03
Igna Klynsmith praat oor landbougrond en munisipale belasting. Hy bespreek ‘n vraag oor testamente by ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere, en wetgewing wat tradisionele huwelike bereël.
Regsake 20 September 2021 20.09.2021 25:18
Igna Klynsmith bespreek die volgende: wie se van moet ‘n kind kry by geboorte; hoe werk vererwing by ‘n intestate boedel; kan ‘n werkgewer ‘n werknemer ontslaan oor die werknemer se optrede na-ure; en hoe maak ‘n mens beswaar teen jou belastingaanslag?
Regsake 13 September 2021 13.09.2021 27:06
As deel van Testamenteweek praat Igna Klynsmith en Volker Kruger verder oor erflatings en testamente. Hulle bespreek onder meer ‘n saak oor die verwydering van ekseketeurs; intestate erfopvolging en buitelandse testamente.
Regsake 6 September 2021 06.09.2021 27:43
Igna Klynsmith en Volker Kruger bespreek verskeie aspekte van boedelbeplanning en die opstel van testamente, met die oog op die Prokureursorde van Suid-Afrika se Testamenteweek.
Regsake 30 Augustus 2021 30.08.2021 25:30
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n navraag oor huurgeld en ‘n bestorwe boedel, kapitaalwinsbelasting, uitsettings en ‘n hofsaak teen die Staatsdrukkery.
Regsake 23 Augustus 2021 23.08.2021 26:07
Igna Klynsmith praat onder meer oor die wettigheid van buitelandse nommerplate; wat ‘n enkelma te doen staan as sy nie die kind se pa in die hande kan kry nie; en ‘n skadevergoedingseis na onregmatige inhegtenisneming.
Regsake 16 Augustus 2021 16.08.2021 27:18
Igna Klynsmith en Volker Kruger bespreek verskeie aspekte van huurkontrakte, insluitend die verhoging van huurgeld; die huur van landbougrond en die kansellasie van kontrakte.
Regsake 9 Augustus 2021 09.08.2021 28:34
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger praat verder ook koop- en huurkontrakte.
Regsake 2 Augustus 2021 02.08.2021 27:35
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek verskeie aspekte van die handelsreg, insluitend verkoopskontrakte, lenings en kapitaalwinsbelasting.
Regsake 26 Julie 2021 26.07.2021 28:43
Igna Klynsmith bespreek die baie aktuele kwessie van belastingaftrekkings vir mense wat tuis werk – die voorwaardes en vereistes. Hy gee ook duidelikheid oor die uitsetting van huurders uit huurhuise en sakepersele. Laastens bespreek hy ‘n hofsaak oor skadevergoeding waar die interpretasie van ‘n woord die deurslag gegee het.
Regsake 19 Julie 2021 19.07.2021 26:32
Wat is die regsremedies vir boeliery of afknouery by skole? Igna Klynsmith praat ook oor die gebruik van klankopnames in siviele en kriminele aangeleenthede, en kopiereg in die musiekbedryf.
Regsake 12 Julie 2021 12.07.2021 27:15
Igna Klynsmith praat onder meer oor nuwe bepalings in wetgewing oor beroepsveiligheid en -gesondheid wat verband hou met Covid-19-inentings. Hy bespreek ‘n saak oor die nakoming van Covid-19-veiligheidsmaatreëls in die werkplek. Hy praat ook oor aanspreeklikheid vir munisipale rekenings, en bespreek ‘n hofsaak oor eiendomsreg en godsdiensvryheid.
Regsake 5 Julie 2021 05.07.2021 26:06
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n uitspraak oor die nakoming van die sorgsaamheidsplig wat betref rondlopervee; hoe en waar om oor advertensies te kla, en reageer op die Konstitusionele Hof se Zuma-uitspraak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.