RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Regsake 13 September 2021 13.09.2021 27:06
As deel van Testamenteweek praat Igna Klynsmith en Volker Kruger verder oor erflatings en testamente. Hulle bespreek onder meer ‘n saak oor die verwydering van ekseketeurs; intestate erfopvolging en buitelandse testamente.
Regsake 6 September 2021 06.09.2021 27:43
Igna Klynsmith en Volker Kruger bespreek verskeie aspekte van boedelbeplanning en die opstel van testamente, met die oog op die Prokureursorde van Suid-Afrika se Testamenteweek.
Regsake 30 Augustus 2021 30.08.2021 25:30
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n navraag oor huurgeld en ‘n bestorwe boedel, kapitaalwinsbelasting, uitsettings en ‘n hofsaak teen die Staatsdrukkery.
Regsake 23 Augustus 2021 23.08.2021 26:07
Igna Klynsmith praat onder meer oor die wettigheid van buitelandse nommerplate; wat ‘n enkelma te doen staan as sy nie die kind se pa in die hande kan kry nie; en ‘n skadevergoedingseis na onregmatige inhegtenisneming.
Regsake 16 Augustus 2021 16.08.2021 27:18
Igna Klynsmith en Volker Kruger bespreek verskeie aspekte van huurkontrakte, insluitend die verhoging van huurgeld; die huur van landbougrond en die kansellasie van kontrakte.
Regsake 9 Augustus 2021 09.08.2021 28:34
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger praat verder ook koop- en huurkontrakte.
Regsake 2 Augustus 2021 02.08.2021 27:35
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek verskeie aspekte van die handelsreg, insluitend verkoopskontrakte, lenings en kapitaalwinsbelasting.
Regsake 26 Julie 2021 26.07.2021 28:43
Igna Klynsmith bespreek die baie aktuele kwessie van belastingaftrekkings vir mense wat tuis werk – die voorwaardes en vereistes. Hy gee ook duidelikheid oor die uitsetting van huurders uit huurhuise en sakepersele. Laastens bespreek hy ‘n hofsaak oor skadevergoeding waar die interpretasie van ‘n woord die deurslag gegee het.
Regsake 19 Julie 2021 19.07.2021 26:32
Wat is die regsremedies vir boeliery of afknouery by skole? Igna Klynsmith praat ook oor die gebruik van klankopnames in siviele en kriminele aangeleenthede, en kopiereg in die musiekbedryf.
Regsake 12 Julie 2021 12.07.2021 27:15
Igna Klynsmith praat onder meer oor nuwe bepalings in wetgewing oor beroepsveiligheid en -gesondheid wat verband hou met Covid-19-inentings. Hy bespreek ‘n saak oor die nakoming van Covid-19-veiligheidsmaatreëls in die werkplek. Hy praat ook oor aanspreeklikheid vir munisipale rekenings, en bespreek ‘n hofsaak oor eiendomsreg en godsdiensvryheid.
Regsake 5 Julie 2021 05.07.2021 26:06
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n uitspraak oor die nakoming van die sorgsaamheidsplig wat betref rondlopervee; hoe en waar om oor advertensies te kla, en reageer op die Konstitusionele Hof se Zuma-uitspraak.
Regsake 28 Junie 2021 28.06.2021 29:36
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat handel oor bydraende nalatigheid. Hy bespreek ook die verskil tussen ‘n piramidestelsel en ‘n stokvel; en of ‘n mens ‘n onderneming kan bedryf in ‘n deeltitelkompleks.
Regsake 21 Junie 2021 21.06.2021 29:59
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat met die Arbeidsreg verband hou: die billikheid al dan nie van veranderings aan dienskontrakte; en wie toegang het tot die KVBA en in watter omstandighede. Daarna bespreek hy die wettigheid van jag in ‘n gebied wat as woongebied verklaar is, en gee raad oor wat iemand te doen staan indien sy reg op privaatheid geskend is.
Regsake 14 Junie 2021 14.06.2021 27:49
Igna Klynsmith praat onder meer oor die regstatus van saamwoonverhoudings en die noodsaaklikheid van ‘n skriftelike ooreenkoms tussen die betrokke partye; en twee hoëprofiel appèlsake, naamlik die van die voormalige SAL-voorsitter Dudu Myeni en die vorige president Jacob Zuma.
Regsake 7 Junie 2021 07.06.2021 29:03
Hoe raak ooreenkomste en kontrakte wat vroeër gesluit is, die bepalings van ‘n testament? Kan ‘n testament bepaal dat die erflater se bates in ‘n maatskappy geplaas word, en die aandele dan tussen die erfgename verdeel word? Igna Klynsmith bespreek ook die appèlsaak oor Moslemhuwelike, en die bevinding dat bestaande wetgewing oor huwelike en egskeiding strydig met die Grondwet is.
Regsake 31 Mei 2021 31.05.2021 25:49
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor die toesig en versorging van ‘n kat ná die egskeiding van die kat se “ouers”. Hy gee ook meer inligting oor regshulp wat beskikbaar is indien ‘n mens nie ‘n prokureur kan bekostig nie. Die laaste bydrae wat aan die beurt kom, is ‘n saak waarin die eienaar van ‘n lodge aangekla word van nalatigheid wat betref die 100 jaar vloedlyn.
Regsake 24 Mei 2021 24.05.2021 26:48
Igna Klynsmith bespreek ‘n hoëprofiel egskeidingsaak en die sogenaamde reël 43, en ‘n hofuitspraak oor ouers se reg om ‘n fetus te begrawe. Hy gee ook duidelikheid oor die regskrag van ooreenkomste wat elektronies gesluit word, en oor die vereistes wat geld wanneer ‘n mens geld landuit wil neem.
Regsake 17 Mei 2021 17.05.2021 27:05
Igna Klynsmith bespreek onder meer reëls oor parkering in deeltitelkomplekse, die belang van die onafhanklikheid van die regbank, die hofsaak teen die toerismehulpfonds en middelike aanspreeklikheid.
Regsake 10 Mei 2021 10.05.2021 29:21
Igna Klynsmith bespreek onder meer die situasie met die Openbare Beskermer en al die sake teen haar; wat gebeur met ‘n erflating indien die person wat erf by likwidasie-kwessies betrek word; volmag en hoe dit werk; en die belangrikheid van korrekte en verstaanbare taalgebruik.
Regsake 3 Mei 2021 03.05.2021 17:43
Igna Klynsmith verduidelik wat ‘n klant te doen staan as hy kos in ‘n restaurant bestel het en hy is nie tevrede daarmee nie. Hy vertel meer oor nuwe wetgewing oor die befondsing van politieke partye, en verduidelik wie aanspreeklik is as ‘n bedelaar of iemand by ‘n straathoek of op die eiland tussen bane, raakgery word.
Regsake 26 April 2021 26.04.2021 25:12
Maak ons vordering met die erkenning van menseregte? Is 'n daggaklub wettig? 'n Hofsaak oor 'n 119-jaar oue testament word bespeel. Tot wanneer kan skuld van jou geëis word?
Regsake 19 April 2021 19.04.2021 24:02
Mag die trustees van 'n deeltitelkompleks eensydig die heffings verhoog? Wat beteken dit dat oudpresident Jacob Zuma geweier het om voor die Zondokommissie te verskyn? Hoe word skuld in egskeidings hanteer?
Regsake 12 April 2021 12.04.2021 21:43
Hoe beskerm die POPI-wetgewing jou persoonlike inligting? Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak oor 'n houer wat in 'n winkel op 'n vrou geval het. Daar is raad as jy self jou huis wil verkoop, en 'n bietjie humor uit die regswêreld.
Regsake 5 April 2021 05.04.2021 25:53
Hoe wyd strek die bevoegdhede en diskresie van die trustees van trusts, en wanneer kan hulle ontslaan word? Igna Klynsmith verduidelik ook die wetgewing wat van toepassing is op telefoonbemarkers, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor wat gebeur as 'n testament bepaal dat twee seuns in gelyke dele moet erf, maar die een sterf voor die erflater.
Regsake 29 Maart 2021 29.03.2021 25:22
Is verkopers gebonde aan die prys wat hulle adverteer, al is dit foutief? Wanneer moet 'n pa wat vaderskap ontken, onderhoud betaal? Wat kan jy doen as jy foutiewe skulddagvaardings ontvang? Wanneer moet oordrag van vaste eiendom steeds voortgaan as die koopprys reeds by 'n prokureur inbetaal is, maar hy "verdwyn" daarmee voor dit aan die verkoper oorbetaal is? Daar is ook inligting oor 'n vereenv...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.